Saturday, September 13, 2008

Onregmatige naamsveranderings

Uit die kantoor van die President : Bravoland


Dit is nou ruim 15 jaar sedert ons vryheid soos 'n dief in die nag van
ons gesteel is. Vir 15 jaar moes ons die propagandistiese aanvalle van
die ANC trotseer en sluk. Vir dieselfde 15 jaar moes ons telkens keer
as ons erfenis op arrogante wyse deur hierdie terroristebende vertrap
en vernietig word. Net om deur dieselfde bende beskuldig te word van
rassisme en dat ons in die pad staan van transformasie.

Alles wat ons eens opgebou het is verniel, vernietig en dit wat oor
is, se name word verander. Ook is daar nou besluit om die strate in
Pretoria se name te verander. 'n Redelike mens sal aanvaar dat indien
jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het
jy die reg om dit 'n naam te gee. Die strate in Pretoria het die ANC
nie gebou nie, hulle kan dit beswaarlik met ons belastinggeld in stand
hou!

Laat ons dan maar kyk na wat het hulle tot stand gebring in die laaste
15 jaar. Geen haan sal daarna kraai as hulle hul terroristehelde
vernoem na wat hulle self tot stand gebring het nie.

Die Nuwe Suid-Afrika is wêreldbekend vir misdaad, korrupsie en swak
dienslewering. Dit is al. Dit is al wat die ANC in 15 jaar tot stand
kon bring.

Hoe min dit ookal is, sal ons werklik nie omgee dat hulle wie hulle
ookal wil vernoem na dit wat hulle opgerig het nie. Ons sal selfs die
name gebruik en wyd verkondig!

Intussen stel ons voor dat hulle maar ons erfenis met ruste laat.
Hierdie is 'n omgekrapte volk, wat net soveel kan vat voordat hy
breekpunt bereik. Die magtige Britse empire kan sekerlik daarvan
getuig. Ook die eens magtige Dingaan. Moet nou nie die vreedsame volk
druk om op te tree om sy eie te beskerm nie!


Die uwe,

Ben Geldenhuys

HNP Skeuring

BEDANKING UIT DIE HNP

Ondergetekendes het na deeglike besinning oor die saak besluit om uit die HNP te bedank. Om uit 'n party te bedank wat deur mnr Jaap Marais gestig was, was geen maklike besluit nie. Inteendeel, dit was een van die moeilikste besluite wat ons ooit geneem het.

Ons is van mening dat daar baie HNP-lede is wat nie behoorlik ingelig is oor die gebeure van die afgelope maande wat gelei het tot ondergetekendes en talle ander lede se bedankings nie. Ons het dit gevolglik goedgedink om hierdie skrywe aan lede en ook voormalige lede van die Party te rig ten einde ons kant en siening van die saak in breë trekke te stel.

Tydens die kongres in Maart 2008 het dr Gregan gestel dat hy bekommerd is oor die HNP en gemeld dat ons verlam en verdeeld is, mekaar ondergrawe, in die rug steek, beskinder en verloën.  Hy het ook gestel dat daar nie eenheid onder partygenote bestaan nie en dat dit verhoed dat die Party as 'n krag na buite kan praat en kan die HNP nie aantrek, inspireer en vertroue inboesem in sulke omstandighede nie.

Wat is met bogemelde bedoel?

Vroeg in 2008 het dr Gregan opdrag van die Party gekry om saam met mnr Louis van der Schyff (die hoofsekretaris) 'n gesprek met Radio Pretoria te voer oor die feit dat Radio Pretoria die HNP as enigste ware nasionalistiese party/organisasie deurgaans stief behandel het, ondanks verskeie vertoë wat daaroor in die verlede gerig is. Tydens die gesprek het mnr Clem de Klerk dit duidelik gemaak dat hy, omdat die Demokratiese Alliansie (DA) soveel "nuus" aan Radio Pretoria verskaf, noodwendig van daardie nuus gebruik maak en by 'n vraag van dr Gregan aan mnr De Klerk, dit duidelik gestel dat hy die omstandigheid ("nuus") bo die beginsel kies. Dr Gregan het daarop gewys dat Radio Pretoria mense verwar deur enersyds voor te gee dat die "Vierkleur weer sal wapper" dog andersyds die DA as 'n alternatief aan luisteraars voor te hou. Mnr de Klerk wou dit klaarblyklik nie insien nie en het dr Gregan uit hierdie gesprek gestap. Mnr van der Schyff (as amptenaar) het egter bly sit en deur sy optrede die HNP se standpunt gerepudieer.

Daarna het die Hoofbestuur besluit dat dr Gregan 'n skrywe aan Radio Pretoria moes rig wat hierby aangeheg word as Bylae "A". Voordat die voormelde skrywe aan Radio Pretoria gestuur is het dr Gregan vir professor Adriaan Pont as Voorsitter van Radio Pretoria gebel om die saak met professor Pont uit te klaar. Professor Pont het dr Gregan aangemoedig om die skrywe te rig, aangesien dit volgens professor Pont "lankal tyd was dat Radio Pretoria hieroor standpunt inneem".  Wat daarna gebeur het behoort vir elke HNP-lid baie ontstellend te wees.  Nie alleen het mnr Japie Theart, mnr Louis van der Schyff, mnr Henk van der Graaf en andere mnr De Klerk oortuig om nie die brief aan die direksie van Radio Pretoria voor te lê nie, maar is dr Gregan hoegenaamd nie deur enige van die here in die saak geken nie.  Daar was dus duidelike inmenging deur gemelde here in die besluit wat deur die Hoofbestuur geneem is. In plaas daarvan dat erken is dat hierdie optrede verkeerd was, is die optrede deurentyd heftig verdedig en vergoeilik. 

Verskeie optredes van mnr Louis van der Schyff (waaronder voormelde) het dan ook daartoe bygedra dat hy amptelik aangekla is van verskeie oortredings en is klagtes amptelik deur die Personeelkomitee aangehoor, die meeste waarvan mnr van der Schyff self moes erken dat hy skuldig aan was.

Punt van die ysberg

Die Radio Pretoria-sage was maar net die punt van die ysberg.  Dit het algou baie duidelik geblyk dat daar twee standpunte in die HNP is, naamlik die een groep wat wil voorgee dat die HNP "in elk geval binne die bestel is" en wat nou eenheid ten alle koste wil bevorder en in die proses HNP-beginsels en beleid sal offer om daardie eenheid te bewerkstellig en 'n tweede groep wat rotsvas by die beginsels en beleid van die Party staan. Uit eersgemelde groep word selfs by monde van mnr Wouter Rust aangevoer dat sekere HNP-standpunte (wat eenparig op kongresse en vergaderings aanvaar is) "belaglik" is.  Dit sluit in die HNP se standpunt dat diegene wat die humanistiese en liberalistiese kommunistiese Grondwet se beginsels onderskryf, in vyandskap met die nasionalistiese Afrikaner verkeer. Laasgemelde besluit is deur mnr Rust en ook mnr Pieter Aucamp verdag gemaak wat verdere spanning in die Party tot gevolg gehad het.

Tydens 'n Hoofbestuursvergadering in Mei 2008 is sekere standpunte van die HNP herbevestig, waaronder dat die HNP buite die bestel is. Dit het mnr Pieter Aucamp genoop om op te staan en hom van hierdie standpunte te distansieer en het hy na verdere debat oor die saak tydens dieselfde vergadering uit die HNP bedank en die saal verlaat.  Hy het onder andere gestel dat hy nooit 'n streep kan trek deur sy KP-verlede nie en indien hy die geleentheid gegun sou word, hy weer aan verkiesings sal deelneem.  Wat egter tot kommer stem is dat daar talle HNP-lede was wat hulle agter mnr Aucamp geskaar het en het mnr Rust onder andere die blatante leuen verkondig dat mnr Aucamp uit die Party "weggejaag" is, dit terwyl hyself teenwoordig was toe mnr Aucamp hom van HNP-beleid gedistansieer het en self bedank het. 

Na die bedanking van mnr Aucamp uit die Party is 'n debat aangelê waar mnr Aucamp juis die standpunt van "binne die bestel" sou verdedig.  Tydens hierdie debat het daar verskeie HNP-lede opgedaag wat nie alleen mnr Aucamp se standpunt ondersteun het nie (naamlik dat die HNP aan verkiesings moet deelneem nie), maar duidelik deur hulle optrede aangetoon het dat hulle die beproefde en jarelange standpunt van die HNP, naamlik om buite die bestel te bly en nie aan verkiesings deel te neem nie, verwerp.  Dit ondanks die feit dat dr Gregan mnr Aucamp met nugtere politieke beredenering op die dodelike gevaar gewys het wat deelname aan die bestel vir die Afrikaner se voortbestaan inhou. Hierdie politieke les en mnr Aucamp se onverdedigbare standpunt in die debat, was vir die redakteur van Die Afrikaner een te veel om oor te berig, waarskynlik in opdrag van die "stemmers". 

Ondeurdagte en onaanvaarbare uitsprake

Mnr Wouter Rust het dan ook op sy kenmerkende manier verskeie ondeurdagte stellings en uitsprake gemaak wat HNP-lede tot onrus moet stem.  So het hy onder andere gestel dat hy nie die huidige Program van Beginsels van die Party kan onderteken nie.  Dit ondanks die feit dat dit reeds vir 14 jaar staan as die HNP se Program van Beginsels.  Dat mnr Rust na verloop van 14 jaar skielik 'n probleem daarmee het, is veelseggend. Hy het ook vermeld dat mnr Jaap Marais hom "binne in die bestel in geskrik" het in 1994 en dat dit die rede is waarom ons 'n nuwe Program van Beginsels het.  Volgens mnr Rust was mnr Jaap Marais nie opgewasse vir die nuwe bedeling wat in 1994 aangebreek het nie.  Ook hierdie ontstellende, kwaadwillige en leuenagtige uitlating is slegs deur enkeles gekritiseer en het verskeie lede van die Party hulle laat welgeval dat sulke stellings gemaak is.  Dit was uit die geledere van ondergetekendes dat aangedring was dat mnr Rust tot orde geroep moes word oor sy stellings.  Sien Bylae "B" hiertoe.

Uit bovermelde moet dit baie duidelik wees dat daar reeds geruime tyd fout gesoek was met die HNP se partyleiding en dat na bondgenote binne en buite die Party gesoek is om HNP-beginsels en beleid verdag te maak, en dat daar hoegenaamd nie sprake was van 'n Party wat eendragtig die vyand die stryd kon aansê nie. So is die Party nou reeds vir maande lank lamgelê deur die optredes van onder andere mnre Aucamp, Rust, van de Graaf en van der Schyff.  By hierdie name kan ook gevoeg word die name van dr Pieter Möller en mnr Andries Breytenbach wat ook hulle steun ten gunste van deelname aan munisipale verkiesings uitgespreek het. 

Spesiale Kongres

Tydens die spesiale kongres op 23 Augustus 2008 was dit baie duidelik dat daar baie goed georganiseer was om die nuwe leierskap te kies sodat die HNP hierdie nuwe rigting kon inslaan.  So is persone wat hulle in die onlangse en minder onlangse verlede van die HNP gedistansieer het, ook omdat die HNP die Israelvisie/waarheid gekritiseer het, weer skielik by die kongres gesien en het 'n selferkende ateïs, mnr Ben Pieters, vir mnr Theart as leier gesekondeer. Uit hierdie gebeure was dit vir ondergetekendes duidelik dat die kaping van die HNP voltrek was. Ondanks die HNP se persverklarings om sy voorgenome rigting met sy nuwe leierskap in te slaan en spesifiek te ontken dat die HNP beoog om aan munisipale verkiesings deel te neem, het die sekondant van mnr Theart in die eerste uitgawe van Die Afrikaner na die kongres (gedateer 29 Augustus 2008) opnuut deelname aan munisipale verkiesings bepleit, terwyl mnr Theart dit ontken het! Dit is veral insiggewend dat mnr Aucamp, pas nadat die nuwe leiers verkies is, toegetree het tot die kongres en was mnr Rust se opmerking dat mnr Aucamp weer sou terugkeer na die Party; dit ondanks mnr Aucamp se standpunte en uitsprake wat 'n repudiëring van die HNP se beginsels en beleid daarstel.

Vir enige ingeligte persoon behoort dit duidelik te wees dat as aan munisipale verkiesings deelgeneem word, daar ook geen beswaar kan wees om aan ander verkiesings deel te neem nie. Voormelde standpunt skend die geloofwaardigheid van die HNP en stel 'n duidelike afwyking van sy beginsels daar.  Die vraag wat deur persone buite die HNP gevra kan word sal immers wees: Het die HNP ons dan vir 14 jaar vir die gek gehou om ons van die stembus weg te hou? Maar belangriker nog is dit gewoon dwaas om te dink dat 'n enkele lid of twee van 'n munisipale raad hier en daar tussen 'n see van anderskleuriges en blanke meelopers die vryheid van ons volk sal verseker.

Daar kan geargumenteer word dat hierdie slegs standpunte van individue verteenwoordig en nog nie Party beleid is nie.  Die feit is dat al drie die nuwe onderleiers, hetsy direk, hetsy indirek, hulle ten gunste van deelname aan verkiesings uitgespreek het.  Mnr Rust by name het telkens gepoog om bestaande en beproefde HNP beleid verdag en belaglik te maak. Hy het ook 'n aktiewe veldtog geloods om persone te beswadder en het nie geskroom om in die proses leuens te verkondig nie.  Ook hieroor is hy nie tot orde geroep nie, dog baie duidelik eerder uit sekere oorde ondersteun. Die Party het dus baie duidelik 'n keuse ten gunste van hierdie voorgenome beleidsrigting gemaak.

Onderlinge verdeeldheid

Waar die vyand van die Afrikaner gereed staan om die Afrikaner finaal te vernietig, het die HNP te doene met lede van die Party wat hulle beywer het om mede-lede aan te val en te beswadder en bestaande en beproefde beginsels en beleid verdag te maak, eerder as om eendragtig die vyand aan te val.  En terwyl ons weet dat soos in die verlede tydens die Idasa komplot, die vyand van die Afrikaner nie sal skroom om vredepraters en hensoppers te gebruik om beproefde beginselstandpunte te ondermyn nie, is daar steeds persone in die HNP wat hulle die luuksheid aanmatig om mede-Afrikaners in die HNP verdag te maak.

Daarbenewens het die HNP nog deur al die jare 'n baie duidelike standpunt gehuldig oor die nuwe bedeling en nie geskroom om enige instansie of organisasie wat "hierdie stelsel wil laat werk" in die proses te kritiseer en trouens as vyande van ons volk te beskou nie.  Dit was die HNP se taak om deurgaans reguit lyne te trek. Vir die vredepraters en hensoppers in Afrikaner geledere is hierdie standpunt deurentyd 'n steen des aanstoots gewees. Mnr Jaap Marais het dit dikwels gestel dat 'n Party nie vernietig word deur aanvalle van buite nie, maar deur kleinverraad van binne.  Wat in die afgelope maande in die HNP gebeur het was niks anders nie as verraderlike aanvalle teen beginselstandpunte en beleid van die HNP. Om deurentyd oor jou skouer te kyk watter HNP-lid jou gaan aanval of beswadder net omdat jy bestaande HNP-beleid onomwonde stel en verdedig, word onuithoudbaar. 

Nuwe heenkome

In die lig van voormelde het ondergetekendes nie alleen besluit om uit die Party te bedank nie, maar voort te gaan om 'n nuwe organisasie in die lewe te roep en sal 'n vergadering in hierdie verband D.V. op 18 Oktober 2008 in Pretoria gehou word. In hierdie organisasie sal slegs persone wat bereid is om trou te sweer aan mekaar vir die beywering van ons volk se soewereine vryheid in ons eie vaderland op die onderstaande beginselgrondslag welkom wees. Dit word duidelik ten aanvang gestel. Persone wat daarmee verskil kan hulle heil binne ander organisasies soek. 

Hierdie nuwe organisasie sal op die beproefde beginsels van die HNP, soos veral verwoord deur mnr Jaap Marais, vryheid in ons eie vaderland ten doel stel en hom veral rig op versetaksies teen die onreg van 'n swart kommunistiese regime. Ons sal die nuwe Grondwet en sy bedrogvolle verkiesings verwerp soos wat dit 'n Afrikanernasionalis betaam. Daaroor sal daar geen dubbelpratery wees nie.

Senator Barry Goldwater van die VSA, wat bekend was as een van die mees konserwatiewe senators in die VSA se politieke geskiedenis, het gesê dat as 'n vyandelike mag jou wil vernietig en al sy middele daartoe aanwend, hy in 'n staat van oorlog met jou verkeer. In sulke omstandighede sal jy, tensy jy oorgawe bedink, ook in 'n staat van oorlog met hom verkeer.  Daarbenewens sal jou doel, tensy jy verraad bedink, soos die vyand s'n wees, om die oorwinning te behaal.  Wat besef moet word is dat die ANC in 'n staat van oorlog met ons verkeer en die huidige grondwet as middel in hierdie oorlog teen die Afrikaner gebruik. 

Mnr Wouter Rust huldig egter die standpunt dat die huidige humanistiese en liberalistiese grondwet 'n magtige middel in ons hand kan word as ons die oorwinning by die stembus kan behaal.  Hy het waarskynlik hierdie standpunt nie goed deurdink nie want is daar geen wyse waarop 'n nasionalistiese Afrikaner enigsins hierdie grondwet kan onderskryf of gebruik, nie, selfs indien hy die mag herwin nie.  Mnr Jaap Marais het dit dan ook baie duidelik gestel dat die Afrikaner nie moet rus totdat hierdie grondwet in die politieke snippermandjie lê nie.  Wat besef moet word is dat vryheid alleen buite hierdie bestel verkry kan word en nie deur foefies soos deelname aan verkiesings nie.  Dit is gewoon onhoudbaar om in die een asem te stel dat jy die bestel verwerp, dog in dieselfde asem te stel dat "iets" vir die Afrikaner beding kan word binne hierdie bestel deur deelname aan verkiesings.



Uitgangspunte

Ondergetekendes huldig die volgende standpunte en sal dit ook die basis van ons verdere vryheidstryd verteenwoordig waartoe ons u uitnooi:

•    Ons die Afrikanervolk, erken in nederigheid die Almag en Oppergesag van die Drie-enige God;

•    Ons glo en weet dat die Drie-enige God verskillende volke en daarom ook ons volk in aansyn geroep het;

•    Ons glo dat die Drie-enige God die beskikker van die lotgevalle van alle volke is;

•    Ons erken ons swakheid en afhanklikheid voor die Drie-enige God;

•    Die Heilige Skrif, die Onfeilbare Woord van God, soos dit verstaan en uitgelê is in die Calvinistiese Hervorming waarvan die Afrikanervolk die dankbare erfgename is, vorm die grondslag van ons bestaan en ons stryd;

•    Ons erken dat ons voorvaders na geregtigheid vir ons volk en tegelyk vir alle ander volke in hierdie land gestrewe het;

•    Ons eer ons heldedom en put inspirasie uit ons volk se heroïese geskiedenis;

•    Ons voorvaders se eerbare stryd het vir ons eie onafhanklike soewereine republieke nagelaat waaronder die Republiek van Suid-Afrika van 1961;

•    Ons duurgekogte vryheid is deur verraad en bedrog aan 'n godlose kommunistiese regime oorhandig;

•    Ons erken nie die ANC/SAKP-regime se gesag oor ons volk nie en beskou hulle as onwettig;

•    Ons besef dat daar geen kortpad na vryheid is nie, maar dat dit alleen deur volgehoue stryd herwin kan word;

•    Ons besef dat ons vryheid alleen in verset buite hierdie bestel verkry kan word;

•    Ons neem nie aan enige verkiesings in terme van hierdie godlose bestel deel nie;

•    Ons verwerp die Grondwet van hierdie bestel wat 'n oorlogsverklaring teen ons volk is;

•    Ons verklaar dat enigeen wat hierdie Grondwet onderskryf in vyandskap met ons volk verkeer;

•    Ons bely dat apartheid nie 'n bose nie, maar 'n edele beleid was, wat voortspruit uit nasionalisme en ontwerp is om ons volk en ook ander volke se God-gewilde afsonderlike identiteite te handhaaf en te verseker op die basis van soort soek soort en leef en laat leef;

•    Ons het daarom geen skuldgevoel oor apartheid nie, maar 'n selfrespek om onsself te betuig voor ons vyande;

•    Ons is deur God se kultuuropdrag aan die mens verplig om aktief deel te neem aan, en te stry vir, ons volk se vryheid;

•    Ons sweer trou aan mekaar dat ons nie sal rus voor ons ons vryheid in ons eie vaderland verkry het nie;

•    Ons sê dat as jy 'n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg;

•    Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het.

Ons is bewus daarvan dat verskeie persone reeds uit die HNP bedank het en bogemelde standpunte onderskryf. Ons vertrou dat meeste van die getroue HNP-lede dit ook sal doen.  U word dus op sterkte van voormelde uitgenooi na die vergadering op 18 Oktober 2008 om 09:00 in die Ou Raadsaal te Kerkplein in Pretoria. Meer besonderhede sal op aanvraag beskikbaar gestel word.

Indien u die vergadering wil bywoon is u welkom om met enige van ondergetekendes kontak te maak.

Die uwe

Danie Varkevisser                (voormalige onderleier)
Sydney Gregan                 (voormalige onderleier)
Koos Hough                     (voormalige adjunk-voorsitter)
Andre Schmidt                 (voormalige ondervoorsitter)
Francois Muller                 (voormalige penningmeester)

Arcas van Rooyen, Johan Bekker, Leon Schoeman, Andre Alkema, Henri Malan, Jeanette Koekemoer, dr Niel Kriel, Herman Kriel, Willem Hough
(voormalige dagbestuurslede)

Ds Hennie van der Merwe, Anton van der Westhuizen                                             (voormalige hoofbestuurslede)

Dr JP Botha, Marten du Preez         (voormalige stigterslede)

Kontaknommers:

1.    Sydney Gregan                       082 334 1555       
2.    Danie Varkevisser                       083 460 3302       
3.    Jeanette Koekemoer                   082 979 2432       
4.    Leon Schoeman                       083 650 6892       



Naskrif:    Ongeveer 70 persone (waaronder voormalige dag- en hoofbestuurslede en ook stigterslede) het aangedui dat hulle reeds uit die Party bedank het, alternatiewelik aangedui dat hulle gaan bedank, welke persone nie ten volle op hoogte is van voormelde gebeure nie, dog ondergetekendes se uitgangspunte volledig onderskryf, waaronder mnr Pieter van der Spuy, me H Hartung, me Esther Kriel, mnr Philip Koekemoer, mnr Eugene Koekemoer, mnr JH Meyer, mnr A van Schalkwyk, en mnr Jan Kruger.

Friday, September 12, 2008

Kulturele diefstal skep teelaarde vir geweld

Uitgereik deur: Johan Willemse
Hoedanigheid: Afrikaner Kultuurleier &
Voorsitter: Pietersburg-Doornkraal Geloftefees
Kontaknommer: 015 297 0946 / 072 197 3134
Onderwerp: Kulturele Diefstal skep
Teelaarde vir Geweld
Embargo: 12 September 2008


Binne die Afrikaner kultuur is die stad Pretoria besonder belangrik.
As kultuursentrum; as opvoedkundige sentrum; as historiese hoofstad;
as simbool van die onafhanklikheid van ons Vaderland; as setel van die
Afrikaner se onafhanklikheidstrewe. Soos Pretoria is die historiese
straatname vir die Afrikaner Kultuurgemeenskap ook van besondere
belang. Dit is van die ankers wat ons bind aan ons verlede, aan die
bodem van ons Vaderland, Suid-Afrika.

Die aanspraak van die Speaker van die Raad, mnr. Dau, dat deur die
naamsverandering hulle 'n nuwe Afrika-hoofstad wil skep wat 'n
gedeelde erfenis, identiteit en toekoms moet weerspieël, is arrogant,
aanmatigend en beledigend. Diegene namens wie Dau praat het geen bloue
duit bygedra tot die beplanning, vestiging en bedryf van die
wêreldstad, Pretoria, nie. Hulle wil nou as parasiete kulturele
diefstal pleeg aangesien hulle vanuit 'n posisie van minderwaardigheid
poog om hulself te regverdig.

Die Afrikanerkultuurgemeenskap is onlosmakend deel van Afrika. Dit is
ons Vaderland, soos ook dié van daardie kultuurgemeenskappe wat deur
die skepper hier geplaas is. Die oorgrote ontwikkeling en opbou van
Suid-Afrika tot 'n wêreldstaat, tot een van die mees ontwikkelde
lande, indien nie die mees ontwikkelde, op die kontinent van Afrika,
kan suiwer voor die deur van die Afrikaner gelê word. Toe Dau en sy
meelopers dit wat opgebou is as terroriste afgebreek het, het
Pretoria en Suid-Afrika desnieteenstaande gegroei tot 'n leidingewende
moondheid. Iets wat nie ontken kan word nie.

Die owerhede wat so minagtend teenoor die Afrikaner optree, wat ons
kulturele erfenis blatant wil steel, moet kennis neem; op een of ander
stadium sal die ballon te styf opgeblaas word en dan bars hy. Geen
regdenkende Afrikanerleier sal geweld goedpraat nie, maar mens kan ook
net die teuels solank intrek. Ek vra dus mooi: Los ons erfenis uit.

Verset teen kwaadwillige vernietiging van ons Geskiedenis

Uit protes teen kwaadwillige vernietiging van ons geskiedenis in die
vorm van naamsverandering, is dit tyd vir aksie!!

ALLE STRAATNAME WAT HULLE WIL VERANDER MOET 'N ROOI LINT KRY !!!!


Kom ONS maak 'n verskil. ELKE persoon neem EEN LINT en gaan bind dit
om ons straatname. Hierdie aanslag om ons te vernietig moet nie net so
aanvaar word nie!!!

Pretoriusstraat:

Genoem na Marthinus Wessel Pretorius, seun van Andries en president
van die Transvaalse Republiek. Daar is onsekerheid of die straat na
die pa of die seun genoem is.

Schoemanstraat:

Genoem na kmdt.genl. Stephanus Schoeman (1810-1890) wat in die 1860's
as staatspresident waargeneem het.

Van der Waltstraat:

Genoem na Andries Petrus Jacobus van der Walt, een van die eienaars
van die plaas waarop Pretoria ontwikkel is.

Andriesstraat:

Genoem na die boere-generaal A.W.J. Pretorius.

D.F. Malanrylaan:

Genoem na die voormalige premier van die Unie van Suid-Afrika.

Prinsloostraat:

Genoem na Joachim J.P. Prinsloo, wat 'n huis op Kerkplein besit het.

Genl. Louis Botharylaan:

Genoem na genl. Louis Botha, die eerste eerste minister van die Unie
van Suid-Afrika.

Hans Strijdomrylaan:

Genoem na adv. Hans (J.G.) Strijdom, eerste minister van SA van 1954 tot 1958.

Michael Brinkstraat:

Genoem na Michael Brink, stadsraadslid van die Verenigde Party.

Charlesstraat:

Genoem na 'n prokureur, Charles Marais. Hy was die seun van Langpiet
Marais, destydse eienaar van Brooklyn.

Walkerstraat:

Arthur Hamilton Walker was 'n landmeter. Hy het die dorp Pretoria, wat
Andries du Toit oorspronklik uitgelê het, heropgemeet.

Hendrik Verwoerdrylaan:

Genoem na dr. Hendrik Verwoerd, destydse eerste minister en argitek
van apartheid.

Lucas Mangoperylaan:

Oudpres. Lucas Mangope van die destydse tuisland Bophuthatswana.

Leah Mangopehoofweg:

Genoem na Mangope se vrou, Leah.

Schubartstraat:

Die Nederlander Anton Frederik Schubart, staatsekretaris onder
president M.W. Pretorius en later hoof van die Staats-museum.

Esselenstraat:

Ewald Esselen van Duitse afkoms was die Zuid-Afrikaansche Republiek se
staatsekretaris en adviseur.

Kerkstraat:

Verwys na die kerk wat jare gelede op Kerkplein gestaan het.

Duncanstraat:

Genoem na sir Patrick Duncan, eerste goewerneur-generaal van die Unie
van Suid-Afrika.

Beatrixstraat:

Genoem na Beatrix Dory Meintjes. Sy was die oudste dogter van E.P.A.
(Eddy) Meintjes en die kleindogter van Stephanus Jacobus Meintjes,
tweede eienaar van die plaas Arcadia.

Proesstraat:

Genoem na B.C.E. Proes, die eerste staatsprokureur van die destydse ZAR.

Paul Krugerstraat:

Genoem na die oudpresident van die ZAR.

Potgieterstraat:

Genoem na die Voortrekker-leier Hendrik Potgieter.

Vermeulenstraat:

Genoem na die Vermeulen-broers Kootjie en Hendrik, van die eerste
inwoners van Pretoria.

Jacob Maréstraat:

Jacob Philippus Maré het Heidelberg in die Transvaalse volksraad
verteenwoordig en in 1880 het hy lid van die uitvoerende raad van
Transvaal geword.

Skinnerstraat:

Genoem na William Skinner, Pretoria se eerste landdros.

Voortrekkersweg:

Genoem na die Voortrekkers, wat van die Kaap-kolonie na die binneland
getrek het.

Koningin Wilhelmina?rylaan:

Genoem na koningin Wilhelmina Helena Pauline Marie van Nederland.

Zambesirylaan:

Genoem na die Zambesirivier, vierde langste rivier in Afrika.

Mearsstraat:

James E. Mears het die wyk Sunnyside in 1875 uitgemeet. Sy eie huis
het gestaan in die omgewing waar die ou Normaalkollege in Sunnyside
is.

Mitchellstraat:

George Mitchell was betrokke by die uitlê van erwe in Pretoria-Wes.

Paul Kruger standbeeld dalk in gedrang

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2392151,00.html


27 name van strate in Pretoria gaan waai

Sep 11 2008 10:29:20:103PM

Altesame 27 Pretoriase straatname "wat aanstoot gee weens hul
koloniale en apartheidsverbintenisse", moet waai...

Cobus Claassen


Altesame 27 Pretoriase straatname "wat aanstoot gee weens hul
koloniale en apartheidsverbintenisse", moet waai en inwoners kan nuwes
voorstel.

Die Tshwane-metroraad het gister bekend gemaak hy gaan in Oktober 'n
omvattende openbare-deelnameproses begin sodat straatname wat " 'n
koloniale en apartheidsverlede weerspieël", verander kan word.

Die meeste van die geïdentifiseerde strate, van die bekendste en
oudste in Pretoria, is in die middestad (sien kassie).

Mnr. Khorombi Dau, die raad se speaker, het gister gesê die proses is
begin "sodat 'n nuwe Afrika-hoofstad geskep word wat 'n gedeelde
erfenis, identiteit en toekoms weerspieël".

Die ANC se voorstel dat die straatname verander word, het in September
verlede jaar, ondanks groot ontevredenheid uit opposisiegeledere, die
jawoord op 'n raadsvergadering gekry.

Daar is destyds in die aanloop tot die vergadering in 'n agenda kennis
gegee dat dit die begin is van 'n proses om alle name van strate,
geboue en woonbuurte wat aanstoot gee of 'n apartheidsnalatenskap het
te verander.

Dau het gister gesê daar is 'n behoefte dat die hoofstad op gepaste
wyse gevier word en dat ander kulture en tale in die stad se kern
ingesluit word. "Ons wil met die proses 'n omvattende herkonstruksie
en transformasie van die stad se beeld begin."

Volgens Dau is dit noodsaaklik dat name wat "aanstoot gee en mense aan
die pynlike verlede herinner", verander word.

"Die nuwe name moet ons demokratiese beginsels, vryheid, diversiteit
en gedeelde waardes weerspieël."

Die raad stel voor dat die strate hernoem word na mense wat bydraes in
die bevrydingstryd gelewer het, mense wat 'n rol in die stryd vir
geslagsgelykheid en vername kultuuraktiviste gespeel het.

Ander kriteria sal ook oorweeg word, het Dau gesê.

Hy het versigtig geantwoord op die vraag of Paul Krugerstraat se naam
op die lys 'n aanduiding is dat sy standbeeld op Kerkplein ook in die
gedrang kan kom.

"Dit is 'n voortdurende debat. Ek is nie in 'n posisie om te sê of die
standbeeld uiteindelik verwyder gaan word of sal bly nie. Die raad sal
moet besluit wat sy standpunt is."

Dau wou ook nie veel uitwei oor die vraag waarom die raad die name wil
verander, terwyl daar nog nie eens uitsluitsel is oor wat die stad se
naam is nie.

"Dit is 'n voortslepende kwessie waaroor ek nie kan kommentaar lewer
nie. Dit is onseker wanneer en hoe dit (die
Tshwane/Pretoria-naamstryd) opgelos gaan word."

Die raad sal volgende week 'n kennisgewing uitreik waarin die
straatnaamproses aan inwoners verduidelik en uiteengesit sal word.

Dau het gesê die raad sal probeer om aan al die streke in die
metrogebied gelyke geleentheid te gee om voorleggings te doen.

Die deelnameproses sal onder meer openbare vergaderings insluit,
terwyl die publiek ook geskrewe voorstelle sal kan aanstuur.

Die raad se openbare plek- en straatnamekomitee sal dan die voorstelle
saamvat en vir goedkeuring aan die raad voorlê.

Volgens Dau kan die omvang van die naamsveranderings verander na
gelang van die insae wat van die publiek ontvang word. Hy het gesê die
raad sal eers dan kan vasstel hoeveel die naamsveranderings gaan kos.

Die oorsprong

Pretoriusstraat:

Genoem na Marthinus Wessel Pretorius, seun van Andries en president
van die Transvaalse Republiek. Daar is onsekerheid of die straat na
die pa of die seun genoem is.

Schoemanstraat:

Genoem na kmdt.genl. Stephanus Schoeman (1810-1890) wat in die 1860's
as staatspresident waargeneem het.

Van der Waltstraat:

Genoem na Andries Petrus Jacobus van der Walt, een van die eienaars
van die plaas waarop Pretoria ontwikkel is.

Andriesstraat:

Genoem na die boere-generaal A.W.J. Pretorius.

D.F. Malanrylaan:

Genoem na die voormalige premier van die Unie van Suid-Afrika.

Prinsloostraat:

Genoem na Joachim J.P. Prinsloo, wat 'n huis op Kerkplein besit het.

Genl. Louis Botharylaan:

Genoem na genl. Louis Botha, die eerste eerste minister van die Unie
van Suid-Afrika.

Hans Strijdomrylaan:

Genoem na adv. Hans (J.G.) Strijdom, eerste minister van SA van 1954 tot 1958.

Michael Brinkstraat:

Genoem na Michael Brink, stadsraadslid van die Verenigde Party.

Charlesstraat:

Genoem na 'n prokureur, Charles Marais. Hy was die seun van Langpiet
Marais, destydse eienaar van Brooklyn.

Walkerstraat:

Arthur Hamilton Walker was 'n landmeter. Hy het die dorp Pretoria, wat
Andries du Toit oorspronklik uitgelê het, heropgemeet.

Hendrik Verwoerdrylaan:

Genoem na dr. Hendrik Verwoerd, destydse eerste minister en argitek
van apartheid.

Lucas Mangoperylaan:

Oudpres. Lucas Mangope van die destydse tuisland Bophuthatswana.

Leah Mangopehoofweg:

Genoem na Mangope se vrou, Leah.

Schubartstraat:

Die Nederlander Anton Frederik Schubart, staatsekretaris onder
president M.W. Pretorius en later hoof van die Staats-museum.

Esselenstraat:

Ewald Esselen van Duitse afkoms was die Zuid-Afrikaansche Republiek se
staatsekretaris en adviseur.

Kerkstraat:

Verwys na die kerk wat jare gelede op Kerkplein gestaan het.

Duncanstraat:

Genoem na sir Patrick Duncan, eerste goewerneur-generaal van die Unie
van Suid-Afrika.

Beatrixstraat:

Genoem na Beatrix Dory Meintjes. Sy was die oudste dogter van E.P.A.
(Eddy) Meintjes en die kleindogter van Stephanus Jacobus Meintjes,
tweede eienaar van die plaas Arcadia.

Proesstraat:

Genoem na B.C.E. Proes, die eerste staatsprokureur van die destydse ZAR.

Paul Krugerstraat:

Genoem na die oudpresident van die ZAR.

Potgieterstraat:

Genoem na die Voortrekker-leier Hendrik Potgieter.

Vermeulenstraat:

Genoem na die Vermeulen-broers Kootjie en Hendrik, van die eerste
inwoners van Pretoria.

Jacob Maréstraat:

Jacob Philippus Maré het Heidelberg in die Transvaalse volksraad
verteenwoordig en in 1880 het hy lid van die uitvoerende raad van
Transvaal geword.

Skinnerstraat:

Genoem na William Skinner, Pretoria se eerste landdros.

Voortrekkersweg:

Genoem na die Voortrekkers, wat van die Kaap-kolonie na die binneland
getrek het.

Koningin Wilhelmina?rylaan:

Genoem na koningin Wilhelmina Helena Pauline Marie van Nederland.

Zambesirylaan:

Genoem na die Zambesirivier, vierde langste rivier in Afrika.

Mearsstraat:

James E. Mears het die wyk Sunnyside in 1875 uitgemeet. Sy eie huis
het gestaan in die omgewing waar die ou Normaalkollege in Sunnyside
is.

Mitchellstraat:

George Mitchell was betrokke by die uitlê van erwe in Pretoria-Wes.

Volksheld: Oom HS van Blerk

Geagte Bravolanders

Een van ons volk se groot geeste, Oom Hendrik van Blerk, wat al
tientalle boeke oor ons volk se geskiedenis geskryf het en steeds baie
moeite, tyd en geld aan Majuba spandeer, het op 15 Julie vanjaar 'n
hartaanval gehad. Oom Hendrik is gelukkig vir ons gespaar en is op 19
Julie uit die hospitaal ontslaan en weer by die huis, al was hy maar
nog swak.

Drie weke gelede (net vier weke na die hartaanval) is Oom Hendrik weer
in die hospitaal opgeneem met simptome wat weer gelyk het na 'n
hartaanval. Die dokter het dit egter gediagnoseer as hartversaking.
Dus gaan Oom Hendrik, wat nou 92 is, baie mediese onkoste hê en hy en
sy vrou, Tannie Nell, het nie 'n mediese fonds nie.

Die Bravoland Ondersteunersklub is gestig om ons volksgenote te help
wanneer hulle dit mag nodig hê, en het dit goedgedunk om R2000.00 vir
Oom Hendrik se hospitaalonkoste uit die klub by te dra. Die volksraad
het ook ingespring en vinnig is daar uit hulle sakke nog R1700.00
ingesamel as bydrae vir hierdie skenking. Dus het ons tot op hede
R3700.00.

Ek wil graag 'n beroep op Bravolanders doen om ook 'n bydrae te maak,
hoe gering dit ook al mag wees, elke bietjie help.

Bydraes kan in die Bravoland Ondersteunersklub se rekening inbetaal
word, en die hele bedrag sal dan vroeg in volgende week oorbetaal word
in Oom Hendrik se rekening.

Die bankbesonderhede is:

Naam: Bravoland Ondersteunersklub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502
Takkode: 632 005


Alle deposito's moet asb. 'n duidelike verwysing hê. By die
verwysingsblokkie kan u HSvanBlerk skryf.

Baie dankie aan almal wat reeds 'n donasie gegee het en wie nog 'n
donasie gaan gee. Dit word opreg waardeer en is vir 'n goeie doel.

Vir Oom Hendrik is geen opoffering te groot nie, kom ons wys ons
waardering vir alles wat hy vir die volk opgeoffer het.

Vriendelike groete


Bravoland Ondersteunersklub
Uit die Volk - vir die Volk


Vir meer inligting en vrae, kliek op die volgende skakel:
Oom HS van Blerk

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3842.49057;topicseen#new

Thursday, September 11, 2008

Straatnaamverandering 'n daad van aggressie teen minderhede

MEDIAVERKLARING

ONDERWERP : STRAATNAAMVERANDERING 'N
DAAD VAN AGGRESSIE
TEEN
MINDERHEDE
UITGEREIK DEUR : Mnr. Willie Spies
HOEDANIGHEID : VF Plus-voorsitter: Groter
Pretoria area
DATUM : 11 September 2008

"Die aankondiging deur die Tshwane Metroraad in Pretoria dat die raad
beplan om straatname in die middestad te verander, is 'n daad van
aggressie teen die Afrikanergemeenskap van Pretoria."

Dit was die reaksie van die VF Plus se voorsitter in die Groter Pretoria
area, mnr. Willie Spies, nadat die Metroraad volgens berigte vandag
tydens 'n nuuskonferensie van die Metroraad bekend gemaak het dat
straatname soos Kerkstraat en Schoemanstraat deur die raad verander gaan
word. Spies het gesê die beplande verandering van name word telkens deur
die ANC aangekondig wanneer die ANC 'n nuwe krisis rondom dienslewering
in die gesig staar.

"Om minderhede te boelie en niksseggende naamsveranderings in te voer,
is die oudste truuk in die boek van 'n regering wat oor hoegenaamd geen
vindingryke oplossings vir die land se probleme beskik nie. Net soos
Mugabe, noord van die Limpopo, telkens minderhede begin boelie wanneer
hy polities in die moeilikheid beland, doen sy bondgenote, suid van die
Limpopo, dieselfde met Afrikaners en ander minderhede se
kultuurgoedere", het Spies gesê.

Die VF Plus se voorsitter in die Metroraad, Conrad Beyers wat lid is van
die munisipale pleknaamkomitee, het bygevoeg dat die saak nog geensins
op die pleknaamkomitee bespreek is nie. "Dit is tekenend van die
burgemeester se gesindheid van kwade trou dat die stadsraad sy planne
met straatname bekendmaak voordat die munisipale pleknaamkomitee daaroor
geken is", het Beyers gesê.

Willie Spies, LP
Tel: 083-676-0639

of

Conrad Beyers
Tel: 082-213-0585

Kultuurdag





 
 
Volksgenote,
 
Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reel nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.
 
 
Die program vir die dag is as volg:
 

10h00              Opening & Verwelkoming

 

10h15             Vlaghysing

 

10h25              CVO Brandwag – Die Stem

 

10h30              Henk v/d Graaf Toespraak

 

10h45              Paul Kruger Toespraak

 

11h00              Eclips

 

12h00              Handhawerjeug

 

13h00              Volkspele                    

 

14h00              Coreen (Bloedriver-lied)

 

15h00              Penkoppe (Boere-orkes)

 

16h00              Program sluit

 
 
 
Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstelletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he; Dr Cas Bakkes (Boskroniek) Prof Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en Dolf Buitendach (Simantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekamp-foto uitstalling wees, komplimente van Kraal uitgewers.
 
Ons volk het reuse morele helde opgelewer, dit is ons plig om hulle te onthou. 
 
 
Vriendelike groete,
 
 
Ben Geldenhuys
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

PR: 1 Man, 1,000 gedigte





1 Man, 1,000 gedigte

Een man met 'n duisend emosies, dit klink nie noodwendig waar nie, maar dit is die geval van die skrywer Berg, oftewel Attie van den Berg. Berg het hierdie week sy duisendste gedig gepubliseer en nie aan 'n lewelose gehoor nie: sy werk is al meer as 107, 000 keer gelees.

Van den Berg is 'n sakeman van Kemptonpark waar hy handel dryf in grondverskuiwingsonderdele, asook invoer en uitvoer. Hy het in 1997 in Engels begin skryf, maar daar was geen leserstal nie. Toe ontdek hy Woes.co.za in Augustus 2007 en kry wat hy soek van lesers, nl. terugvoer en kommentaar. Dit was vir hom 'n groot aansporing.

Hy skryf omdat dit 'n uitlaatklep vir emosies en kreatiewe denke is. Vir hom is humor 'n belangrike deel van die lewe.

Berg se werk kan gelees word op Woes.co.za waar hy skep saam met meer as 2 500 ander skrywers.

Vir meer inligting kan Willem Gous van Woes.co.za gekontak word by 082 322 0600 of pers@woes.co.za of Attie van den Berg by 082 651 8404



Hulp aan ontwikkelende skrywers en digters





Hulp aan ontwikkelende skrywers en digters

Hulp aan ontwikkelende skrywers en digters

Digters is dromers op papier en Afrikaans is die papier van hulle drome. Deesdae is die Afrikaanse digkuns (volgens die koerante en ander "kenners") aan't agteruitgaan en al hoe minder geleenthede word geskep vir die jong digter om sy/haar werk aan die publiek bekend te stel. Die internet word al vir 'n geruime tyd gesien as die enigste antwoord op hierdie probleem. Nou het een van die groot Afrikaanse Internet inisiatiewe tande gekry en gaan nou daadwerklik 'n punt daarvan maak om skrywers te help ontwikkel.

Woes.co.za is 'n interaktiewe tuiste van ons taal en het tans meer as 23,000 gedigte, 1,800 kortverhale en meer. Die webwerf is 'n kreatiewe platform vir Afrikaans en mik om nie net skrywers 'n plek te gee waar hulle gratis blootstelling en terugvoer oor hulle werk kan kry nie, maar ook nou om hierdie skrywers op te hef en te help op hulle pad.

Om hierdie ontwikkeling van skrywers en digters te fasiliteer en te bestuur het Woes.co.za 'n portaalbestuurder aangestel. Kabous Verwoed, straatdigter en woordmens is gekies vir hierdie posisie. Van die verantwoordelikhede van die portaalbestuurder gaan wees:

  • Om die aanlyn gemeenskap van skrywers te stimuleer deur kreatiewe projekte te loods.
  • Projekte van stapel te stuur om die skrywer op te hef en hulle te help om hulle talent te verbeter.
  • Dienste te skep wat spesifieke behoeftes in skrywers aanspreek en deur die webwerf gelewer kan word.
  • Om mede skrywers te kry om mekaar te help en te ondersteun.
  • Om te luister na gebruikers se behoeftes en waar die webwerf verbeter kan word.

Verwoed is nog altyd aan die kant van die jong en ontwikkelende skrywers gewees. Hier kry hy dus nou uiteindelik die geleentheid om op 'n meer formele wyse sy liefde vir hierdie aspek van die skryfwêreld uit te leef. Alhoewel hy nog net een keer (In die versamelbundel Genugtig 2006) formeel gepubliseer is, het Kabous al bykans tien jaar se ondervinding as lewendige woordkunstenaar. Hy tree deesdae gereeld op saam met die kitaarman (en lid van die Afrikaanse rockgroep Klopjag) Dawie de Jager in hulle vertoning Reiswoorde.

Kabous verstaan die swaarkry-pad van die jong Afrikaanse skrywer in die post-Apartheid Suid-Afrika van vandag. Hoe moeilik dit is om 'n uitgewer sover te kry om 'n nuwe stem te publiseer. Hoe (amper) onmoontlik dit is om terugvoer of kritiek op jou werk te kry. Verwoed se missie en doel by Woes.co.za is tweeledig. Die ontwikkeling van die bestaande groep skrywers sowel as die uit- en aanbou van bogenoemde groep.

Verwoed het al hoe meer op die lewendige voordra van sy eie werk begin fokus en dan ook in 2007 sy debuutbundel (Beenkamers en Gange: Kabous se Skyf) in cd-formaat die lig laat sien. Hy is ook tans besig met die verfilming van sy cd met die doel om binnekort 'n vollengte dvd daarvan uit te gee. Verwoed het al die verhoog gedeel met groot name soos Gert Vlok Nel, Koos Kombuis, Piet Botha, Bacchus Nel, Jan Blohm, ensovoorts.

Woes.co.za en Kabous Verwoed sien uit na die paadjie wat hulle saam gaan stap en alle jong en voornemende digters word hartlik aanbeveel om so gou as moontlik by hulle aan te sluit.

En onthou. www staan vir wye Woes wêreld. Sluit dadelik, maak jouself dus sommer vandag deel van ons en kom kry jou padkaart!

Vir meer inligting kontak vir Willem Gous by 082 322 0600 of woes@woes.co.za


Helpende Hand Nuusbrief - Augustus 2008

Augustus 2008 / Nuusbrief nr. 16

Daar is ʼn groot behoefte aan nie-bederfbare kos by die
Helpende Hand. Maak jou bydrae en vul ʼn honger magie.
Ons is geseënd met klereskenkings, maar benodig nog baie kos.

________________________________
>
> Ons vier die Afrikaanse Bybel se 75ste verjaardag
>
> Solidariteit Helpende Hand het die 75ste bestaan van die Afrikaanse Bybel op Woensdag 27 Augustus by die Eagle's Nest skuiling gevier.
>
> Helpende Hand, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap, het Bybels aan inwoners van die behoeftige gemeenskap, noord van Pretoria, geskenk. Nagenoeg 30 kinders het elk ʼn Bybel spesifiek vir seuns en dogters ontvang, terwyl volwassenes elkeen ʼn grootdruk Bybel gekry het.
>
> Lindie Strydom, Karen van die televisiesepie Egoli, het die kinders se Bybels oorhandig en ook hulle name vir hulle daarin geskryf... Lees verder.
>
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
>
>
> Helen Zille ontmoet Helpende Hand
>
> Helen Zille, uitvoerende burgemeester van Kaapstad gaan op 2 September saam met die Helpende Hand vergader om die wantoestande in plakkerskampe in die Kaapstad metro te bespreek en oplossings te vind. Hou die volgende nuusbrief dop vir terugvoering oor die gesprek.
>
>
>
> Bybelgenootskap en Solidariteit Helpende Hand vat hande
>
> Solidariteit Helpende Hand en die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap het besluit om hande te vat om meer mense toe te rus met Bybels. Hulle gaan in die toekoms nog meer Bybels aan behoeftige mense versprei.
>
> "Armes in ons gemeenskap moet ook van geestelike bediening voorsien word. Daar is steeds baie Afrikaanse mense wat nie ʼn Bybel van hul eie besit nie," sê Mariana Kriel van die Solidariteit Helpende Hand.
>
> Die Helpende Hand gaan ook saam met die Bybelgenootskap ʼn draagbare instrument wat die hele nuwe testament met Psalms en Spreke op mikroskyf bevat en wat in alle tale beskikbaar is, versprei. Die doel is dat luistergroepe gestig word wat na die Woord luister en dan oor dit ʼn bybelstudie hou.
>
> Dit gaan gratis aan instansies wat deur die Bybelgenootskap goedgekeur is verskaf word en die Helpende Hand is besig om as so instansie te registreer. Dr Dawie Theron van die Helpende Hand sê dat hierdie hulpmiddel landswyd by verskillende plekke waar ʼn konsentrasie van mense in armoede leef, versprei gaan word om hierdie mense met die Woord toe te rus.
>
>
>
> Helpende Hand vra minister om by Meerhof in te gryp
>
> Die Helpende Hand het op 4 Augustus die minister van onderwys, Naledi Pandor gevra om by die Meerhofskool in Noordwes in te gryp.
>
> Die skool wat opleiding aan sowat 250 gestremde leerders bied, sou moes sluit weens finansiële tekorte. Wanbestuur by die departement van onderwys het daartoe gelei dat die skool se toelae onlangs van R2 300 tot R248 per leerder verminder is. Dit terwyl die subsidie wat voorheen van die provinsiale departement van onderwys ontvang is, reeds onvoldoende was... Lees verder...
>
>
>
> Helpende Hand-studie toon wit armoede neem met 95% toe
>
> Terwyl armoede onder wit mense in Suid-Afrika sedert 1994 tot 2005 met 95% toegeneem het, het werkloosheid onder dié gemeenskappe in dieselfde tydperk met nagenoeg 150% gestyg. Dié krisis is reeds jare lank as polities nie-korrek bestempel, maar dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, meen die tyd het aangebreek om die stilte oor wit armoede te verbreek. Lees verder...
>
>
>
> Projek Winterhoop
>
>
> Foto: Jaco Marais
>
> Dit het baie goed gegaan met Projek Winterhoop in 2008. Ons het R41 980-00 en 1368 komberse ontvang! Verder het ons enigiets van bedsokkies, musse, truie, serpe en meer ontvang.
>
> Mariana Kriel van die Helpende Hand sê dat hulle baie tevrede met die skenkings is en dat die projek duidelik baie groei. "Ons glo volgende jaar sal dit nog beter gaan.''
>
>

________________________________
>
> Laerskool pak saam armoedekrisis aan
>
> Leerlinge van die Laerskool Hennopspark in Pretoria het vandeesmaand besluit om ook hul deel te doen om die toenemende wit armoedekrisis in die land aan te pak. Volgens Romandi Louw (13), voorsitter van die skool se leerlingwelsynskomitee wat gereeld welsynsprojekte aanpak, het leerlinge van dié skool van die haglike omstandighede by ʼn wit plakkerskamp in Krugersdorp te hore gekom en ooreengekom dat hulle ook iets aan die armoede probleem kan doen. Leerlinge het klere, komberse en kos ingesamel en verlede week die skenking by Solidariteit Helpende Hand in Centurion gemaak.
>
>
> Foto: Ilze Nieuwoudt
>
> Die Baptiste kerk van Parys het hulle harte vir die armes oopgemaak en ʼn bakkievrag vol kos vir die Helpende Hand geskenk:
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
> P van der Walt Boerdery het in Augustus hope aartappels, tamaties en uie vir die Helpende Hand geskenk. Hulle het onderneem om terwyl hulle oes, gereeld groente vir die Helpende Hand te skenk.
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
> ʼn Donateur het onlangs R 200 000 aan die Helpende Hand geskenk vir beter behuising by een van die skuilings waar die mense tans in tente bly.
>
> Dit is wonderlik om te sien dat daar baie omgeegroepe is wat al meer by die skuilings betrokke raak. Hierdie mense gee dan gereeld van mieliemeel tot klere vir die mense by hierdie skuilings.
>
> Die skenkingskantoor by Solidariteit se Hoofkantoor is baie dankbaar vir al die skenkings wat hulle ontvang en onder die mense versprei. Daar is egter groot nood onder ons mense vir kos en die kantoor benodig nie-bederfbare kos om na al die plakkerskampe te versprei.
>
>

________________________________
>
> Doen nou aansoek vir Helpende Hand-beurslenings
>
> Opskud matrieks en studente! Ja, Helpende Hand besef dat julle nou waarskynlik aan niks anders as die eksamen dink nie, maar dink vooruit. As jy opskud, kan jy nog in aanmerking kom vir ʼn Helpende Hand-beurslening. Helpende Hand het vanjaar reeds beurslenings ter waarde van R1,4 miljoen aan studente toegeken. As jy ʼn deel hiervan wil hê, moet jy jou aansoek voor die einde Oktober vir Hendrik Briel stuur. Stuur sommer vandag nog ʼn e-pos na beurse@solidariteit.co.za en pak jou studies en die toekoms met ʼn Helpende Hand-beurslening aan!
>
> Jy kan ook ons webblad by www.beursweb.co.za besoek vir meer inligting oor beurse wat beskikbaar is.
>
> Helpende Hand Damelin-beurse
>
> Solidariteit Helpende Hand bied ʼn unieke studiegeleentheid vir oud en jonk. Enige persoon kan vir een van die kursusse hieronder inskryf en ʼn volle beurs ontvang om die kursus te voltooi.
>
> Vir meer inligting besoek ons webblad by www.beursweb.co.za.
>
> Wat is ʼn Solidariteit Helpende Hand-Damelin Beurs?
>
> Solidariteit Helpende Hand het ʼn opleidingsvennootskap met Damelin Centurion gesluit. Hierdie vennootskap maak dit moontlik dat ons vir elke student wat inskryf ʼn volle beurs ter waarde van R20 000-00 tot R30 000-00 vir opleiding kan gee!
> Voornemende studente wat vir enige van onderstaande kursusse registreer sal ʼn vol beurs ontvang.
>
> Kursus Kode
>
> Projekbestuur hand PB01
> Sake-administrasie hand BA01
> Kliëntediensondersteuning (Call Centre) hand KD01
> Kliëntediens-operasionele ondersteuning (Call Centre) hand KD02
> Algemene Bestuur hand AB01
> Korttermynversekering hand KV01
> Langtermynversekering hand LV01
> Mediese eise-assessering hand MA01
> Kleinhandelversekering hand KV02
> Finansiële welstandbestuur hand GW01
> Skoonmaak en higiëne hand SH01
>
> Hoe doen ek aansoek?
>
> Al wat jy moet doen, is om een van die bostaande kursusse te kies en die kode en jou naam na 35960 te SMS (byvoorbeeld 'hand PB01 Paul Kruger'). Een van ons agente sal jou dan skakel. Dit is belangrik dat daar ʼn spasie tussen die woord 'hand' en die res van die kode gelos word. ʼn SMS kos R1,50. Vir meer inligting, skakel 0861 25 24 23 en kies opsie 5 vir die Helpende Hand.

________________________________
>
> Los die rassepolitiek as dit by armoede kom - Rapport
> Ek sien hulle elke dag terwyl ek werk toe ry. Hulle staan langs die pad, steek hul hande op as jy verbyry, reg om met die geringste aanduiding in jou kar te spring om enige werk te doen. Sommige het blou oorpakke aan, enkeles het ʼn verfroller om te wys hulle wil werk en kan werk. Jy ry verby, en jy wonder. Hierdie manne het gesinne, kinders vir wie hulle moet sorg. Dit moet hel wees om elke dag saam met (teen?) talle ander te sukkel om ʼn harde dagwerk te kry wat beswaarlik genoeg betaal vir die taxi en ʼn bord kos vir vanaand. Net om more weer die hele proses te herhaal. ʼn Voortdurende stryd om oorlewing... Lees verder
>
> Nog ʼn Helpende Hand vir arm wittes – Naweek Beeld
> Niemand weet hoeveel arm wit kinders daar in die sowat 1 000 skuilings oor die hele land heen is wat nog nooit in ʼn skool was nie. Dr. Dawie Theron van Solidariteit se Helpende Hand-fonds se daar is geen statistieke hieroor beskikbaar nie, maar daar is sonder twyfel sulke kinders. Een van die redes dat die kinders nie skoolgaan nie, is dat skuilings dikwels ver van skole is en daar nie busvervoer is nie. Helpende Hand probeer vasstel wat die omvang van die probleem is en watter werkbare modelle daar is... Lees verder
>
> Die Dameskring maak ʼn verskil – Brits Pos
> As deel van hulle betrokkenheid by die gemeenskap bet die dinamiese dames van die Dameskring Brits, ʼn ruim skenking aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig... Lees verder
>
> Opgetel om te kan leef – Beeld
> Armoede onder wit Suid-Afrikansers het die laaste paar jaar drasties toegeneem en duisende bly deesdae in talle skuilings landwyd... Lees verder
>
> Helpende Hand vra hulp – Rustenburg Herald
> Solidariteit Helpende Hand het onlangs in ʼn mediaverklaring gesê dat terwyl daar ʼn geraamde 300 000 leerders met gestremdhede is wat nog nie in sowat 380 Suid-Afrikaanse spesiale skole geakkomodeer is nie, die departement van onderwys se wanbestuur daartoe kan lei dat die Meerhofskool in Noordwes, wat opleiding aan sowat 250 leerders bied, kan sluit... Lees verder

________________________________
>
> Skenk só
>
> Skenkings aan Helpende Hand kan weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by Helpende Hand se skenkingskantoor in Centurion afgelewer word. Hier bepaal Helpende Hand waar die onderskeie skenkings die beste aangewend kan word.
>
> Vir nog inligting oor hoe om ʼn skenking te doen, kontak Helpende Hand by skenkings@solidariteit.co.za of skakel 012 644 4426.

Sign out
Sign in