Friday, October 3, 2008

Bylaanval: Tiener dalk verlam

Me. Charmaine Pienaar (18).

Oct 02 2008 09:31:45:340PM - (SA)

Sonja van Buul

Vanderbijlpark. – Die jong vrou wat eergister onder meer 'n
skedelfraktuur opgedoen het nadat 'n rower haar en haar ma wreed
aangeval het, gaan waarskynlik nie weer kan loop nie.

"Ek het gedink dit is 'n nare droom wat nou-nou tot 'n einde gaan kom."

Só het me. Charmaine Pienaar (18) aan haar pa, Danie (44), oor die
bylaanval waarin haar ma, Heila (41), doodgekap is, gesê kort voordat
sy gisteroggend 'n nege uur lange operasie in die Vereeniging
Medi-Clinic ondergaan het.

Die operasie is gedoen om die skade aan haar skedel en senuwees te
herstel. Sy het ook vertel dat sy in dié "nare droom" net haar "mamma
wou beskerm".

Sy het etlike ure hulpeloos by die gesin se skroothandel-onderneming
in Waldrift langs haar vermoorde ma se lyk gelê voordat haar pa en
broer, Frikkie (21), op dié grusame toneel afgekom het.

"Charmaine het tydens die aanval 'n skedelbreuk opgedoen en sy is
verlam in albei haar bene," het mnr. Marius Vosloo van Meyerton, 'n
woordvoerder van die Pienaar-gesin, gesê.

Ondanks die feit dat die gesin nie tot 'n mediese fonds behoort nie,
het hulle besluit dat die ernstig beseerde Charmaine die operasie in
dié private hospitaal moet ondergaan om sodoende die bes moontlike
mediese sorg te verseker.

Volgens Vosloo kon haar dokters die familie voor die operasie geen
waarborge gee dat Charmaine weer sal loop nie.

"Dit is volgens hulle in God se hande," het hy gesê.

Volgens Vosloo is Charmaine se wangbene ook versplinter en haar
kakebeen gebreek.

"Charmaine het kort ná die aanval gesê dat 'n man hulle met 'n byl
aangeval het, maar ek dink eerder dat hy hulle met 'n stuk yster
geslaan het," het Vosloo gister gesê.

"Die man het my ma, volgens Charmaine, belowe om hulle geen leed aan
te doen as hulle hom geld gee nie, maar hy het hulle nogtans
aangeval," het Pienaar jr. gesê.

Beeld-lesers wat die Pienaar-gesin wil help om die mediese onkoste te
dek, kan Vosloo by 083 311 7030 skakel.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2403686,00.html

Boeredag by Cullinan

Groot Boeredag by Cullinan

Geskryf deur Henk van de Graaf

Vrydag, 26 September 2008 13:22

Op 3 en 4 Oktober is daar groot woelinge by Cullinan Boere Unie se
saal. Dit is die jaarlikse Landboukorrels Lente Boeredag, wat deur
Radio Pretoria etlike jare gelede begin is, en waarby TLU SA die
laaste paar jaar betrokke is. Dié Boeredag is juis na die terrein van
die Cullinan Boere Unie verskuif, aangesien die terrein wat tot dusver
gebruik is, net buite Kleinfontein, te klein geword het om die groei
en belangstelling te kan akkommodeer. Dit is vanjaar ook die eerste
jaar dat die byeenkoms oor twee dae plaasvind. Die eerste dag is daar
'n uitgebreide program met interessante lesings oor onderwerpe wat
boere kan help met hulle boerdery. Die volledige program word hierby
aangeheg. Mnr. Louis Meintjes, Adjunk-president van TLU SA, sê dat
hierdie Boeredag bedoel is vir die kleiner boere. "Soos Nampo 'n
tipiese geleentheid is vir die 5 000 hektaar-boere, is die
Landboukorrels Boeredag, 'n tipiese geleentheid vir die 30 hektaar
boere." Mnr. Meintjes sê die bedoeling met dié boeredag is ook om die
mense in die stede meer bewus te maak van landbou en waar kos vandaan
kom. "Ons wil in besonder mense uit die dorpe en stede nooi om hierdie
geleentheid by te woon. Daar sal baie diere wees, en veral kinders sal
ook kan leer en sien waar kom byvoorbeeld melk vandaan." Verskeie
bees-, skaap en bokrasse sal by die Boeredag wees, en heelwat
stalletjies sal eet- en drinkgoed, asook landbou en selfs
nie-landbouverwante ware uitstal en te koop aanbied. Ook die media is
uitgenooi om die twee dae by te woon. Daar word voorsiening vir hulle
gemaak. Die program vir die dae lyk soos volg: LANDBOUKORRELS BOEREDAG
03 & 04 Oktober 2008 CULLINAN BOERE-UNIE SAAL Program Vrydag 3 Oktober
2008 08h00 Registrasie 09h00 Opening met skriflesing en gebed 09h15
Verwelkoming: President TLU SA 09h30 Besproeiing: Die volhoubare
benutting van water as hulpbron Mnr Felix Reinders - Direkteur
Besigheidsontwikkeling LNR Landbou Ingenieurswese 10h15 Volhoubare
landbou en minimum grondbewerking. Bewaring van grondstruktuur, en
grond-koolstof, erosie en vogverliesbeheer Mnr Daan Prinsloo - Boer in
Vryheid, Natal 11h00 Volhoubare landbou: Grondlewe en bemesting
Bewaring en opbou van mikrolewe, rol van kompos en optimale aanwending
van kunsmis Mnr Rudie Kuschke - Klein Karoo Saadbemarking 11h45
Volhoubare landbou en groenbemesting Die effek van groenbemesting op
grondstruktuur en grondlewe, Pes en plaagbestryding deur bio-beroking
Jan Meyer - Klein Karoo Saadbemarking 13h00 Ete 14h00 Dieregesondheid:
Kan die natuur vir homself sorg? Seleksie van weerstandbiedende skape
teen haarwurm met FAMACHA Dr Faffa Malan - Intervet 16h00 Algemene
bespreking en nabetragting 16h30 Afsluiting Registrasie koste R250-00
per persoon vir die dag. Elke deelnemer ontvang 'n laserskyf met die
lesings, asook 'n volledige EM-gebruikershandleiding. Kontak Lynette
by 012 804 8031 om u plek te bespreek. Beperkte plekke beskikbaar
Program Saterdag - 4 Oktober 2008 10h00 Bokmelkkaas – Die hantering
van melkbokke, maak van kaas verskillende soorte kaas en
gesondheidsvoordele. Rina Belcher - Belnori 11h00 Lewendige tuine deur
die gebruik van EM Lewe in die grond Louis Meintjes - Voorsitter TLU
SA Sentraal 12h00 Medisinale plante Dr Gerhard Prinsloo - LNR 13h00
Swepe vleg: 'n Praktiese demonstrasie Alwyn Sturgeon 14h00 Maak reg
vir die GROOT Goliat van Gat pampoenwedstryd! Saterdag se aanbiedings
is gratis Padaanwysing na die Landboukorrels Boeredag


http://www.tlu.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=90:groot-boeredag-by-cullinan&catid=36:jongste-nuus

Thursday, October 2, 2008

"AWB - Afrikaner Weerstandsbeweging" sent you a message on Facebook...

Die waarheid oor rasisme

Goeiedag burgers.

Graag deel ek met julle 'n berig uit die beeld.

'n Voorval waarin jong skoolmeisies van Bloemfontein na bewering deur
seuns by 'n buitelugskool op Zastron betas is, het skokgolwe deur
ouerkringe gestuur.

Die skoolmeisies van die Laerskool Fichardtpark, wie se ouderdomme van
11 tot 12 jaar wissel, is vandeesweek glo deur minstens twee seuns van
die Laerskool Wilgehof op die Aasvoëlberg-buitelugsentrum by Zastron
betas.

Die gr. 6-leerlinge van die onderskeie skole was op 'n week lange
uitstappie na die buitelugskool.

Die hoof van die buitelugskool, mnr. Louis Alberts, sê: " 'n Groep
meisies van Fichardtpark het Woensdagaand na hul rondawel gestap. Dit
was naby die eetsaal.

" 'n Groep seuns van Wilgehof het die meisies glo vasgekeer deur 'n
sirkel om hulle te vorm. Die seuns het 'n Sotho-liedjie begin sing,
terwyl twee van die seuns glo aan die meisies gevat het.

"Dié hele voorval is uit verband geruk. Dit kan ook nie as 'n
rassevoorval beskou word nie. Die meisies was emosioneel. Hulle het
gegil en gehuil. Die toesighouers het nog aandete geëet. Toe hulle die
lawaai hoor, het hulle gaan ondersoek instel," sê Alberts.

"Ons het twee seuns geïdentifiseer. Hulle is van die kamp verwyder,"
sê hy. Volksblad het later verneem dat twee 13-jarige seuns deurnag
oefeninge buite die kamp as straf moes doen.

Alberts sê: "Ons het toe vir die kinders gesê hulle mag nie meer
alleen op die perseel rondloop nie. Hulle moes in groepe beweeg".

Alberts sê hy vermoed een van die meisies wat nie eens betrokke was
nie, het die ander meisies se emosies aangevuur. Hy het na haar as "n
drama queen verwys.

"Ons het 'n volledige verslag oor die gebeurtenis deurgestuur na albei
skoolhoofde toe. In die tien jaar sedert dié buitelugsentrum
geprivatiseer is, het so iets nog nooit gebeur nie," sê Alberts.

Mnr. Johan du Preez, skoolhoof van die Laerskool Fichardtpark, sê daar
was altesaam 128 Fichardtpark-leerlinge op die uitstappie.

Du Preez, wat nou met vakansie is, het telefonies aan Volksblad gesê:
"Volgens die verslag het die seuns glo aan die meisies se boude gevat.

"Dit was 'n absoluut geïsoleerde geval wat uit verband geruk is.

"Die situasie is die volgende dag opgelos.

"Die seuns is aangespreek en met 'n bussie weggevat.

"Die nodige dissiplinêre stappe is gedoen.

"Ek het 'n vergadering met die ouers van die ses betrokke meisies
gehad. Ons sal die saak verder voer sodra die skole begin. Ek kan
myself nie verder hieroor uitspreek nie," het hy gesê.

Mnr. Fanie Roeloffze, skoolhoof van Wilgehof, sê: "Hierdie hele ding
is uit verband geruk. Ek het net so in die verbygaan gehoor twee
Wilgehof-seuns het aan Fichardtpark se meisies gevat.

"Ek en die skool se beheerligaam beplan om aan die hand van Alberts se
verslag op dissiplinêre stappe te besluit".

'n Geskokte ouer het aan Volksblad gesê: "Die eerste ding wat my kind
vir my gesê het, was dat haar klasmaats op die kamp deur seuns van 'n
ander skool 'gemolesteer' is.

"Sy het gehuil en was baie emosioneel."

Nóg "n ontstelde ouer van 'n Fichardtpark-leerling het gesê: "Ek is
geskok oor wat gebeur het. My kind was baie getraumatiseer deur die
voorval.

"Ons is 'n paar ouers wat voel dat daar strenger teen die skuldiges
opgetree moes word."

**********************************************************

Julle kan seker wees dit was 'n groep swart seuns omdat hulle rasse
nie genoem word nie, ons almal weet van die Ellispark voorval waar die
Wit mans die swart vrou se arm agter haar rug vas gehou het, en daar
het die media nie geskroom om te se die was 'n wit op swart aanval
nie, maar met die berig se hulle nie presies wat die rasse is nie.

Wat dink julle sou gebeur het as dit 'n groep wit seuns was?
Dit wys maar net weereens vir ons in watter situasie ons, onsself in
bevind. Hulle is altyd reg, ons is altyd verkeerd. Hulle gebruik die
media om ons te laat skaam voel oor al die wit op swart aanvalle, dink
maar aan die Reitz voorval, die ellispark voorval, ag daar is hordes
waar dit in die media DUIDELIK gestel word dit is Wit teen swart, dit
word wereldwyd ingestuur en uit perporsie geruk, en ons word weer
uitgebeeld as die wrede rassiste. Maar as dit swart op wit is, word
daar glad nie rasse of rassisme genoem nie en niemand hoor van dit
nie, want dit is iewers in die middel van die koerant.

Die tyd kom al hoe nader, dinge begin nou baie vinnig gebeur, die ANC
jeugliga dreig alweer met oorlog as hulle nie hulle sin kry nie, die
ANC is besig om te skeur en kort voor lank gaan die vonke spat tussen
die twee dele, en raai wie gaan hulle weer die skuldige probeer maak
om hulle te verenig?

Wees wakker hou jou kant skoon en trek soveel as moontlik mense om aan
te sluit by die AWB en Brandwag, die volk het julle nodig.

Ek het 'n versoek gekry om die lede van die groep te vra om te help om
'n seker Fanie Terblanche op te spoor, kyk gerus na die link vir meer
inligting http://www.new.facebook.com/group.php?gid=28509588179

Dan beoog ek ook om miskien 'n AWB Jeugliga op die been te bring,
sover was die belangstelling nie juis groot gewees nie, en dit help
nie ons begin iets as daar nie belangstelling is nie, die leier sal
nie geintreseerd wees om so iets bekend te stel as ons net 50 lede
landwyd sal wees nie, so ek het besluit om die AWB Jeug Aksie groep op
facebook nog so week kans te gee, en as die ledetal nie aansienlik
verbeter het nie, te aanvaar dat daar nie genoeg belangstelling is nie
en eerder te konsentreer om die Brandwag se ledetal uit te brei.
As jy tussen 18 en 35 is, en werklik sal belangstel om aan te sluit by
die Jeug aksie, (as die aksie gestig word sal daar sekerlik 'n
maadlikse fooi wees, seker tussen R20 en R50) kyk na die skakel en
sluit aan by die groep.
http://www.new.facebook.com/group.php?gid=30519686306


Dan is daar ook 'n heldedag viering die 11de Oktober by die
Paardekraal monument, te Krugersdorp, wat deur die Paardekraal
verkenners aangebied word,
http://www.new.facebook.com/event.php?eid=27656287838 . Kom en geniet
die dag saam met ons, die Brandwag Wesrand sal ook daar wees en ons
sal 'n wilds stalletjie daar he, KOM ondersteun ons!!!!!

Groete
--------------------

Konferensie: Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008


Kantoor van die Uitvoerende Beampte

30 September 2008

Aan alle lede-organisasies en lede

Teen hierdie tyd is u bewus van die FAK se Konferensie: Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008, wat op 17 en 18 Oktober in die Universiteit van Pretoria se konferensiesentrum aangebied word.  Alle lede-organisasies en lede van die FAK is reeds per elektroniese brief na hierdie geleentheid uitgenooi.  U sal ook oplet dat ons Konferensie-formaat effens anders as aanvanklik daarna uitsien.

Ons beskou ons konferensie om verskeie redes van die uiterste belang en ons wil u en u organisasie derhalwe hiermee vriendelik opvorder tot die grootste moontlike deelname aan ons konferensie. Die Konferensie het as uiteindelike doel die saamsnoering van ons organisasies in 'n meer dinamiese en sinvolle eenheid waarbinne die uitdagings gebied deur ons grondwetlike opset beter die hoof gebied kan word. 'n Meer dinamiese organisasie sou aan Afrikaners die geleentheid bied om 'n meer sinvolle lewe in Afrikaans te lei.

Oor die afgelope nege maande heen – in die nadraai van die regering se Polokwane-beraad, die energiekrisis, die nasionale krisis rondom leierskap, toenemende emigrasie van kundigheid uit die land – het 'n mens se ervaring van Afrikaners se sug na groter eendrag steeds toegeneem. "Nou moet ons saamstaan" word deur sovéél onder ons gevoel! Verskeie aksies wat dus oor die afgelope maande deur Afrikaner-organisasies onderneem is – dink maar aan die aksies rondom die voorgenome wetgewing op grondonteiening en die beoogde veranderinge aan straatname in Pretoria – het uitgeloop op die stigting van taamlik informele en breë strukture waarin verskeie organisasies met verskillende oogmerke, maar met gedeelde belange en behoeftes, hulle vermoëns saamgegooi het ter bereiking van daardie gedeelde belange.

En deurentyd ervaar 'n mens dat daar telkens 'n verwagting van, selfs 'n dors na, groter en meer samehangende vereniging heers onder die partye wat 'n taak goed gepak en afgehandel het. Die sukses wat in hierdie verband behaal is, moet dus ten minste gedeeltelik aan die groter verdraagsaamheid vir verskeidenheid binne eie geledere en die meer verbete gesamentlike soeke na konsensusbesluite toegeskryf word. Afrikaners het klaarblyklik ook iets uit die afgelope jare se fragmentasie en ontgogeling geleer.

Ons Konferensie gaan dus 'n poging wees om hierdie gedagtes te konsolideer en om aan alle betrokke belangegroepe die geleentheid te bied om hulself hieroor uit te spreek en van hulself rekenskap te gee.

Oproep

U sal verstaan dat ons hiermee die grootse denkbare mate van deelname van ons lede-organisasies, ons individuele lede en alle ander burgerlike organisasies aan ons konferensie wil verseker. Ten opsigte van ons lede-organisasies, wil ons u dus versoek om soveel as tien (10) lede af te vaardig om die konferensie by te woon. Individuele lede word versoek om ten minste een ander Afrikanerpersoon saam te bring en om soveel voorbrand moontlik vir die geleentheid onder u vriende te maak, en, op die koop toe, saam te sleep na die konferensie!

In teenstelling tot ons konferensies oor die afgelope jare strewe ons vanjaar na die hoogste moontlike mate van deelname deur ons jongmense. Die dringende aangeleenthede rondom ons volk gaan nou reeds vir 'n ruk by ons jongmense verby en ons ervaar klaar die gemis daaraan in hul vorming. Ons Afrikaanse skole (lede-organisasies en individuele lede, óók) word dus versoek om, sover moontlik, leerlinge bo Graad 9 in skooldrag die geleentheid te laat bywoon om na ons waarlik uitstekende voordragte te luister en aan die bespreking daar rondom deel te neem.

Ons is bewus daarvan dat ons organisasies, soos ons lede en ander lede, maar noustrop trek om begrotings te laat klop. Ons het gevolglik besluit om besoekers aan die konferensie om 'n vrywillige donasie te vra om die FAK se onkostes aangegaan by die aanbieding van ligte verversings te help delg. 'n Bedrag van R75-00 word in hierdie verband voorgestel.

U samewerking en bywoning van 'n geleentheid wat as 'n deurbraak-geleentheid beskou kan word, word waardeer.

Ons sal 'n antwoord op hierdie uitnodiging, tesame met 'n aanduiding van die beraamde getal persone wat deur u organisasie of u uself na die konferensie afgevaardig word, werklik waardeer. Rig asb. u antwoord aan ons administratiewe bestuurder, Sarie Marais, by 012-301-1777 of SarieM@fak.org.za .

Hartlike groete,

(Dr) Francois Bredenkamp

Uitvoerende Beampte

           p.p. Prof Danie Goosen (Voorsitter)

 



--------------------------------------------------------------------------------


Konferensie
Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008
Gefasiliteer deur Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)

17 en 18 Oktober

Universiteit van Pretoria (UP Konferensiesentrum)

Vrydagaand :

18:00 vir 18:30   Registrasie

Verwelkoming: Verteenwoordiger UP

Inleidende woorde - Prof Danie Goosen, FAK

Standpunt:   Prof Stef Coetzee (AHI): "Tussen kontinuïteit en verandering: 'n Pleidooi vir inklusiewe demokrasie en kreatiewe kapitalisme".

Standpunt: Prof. Hermann Giliomee: "'n Historiese raamwerk vir die grondwetlike dinamiek in SA"

Vingerete

Saterdag (Konferensiesaal 100, Konferensiesentrum)

Uitstalling van plakkate deur Afrikaanse kultuurorganisasies in voor-portaal

8:00 – 8:30 Registrasie (voortgesit)

8:30 – 9:30   "Waar staan Afrikaners grondwetlik in 2008?"

Standpunt – Prof Francois Venter

Standpunt - Prof Koos Malan

09:30 - 10:30 "Hoe lyk die Afrikaners nóú?"

Standpunt - Prof Lawrence Schlemmer

Standpunt – Prof Andre Duvenhage

10:30 – 10:45 Verversings

10:45 – 11:15 "Hoe kan Afrikaners aan hul polities-ekonomiese / maatskaplike grondwetlike dilemma ontkom?"

Standpunt – Mnr Flip Buys, Solidariteit

11:15 – 11:45 "Nuwe geografiese perspektiewe op Afrikaneridentiteit"

Standpunt - Mnr Carel Boshoff (iv)

11:45 – 12:15 "Die Grondwet en realiteite"

Standpunt - Mnr Dave Steward

12:15 – 12:30 Groeteboodskap vanaf die Afrikaanse Taalraad (ATR) - Prof Wannie Carstens

12:30 – 13:30 Middagete

13:30 – 15:45 Paneelbespreking: "Waar gaan Afrikaners heen met hierdie staatsbestel en konstitusie?"
Inleier: Prof. Pierre Theron, AB            Paneel- en algemene bespreking: Verteenwoordigers van Afrikaanse Kultuurorganisasies
15:45 – 16:00 Samevatting deur 'n Rapporteur - Mnr Kallie Kriel

Wednesday, October 1, 2008

Bloedrivier Gelofte 170

Dit is hierdie jaar die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier en dit
word herdenk met spesiale feeste wat op verskeie plekke in die land
gehou gaan word. Bloedrivier Gelofte 170 begin op 21 November by die
Voortrekkermonument. Vanaf 21 November tot 6 Desember word Bloedrivier
gebring na die volgende dorpe:
* Krugersdorp
* Bronkhorstspruit
* Witbank
* Middelburg
* Standerton
* Bethal
* Ermelo
* Piet Retief
* Newcastle
* Vryheid

Die Krugersdorp been geskied op 22 November 2008 by die Paardekraalmonument.

Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee verskaf verskeie items vir
die program.
Gedurende hierdie fees word die gelofte herbevestig en elke feesganger
kry die geleentheid om op 'n baie spesiale manier hom/haar te
vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier.

Die Bloedrivier Herdenkingskomitee voorsien die die volgende items:

* 'n Kakebeenwa wat deur die dorp getrek gaan word.
* Coreen en haar orkes.
* Antieke Bybel en teologiese boeke uitstalling waarvan die oudste
boek in 1645 gedruk is.
* Perde vir optog.
* Geskiedkundige vlae vir optog en ander gebruik.
* Spreker wat ook gelofte herbevestig.
* Verkope van DVDs en boeke oor die slag van Bloedrivier.
* Verkope van historiese vlae en verskeie ander items.

Daar word 'n bus gereel vanaf Pretoria vir hierdie dag. Indien u
belangstel om met die bus te kom, kontak asb vir Johan Joubert by
louwjoubert@gmail.com

Monday, September 29, 2008

Oranje Sakestigting gestig

VOLKSEKONOMIE KRY HUPSTOOT DEUR NUWE SAKESTIGTING

Etlike maande se beplanning deur 'n loodskomitee het
vandeesweek gelei tot die stigting van die Oranje
Sakestigking. Die komitee bestaan uit mnre. Dolf
Buitendach, Clem de Klerk, Jan Beyers, Ben Geldenhuys en
Henk van de Graaf.
Die gedagte het sy beslag gekry tydens vanjaar se tweejaarlikse
algemene kongres van die Verkennersbeweging in die
Willie Marais Afrikanersentrum in Pretoria.
Die behoefte is daar uitgespreek dat sakemanne in sakekamers
byeengebring moet word, sodat hulle mekaar kan ondersteun,
en die Afrikaners weet wie is hulle sakemanne en
hulle ondersteun, om sodoende geen volksgeld in vyandshande
te laat beland nie.
Sakelui van 15 stede en dorpe het die stigtingsvergadering
in die saal van TLU SA bygewoon, terwyl nog ses dorpe laat
weet het dat hulle betrokke gaan raak, maar net nie die ver
ent pad kon aandurf om die vergadering by te woon nie.
Mnr. Dolf Buitendach, wat as sameroeper van die
byeenkoms opgetree het, sê dat daar waarskynlik binnekort
Oranje Sakekamers in sowat 25 plekke behoort te wees. Die
Sakekamers affilieer dan by die Oranje Sakestigting, wat dan
verantwoordelik is vir effektiewe kommunikasie tussen die
verskillende sakekamers. Die Stigting sal namens sy lede by
bestaande strukture verdere voordele beding, of alternatiewe
strukture vestig tot voordeel van sy geaffilieerde Sakekamers.

Die Stigting moet ook namens sy Sakekamers op deurlopende
basis navorsing doen oor nuwe ontwikkeling in die
sakewêreld en vervaardigingsbedryf, en sal namens sy lede
advertensies en verklarings uitreik om hulle saak te bevorder.
Die doelstelling van die Oranje Sakekamers is om ondernemerskap
van die Afrikanergemeenskap ter plaatse te bevorder,
"om, as teenvoeter te dien teen die ongeregtighede van
die hede, waar daar teen die Afrikaner in die werksplek
gediskrimineer word; om voorkeur te gee aan indiensneming
van ons eie volksgenote; om deur affiliasie 'n Handelsinstituut
(Oranje Sakestigting) tot stand te bring om in diens van
die Afrikanervolk en sy sakekamerlede, die gemeenskaplike
sake-ideale te bevorder wat moet uitloop op selfstandigheid
in eie reg", soos die reglement van die Oranje Sakekamer dit
stel. Die Oranje Sakestigting sê in sy reglement dat hy Afrikaner
ondernemerskap deur middel van spesiale projekte wil
bevorder en uitbou Die verdere doelstellings van die Sakestigting
lui dat beoog word om "Afrikaners ekonomies te versterk
deur die vestiging van nuwe ekonomiese instellings;
Afrikaners te rig met opleidingsprogramme ten einde volkseie
ondernemings op professionele wyse te bedryf;
Afrikaner sakemanne nader aan mekaar te bring, goeie onderlinge
verhoudings op te bou en volkseie sakebelange te
bevorder onder mede-volksgenote; die Afrikanervolk se kapitale
kragte te verenig tot voordeel van sy ondersteuningsbasis;
die huidige finansiële nood in die Afrikanergeledere op 'n
verbeeldingryke wyse teë te werk deur dit te benader as 'n
geleentheid waar volkseie arbeidsgeleenthede geskep kan
word waar ons as volk weer grootliks in ons eie behoeftes
kan voorsien; Sake-etiek te help vestig teen die huidige
aanslag van korrupsie en swak standaarde; sakegeleenthede
te vestig en te bevorder wat kan bydra om volksgenote wat
die land verlaat het weer terug te bring; en om Sakegildes te stig.

Sunday, September 28, 2008

Konsert op 18 Oktober 2008

Aandag aan almal in die Pretoria omgewing: (Ander kan gerus kennis neem)

Lees gerus die aangehegte kennisgewing ivm die konsert wat gehou gaan word
om geld in te samel vir die regskostes van die stryd om die behoud van
Afrikaans op skole.

'n Uittreksel uit die kennisgewing lui as volg:

"Dit is in ons belang om die beste advokate te kry wat vir ons taal en skole
in die Grondwethof kan baklei. Dit gaan baie geld kos."

Dankie vir u kennisname

Groete

Dokument beskikbaar by:

http://groups.google.com/group/bravoland-pers/browse_thread/thread/e4fafc42689325c4

Friday, September 26, 2008

[Oraniagesprek] Stop onnodige naamsveranderings

Van: Oraniagesprek@yahoogroups.com
[mailto:Oraniagesprek@yahoogroups.com] Namens Willie Spies
Gestuur: 26 September 2008 04:51 PM
Aan: Willie Spies
Onderwerp: [Oraniagesprek] Stop onnodige naamsveranderings

Stop onnodige naamsveranderings

Die ANC in Pretoria wil belastingbetalers nou R1 miljard se kostes
laat aangaan om 27 strate in en om Pretoria te verander na sogenaamde
"struggle heroes".

Die rede wat aangevoer word is die feit dat ons ontslae moet raak van
ons "apartheids- en koloniale verlede". Strate wat geteiken word is
Paul Krugerstraat, Kerkstraat, Pretorius-, Schoeman- en Andries
Strate- net om 'n paar te noem.

Ons kan dit nie so los nie. Help ons veldtog teen die onnodige
straatnaamveranderings:

1.. Besoek die skakel www.vf.co.za/pretoria en bring jou stem uit
teen die verspotte planne van die ANC.
2.. Stuur hierdie e-pos aan soveel as moontlik van jou e-pos kontakte


Groete

Willie Spies

e-pos balkie@mweb.co.za

faks 0866-705-651

Thursday, September 25, 2008

Rowers val gaste aan, verkrag

Sep 23 2008 10:00:51:350PM - (SA)

Francois Oosthuizen

francois.oosthuizen@beeld.com

Ses gewapende rowers het Saterdagaand ses gaste by die Hippo Lodge in
die Wieg van die Mensdom by Muldersdrift aangehou en twee vroue
verkrag.

"Ons woon al 13 jaar hier en dit is die eerste keer dat so iets hier
gebeur," het mnr. Geof Maud, eienaar van die Hippo Lodge, gister gesê.

Die ses familielede, van wie die dogter en haar man in Engeland woon
en die lodge vanjaar 'n tweede keer besoek het, het in hul chalet
gekuier toe een van die rowers 'n vuurwapen deur die venster gedruk
het. 'n Ander een het die voordeur met 'n baksteen oopgebreek.

"Die rowers het . . . die mans vasgebind en toe selfone en
juweliersware gebuit. Net een van die rowers het die vrou en haar pa
se vriendin verkrag."

Maud was nog baie emosioneel ná die voorval en het gesê hy kon die
afgelope twee nagte nie slaap nie.

"Dink net waardeur moet die slagoffers gaan."

Hy het gesê hy weet nie hoe die rowers die perseel binnegekom het nie
omdat dit met 'n geëlektrifiseerde heining en alarms toegerus is.

Volgens insp. Tebogo Kgomo, polisiewoordvoerder, het die polisie
eergister die gesteelde Nissan Tiida waarin die rowers gevlug het, in
die Diepsloot- informele nedersetting gekry. "Geen van die gesteelde
items is teruggevind nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie."

Dié voorval volg op die moord op mnr. Franz Richter, eienaar van die
nabygeleë Heia Safari Ranch, in November verlede jaar.

Die polisie in die omgewing het nou die Trio-taakspan op die been
gebring om huisbrake, inbrake by sakeondernemings en kapings hok te
slaan.

Kgomo het gesê ondersoekbeamptes van die Florida-, Roodepoort-,
Muldersdrift-, Honeydew-, Randburg- en Douglasdale-polisiekantoor gaan
kragte saamspan om dié soort misdaad hok te slaan.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2398676,00.html

Tuesday, September 23, 2008

Lente-braai

Lente-braai -- Bloemfontein

Die Geloftevolk word hartlik uitgenooi na 'n bring-en-braai te
Jomarini-saal. Dit is op die Petrusburgpad (N8) net verby Reyneke Park
karavaanpark draai u links in Brendarweg en ry 1,2km (ek dink dis 'n
grondpad) en dan sal u die twee Vierkleure sien.

Datum: 24 September 2008 (vakansiedag)
Tyd: 10:30 vir 11:00

Bring asb u eie eetgerei, stoele, eet- en drinkgoed saam, die res word voorsien.

Gasspreker: Mnr. Willem Etsebeth
Tema: As hier vandag onluste uitbreek onder die verdeelde swart
massas, waar bevind jy en jou gesin julself?

Kom geniet asb hierdie dag saam met ons, dit is deur geen spesifieke
organisasie gereël nie, daar is reeds bevestigde gaste van 'n
verskeidenheid bewegings en organisasies.

Navrae: Oom Doep du Plessis - 051 444 0445, of Barend Labuschagne -
083 450 0363.

Bloed en Trane protes optog teen straatnaam verandering

(Bees)bloed vloei by protes oor straatname
Sep 22 2008 10:20:13:450PM - (SA)

Leon Botha

Die straatnaamveranderings wat die Tshwane-metroraad beoog, is
kulturele volksmoord. As die moederstad val, is ander groot stede
volgende, het mnr. Edwin Leemans, gemeenskapswoordvoerder van Aksie
Pretoria Straatname (APS), gister tydens 'n betoging op Kerkplein in
Pretoria gesê.

"Jy begin 'n volk af te breek deur sy geskiedenis af te takel," meen Leemans.

"Ek gee my eer aan die struggle. Maar almal se struggle moet erken
word. As die hoofstad val, is ons gedoem: van ons taal, godsdiens tot
geskiedenis. Alles wat ons is, is dan weg."

Die APS sal die naamsveranderings met alles in sy vermoë beveg, het hy gesê.

"Ek sal myself vasketting hier aan die Paul Kruger-standbeeld. Maar ek
sal daar onder in Paul Krugerstraat begin. Nes daai student wat
doodgery is deur 'n tenk naby die Beijing-plein (Tiananmen-plein) as
gevolg van sy protes-aksie.

"En as ek val, sal daar weer net nog iemand in my plek wees," het hy gesê.

"Dis nie net ons eie geskiedenis wat geteiken word nie; dit blyk Lucas
Mangope se naam is ook in die gedrang.

"Mense word nou wakker in die land oor wat aangaan," het Leemans gesê.

Die simboliek om rooi linte aan die bedreigde straatnaamborde vas te
bind, het ook 'n Bybelse assosiasie.

"Dis in Josua 2 geskrywe," verduidelik Leemans. "Rooi linte het by
Ragab se venster uitgehang voor die val van Jerigo sodat sy gespaar
kon bly."

Die APS wil ook seker maak monumente bly behoue.

"Kyk, hier sit vier onbekende Boerekrygers aan die voete van die Paul
Kruger-standbeeld.

"Ons moet onthou dat ons nie die geskiedenis kan verander of wegwens nie."

Een van die redes vir die beswaar teen die naamsveranderinge is die
verwarring wat dit kan veroorsaak.

"Dis soos toe Fifa kapsie gemaak het teen die naamsverandering van Pretoria.

"Die bloed (beesbloed) wat ons vandag hier sprinkel, is ter
nagedagtenis aan 25 000 kinders en 2 000 vroue wat in
konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het.

"So ook dink ons vandag aan die xenofobiese sterftes. Groepe wil
mekaar eenvoudig wegwens en wegneem."

Leemans het gesê hy het sy mop saamgebring.

"Ek sal self die bloed skoonmaak wat ons hier gemors het."

Oorsprong:

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2397958,00.html