Thursday, June 5, 2008

Wat sê die wereld?

Deur Peter Murray.

Ek dink die laaste tyd baie oor ons (die Boerevolk, of Afrikanervolk,
of konserwatiewe blankes, of net wat julle dit wil noem) toekoms in
Afrika.

Ons het oor die afgelope 4 eeue baie vriende, maar ook baie vyande
gemaak. Sommiges (ons vyande) wil ons uitroei (letterlik uitmoor sodat
daar niks van ons oorbly nie); ander wil dat ons in ander groepe
opgeneem word (deur verbastering) en in die proses ook maar net
"verdwyn"; nog ander wil dat ons uit Afrika moet padgee (waarheen?);
en nog ander wil dat ons in Afrika aanbly, maar as "ondergeskiktes",
as die slawe van inheemste volke en nasies.

Nou is die vraag: Wat sê die wêreld, waar moet ons wees? Wat sê die
Wêreldhof in Den Haag? Wat sê die Verenigde Nasies in New York? Wat sê
die geskiedskrywers? Wat sê mede-Christene? Wat sê die Bybel? Wat sê
ons eie mense?

Is daar 'n liggaam, of liggame, wat bepaal waar en hoe elke volk ter
wêreld moet leef? Het ENIGE nie-swart volk ter wêreld die reg om in
Afrika te woon? (En indien wel, is dit net tydelik? Is dit as ere-gas,
of is dit as slaaf? Of het 'n nie-swarte die reg om eiendomsreg in
Afrika te besit?

En, indien blankes wel op hierdie kontinent welkom is, vir hoe lank?
En, hoe lank moet 'n blanke hier woon voordat hy eiendomsreg verwerf
(1 jaar, 5 jaar, 10 jaar, 50 jaar, 100 jaar, 350 jaar, of 1 000
jaar?!!!)

Ek vra nie hierdie vrae vir myself of vir my eie mense nie, want ek
weet wat die antwoord gaan wees. Ons is nog hier omdat ons hier wil
wees. Ek vra hierdie vrae aan ons vyande, die mense wat ons hier
wegwens.

Het die wêreld die reg om ons hier weg te wens?

Daar moet dus eerstens 'n studie gemaak word van wat die
"wêreldmening" is. Dan moet ons na ander dinge soos die geskiedenis,
meriete, ens., kyk.

Geskiedenis is 'n netelige saak wat in alle lande maar 'n kopseer was,
is en sal bly. Geskiedenis is slegs belangrik vir diegene wat dit glo.
Ons Boerevolk se geskiedenisboeke word deur ons vyande as liegstories
afgemaak en dus verwerp. So ook, stel ons nie belang in die ANC se
boekies wat nou in alle skole verpligtend is nie, want dit is vol
verdraaiings, leuens, en anti-Afrikaner-propaganda.

Maar, wat sê die internasionale gemeenskap? Daar is sekerlik
leesmateriaal in Berlyn, Rome, Londen, Washington, Den Haag, Brussel
en Antwerpen beskikbaar, wat "redelik" betroubaar en korrek is!

(Ek wens iemand wil vorendag kom en so 'n dokument saamstel. 'n
Dokument met genoegsame verwysings, wat deur internasionale
regskundiges erken sal word, en wat alle feitelike inligting in 'n
logiese orde saamvat. Daardie dokument moet nie net oor die
apartheids-era handel nie. Dit moet gaan oor "waar elke swart stam, op
watter tydstip in die verlede", gewoon het. Wanneer het hulle waarheen
getrek, en waarom).

So 'n dokument moet die omstandighede van die Xhoi presies uitlig. Wie
en wat is die Xhoi? Waar kom hulle vandaan? Hoe lank woon hulle in
Suider Afrika? Waar is die eiendom (grond) van die Xhoi-San, en waar
is die eiendom van die Xhoi-Xhoi? Behoort hul grond vir EWIG aan
hulle, en aan hulle alleen? En, indien Suider Afrika, of 'n gedeelte
daarvan, slegs aan die Xhoi behoort, waar kom die swartmense dan
daaraan dat Suider Afrika - deur die blankes, van die swartes - geroof
is?!!! Dan is die swartes mos net so onwettig in Suider Afrika as die
blankes!

(N.B. Hierdie is 'n baie belangrike twispunt. Die Internasionale
Gemeenskap sal vir ons moet verduidelik! Hulle sal moet sê wie is
wettiglik hier, en wie nie? Aan wie behoort Suider Afrika: die Xhoi,
die Nguni, die Europeër, die Oosterling, of aan almal?).

Nog iets wat die buitewereld blykbaar nie weet nie, is hoe dit hier in
die middeleeue (1300 - 1500) gelyk het. Wat sê die geskiedenisboeke in
die argiewe van Lissabon? Die Portugese is, sover dit ons moderne
geskiedenis aan betref, die eerste "mense" (Europeërs) wat 'n ogie oor
Suider Afrika gehad het. Staan daar miskien ENIGIETS oor die Xhosas
geskryf? Staan daar enigiets oor Biskop Desmond Tutu se Fingo's
(blykbaar die eerste swartstam om die Oos-Kaap en die Suid-Kaapse
kusgebied te bereik) geskryf? Die antwoord is NEE!!! Die Portugese
weet nie van swartes in Suid-Afrika nie. (Angola en Mosambiek wel,
maar nie Suid-Afrika nie).

Wie het die Portugese by Mosselbaai aangetref? Die antwoord is: "Klein
groepies Xhoi" (Boesmans en Hottentotte).

Hoe het die Kaap gelyk toe die eerste blankes daar gekom het? Die
antwoord is: "Woes en leeg!!!" Slegs klein groepies Strandlopers
(Xhoi), wilde diere (leeus, renosters, olifante, luiperds, ens.), en
verder insekte en reptiele. Geen beskawing! Geen ontwikkelde volk met
wie die Hollanders handel kon dryf nie. (Dit staan geskryf in 'n
dokument van die VOC in die "Scheepvaartmuseum" in Amsterdam, wat ek
persoonlik in die jaar 2003 daar gesien het).

Die berugte Xhoi - Herrie die Strandloper - (en sy handlangers) het
die vreemdelinge (Hollanders), wat met hul seilskepe vanoor die see
daar aangekom het, beroof, hul veewagters vermoor, en telkens op die
vlug geslaan, net om weer later op te daag en sy speletjie te herhaal.
Van "handelsvennote" was daar geen sprake nie.

In die jaar 1771, nadat tientalle Europese immigrante aan die Kaap
reeds verkenningstogte na die binneland onderneem het, en hulle selfs
daar gevestig het (tot sover as Swellendam, die Langkloof en
Humansdorp), het die eerste skermutseling by die Gamtoosrivier met
Xhosas plaasgevind. (Vyf oorloë teen die Xhosas het daarop gevolg, wat
beskou kan word as die eerste werklike teenstand wat die blanke
immigrante van inboorlinge in Kaapland ondervind het).

As daar dus 'n streep getrek MOET word, sou ek dit DAAR trek. Daar by
die Gamtoosrivier. Geen swartes het die reg om te sê dat die blanke in
Suid-Afrika hulle (die Xhosas) uit hul grondgebied verdryf het nie.
Kaapland wes van die Gamtoos, is 'n kwessie tussen die blankes (lees
Afrikaners) en die Xhoi, en het niks met die Xhosas te doen nie!!!

Ek doen 'n beroep op almal wat die gedagte van 'n volkstaat vir die
Afrikaner in Kaapland voorstaan, om 'n "in diepte studie" van hierdie
geskiedenis te maak, en oortuig julself dat die Wes-Kaap (van Kaapstad
tot by die Gamtoosrivier, naby Jeffreysbaai) aan die Afrikaner, die
Xhoi en die Kleurling behoort. Ons kan met laasgenoemdes onderhandel,
maar nie met die Xhosa nie, want die Xhosas was in 1770 nog geen
faktor nie.

Om verder te gaan; ons kan die vraag vra, hoe het dit in 1852 in die
omgewing van Pretoria gelyk? En hoe het dit in 1854 in die omgewing
van Bloemfontein gelyk? Wat sê die geskiedenisboeke? (Nie net in die
argiewe van Bloemfontein en Pretoria nie, maar in Londen, Berlyn en
Den Haag, sal ons die feite kry). Wat sê die internasionale
gemeenskap? Waarom het hulle nie al in 1854 kapsie gemaak oor die
teenwoordigheid van blankes in die gebied van die ZAR en die Oranje
Vrijstaat nie?!!! En dan is daar nog Vrijheid, Utrecht en die res van
Noord-Natal, wat wettiglik deur onderhandeling, deur die Voortrekkers
van die Zoeloes gekoop is. Waarom het die internasionale gemeenskap
geen vinger, en geen ooglid geroer nie? (Slegs Brittanje het
"gereageer". Hulle - die Britte - het met tipiese Britse Imperiale
gierigheid, hul lippe begin aflek, en wou die gebied vir hulself
annekseer). En, toe goud en diamante ontdek is, het dit skielik 'n
internasionale aangeleentheid geword, en is die souvereiniteit van die
Boererepublieke totaal geïgnoreer. So, asof minerale aan almal
behoort.

Maar, om na die infrastruktuur terug te keer; hoe het die land gelyk
toe Brittanje (net voor die twee Vryheidsoorloë) teen die Boere oorlog
gemaak het? Watter gedeelte van Suid-Afrika se infrastruktuur in 1990,
is deur die Blanke geskep, en watter is deur die swartman geskep?
(Mens kan selfs verder gaan en vra, watter gedeelte is deur die
Afrikaner geskep, en watter gedeelte deur die Britte?)

Met die tong in die kies wil ek dit ook waag om te vra: Hoeveel skole
is deur Afrikanerkinders afgebrand, en hoeveel skole is in die tyd van
die "struggle" deur swart kinders afgebrand? (Dit was hierdie vraag
wat onlangs deur 'n luisteraar van RSG aan die programleier - ene Deon
Maas - gestel is, wat hy nie kon beantwoord nie, en toe die luisteraar
se telefoongesprek gestop het. Daardie blaps het vir Maas gekelder, en
hy het as verloorder uit die stryd getree).

Weens sy beleid van "Freedom before education" het die ANC 'n groot
deel van sy en sy mense se eie vooruitgang vernietig. Skole wat met
blanke belastingbetalersgeld opgerig is, is letterlik tot die grond
toe afgebrand. Vele ander geriewe, soos materiële sowel as nie tasbare
dinge, wat deur blankes opgerig en gestig is, ter bevordering van
swart vooruitgang, is eweneens deur swartes vernietig. Hoeveel duur
hospitale, skole, universiteite, ens., wat met blanke
belastingbetalersgeld vir die swart gemeenskap opgerig is, is nie deur
swartes afgebrand nie!

Afrikaans was, tot sowat 20 jaar gelede, die 2de grootste taal van
Suid-Afrika. Weens die uittog van Afrikaners uit hul geboorteland
(sedert 1994), en die Afrikaner se laer geboortesyfer; teenoor die
styging in die geboortesyfer van die Xhosas, het die getal
Xhosasprekers die Afrikaanssprekendes verbygesteek. Afrikaans staan
dus nou in die derde plek.

Op ekonomiese gebied is die Afrikaner waarskynlik steeds die sterkste
enkele groep in die land. Twintig jaar gelede het die Afrikaner die
meeste voertuie, woonhuise, televisiestelle en yskaste van alle
etniese- en taalgroepe besit. By verreweg die meeste landbougrond was
in besit van Afrikaners. Die staatsdiens was deur Afrikaners oorheers.
Die land se vervoerstelsel (en padnetwerk) is grootliks deur
Afrikaners daargestel (die meeste ingenieurs het miskien van die
Engelssprekende blankes gekom, maar ten minste is dit deur Afrikaners
se belastinggeld gefinansier). Hospitale, skole, en ander staats- en
semi-staatsgeboue, is met Afrikanergeld opgerig.

Die verskillende swart bevolkingsgroepe was slegs vir halfgeskoolde en
ongeskoolde hande-arbeid verantwoordelik.

In kort; strenggesproke behoort die land eintlik aan die Afrikaner!

In die internasionale wêreld tel getalle. Demografie is
deurslaggewend, en slegs meerderhede kom in tel by demokrasie. Sonder
'n meerderheid kan daar nie demokrasie wees nie.

Die swartes se fisiese teenwoordigheid, en hul goedkoop hande-arbeid,
was hul enigste bates. Maar, dié bates was in hul voordeel, en dit was
uiteindelik hul getalle wat hulle gehelp het om die land te verower.
Hulle kon feitlik geen veldslag op die oorlogsterrein teen die
Afrikaner wen nie. Dit is dus net tipiese politieke propaganda dat die
swartes die blankes op die oorlogsterrein verslaan het. Die SAW
(Suid-Afrikaanse Weermag) was in die tyd van apartheid van die beste
magte ter wêreld. Vandag is die SAW ongedissiplineerd, swak toegerus,
en die meeste van sy lede is MIV/Vigs Positief.

In die lig van bo-genoemde is die internasionale wêreld dit aan die
Afrikaner verskuldig om te bewys dat die Afrikaner geen reg in Afrika
het nie. En, indien die Afrikaner "onwettig" in Afrika is, waar moet
hy dan wees? Waar, volgens die internasionale wêreld, het die
Afrikaner dan reg om te wees? Watter land buite Suid-Afrika se grense,
is bereid om 3 miljoen Afrikaners (ryk en arm; jonk en oud; geleerd en
ongeleerd; suksesvol en versukkeld; en talentvol en diegene sonder
talente) met ope arms te verwelkom, en selfs finansieël te help om
daarheen te emigreer?

Nee, die wêreld gee nie 'n flenter om nie. Die wêreld wil niks van ons
probleme weet nie, want dit is mos ons self wat hierdie ellende op ons
laat kom het. Dit is apartheid se verdiende loon.

* Suid-Afrika se mediese wetenskap is tot die hoogste vlak ter wêreld
ontwikkel. Was dit dan nie prof. dr. Chris Barnard wat die wêreld se
eerste hartoorplanting gedoen het nie? Hy was dan 'n Afrikaner!!! En,
was dr Barnard nie een van vele Afrikaner-medici wat gesondheidsorg
onder swart Afrikane tot die hoogste in Afrika bevorder het nie?
Sonder daardie hulp - wat van Afrikaner-dokters gekom het - sou die
swart bevolking van Suid-Afrika waarskynlik 50% tot 80% minder gewees
het as wat dit vandag is. Goeie gesondheidsorg het die swartes se
getalle drasties verbeter.

Ek hoop ek het met hierdie skrywe, 'n positiewe bydrae gelewer wat die
gedagtes van die denkers aan die gang sal sit.

Peter Murray

No comments: