Tuesday, August 5, 2008

sonder kroon

Geagte vriende,

Na aanleiding van onderstaande lyk dit asof Sannieshof die stryd teen
riool begin wen.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 03 Augustus 2008 07:30
To: GERRIT
Cc: jaap kelder; reghaz@telkomsa.net
Subject: sonder kroon

More Gerrit,

Ek het nie geweet jy het 'n naamgenoot wat met dieselfde woelinge en
frustrasies as jy doe stryd voer nie.
Moenie bekommerd wees nie, ek het die berig op die web blad van nubuntu
gekry en gelees. Die skrywe van die berig was so dof en as ek dit
vergroot het, het dit al meer onduideliker geword. Ek wou net die berig
kon lees.
Reg Trewick van LDL ENTERPRISES is die 78 jarige jongman wat nie tyd het
vir aftree nie, hy sal dit oor 12 jaar doen.
Jy kan hom kontak by 018 788 5632 en faks by 018 788 5369 en selfoon 083
771 1606. Sy e-mail is reghaz@telkomsa.net. Posadres is Bus 293
CARLTONVILLE 2500.
Ek het 'n 14 bladsye inligting stuk van hierdie produk. Jy kan my jou
faksnr stuur dan faks ek dit vir jou.
Ons het 2 weke gelede ons riool putte in die dorp behandel. Ek is toe
weg op die munisipale roadshow saam met Jaap en by my terugkeer het die
riool mos oorgestroom in ons hoofstraat. Ek was so bekommerd dat die
meeste van die water wat weggeloop het en in die sisteem moes beland, 'n
effek sou toon dat dit misluk het.
ek het gisteroggend dokumente by een van die amptenare se huis gaan
aflaai en die suigwa het reg oorkant begin suig. Ons was albei stom van
verbasing - daar was geen stank meer nie en al hoe jy kan weet dat die
honeysucker aan die werk is, is die oorverdowende gedruis van die
vakuumpomp.
Reg kom Dinsdagoggend weer hierheen en dan sal ek eers weer by die
riooldamme uitkom.
Ek sal dan eers kan verslag doen oor hoe die damme lyk. Feit is, nou
kan die riool maar in die Hartsrivier loop, ons doen geen skade aan die
omgewing of aan die water wat verbyvloei nie.
Ek het Reg se skyfies op cd ook gesit, so miskien moet ek die lot maar
vir jou pos?
Hy behandel al 'n paar riool damme, o.a. Vredefort ook.
Die koste was R41 per rioolput van 9000 L water. By julle sal dit seker
net die damme wees wat behandel word. Ek hou die huishoudelike produkte
nou aan wat die aflaat riool pype van elke huis behandel sodat jy nie
met verstoppings gepla is nie en dan help dit om die riool verterings
proses vinniger by die damme te kan behandel. Het by elke huis 'n
papier afgegee dat mense asb nie domestos en jeyes fluid in hul aflate
moet gebruik nie - dit benadeel die standhoudendheid van die produk.
M.a.w. as jy nie die skadelike produkte gebruik nie, sal jou riool put
miskien een keer per jaar benodig om behandel te word.
Ons rekening by hom is so R18000. Aanvanklik het ek gehuiwer en getwyfel
of ek dit moet doen, maar nadat ek weer gehoor het van 'n fout wat met
die uitbetaling van lone gebeur het en 'n straatveër wat R3 800 'n maand
kry, hierdie maand R38 000 gekry het sodat die paysheet gevolglik net
tot een derde kon uitbetaal toe is die geld op, het my twyfel sommer
verdwyn. En veral toe ek gister in die dorp kom en die reuk van riool
hang nie meer in die hoofstraat nie, was ek tevrede met die geld wat ons
gebruik het.
SAAMGEVAT: Probleme met riool kan beslis met hierdie produk opgeklaar
word. Soveel so, dat mens minstens rustiger kan slaap omdat jy nie meer
deel hoef te wees van die vewoesters wat die omgewing rondom jou
vernietig nie. Alle riool probleme kan hierby baat.
Gerrit, nou kan julle besluit om Kroonstad weer te kroon!
Soet wees vandag - dis Sondag!
Carin Visser

Monday, August 4, 2008

"Nee , my lief..." toe 7 skote

Mev. Maria Couto

Aug 03 2008 09:36:36:940PM - (SA)

Virginia Keppler

'n Bejaarde man van Doornpoort, Pretoria, is Saterdagoggend om 02:20
sewe keer geskiet en sy vrou aangerand voordat die egpaar beroof is.

Mnr. Emilio Couto (67) het in 'n plas bloed in sy voordeur neergeval
terwyl rowers hom nog drie keer geskiet het.

Sy vrou, Maria (59), wat hul slaapkamerdeur probeer toedruk het terwyl
die rowers vier skote deur die deur geskiet het, het gesê haar man se
laaste woorde was: "Nee, my lief."

Die rowers het die diefwering voor die kombuisvenster oopgebreek en
toe die kombuisdeur oopgesluit.

Haar man het eerste wakker geword. "Ek het gehoor hy sê 'nee, my lief'
en toe word ek wakker, want ek het gedink hy het 'n nagmerrie."

Toe sy besef wat aangaan, het sy die kamerdeur probeer toedruk. "Ek
het in daardie stadium nie besef my man is nie meer saam met my in die
kamer nie.

"Toe hoor ek vier skote soos wat hulle deur die kamerdeur op my
geskiet het. Emilio het buite die deur met die aanvallers baklei.

"Dit was God se hand dat nie een van die skote my getref het nie."

Volgens Couto het sy weer skote gehoor en toe was dit stil. "Die
rowers het daarna die deur oopgeskop en haar met 'n vuurwapen teen die
kop en op haar skouer geslaan.

"Ek het geskreeu en toe sê hulle 'bly stil, bly stil'. Hulle het gevra
waar is ons kluis, vuurwapens en selfone.

"Ek het gesê ons het nie 'n kluis of vuurwapens nie."

Die rowers het die egpaar se vier selfone, juwele en 'n skootrekenaar
gesteel. Hulle het egter die plasma-televisie laat val en dit het
gebreek.

Nadat hulle gevlug het, het Couto die paniekknoppie gedruk. Volgens
haar het die veiligheidsmaatskappy, Computer Alarm, nooit gereageer
nie.

"Agttien jaar gelede is my ma, Deloris de Freitas (66), ook in haar
huis in Johannesburg vermoor.

"Ek het selfs aan die teenmisdaadoptog deelgeneem, maar hulle (die
moordenaars) kom net weer terug," het Cuito huilend gesê.

"Ek het 'n wonderlike man gehad. Hy was altyd beskermend en liefdevol.
Ek gaan hom mis."

Die polisie het reeds 'n verdagte, wat 'n tyd gelede vir die egpaar
gewerk het, vir ondervraging aangekeer.

'n Werknemer in Computer Alarms se beheerkamer het gesê die eienaars
is nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2369269,00.html

Ou man keel af gesny soos skaap

Aug 03 2008 09:36:39:677PM - (SA)

Virginia Keppler en Leané du Plessis

"Hulle het hom soos 'n skaap keel-af gesny."

Só het 'n buurman 'n gru-aanval gisteroggend op 'n bejaarde egpaar van
Phalaborwa, Limpopo, beskryf.

Mnr. Robert (Bob) Julyan (70) en sy vrou, Rhoda (65) is in die vroeë
oggendure deur drie aanvallers in hul huis in Essenhoutstraat oorval.
Julyan is herhaaldelik gesteek en sy keel afgesny, terwyl mev. Julyan
vasgebind en aangerand is.

Die drie aanvallers het glo herhaaldelik gevra waar die egpaar se seun
is, het supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens hom het mev. Julyan die aand honde hoor blaf en uitgegaan om
ondersoek in te stel.

Terwyl sy buite was, het die aanvallers by die huis ingehardloop
sonder dat sy hulle gesien het. Hulle het haar toe in die huis oorval,
het Ramatseba gesê.

"Die verdagtes het gevlug sonder om 'n ding uit die huis te steel. Die
polisie weet in dié stadium nie wat die motief vir die aanval was
nie," het Ramatseba gesê.

Volgens me. Maude Steyl, mev. Julyan se niggie wat haar gister
ondersteun het, was die seun, Steven (40), in Pretoria waar hy 'n
doktersafspraak gehad het.

Steyl het gesê die seun het gister teruggekeer nadat hy van die aanval
gehoor het.

Die drie aanvallers het mev. Julyan glo teen die kop "geklap en
geklap", het Steyl vertel.

"Sy arme ma is erg geskok en nie in staat om nou met die media te
praat nie. Die dokter het haar iets gegee om haar 'n bietjie te laat
slaap," het sy gesê.

Volgens mnr. Boet van Staden, die egpaar se buurman, is mnr. Julyan 'n
paar dae tevore uit die hospitaal ontslaan nadat 'n spinnekop hom
gebyt het.

Die polisie ondersoek 'n saak van moord en aanranding, het Ramatseba gesê.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2369263,00.html

Sunday, August 3, 2008

Verkeersbeampte takel man glo oor hy 'n foto neem

Mnr. Christo Lotter

02/08/2008 19:38 - (SA)

Gerhard de Bruin

Durban

'n Sakeman van Vereeniging sê 'n provinsiale verkeers-beampte het hom
op die N3 naby Ladysmith aangerand en toe met sy bril en rybewys
weggery.

Mnr. Christo Lotter (39) sê hy en sy vrou, Gerda (38), is Donderdag op
pad na Durban tussen Mooirivier en Ladysmith voorgekeer omdat hy glo
te vinnig gery het.

Die verkeers-beampte was onthuts toe Lotter vir hom sê sy nuwe
viertrek-Mercedes se spoedbeheerstelsel was op 118 km/h ingestel en
aangeskakel.

"Toe wou hy weet hoekom die voertuig nie nommerplate het nie.

"Ek het gesê dit is splinternuut, met wettige tydelike papiernommerplate."

Lotter het vir die man sy tydelike rybewys gegee.

Toe sê die beampte, wat hom nie wou identifiseer nie, hy gaan hom in
elk geval beboet – sonder om 'n rede te verskaf.

Toe Lotter hom met sy selfoon afneem, het die beampte hom glo getakel.

Lotter se bril het geval. Die verkeersman het die bril én Lotter se
rybewys in sy kattebak toegesluit.

Lotter het tot op die pad hardloop en ander motoriste het stilgehou.

Die verkeersbeamptes het hul toerusting inderhaas opgepak en weggejaag.

Lotter sê hy het 'n saak van aanranding aanhangig gemaak.

Oorsprong:Rapport

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2368946,00.html

Skerpioene wys angel

Omgekrapte Sperpioene wys angel

Aug 02 2008 07:38:22:207PM

Lizel Steenkamp

Bitter min, indien enige, van die Skerpioene se ondersoekbeamptes is
bereid om in 'n nuwe direktoraat onder die Suid-Afrikaanse
Polisiediens en sy nasionale kommissaris te dien.

Parlementêre Beriggewer

Bittermin, indien enige, van die Skerpioene se ondersoekbeamptes is
bereid om in 'n nuwe direktoraat onder die Suid-Afrikaanse
Polisiediens en sy nasionale kommissaris te dien.

Deur die Skerpioene te vervang met 'n direktoraat wat sonder aanklaers
se leiding moet klaarkom, word misdaadbestryding ook "met 20 jaar
teruggesit".

Só lui die voorlegging wat besorgde personeel van die direktoraat vir
spesiale ondersoeke (DSO) die afgelope week by die parlement ingedien
het.

Rapport is in besit van dié geskrewe voorlegging wat oormôre mondeling
in die parlement voorgehou sal word.

Dié elite-eenheid se ondersoekers en aanklaers het afgelope Maandag
die eerste keer amptelik stelling ingeneem teen die ANC-resolusie dat
die DSO moet ontbind.

Minstens twintig groepe sal tydens openbare verhore voorleggings doen
oor die wysigingswetsontwerpe wat die Skerpioene moet ontbind om dit
met 'n polisie-direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade te
vervang.

Bykans 100?000 mense het teen verlede Maandag se sperdatum met
e-posse, petisies, SMS'e en geskrewe voorleggings aan die parlement
aangedui dat hulle gekant is teen die Skerpioene se ontbinding.

Ongeag dié openbare verset, het mnr. Yunus Carrim, voorsitter van die
parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, die ANC se onversetlike
houding dat die Skerpioene geskiedenis is, op 'n perskonferensie
herhaal.

Volgens hom vorm dit deel van die hersiening van die hele
strafregstelsel "om te verseker misdaad daal".

Die DSO-personeel sê dit sal juis die teendeel doen.

Luidens hul voorlegging sal die verlies aan kundigheid die staat se
vermoë om misdaad te bestry eerder belemmer.

Die Skerpioene se ondersoekers sal ingevolge die wysigingswetsontwerp
op die Polisiewet aan die nasionale polisiehoof se genade oorgelaat
word.

Soos die wetsontwerp nou lyk, sal die polisiehoof besluit watter
Skerpioene by die nuwe direktoraat mag werk en het hy die volmag om
hulle elders in die polisiediens te ontplooi of te verplaas.

"Dit is juis weens dié onsekerheid dat ondersoekers nie na die nuwe
direktoraat verplaas wil word nie en na groener weivelde sal uitwyk.
Die wetsontwerp gee die nasionale kommissaris net te veel mag en
diskresie."

Die wetsontwerp gee die nasionale polisiehoof ook "veto-reg" want hy
sal besluit watter sake deur die direktoraat ondersoek moet word.

Meer as 60% van die Skerpioene se ondersoeke behels ernstige
ekonomiese misdade. Die DSO-personeel sê in hul voorlegging
ingewikkelde korrupsie kan nie sonder die kundigheid van spesialiste
ontrafel word nie.

"Só iets is nie moontlik binne die normale polisiestrukture nie. Die
Travelgate-ondersoek staaf dit. Dis juis op versoek van die parlement
dat die DSO die ondersoek moes oorneem omdat die polisie ná 'n jaar
steeds nie vordering kon maak nie."

Die Skerpioene se sukses word veral toegeskryf aan die troika-aanslag
waar ondersoekers, aanklaers en analiste saamwerk.

"Die punt is dieselfde professionele werksomgewing kan nie gewaarborg
word binne die polisie nie."

Luidens die voorlegging maak die polisie nie merkbare vordering teen
georganiseerde misdaad nie. Van die redes is:

* die polisiebestuur fokus net op statistiek en het 'n "obsessie met
vinnige en korttermyn resultate";

* daar word op arrestasies gefokus, pleks van deeglike ondersoeke om
sindikaatleiers vas te trek;

* inligting word nie beskerm nie en lek uit en

* korrupsie "op alle vlakke".

Laastens ontken die DSO-personeel dat hulle óf die nasionale direkteur
van openbare vervolging toegelaat is om insette te lewer of geken is
in die opstel van die twee wysigingswetsontwerpe.


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2368954,00.html

Saturday, August 2, 2008

July 2008

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 02 Augustus 2008 03:31 nm
Subject: FW: July 2008

Dankie vir die aanstuur Carin

Geagte vriende,

Hierby aangeheg 'n dokument van dr. Jan Du Plessis vir u aandag.

Die toekoms situasie wat hy skets is kommerwekkend nl. 'n totale
ineenstorting van lands administrasie . Dit is iets wat ons alreeds op
plaalike vlak beleef.

As 'n mens die dokument lees dan besef jy dat dit wat ons mee besig is
nl. om tans minstens plaaslike bestuur weer in werkende toestand te kry
is die enigste manier om die katasrofe wat dr. Jan vir die toekoms
skets te voorkom.

Ek hoop die dokument sal u almal aanspoor om nog meer vasberade die
uitdagings waarvoor ons tans staan die hoof te bied en nie u pogings
enigsins te verslap nie.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 02 Augustus 2008 02:31 nm
To: jaap kelder
Subject: July 2008

Hallo Jaap,
Hierdie van Jan du Plessis - hy gee die statistiek van 200 uit 284
munisipaliteite wat in finansieele moeilikheid verkeer.
-c-


Dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/d2e8e79a588eeea

"Hy het ons wild en wakker gesteek"

Me. Juliana Vorster vertel hoe sy en me. Bekkie Cilliers aangeval is.
Foto: Theana Calitz

Aug 01 2008 10:00:26:270PM - (SA)

Hilda Fourie

'n Vrou het 'n vermomde plaaswerker aan sy stem herken voordat hy haar
en haar skoonsuster op 'n bed laat lê en hulle herhaaldelik met 'n
kombuismes gesteek het.

Hy het sy werkgewer se ma en skoonma eergister op 'n komkommerplaas
buite Brits aangeval.

"Ek het net die heeltyd gebid en gebid en gebid," het me. Juliana
Vorster (55) gister vanuit haar bed in 'n Pretoriase hospitaal gesê.

Vorster en me. Bekkie Cilliers (55) is eergistermiddag op die plaas
van Cilliers se seun, Jacques (35), aangeval.

Me. Cilliers, wat hartprobleme gehad het, het nie die aanval oorleef nie.

Insp. Brian Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op
soek na 'n 42-jarige plaaswerker wat glo sowat twee jaar lank op die
plaas gewerk het.

Volgens Dlamini is R160 uit die huis geneem.

Vorster het gister gesê dat sy en Cilliers op die plaas by die kinders woon.

Die twee vroue het middagete gemaak toe 'n man met 'n trui oor sy kop
en 'n mes in sy hand die kombuis binnekom.

"Ek het sy stem herken as dié van een van die plaaswerkers," het Vorster gesê.

"Toe ek hom op sy naam noem, het hy die trui van sy kop gehaal en
gesê: 'Ouma, ek soek geld.'

"Ek het hom alles in my beursie gegee."

Die werker het die vroue eers na die studeerkamer geneem, waar hy in
laaie na geld gesoek het.

Hy het glo aan Vorster gesê hy soek die loongeld, want hy weet dit is
vroeër dié dag onttrek.

Daarna het hy hulle na die slaapkamer gedwing en hulle beveel om op
die bed te gaan lê.

"Hy het gesê ons moet slaap," het Vorster gesê. "Toe het hy ons net
wild en wakker begin steek."

Sy het aan Cilliers gewys sy moet stilbly.

"Hy het die kas oopgemaak waar die kluis is, teruggekom en ons weer
gesteek. Ek het hom geskop en geslaan en hom van my skoonsuster
probeer afhou."

Vorster is sewe keer gesteek in haar hande, boude, kop en nek.

Die aanvaller het gevlug voordat mnr. Cilliers se vrou, Janie, wat die
kinders by die skool gaan haal het, opgedaag het.

Dlamini het gesê Cilliers is op die toneel oorlede.

Klagte van moord, poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2368608,00.html

Ek moet bieg...

Ek bieg voor Henry Jeffreys
Posted by: "Gustav Slabbert Venter" gustav@hambastraight.com hambastraight


Wed Oct 11, 2006 1:05 am (PST)

Meneer Jeffreys


Ek rig hierdie brief aan u en die regering wie se medialakei u is. Na
aanleiding van u opstel: "Om die skade van apartheid te herstel,"
vergun my tog net hierdie ontboeseming.

Ek is 'n Afrikanerman en ek bieg, ek het die wapen opgeneem en my
beywer om die stelsel van apartheid te behou. Ek is bereid om die
volle omvang van my optrede te bely maar vergun my eers om 'n gepaste
straf vir myself aan te beveel: Gesien dat die Nuwe Suid-Afrika se
benadering tot restitusie berus op die "oog-vir-'n-oog,
tand-vir-'n-tand" beginsel, mag ek aanbeveel - nee, mag ek pleit - dat
u regering en u gemeenskap ons blankes straf met die soort apartheid
wat ons op ander rasse toegepas het.

Begin deur vir ons ons eie land te gee in een van die mooiste,
vrugbaarste landboudistrikte in Suid-Afrika waar ons moet opsnork met
ons eie regering en adminstrasie. Bou vir ons moderne
administrasieblokke, hospitale, lughawens, sportstadions en skole en
verbind dit met goeie teerpaaie. Gee vir ons goed toegeruste
industriële gebiede en verdruk ons met uiters lonende staatskontrakte.
Onthou om vir ons voortdurend miljarde rande te gee om ons land te
ontwikkel en moenie vergeet om reg te staan met voedselhulp as ons te
lui is om dit self te verbou nie. (En beledig ons op die koop toe deur
die geld uit u eie koffers te neem en nie wat u as regeringsbeleid by
ons geroof het nie.) Skep vir ons werk en moet ons nie betaal as ons
weier om te werk nie. Ja, straf ons met passe wat ons moet dra -
alhoewel ek moet bely dat dit miskien nie doeltreffend sal wees nie
omdat ek skaamteloos trots daarop is om blanke Afrikaners te wees.
Verbied ons toegang tot ander rasse se gebiede en as ons sê nou maar
in Diepkloof of Gugulethu sou plak, verwyder ons na 'n plek waar daar
net blankes is. Bou daar vir ons ontspanningsgeriewe en as ons dit
afbrand, asseblief, stuur die polisie om ons te keer om nie duisende
van ons eie mense wreed te vermoor deur petrolgevulde buitebande om
hulle te sit en hulle te verbrand nie. Moet ons nie toelaat om saam
met swartmense te fliek of in hulle restaurante te eet nie. Beperk ons
tot sportspanne wat uitsluitlik uit blankes bestaan. Dwing
moedertaalonderrig op ons af en bou vir ons museums om ons kultuur te
vier.

U beloning vir hierdie regstellende aksie kan wees dat ons in die
gevierde styl van Afrika reageer en u uit groot dankbaarheid sal
verkrag, vermoor en beroof soos wat anderkleuriges nou met ons doen.


Ja, ek bely, ek en my blanke tydgenote skuld u en elke ander inwoner
van hierdie land 'n nederige en opregte verskoning: Ons het nie
verbete genoeg geveg om die stelsel van afsonderlike ontwikkeling te
behou en om die oorname van die regering deur 'n onsimpatieke,
gierige, onbehepte, bloedlustige, rassitiese spul kommuniste te stuit
nie.

As u vir my u voete per pos kan stuur, sal ek met graagte dat my
bediende dit in die wasmasjien was.

Groete.

Gustav Venter.


Beeld-forum: Om apartheid se skade te herstel


Oct 09 2006 07:05:37:010PM - (SA)

Friday, August 1, 2008

Agterplaas nooit weer dieselfde na aanval

My agterplaas sal nooit weer dieselfde wees

Jul 31 2008 03:40:59:990PM

Vir 'n oomblik lê ek doodstil, kyk na die maan en dink: So dan is dit
nou die einde ... dan breek 'n oerskreeu uit my los, "Roelof, Roelof
ek's geskiet..."

Johan Nieuwoudt, Pretoria

'n Deel van my slaaptydritueel is om Moekie, ons ou dowe herdershond,
na die agterpaas te neem sodat sy haar draai kan loop.

Só gebeur dit dan ook op Saterdagaand 8 September 2007. Terwyl ek daar
staan, dink ek met genoegdoening aan my seun Roelf wat besig is om 'n
ete vir Gerna, sy meisie, voor te berei in die woonstel aan ons huis,
daar waar my ouers vir twintig jaar gebly het. Ons agterdeur staan
oop, so ook die van die woonstel.

Moekie het net klaar haar plassie gemaak toe die rewolwer knal. Daar's
'n ontsettende brandpyn in my rug. Ek val met 'n draaibeweging, amper
asof ek 'n kurktrekker is waarmee 'n mens 'n bottel wyn oopmaak.

Vir 'n oomblik lê ek doodstil, kyk na die maan en dink: "So dan is dit
nou die einde; ek het klaar geleef."

Dan breek 'n oerskreeu uit my los, "Roelof, Roelof ek's geskiet. Help,
help, help my!"

Die agterste bure hoor, sit hulle alarm aan en begin ook skreeu.
Reina, my vrou, skree uit ons huis. Roelof kom gillend uit die
woonstel. Hy het 'n ou ornamentele haelgeweer aan die loop beet om dit
as 'n knuppel te gebruik.

Al die geraas en aktiwiteit verwilder die drie boewe wat laat spaander.

Roelf hurk by my en sê, "Pappa, jy moet vasbyt, ons sal jou by die
hospitaal kry."

Ek fluister: "Roelfie, ek het jou lief..."

"Pappa, ek het jou ook lief", snik-antwoord hy my.

Roelof bring ons ou geel geroeste kruiwa na my toe en vernuftig wikkel
hy die kruiwa onder my lyf in en kantel die kruiwa regop.

My bene hang elk oor 'n handvatsel en my kop skuur liggies teen die
wiel terwyl Roelf my om die huis stoot na Reina se kar. Saam trek
Reina en Roelof my in op die agterse sitplek.

Elke beweging wat my lyf maak, is ontsettend seer. Oplaas is ek in. Ek
bloei op die sitplek.

Daar volg 'n wilde jaagtog hospitaal toe. Ek kreun benoud, "Reintjie,
moenie 'n ongeluk maak nie."

En toe ek dink ek gaan dit nie maak nie want die pyn oorweldig my,
fluister ek: "Reintjie, ek het jou lief."

"Jy hoef dit nooit weer te sê nie, ek weet dis waar. Byt vas my lief,
ek kan nie sonder jou nie", antwoord sy my.

Die beeld van my kind Kobus in Engeland flits deur my en ek sê
saggies: "Vertel vir Ou Kosie ek's lief vir hom..."

Uiteindelik kom ons by die hospitaal aan.

Ek word op 'n rolbed uitgetel. Pyn spoel in vlae oor my.

Ek is in die noodoperasiekamer. 'n Jong doktertjie met 'n yl rooi
kennebaardjie dans om my en pronk vir die verpleegsters, "Kom ek wys
julle hoe maak ek nou 'n gat in sy sy want die long het klaar
platgeval. Hy moet nou gestabiliseer word en die inwendige bloeding
moet gedreineer word."

Ek probeer tevergeefs oogkontak maak met die jong haantjie wat nou my
lewe in sy hand het.

Die gawe suster sien my benoudheid en troos: "Dokter praat maar so, hy
ken sy werk."

Baie effektief verdoof die jong dokter my, maak 'n gat omtrent 5 cm
van my regter tepel af en druk 'n rubberpyp diep die wond in. Die pyp
loop uit in 'n glasfles, waarin my binnebloed nou tap.

Ek voel wrokkig én dankbaar teenoor die jong doktertjie. Die gedagte
flits deur my, as ek dan moet kies tussen vernuf en empatie, is dit
eersgenoemde, maar is 'n keuse werklik nodig?

Dan's dit van een bed na 'n ander. Elke keer as ek van bed moet
verwissel, vrek ek van die pyn, al is die verpleegpersoneel hoe
vaardig om my met die onderlaken oor te tel.

Later word ek deur die groot ronde-oog-ekstraalmasjien gestoot. God se
oog noem ek hom want hy sien alles raak; hy sien waar die koeël in is
by my blad en die verwoestende pad wat hy gesaai het deur my long
totdat hy uit is deur my sleutelbeen; hy sien dat my ander long
vergroot het om te kompenseer vir die pap long; hy sien dat my hart
oorgedruk is na die middel van my lyf; en hy sien dat dit 'n
godsgenade is dat ek nog leef.

Terwyl ek tussen pyn en angs skommel, neem die gawe suster my hand,
hou dit vas en druk dit.

Dan vra sy die ou omie van drie–en-sestig jaar: "Moet ek by jou bly?"

"Asseblief", antwoord ek.

Sy los nie my hand nie. Daar is iemand wat weet ek's 'n mens, wat weet
ek's bang, wat my vashou.

Die morfien skop in en my pyn vervaag. Hulle neem my na intensiewe
sorg waar ek oor die loop van die volgende drie dae my greep op die
lewe sal hervat.

Na drie dae in intensief land ek in die hoë-sorg eenheid saam met twee
ander Johan's, 'n Sakkie en 'n swartman, wat nooit 'n woord sê nie en
ook nie sy naam noem nie. Sy bed is langs die toilet en ek is net
altyd bewus van sy verskrikte oë as ek verby hom loop..

Sakkie gee my die goeie raad om 'n kussing teen my bors te druk vir die pyn.

Die aand voor my ontslag na vier dae in die hospitaal, kry ek 'n
verskriklike kramp wat my sonder asem laat. Nou's ek dood want ek's
nie meer in die glaskas nie, dink ek benoud. Ek druk tog maar die
klokkie.

Tot my verwondering is 'n grootborstige swart verpleegster dadelik daar.

"Sister, I can't breathe", fluister ek benoud.

"Can I bring you a Coke", antwoord sy.

Die unieke antwoord laat my effens ontspan. "Yes please."

Binne 'n japtrap bring sy my die koudste Coke in 'n lang glas vol ys.
Terwyl ek die heerlike drankie stadig drink, verlig die kramp en kry
ek asem... Uit die bloute begin ek saggies huil.

"You should get counselling", sê my swart engel.

"I know I should, I am a psychologist", antwoord ek haar.

Die dag van my ontslag is Fred, my baas, daar met 'n groot hartvormige
ballon. As 'n mens teen die ballon stamp, hoe liggies ook al, sing hy
aanhoudend: "Don't worry, be happy, don't worry be happy...."

Die rit terug huistoe is veel stadiger en statiger as die een
hospitaal toe. Terwyl ek in die kar sit met die kussing gedruk teen my
bors, vind ek dit byna onmoontlik om alles te snap wat met my gebeur
het, so onverwags, so sonder rede.

Tuis omhels ou Roelfie my. Dis die eerste keer dat ek weer met hom
praat na die skietery.

Ons stap omarm saam na die agterplaas. Ek sien die rooi kol wat my
bloed gelaat het, en ek weet my agterplaas sal nooit weer dieselfde
wees nie, nooit weer nie...

) Prof. Nieuwoudt doseer sielkunde aan Unisa.

Lesers kan stories, foto's en video's stuur na mystorie@beeld.com


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/My_Storie/0,,3-2053_2367807,00.html

Volksblad 1 Aug. 2008

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 01 Augustus 2008 05:02 nm
Subject: FW: Volksblad 1 Aug. 2008
Importance: High

MEDIA VERKLARING

Die aangehegte artikel in die VOLKSBLAD van 1 Augustus verwys.

Graag antwoord die N B U op die aantygings soos volg :

1. Die belasting betalers verenigings mislei nie die inwoners nie.
Inwoners word slegs op hulle regte attent ge maak.
2. Dit saai nie onnodige spanning nie, dit bied oplossings om swak
dienslewering te oorbrug.
3. Die werklike motiewe van die inwoners is om hulle regte in terme van
die Grondwet en ander tersaaklike wette op te eis.
4. Die inwoners verenigings is nie fronte vir politieke partye nie. Geen
party politieke figure is by die verenigings betrokke nie. Slegs
sittende raadslede wat die belange van hulle gemmenskappe op die hart
dra is in sommige dorpe by die inwoners verenigings betrokke.
5. Die huidige organisasie het niks met volgende jaar se provinsiale en
nasionale verkiesings uit te waai nie. Dit gaan oor probleme op
plaaslike vlak.
6. Dit is juis die meganismes wat veronderstel is om te werk wat
plaaslike inwoners in die steek laat.
7. Dit is juis die afwesigheid van burgemeesters en raadslede op
plaaslike vlak wat inwoners warm onder die kraag maak. Openbare middels
en begrotings prosedures word nie aan voldoen nie.
8. Die forums wat volgens die wette moet funksoineer bestaan net op
papier.
9. Belasting betaler verenigings is juis die stem van die ontevrede
inwoners en is nie rookskerms nie maar die vuur van ontevredenheid en
het niks met goedkoop politiekery te doen nie.
10. Inwoners wil nou direk antwoorde van die Premier hê en is nie meer
bereid om deur politieke partye te werk nie. Selfs waar briewe direk aan
Premiers gerig is was daar hoegenaamd geen antwoorde nie.
11. Omdat politieke partye nie in die probleme van inwoners belang stel
nie maar slegs in hulle oormatige salarisse van hulle verteenwoordigers
sal hulle nie die Premiers nader nie.
12. Dit is verblydend dat die Premier die onrus op Colesberg veroordeel
en haar vinger op die pols hou. Ons hoop egter dat sy ook daadwerklik
gaan optree voordat die situasie hand-uit ruk en dit tot saak
beskadiging en selfs lewens verlies gaan lei.

-----Original Message-----
From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 01 Augustus 2008 11:02
To: Jaap Kelder
Cc: Deon Dohne; koosa24@yahoo.com
Subject: Volksblad 1 Aug. 2008
Importance: High

Beste Jaap,

Sien asb. die aanhangsel. Gaan die NBU hierop reageer? Ek dink tog 'n
amptelike persverklaring is nodig.

Die Premier is wragtag nie behulpsaam om die situasie te ontlont met
sulke uitsprake nie.

Groete

Johan Matthee

+27 (0)51 753 9281 (telephone)
+27 (0) 82 406 8248 (mobile)
+27 (0) 86 513 8232/ +27 (0) 51 753 9281 (fax)
jmatthee@oldmutualpfa.com (E-mail)

Colesberg/ Carte Blanche

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 01 Augustus 2008 03:29 nm
Subject: RE: Colesberg/ Carte Blanche

Middag Johan,

Dit is 'n baie goeie idée.

Ek het ongelukkig geen kontakte met Carte Blanche nie.

Hierdie gebeure in Colesberg is maar net 'n voorsmakie van wat vir ons
wag as die kabouters nie hulle sin kry nie. Vergelyk dit met Zimbabwe en
jy sien dieslfde patroon. As ons dus nou nie op plaaslike vlak weerstand
kan bied teen intimidasie nie sal ons dit ook eendag nie op nasionale
vlak kan doen nie.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 01 Augustus 2008 02:20 nm
To: Jaap Kelder
Subject: Colesberg/ Carte Blanche

Hallo Jaap,

Deon Dohne voel baie sterk dat ons die span van Carte Blanche so gou as
moontlik in Colesberg kry om die gebeure hier te dek. Veral die
intimidasie gedeelte met die oog op die komende verkiesing. Het jy
kontakte daar en voel jy ook dat dit ons saak kan bevorder? Laat weet
asseblief.

Groete

Johan Matthee

Regards

Johan Matthee

+27 (0)51 753 9281 (telephone)
+27 (0) 82 406 8248 (mobile)
+27 (0) 86 513 8232/ +27 (0) 51 753 9281 (fax)
jmatthee@oldmutualpfa.com (E-mail)