Thursday, March 4, 2010

Orania toere

"Mense, maar het ons lekker gekuier op Orania! Die Oewer hotel en vakansie
oord was iets besonders. Die spa is ongelooflik en die restaurant se kos was
uit die boonste rakke. Dit is so VEILIG EN SKOON daar by julle. Ons vertel
vir AL ons vriende van Orania. Ons sal beslis weer kom kuier en hopelik
virewig bly!!!!" Marie Lindeque

"Ons was 'n maand terug op Orania en was verbaas oor wat die mense daar
doen. Almal is so gasvry en vriendelik en ons het sommer dadelik tuis
gevoel." Petri Botha

"Hallo Orania!!! Ons was daar vir vier dae. Lekerrr. Baie baie geniet. Waar
kan 'n mens nog so 'n vriendelike klomp mense bymekaar kry? Ek weet...op
Orania en op Orania en op Orania. Dankie Oraniërs. Julle is tops!!! Tieneke
en Koos en John Strydom ens ens julle is MOOI MENSE." Ann Becker

"Ek en my vrou en seun was die naweek op ORANIA (let op ek spel dit met
hoofletters) en dit was 'n wonderlike verblyf. NIEMAND loop by jou verby
sonder om vriendelik te groet nie. Rustig en vreedsaam, geen lemmetjiesdrade
of skokdrade of diefwerings te sien nie. Sal graag daar wil gaan bly om my
deel te doen om ORANIA te help voortgaan en verbeter. Gaan kuier gerus, jy
sal nie spyt wees nie." Chris Louw

Kom ervaar Afrikaner-vryheid!

- Slegs R 350 per persoon per nag, ontbyt ingesluit (4-ster hotel)

- R 100 vir aandete: hoofgereg, nagereg en alle drankies ingesluit

- R 20 per persoon vir Kuns en Kultuur uitstappie

- R 30 per persoon vir Kayak (roei op Oranjerivier)

- R 50 per persoon vir skemer vlotvaart op Oranjerivier

Selfsorg chalets beskikbaar vanaf slegs R 135 per persoon per nag.

Ons sluit 'n GRATIS begeleide toer van Orania in by elke bespreking.

Ander aktiwiteite: Luukse Rivier Spa, perdry, Oranjerivier hengel (groot
karpe en geelvisse), voëlkyk (80+ spesies), bergfietstoere,
pekanneutboord-piekniek en vele meer!

Retoer vervoer kan ook ingesluit word vir groepe van 4+ besoekers.

Besoek ons webwerf by http://www.oraniatoere.co.za

Laat weet gerus indien u enige verdere informasie verlang.

Ons sien uit om van u te hoor.

Vriendelike groete

Quintin Diederichs

Sel: 076 943 2214

Faks: 086 518 1170

Orania Vryheid Ervaring

www.oraniatoere.co.za

kontak@oraniatoere.co.za

No comments: