Adverteer hier vir so min as R100 per maand .Terme & Voorwaardes geld
Boereenheid
Boere wat saampraat waar die klem op die lojaliteit by die volk lê, en nie gekoppel is aan 'n organisasie nie, wat onsself beywer vir die verligting van blanke armoede, en die bemarking van 'n volksgedrewe ekonomie.
Moet die voorgestelde onteieningswet goedgekeur word ?
Advertensie Spasie
Adverteer hier vir so min as R80 per maand.
Terme & Voorwaardes geld
Werksgeleenthede vir Volksgenote
Rossgro Poultry (Delmas), soek 'n jong bootsman. Salaris : R6000-R8000
Juan( voorman)
083-296-7037
¤ Om werksgeleenthede vir volksgenote hier te plaas , kontak die webmeester by : smaartens@gmail.com Terme & Voorwaardes geld
* * *
¤ Om bettrekkings gevra hier te plaas , kontak die webmeester by : smaartens@gmail.com Terme & Voorwaardes geld
* * *
Projek 2010 mediaverklaring
Mediaverklaring
Projek 2010
10 Oktober 2009
Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse 'n belangrike invloed op 'n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.
Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie 'n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.
Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.
Daarom is daar besluit om 'n projek te loots om hierdie inligting in te samel en te verifieer. As projek bestuurders is die Verkenners Beweging van Suid-Afrika aangestel. Die projek word amptelik geloots op die 10de Oktober 2009 en daar word beplan om die inligting op datum ingesamel en geverifieer te kry teen 10/10/2010
Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur. Inligting kan gestuur word per faks (086 210 6920) of e-pos (inligting@projek2010.co.za) in 'n spesiale maatvorm wat verkrygbaar is van die webwerf www.projek2010.co.za of per faks deur te skakel na 084 271 4777. Inligting kan ook direk op die webwerf ingevul word en sal deur die bestuurspan geverifieer word, alvorens dit bekend gemaak word.
Goue geleenthede
Adverteer hier vir so min as R70 per maand . Terme & Voorwaardes geld
Nuusflits - Opkomende Gebeure
Advertensie: Adverteer hier vir so min as R30 per maand.
Terme & Voorwaardes geld
Byeenkoms :
Dit is Pretoria se 154 verjaarsdagpartytjie op die 14de en ons begin al 08h00 die oggend by die Voortrekkermonument kuier. Daar gaan bekende Afrikaanse musikante optree en kos stalletjies wees. Die fees eindig 16h30. Daarna kom die betrokke afgevaardiges bymekaar om die Orania Vryheid Jeugtoer te bespreek - BAIE INFORMEEL en ONTSPANNE
Toegang is gratis! Julle en jul gesinne is welkom om vanaf 08h00 al te kom om die dag saam met ons te geniet. Bring net vir julle stoele, piekniekmandjies, komberse en stoele saam!
Hiermee die persverklaring:
"Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw en Fredi Nest tel onder die 21 bekende sangers wat op 14 November 2009 gaan optree tydens AfriForum se Afrikaanse musiekfees ter viering van Pretoria se 154ste verjaarsdag. Die fees sal DV van 08:00 tot 16:30 op die Voortrekkermonument se terrein plaasvind. Toegang is GRATIS. Geen besprekings is nodig nie. Bring net ʼn opvoustoel en kom geniet die dag saam met AfriForum. Daar sal ook stalletjies met eet- en drinkgoed wees. U is welkom om ‘n piekniekmandjie te bring.
Die volledige lys van kunstenaars wat optree is: Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw, Fredi Nest Guillaume, Vaughan Gardener, Beeskraal, Mel Botes, Adam Tas, Kevin Leo, Ghapi, Andries Botha, Diesel & die Dats, Leon Ferreira, Saarkie, die Bredell Boere-orkes en Zandré.
Sean Else – medeskrywer van die liedjie De la Rey en van die Ons vir jou-musiekblyspel – gaan as seremoniemeester optree."
Oranjekas
Geagte Vriende,
• Word nou deel van Oranjekas deur aandele op te neem en so u lidmaatskap te bevestig. Minimum aandele wat bekom kan word is 5 @ R100 elk. Skakel gerus Oranjekas vir meer inligting.
• Oranjekas poog om ‘n volkseie instelling te word deur te registreer as ‘n Koöperatiewe Bank. Wys u ondersteuning vir die Volksekonomie deur aandele op te neem!
• Hoe meer mense direk by Oranjekas spaar en belê, hoe vinniger kan Oranjekas u al die dienste bied wat enige kommersiële bank u kan bied.
• Spesiale tariewe kan beding word deur Volkseie organisasies wat rekeninge wil oopmaak.
• Help ons bou aan ‘n toekoms vir die Afrikaner deur ‘n Volkseie ekonomie te vestig!
Vir meer inligting en kontak besonderhede, besoek gerus:
Donasies om die bladsy te ondersteun kan inbetaal word by ABSA - Suid Afrika Rekening nommer : 9105520851 Internasionale takkode : 632005
Advertensie Spasie
Adverteer hier vir so min as R60 per maand. Terme & Voorwaardes geld
VVK - Volksraad Verkiessing Kommisie
'n Kort begrip van die VVK :
1. Alle volke op aarde, OOK ONS volk, het ‘n REG op selfbeskikking.
2. ‘n Volk is ‘n groep mense wat ‘n gemeenskaplike afkoms en ‘n unieke lewenswyse deel.
3. Selfbeskikking is die reg van ‘n volk om homself te regeer met wette deur homself gemaak volgens sy eie waardestelsel en unieke lewenswyse.
4. Die reg op selfbeskikking word internasionaal erken (byvoorbeeld in die Volkereg en deur die Verenigde Nasies) maar ook in die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet (waarvan Artikel 235 inhou dat die reg tot selfbeskikking deur ‘n taal- en kultuurgemeenskap geëis mag word, en dat daardie reg in ‘n territoriale gebied beslag kan kry).
5. Ons beskik nie oor die reg op selfbeskikking op grond daarvan dat ons Blank is nie. Selfbeskikking is ‘n reg wat aan volke kleef, nie aan rasse nie.
6. Volke maak nie op selfbeskikking aanspraak omdat party volke beter of slegter as ander sou wees nie. ‘n Spesifieke volk eis selfbeskikking op grond daarvan dat hy altyd anders as enige ander volk op aarde is.
7. Die reg op selfbeskikking kleef aan ons volk – nie aan organisasies of individue binne ons volk nie. Daarom kan geen organisasies of individue uit hulle eie besluit (hoe goed dit ookal bedoel word) om ons reg op selfbeskikking namens ons iewers te gaan opeis en te beding nie. Die reg op selfbeskikking kan SLEGS NAMENS ‘N VOLK OPGEËIS EN BEDING WORD DEUR DIEGENE WAT VAN DIE VOLK DAARTOE OPDRAG ONTVANG HET DEUR MIDDEL VAN ‘N VRY, REGVERDIGE EN DEMOKRATIESE VOLKSVERKIESING – met ander woorde, deur verkose afgevaardigdes wat ‘n MANDAAT om dit te doen, van die volk ontvang het.
8. As beginpunt in die proses om ‘n einde te maak aan die geweldige verdrukking waarin ons verkeer, moet ons volk dringend so ‘n verkiesing hou deur middel waarvan ons ‘n Volksraad sal kies wat oor ‘n mandaat sal beskik om ons reg op selfbeskikking op te eis en te beding; op nasionale- sowel as internasionale vlak.
9. So ‘n verkiesing moet deur onsself gereël en gefasiliteer word, omdat die liggaam wat normaalweg verkiesings in Suid-Afrika administreer (die “Independant Electoral Commission”) slegs verkiesings onder die breë Suid-Afrikaanse bevolking behartig. Daarom was daar gedurende 2007 op twee volksvergaderings besluit om ons eie liggaam op die been te bring wat ‘n volksverkiesing vir bogenoemde doeleindes kan reël, en daardie liggaam staan bekend as die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK). Al die nodige infrastruktuur was teen Februarie 2008 gevestig (skaars ses maande na sy stigting) en is die proses om kiesers te registreer volstoom aan die gang.
10. Anders as enige ander inisiatief, besluit die Kommissie nie vir die volk wie sy “leiers” moet wees nie. Kandidate vir die Volksraad word deur enige persone wat as kiesers geregistreer is, genomineer mits ‘n kandidatuur deur ‘n honderd ander geregistreerde kiesers gesekondeer word; en die volk self –naamlik die geregistreerde kiesers- sal sy leiers uit hierdie kandidate verkies in die vorm van ‘n Volksraad.
11. Sodra die Volksraad verkies is, is die Kommissie se taak afgehandel. Aspekte soos die moontlikhede van ‘n onderhandelde skikking, die “waar en hoe” van ‘n gebied waarin ons onsself sal regeer, en al dergelike vrae is aspekte wat juis deur die Volksraad hanteer sal word. Die Volksraad sal daardie aspekte ook hanteer onderhewig aan meerderheidsbesluite wat die volk telkens op volksvergaderings sal neem na gelang van die aard van verwikkelinge wat die proses oplewer.
12. Dit is derhalwe voortydig en sinneloos om ons nou oor die implementering van ons reg op selfbeskikking te verknies. Op hierdie stadium gaan dit bloot oor die opeis van ons reg op selfbeskikking; en die verkiesing van ‘n Volksraad wat oor ‘n mandaat vir daardie doel sal beskik. Daarom weier ons om tans te verval in allerlei bespiegelings of wanhoop wat die verloop van die proses betref ná die Volksraad verkies is.
http://www.vvk.co.za/
Afrikanerfront
Lidorganisasies van die Afrikanerfront :
HNP Verkenners Aksie Vrouekrag Volkseie Museumraad Stigting vir Nasionale Minderhede Bravoland Afrikaner Volkseie Sport Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis Tussentydse Afrikanerraad Koördinerende Afrikanerraad Genootskap vir Afrikaner Simbole Boerekommandokorps Vrye Republikeinse Beweging Nasionale Belastingbetalersunie Radio Pretoria Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans Bybel en Volk Majuba Boerevolktrust Tabbok TLU SA Reddingsdaad onderwysbond, AFrikaner Kultuurbond AWB.
Opera 9.6
Adverteer hier vir so min as R50 per maand .Terme & Voorwaardes geld
Les voyages et la jeunnese!
-
Voici un lien avec des stastiques et l'information sur l'apprentissage que
les voyages apporte aux jeunes.
http://veilletourisme.ca/2008/09/30/les-voyages-...
Boeretrots Tuindienste
-
*BOERETROTS TUINDIENSTE*
Geagte vriende, Hiermee die bekendstelling van 'n tuindiens uit die Volk en
vir die Volk.
Vanaf Februarie 2011 gaan Boeretrots Tu...
Last newsletter of the year.
-
Last bulletin of the year.
For contact details for other ratepayers, please go to CONTACTS on the
NTU/NBU website www.ntu-sa.net
Please pass this on to all i...
No comments:
Post a Comment