Wednesday, May 28, 2008

Xenofobie

Speel met woorde

Wanneer is die woord xenofobie van toepassing en wanneer nie?

Dit is vir my verstommend hoe daar met woorde gespeel word wanneer die
oortreder se ras verander.

Met die Reitz-sage is daar sterk gebruik gemaak van die woord rassisme
en die vier studente is uitgekryt as rassiste. Nou het ons 'n situasie
waar sommige van ons swart bevolking ander rasse (in sommige gevalle
tot Suid-Afrikaners) aanrand en doodmaak, maar ons praat nie hier van
rassisme nie. Ons hoop tog dat mense sal dink dat dit heeltemal iets
anders is as rassisme, dus die woord xenofobie.

Wat so verstommend is, is wanneer jy die woord gaan naslaan, dan vind
jy dat die woord niks anders as rassisme beteken nie.

Waarom dan hierdie verskriklike groot woord xenofobie? Wil ons hê dat
die buiteland moet weet dat wit mense in geheel so wreed en haatlik
teenoor swartes is en dat swart mense net baklei vir wat volgens hulle
in die eerste plek aan hulle behoort het? Dat hulle omkom van honger
en baklei vir kos? Dat hulle buite slaap terwyl hierdie "mense" hul
huise geneem het?

Praat jy met van hierdie buitelanders dan sê hulle vir jou dat die
swart bevolking in Suid Afrika te lui is om te werk en net geld wil hê
en dat hulle bereid is om hard te werk vir min.

Ons almal wat geskoold is, weet tog dat dit nie werklik gaan oor die
buitelanders nie, maar eintlik oor die regering se onvermoë om te
lewer wat hulle reeds in 1994 beloof het.

Ek skaam my vir die feit dat ons met woorde kan speel wanneer dit by
sekere rasse kom, maar wanneer dit by die wit bevolking kom, dan is
dit rassisme.

Kom ons verwys ook na die persoon wat die inbreker doodgeskiet het wat
in sy huis was. Die uitkoms was hy is 'n rassis.

Nee wat mense, ek dink ons moet ons prioriteite reg kry en die Engelse
spreekwoord van "What's good for the goose is good for the gander"
toepas.

Jainni Olivier

No comments: