Tuesday, June 17, 2008

De Aar Toerisme

Date: Mon 16 Jun 2008 08:19
From: "Gerhard"

Gerhard,

Die toespraak is werklik iets om van siek te raak en toon duidelik hoe
totale onbekwaamheid agter woorde en arrogansie verskuil word. Dit is
so rassisties mens kan daarvan naar word - wat maak dit van my wat nie
'n affiniteit voel moet die Khoi, San ens nie? Dit sommer terloops

Ek was beindruk om te sien hulle het uiteindelik 'n beter, meer
professionale blad - en toe die skok. Die ding is dan leeg. Die
Gasvryheidsbedryf is sekerlik een van die groter werkskeppers in De
Aar. Hoe is dit dan dat ons nêrens blootstelling kry nie en nou wil
die Munisipaliteit ons dwing om sowat R2.50 per besoekers aan
toerismeheffing in te vorder? Waarvoor? Wat gaan ons in ruil kry - 'n
leë "Toerisme-hofie". Ek sien hulle spog so oor die Indaba - maar wat
het dit ons bedryf in De Aar al in die sak gebring, veral as mens die
kostes meet om dit by te woon en die aantal buitelandse besoekers wat
na De Aar gelok is. Hier is sedert Januarie 'n baie duidelike afname
in buitelandse besoekers aan De Aar en dit sluit dié wat net deurreis
in. Is dit die "prys" wat ons op die Indaba gewen het en waarvoor ons
nou dmv 'n toerismeheffing moet betaal? Het julle die totale chaotiese
De Aar-brosjure gesien - 'n nikssegende, lomp dokument vol foute en
halwe waarhede? Ek sal graag wil weet hoeveel hierdie uitstappie ons
gekos het en wat gaan hulle daarmee bereik? Die Toerisme-kantoor mors
met ons geld en bereik niks in De Aar nie - tensy hulle my verkeerd
kan bewys en met dit swart op wit vorendag kan kom. Want hulle moet
hul nie enige krediet toe-eien vir die huidige besoekers aan De Aar
nie. Dit het niks met bemarking te doen nie, dit is net mense wat
vanweë hul werk gedwing word om De Aar toe te kom wat nog hier bly -
van reisende toeriste is daar nie sprake nie. Die naaste wat hierdie
dorp aan reisende toeriste kom, is af en toe mense wat via De Aar na
die Tuinroete en visa verca.

Ek het gekla oor verkeerde inligting wat die kantoor aan die publiek
deurgee, maar het tot op datum (6 maande later) net 'n
ontvangserkenning gekry en nog niks terugvoering nie. Intussen word
die foutiewe inligting na die beste van my mening steeds na die
publiek deurgegee. Julle moet asb uitvind hoe effektief hierdie
Toerisme kantoor is en wat hulle ons kos in vergelyking met wat hulle
bereik. Die webblad - wat duidelik nie 'n gratis geskenk was nie - is
'n duidelike bewys van my standpunt. Dit is hoe wit, belastingbetalers
behandel word.

Van wanneer af is dit 'n belastingbetalende onderneming se plig om sy
eie kragnetwerk te voorsien? Hulle sou in 2004 die netwerk teen R32
000 verbeter het, maar daar het vye van gekom - nou wil hulle die bal
in ons baan gooi? Klink dit reg?

Dankie vir die geleentheid om met julle te kan praat. Sterkte met die
taak vorentoe.

Franconette

De Herberg Lodge

49 Schreiner Street

PO Box 766

De Aar 7000

Tel 053 631 2468

Fax 053 631 0625

Fax 08 66 11 77 111

franconette@herberglodge.co.za

www.deherberg.co.za


To post to this group, send email to onsstem-van-die-nasie@googlegroups.com or
visit http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie?hl=af

No comments: