Thursday, June 26, 2008

Telkon van die Dagbestuur van die ad hoc groep oor die beskerming van Grondregte gehou op 25 Junie 2008 : Samevatting

Geagte vriende

Ons wil u graag op hoogte hou met die jongste gebeure en stuur vir u die
notule van gisteraand se telkon vergadering .

As u navrae het , kan u dit gerus aan my rig.

Vriendelike groete.

Louis Trichardt
Adjunk Besturende Direkteur
011 4821600 (Kantoor)
0866586344 (Faks)
www.afrikanerbond.co.za

Die Dagbestuur naamlik mnre. Jaco Schoeman , Dave Steward , Kallie Kriel
, Theo De Jager , Chris van Zyl en Louis Trichardt (Sekretaris) het
gisteraand vergader en die volgende sake is bespreek en besluite daaroor
geneem :

1 Toespraak van mnr FW de Klerk gehou by die Kaapstadse Persklub

Mnr Dave Steward het die volledige toespraak beskikbaar gestel en die
Sekretaris het dit reeds aan al die lede per e-pos versprei.

Die volgende aspekte word deur mnr Steward uitgelig :

Die algemene krisisse wat die RSA ondervind , is toegelig en bespreek
sonder om doekies om te draai. Twee sake wat klem op geplaas i ,s is die
ekonomiese vertroue wat geskaad word en inter-groepverhoudinge wat
beduiwel word.

Mnr de Klerk het die werklike bedoelinge van die konsep-wetgewing
uitgewys en gemeld dat die 1993 en 1996 Akkoorde oor die ekonomie en
demokrasie ernstig in gedrang kom en versoek dat by die ooreenkomste
gehou moet word.

Aangesien die konsep-wetgwing op 'n latere ( en onbekende ) datum weer
ter tafel gaan kom , sal die beoogde konferensie wat gehou moet word ,
se datum nader aan dié tyd wat die wetgewing weer sal dien , gereel moet
word. Die impak en trefkrag sal dan soveel meer wees.

Die Dagbestuur stem met die gedagte saam en versoek mnr Steward om 'n
wakende oog oor die saak te hou en te adviseer sodra daar weer
verwikkelinge is.

2 Alternatief vir die Kaapse Konferensie – Konferensie/Seminaar in
Pretoria/Johannesburg

Dit is gebiedend noodsaaklik dat alternatiewe maatreëls getref word om
die druk op die Regering te behou.

Dit blyk dat die persepsie dat blankes grond op 'n onregmatige verkry
het , versterk word en dat dit teengewerk moet word. Die ANC se
propaganda veldtog moet gestuit word. Uitsprake soos " die blankes het
dit gesteel daarom moet ons dit terug steel " verskerp die persepsie.

'n Konferensie/seminaar moet dringend in Johannesburg/Pretoria gehou
word om die persepsie te besweer.
Kundiges soos bv. proff Herman Giliomee , Grietjie Verhoef , Andre
Duvenhage en Louis Changion en 'n ekonoom soos mnr Dawie Roodt kan
genader word om aan die aksie deel te neem.

Mnre. Kallie Kriel en Louis Trichardt sal 'n mediaverklaring opstel ter
verduideliking van die pad vorentoe en ook begin om die seminaar in plek
te kry .

3 Voorligting aan die Diplomate van die EU

Mnr Dave Steward onderneem om die moontlikheid verder te ondersoek om
voorligting aan Diplomate van o.a. die EU te gee oor die
konsep-wetgewing waardeur verdere internasionale steun vir die teenstaan
van die wetgewing gemonster kan word.
Dit blyk nie 'n goeie idee te wees om NAFU of Tradisionele Leiers te
nader om ons standpunt te seun nie

4 Betrokkenheid van lede van die verskillende organisasies

Dit word weer beklemtoon dat lede van die verskillende deelnemende
organisasies aangemoedig moet word om hulle standpunte in die media te
ste..

5 Media-monitor

Mnr. Kallie Kriel onderneem om die media te monitor ten einde te bepaal
watter suksesse via die media behaal word. Hy sal ook die adresse van
die buitelandse media waaroor hy beskik aan Dave Steward beskikbaar ste.

U kommentaar sal waardeer word aangesien ek dit graag vanmiddag aan die
ander deelnemers wil stuur.

Baie dankie

Louis Trichardt

No comments: