Tuesday, March 16, 2010

Boere eenheid

Boere Eenheid: Noodkreed van 'n volk in verdrukking

"Sonder Vryheid vergaan 'n volk, maar vryheid sonder eenheid lei
onvermydelik tog ook weer tot magteloosheid en vernedering, en kan as
sulks dan ook vir 'n volk 'n vloek word"

Waar egter vryheid en eenheid saam bestaan, daar kan dit tot 'n seen
en tot 'n krag wees.

Volkseenheid is onteenseglik die onmisbare fondament waarop alleen ons
ons toekoms veilig kan bou. 'n Volk se vryheidsdrang is die volk se
ruggraat.
Vryheid behels:
- Self erkenning as 'n volk
- Staatkundige erkenning
- 'n Volk wat eie nasieskap kan openbaar van binne en tot uiting laat
kom na buite
- Uiterlike simbole soos 'n vlag en 'n volkslied waaraan die volk geken word

Glo in God
Glo in jou volk
Glo in jouself ………..Ware woorde wat op 3 Mei 1937 die eerste keer
ge-uiter is oor hierdie volk.

Die groot trek was veel meer as 'n blote gebiedsverowering, dit was 'n
geloofsdaad, die aanvaarding van 'n Godgegewe taak. Hoekom het ons
nou opgehou daarmee?
Roepingsbewustheid, mits dit in die regte bane gelei word, is vir
enige volk onontbeerlik, net soos vir enige individuele mens. Het ons
voorgeslagte nie 'n roeping gehad nie, en gaan dit nie oor na ons toe
nie?

Volkseenheid het sekere elemente waaraan voldoen moet word.

Die Boerevolk het tans ongeveer 29 verskillende volksorganisasies.
Die kern aspekte van hierdie organisasies stem verbasend baie ooreen.
Maar….
Elke party gee voor om na volkseenheid te strewe en is selfs bereid om
daarvoor te veg, en in die naam daarvan mense tot verraaiers te maak,
en tot skeurmakers te verdoem.
Natuurlik is volkseenheid nie 'n dooie eenvormigheid nie. Ons is tog
immers indivudiee, ons is hardkoppig, en dit maak ons besonders! Die
Boerevolk is, en was, en sal nooit 'n trop skape wees wat heeldag
herwaarts en derwaarts gelei wil word nie. Die Boerevolk is ook nie
'n lui volk nie, en ook nie geweldadig nie. Op die oomblik borrel die
Boerevolk oor van energie, wat, indien dit positief deur die regte
leiers aangewend kon word, vir ons weereens slegs positiewe gevolge
sou gehad het.

'n Baie goeie beginselgrondslag vir die Boerevolk is reeds jare gelede
vir ons gele deur ons voorgeslagte. Intussen het hierdie mooi boom
net bietjie te veel vertakkinge gekry, en die boom moet gesnoei word.
Dus, 'n samesmelting waar daar ooreengekom word om op sekere punte te
verskil, sal weereens lei tot 'n samesmelting met gekraakte
fondamente.
Die vraag is dus, promofeer mense volkseenheid op hul eie terme, of is
dit waarlik 'n hartsbegeerte, waar mense bereid is om sekere
opofferings te maak ter wille van eenheid?

Ons land, Suid-Afrika, is immers ons volk se huis in die bree
spektrum. Hou jy van onmin in jou huis?

Die analisering van raakpunte tussen organisasies is ook al tot
vervelings toe aangespreek, en tot op hede is daar geen geskrewe
dokument wat verskillende organisasies se raakpunte saamvat nie. Dit
ook ten spyte van vele volks vergaderings wat gehou is. Dit word in
elk geval nie 'n wenslike oplossing te wees nie, want dit beteken dat
daar dus te veel verskille is.

Daar is sekere belangrike aspekte wat ek sien as die vereiste van 'n
volk, en dit is ook al tot vervelens toe genoem.

Huidige aksies wat geloods word is nie suiwer nie, en daarom sal daar
dus altyd iets wees wat dit in die wiele ry. As die fondasies gekraak
is, al is dit haarfyn, sal dit nie werk nie.

Wat is 'n volk sonder 'n land, of 'n land sonder 'n volk? Wat is 'n
volk wat nie vir Elohim aangestel het as Koning en heerser nie?
Dis nie 'n vraag van wie was eerste, die hoender of die eier nie. Die
land was eerste, dit was hier, ons is hierheen gestuur met 'n doel en
het 'n taak gehad om te vervul. Ons was geseen deur 'n land te
be-erwe met al die minerale en grondstowwe om ons totaal onafhanklik
te maak van die wereld. Gaan ons dit alles nou versaak, vir 'n
stukkie droee karoo en 'n volkstaat? Se ons met ander woorde vir Hom,
dankie, maar nee-dankie?

Hoe groot is die behoefte aan onafhanklikheid werklik? Elke
organisasie wil eendag aan die bestuur van sake staan, en dit
veroorsaak nie net haarfyn krakies nie, maar groot skeurings. Wat is
jy as persoon bereid om prys te gee vir onafhanklikheid, of is dit
maar lee woorde?
http://boere-eenheid-forum.cultureforum.net/gesels-f4/boere-eenheid-noodkreed-van-n-volk-in-verdrukking-t2509.htm#12195

No comments: