Friday, May 9, 2008

Oos Vrystaatse boer vermoor

[b]Oos-Vrystaatse boer vermoor; vrou en buurman gewond[/b]
Loraine Kalp en
Dirk Kok

FICKSBURG. – 'n Bekende boer hier is gistermiddag laat in 'n
plaasaanval doodgeskiet, sy vrou ernstig gewond en nog 'n boer wat
hulle te hulp gesnel het, ook gewond.

Mnr. Jacques Moll (64), bekende Jerseyboer van Ficksburg, is
doodgeskiet nadat hy en sy gesin deur 'n bende gewapende aanvallers in
hul plaashuis ingewag en oorval is.

Sers. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Moll se vrou, Janine
(52), is in die mond en been geskiet. 'n Buurman, mnr. Nic van den
Berg, wat hulle te hulp gesnel het, is ook gewond. Van den Berg is 'n
voormalige bevelvoerder van 1 Valskermbataljon.

Volgens Mbambo het mev. Moll en hul twee kleinkinders eerste by die
huis aangekom. Die mans het hulle oorval en vasgebind.

Mnr. Moll en een van sy seuns het by die huis aangekom. Moll sr. het
eerste in die huis ingestap en is  glo  trompop in die bors geskiet.

Die aanvallers, wat geld en vuurwapens geëis het, het ook die
Moll-egpaar se seun vasgebind. Vuurwapens en R100 is glo geroof.

Die moordenaars het met Moll sr. se wit Toyota-bakkie weggejaag.

'n Lugambulans van die Vrystaatse reddingsdiens Aerocare het
gisteraand van Bloemfontein na Ficksburg gevlieg om die gewonde mev.
Moll te gaan haal.

Teen druktyd het die polisie en boere die distrik gefynkam om die
aanvallers te probeer vastrek.

Komm. Amon Mashigo, Vrystaatse polisiehoof, het gesê alles sal in die
stryd gewerp word om die moordenaars vas te trek.

"Plaasaanvalle sal nie in die provinsie geduld word nie."
Teen druktyd was geen verdere inligting beskikbaar nie.

*Met komplimente vanaf Bravoland*

No comments: