Monday, March 15, 2010

"Satanistiese boere"-brief in Volksblad

<quote> Satanistiese dade, boere
deur L.I. Mohale
2010-03-09 21:52

Ek verneem oor die radio 'n boer in die Parys-omgewing het 'n werker
met die trekker gestamp en hom net by die hospitaal gaan aflaai en
daarna was hy spoorloos. Dis onmenslik.

Dankie dat hy aangekeer is en agter tralies gesmyt is. Ek wens dis sy
tuiste vir dertig jaar.

Boere doen hulle voor as Christene wat elke Sondag kerke vol pak, maar
daarna is hulle niks heilig nie.

Dis waarom daar klomp mense is wat teen die Christendom staan.

Hulle aanvaar die blankes as die mense wat hierdie geloof hiernatoe
gebring het net om die mense se gewete te prikkel sodat hulle nie
terugslaan wanneer hulle mishandel word nie.

Wat gaan gebeur met die werker wat nou nie kan loop en die hele tyd in
die bed is? Wat is die verskil tussen daardie boer en ET?
</quote>

Mnr . Van der Merwe se antwoord daarop :
Die Vannermerwes van hierdie wêreld moet begin kla oor my uitlatings
teen die satanistiese dade van die boere.
Die "Vannermerwes" waarna hy verwys is seker nou gemik op my?! die
vorige keer het hy dieselfde ding gedoen- alle boere oor een ou se
aksies veroordeel- Ek glo nie volksblad sal my brief toelaat nie, maar
ek pos hom sommer hier. dalk google hy eendag sy eie naam !:


Die briewe oor Satanisties Boere verwys.

In die eerste plek word ek "die vannermerwes" uitgelok in die
aanvanklike brief van Mohale (10/3/10) om te poog om die boere teen
satanisme te regverdig. Dit blyk dus dat die briefskrywer nou nog 'n
persoonlike probleem met my het na my terugvoer oor 'n vorige brief
waar die briefskrywer ook probeer het om die "boere" gemeenskaplik
aanspreeklik te hou vir een persoon se dade.

Ironies dat Mohale nog steeds nie die lig sien nie. In 'n brief van
Mohale (2009-12-10) spreek hy sy ongeloof uit oor die dom uitsprake
van Malema. Hy assosieer dus nie met hierdie individu nie, MAAR alle
boere moet mos onder dieselfde kam geskeer word. Wat sou u reaksie
wees as ek beweer dat alle nie-blankes dom is, bloot omdat Malema
onverantwoordelike uitsprake maak? Dit is presies wat u doen.

Verder is dit duidelik dat u nie vreeslik ingelig is oor Satanisme
nie. Alhoewel ek vrylik sal toegee dat daar heelwat boere is wat
agnostikusse of ateïste is, is daar baie min wat sataniste is. Om 'n
Satanis te wees beteken om toegewyd te lewe ten opsigte van Satan. Die
blote feit dat iemand nie in God glo nie, maak jou nie noodwendig 'n
Satanis nie.

Daar is egter baie boere wat 'n diep verhouding met hulle Skepper en
Here het. Deur te veralgemeen dat boere Sataniste is, is niks anders
as laster nie. U skrywes verwys telke male na die "boere" as 'n groep
wat almal dieselfde dade doen en dus dieselfde verantwoordelikheid
moet dra. Ek is seker dat as ek 'n stelling moet maak waarby ek alle
swart mense stereotipeer ek skuldig bevind sal word aan laster, maar u
kom weg daarmee.

Indien jy wil sien hoe Christen boere te werk gaan op hulle plase,
vind gerus meer uit van die Amos projek. Tot die volgende keer dat jy
al die boere wil verantwoordelik hou vir een ou se aksies!

Groete

Vannermerwe,

Petrusburg

No comments: