Friday, March 26, 2010

OPE BRIEF AAN DIE "HOOF UITVOERENDE BEAMPTE" VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT EN DIE ERFENISSTIGTING, G.N. (GERT) OPPERMAN.

Meneer Opperman,

Haatspraak en laster teen my volk deur die buitewêreld, deur Swartes en ook
deur sommige Afrikaanssprekendes is niks nuuts nie – dit gebeur eeue reeds.
Tot in 1994 was die hoofdoelwit daarmee gewees om my volk só veragtelik te
skilder, dat een en almal kon glo ons behoort oor geen duim grond te regeer
nie – ook nie oor onsself nie.

Daardie doelwit is op 27 April 1994 bereik, toe ons letterlik oornag slawe
in ons eie vaderland geword het en elke greintjie seggenskap oor onsself
kwyt is – suiwer en alleen omdat ons te min kinders baar om hoegenaamd
sinvol aan veelrassige verkiesings te kan deelneem. Ons dra mos nie by tot
die oorbevolking van Planeet Aarde nie, maar word terselfdertyd gedwing om
in een Staat saam te woon met volksvreemdes wat onbeheers aanteel; sonder om
verantwoordelikheid te aanvaar vir die versorging van 'n krioelende massa
kleintjies. Dan word daardie getalle nog aangevul met miljoene wat vanuit
hulle Swart paradyse elders in Afrika steeds elke dag hierheen vlug, na die
laaste krummels van die Eerste Wêreld-staat wat Apartheid Suid-Afrika eens
was.

En in die hordes krotbuurte - gevul met werkloses en leeglêers en die
opbrengs van elke dag en nag se rooftogte - kan die Swart massas wat mekaar
se moordluste oorleef, elke 5 jaar weer "demokratiese" verkiesingskruisies
trek wat die ANC in staat stel om my en my volk vir die volgende 5 jaar wéér
te vertrap.

DIT is die ABSURDHEID van die huidige sogenaamde "DEMOKRASIE". Feit is:
Haatspraak is nou nie meer nodig om ons van selfregering te stroop nie.
Haatspraak teen ons se funksie deesdae is aanstigting tot vergrype en
misdaad teen my volk … onder andere, aanstigting tot moord.

Want soos Dingaan destyds, skreeu Malema - Jeugleier van die regerende Party
- dat die Boere doodgemaak moet word … en die res van die Regering staan
bankvas agter hom! Dit beteken niks anders nie as 'n staats-goedgekeurde
voortsetting van Swartes se volksmoord wat teen die Boere-Afrikaner in swang
is, nie net op plase nie maar méér nog in dorpe en stede – moorde wat reeds
meer slagoffers geëis het as Britse konsentrasiekampe tydens die
Anglo-Boereoorlog! 'n Moord-orgie wat voortwoed veral sedert 1990, toe die
Swartes tot hulle eie verstomming begin besef het dat my volk se sogenaamde
"leiers" 'n spul patetiese, lafhartige rugstekers is; al te gereed om die
belange van hulle volgelinge te offer solank daar darem op 'n manier na
hulle persoonlike belange omgesien word.

Ja, toe die sogenaamde "herders" hulle kleure gewys het, was my volk gereed
om soos skape geslag te word – petisielysies en gepleit en gesmeek by die
Regering ten spyt!

En toe, as sinnebeeld van 'n nuwe geslag leiers wat hierdie volk besig is om
op te lewer, daag die President van die Verkennersbeweging, Mnr. Ben
Geldenhuys, vir Malema uit om die weerloses met rus te laat en eerder 'n
Boere-Afrikanerman in die fleur van sy lewe by Fort Schanskop op 19 Maart
2010 te ontmoet … as hý wat Malema is dan 'n Boer wil vermoor. Ja, skielik
het Malema en die wêreld gesien dat daar ook in hierdie dag en tyd steeds
MANNE is in hierdie volk; manne wat, soos 'n Jopie Fourie destyds, bereid is
om self die dood in die oë te kyk as dit gaan om die vrye voortbestaan en
die erfenis van die Boer.

Juis op die "Erfenis-terrein", soos julle die Voortrekkermonument en Fort
Schanskop-gronde noem, wou Ben Geldenhuys vir Malema inwag … die terrein
waaroor jy, Meneer Opperman, as besluitnemer optree. (Die "Erfenis" in julle
naam, vermoed 'n mens, verwys na die erfenis van die Boere wat op hulle
Oosgrens-plase uitgemoor was; na die erfenis van die oorlewendes wat in die
1830's met hulle waens uit die Britse Kaapkolonie weg is ter wille van vrye
voortbestaan; hulle wie se nasate vandag weer op plase en in stede uitgeroei
word? Dan het Ben Geldenhuys mos 'n uiters gepasde plek vir sy uitdaging aan
Malema uitgekies!)

As jy, Generaal Opperman, op 19 Maart 2010 die Erfenisterrein vir toeriste
en nuuskieriges gesluit het en saam met Ben Geldenhuys en ons ander
Verkenners vir Malema gewag het, sou jy agting gewek het onder hierdie volk
wat so smag na leiers wat - soos 'n Generaal De la Rey - die vyand in die
voorste linies in die oë kan kyk. Maar toe kasty jy vir Ben Geldenhuys in 'n
brief oor sy sogenaamde "eiegeregtige optrede" en verbied hom toegang tot
die volk se "Erfenis"-terrein.

(Hoe ironies tog dat die Voortrekkermonument, waar jy vandag besluite neem,
opgerig is juis tot gedagtenis van mense wat jare lank as "eiegeregtige
onderdane" beskou is deur die Britse Regering, voordat ons onafhanklikheid
eers in 1852 met die Sandrivier Konvensie erken is). Jy sien, Meneer
Opperman, daar is meer as een soort eiegeregtigheid.

Mens kry byvoorbeeld eiegeregtigheid waardeur 'n publiek wat in jou glo,
bedrieg en in die rug gesteek word terwyl jyself agterna in veiligheid en
vettigheid verskans is. Soos die tipe eiegeregtigheid waarmee daar op 27
April 1994 'n veelrassige, onwenbare verkiesing op ons afgedwing is; gevolg
deur 'n Swart Bewind met 'n onverbloemde haat vir my volk en kultuur…en dit
terwyl daardie noodlotsverkiesing ONWETTIG was omdat dit plaasgevind het
ingevolge 'n Kieswet wat aangeneem was toe Wet 110 van 1983 - die destydse
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en "hoogste Reg" van die land –
steeds gegeld het. Artikel 52 van daardie Grondwet het bepaal dat slegs 'n
Blanke, Kleurling of Indiër stemreg kon hê. Dat daardie stuk verfoeilike
eiegeregtigheid vir Swartes hulle sogenaamde "freedom" beteken het, is nie
vir my 'n probleem nie. Ek wil nie in een Staat met volksvreemdes woon OF
OOR HULLE REGEER NIE – die probleem met 1994 se verfoeilike eiegeregtigheid,
is dat dit my volk se internasionaal-erkende reg op selfbeskikking vertrap
het.

Dan is daar die tipe van eiegeregtigheid as gevolg waarvan ondernemings -
met my verarmde volkie se sikspense opgebou tot waardes van miljarde Rande -
vandag aan vreemdes behoort (of altans, wat daarvan oorgebly het) – die
EVKOMS, YSKORS, die SASOLS van die lewe; Pos- en Telekommunikasie
instellings, Spoorweë en Hawens, finansiële instellings soos Volkskas en
SANLAM … te veel om op te noem. Ook dít is verfoeilike eiegeregtigheid.

Of die tipe van eiegeregtigheid waarmee jy, Meneer Opperman, nogal op die
Voortrekkermonument se briefhoof adverteer hoe julle "ondersteun" word uit
die opbrengs van Suid-Afrika se dobbelary-afgod, die "National Lottery
Distribution Trust Fund". Het jy en jou Direkteure ooit aan die
Voortrekker-nasate (dus aan ons, die volk) inspraak gegee in die siek
besluit om sulke afgodsgeld te aanvaar? Praat van eiegeregtigheid! Wat sou
'n Hendrik Potgieter, 'n Andries Pretorius, 'n Sarel Celliers daaroor te sê
gehad het?

Jou verweer hierop sal seker wees om die volk te beskuldig dat hulle self te
laks is om genoeg geld te stort en jy sodoende kastig verplig is om
afgodsgeld te aanvaar ter wille van die Monument en "Erfenis"-terrein se
instandhouding. Ja, ek kan glo dis nie maklik om miljoene uit die volk te
melk nie – verreweg die meeste van hulle is reeds leeg gemelk ter wille van
vreemdes! Maar hoekom weet ek van geen byeenkoms wat jy onder die
oorblywende welvarendes saamgeroep het om uit te vind of daar nie 'n ander
plan te maak is nie?

En as dit werklik nie sou slaag nie (wat ek sterk betwyfel): Sou 'n
verweerde Voortrekkermonument, maar sonder om die God van Bloedrivier verder
te vertoorn, nie verkieslik wees bó prag en praal en foutlose fasiliteite
nie? Ten minste sou 'n verweerde Voortrekkermonument die klippe dan kon wees
wat saam uitroep - saam ween oor my volk se derduisende wat, net soos by
Bloukrans en Weenen in 1838, nog steeds elke dag en nag onverwags deur
oormagte oorval en barbaars vermoor word; oor 'n werklose jeug en werklose
gesinshoofde - werkloos omdat hulle Blank is, moedverlore omdat hulle
werkloos is; oor ouers van kinders wat naak en honger is; oor ons dogters
wat slawe vir Nigeriese seks- en dwelmkartelle is; oor Boere-dogters en
bejaarde vroue wat hulleself nie vrywillig aanbied nie en dan deur
barbare-bendes verkrag word; oor "Christen-geestelikes" wat die verbreking
van die dogter van my volk wil genees deur te verklaar "Vrede! Vrede!"
terwyl daar GEEN VREDE IS NIE; oor selfs kerke talle Godsgebooie wat ons
Voortrekkers nog eerbiedig het, nou afmaak en minag as "outyds"; oor ons
kinders wat Goddeloosheid in staatskole se leerplanne gevoer word en selfs
'n afgodslied daar moet sing as sogenaamde "volkslied"! (Of dink jy miskien
die ANC verwys na God die Vader, Seun en Heilige Gees - die God van
Bloedrivier – in hulle "Nkosi Sikelel' Afrika"?)

Ja, ek en my volk is tot die droesem toe moeg, sat van al sulke
selfgesentreerde, rugsteker-"eiegeregtigheid". Maar die "eiegeregtigheid"
van Graaff-Reinet en Swellendam in 1795; die "eiegeregtigheid" van die
Slachtersnek-martelare; die "eiegeregtigheid" van die Emigrante-Boeren; die
"eiegeregtigheid" van die burgers wat Majoeba-kruin gestorm het; die
"eiegeregtigheid" van die Kaapse Rebelle in die Tweede Vryheidsoorlog en die
Rebelle van 1914; die "eiegeregtigheid" van die Ossewa-Brandwag;
"eiegeregtigheid" die afgelope 40 jaar en meer van beswadderde "Regses" soos
Ben Geldenhuys – danksy daardie tipe "EIEGEREGTIGES", wat elke generasie nog
opgelewer het TOT DIENS AAN MY VOLK, is hierdie volk nog nie uitgedoof nie.
Want geregtigheid was my volk nog nooit deur andere gegun nie – en alte
dikwels het ons eie vlees en bloed lustig meegedoen om laksman te speel.
Geregtigheid moes ons telkens maar weer verkry op ons eie; ons ou klompie
volkstroue "eiegeregtiges" - strompelend en al te dikwels ook belaai met
sondeskuld soos alle mense – maar voortgedra deur die genade van die
Almagtige God van Bloedrivier. Want hier, anderkant die riviere van Kus, sal
Sy aanbidders, Sy verstrooide gemeente Sy offerande bring – en al is ons ook
'n ellendige en geringe volk, sal ons bly skuiling soek by Sy Naam...

Meneer Opperman, ek wil 'n beroep op jou en jou mede-direkteure doen: Sluit
aan by die stroom in hierdie volk wat weer, soos in 1836, weier om onder
vreemde heerskappy te buig, weier om die knie voor Baäl te buig. Sluit as
direksie aan, soos talle ander organisasies, by die Afrikanerfront en
groepeer saam met hulle om Selfbeskikking as die saambindende beginsel. Werk
saam, soos die Afrikanerfront-organisasies, met die Volksraad
Verkiesingskommissie aan die grootse taak om op 31 Mei 2011 ons eie
demokraties-verkose Volksraad ingehuldig te kry, wat ons eis om
Selfbeskikking ooreenkomstig die Volkereg gaan afdwing.

En as julle nie tot daardie stappe bereid is nie: Volg die eerbare weg,
bedank as Direkteure, en dra daardie rol oor aan die Verkennersbeweging. Ek
vra julle dit, nie in selfsugtige eiegeregtigheid nie … maar ter wille van
geregtigheid teenoor die vermoordes en seëvierendes van die Groot Trek en
geregtigheid teenoor hulle IDEE wat veronderstel is om deur die
Voortrekkermonument versinnebeeld te word: die IDEE van Volksvoortbestaan in
Vryheid, Onafhanklikheid, en Selfbeskikking danksy die uitredding van God;
met Staat en Owerheid wat Hom sal ken en dien in wetgewing, wetsuitvoering
en wetstoepassing… net soos alle burgers dit in hulle daaglikse lewe moet
doen.

Die uwe

Paul Kruger

No comments: