Sunday, August 10, 2008

Woes Webblad - Die Skrywers Paradys

MEDIAVERKLARING                                         VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

WEBBLAD TOON VERBASENDE GROEI

4 Augustus 2008. Die Woes-webblad wat in Februarie 2006 op die been gebring is om as platform vir voornemende skrywers te dien, toon tans verbasende groei. Die webblad is spesifiek in die lewe geroep om as vertoonvenster te dien vir voornemende Afrikaanse skrywers om hulle werk te publiseer.

Tans is daar reeds meer as 21 000 gedigte op die webblad en hierdie kategorie groei met 300 nuwe gedigte per week. Daar is verskeie kategorieë op die webblad wat wissel van gedigte tot kortverhale, nuusbrokkies en vermaak. Die blad bied gratis blootstelling aan enige voornemende skrywer, met die voordeel dat enige persoon wat 'n stuk lees, kommentaar daarop kan lewer. Sodoende kan skrywers uit ander se kommentaar leer en poog om te verbeter. Indien mens 'n lang, hartseer gedig soek , is daar ook 'n uitstekende soek-fasiliteit. Meer as 1 000 kommentare word weekliks op werk ontvang. Daar is tans meer as 2 200 skrywers op die blad geregistreer, en party van hulle se werk is reeds meer as 100 000 keer gelees.

Die Woes-webblad is ook verantwoordelik vir die langste gedig nog ooit in Afrikaans geskryf, naamlik 8 828 woorde. Dié projek is in 2007 van stapel gestuur en is na 15 weke voltooi.

Belangstellendes kan gerus die webblad besoek by www.woes.co.za. Navrae kan gerig word aan Willem Gous by 082 322 0600.

Uitgereik deur:
Willem Gous
Sel: 082 322 0600
Tel: 018 293 2941

Helpende Hand Nuusbrief - Julie 2008






Helpende Hand Nuusbrief
Julie 2008 / Nuusbrief nr. 15 www.helpendehand.co.za

Subcribe to English Newsletter, Click here

 

Zuma saam met Solidariteit na Bethlehem-nedersetting


Zuma het die honderde arm wittes toegespreek, terwyl die inwoners van
die Bethlehem-nedersetting ook met hul handgemaakte artikels gespog het.

Foto's: Jaco Marais

ANC-president Jacob Zuma het op 24 Julie besoek afgelê by die wit informele nedersetting Bethlehem. Dit kom nadat hy dié nedersetting oorkant die Zandfontein-begraafplaas in die verre noorde van Pretoria vroeër vanjaar op uitnodiging van Solidariteit Helpende Hand besoek het.

Dié keer is Zuma vergesel deur ʼn hoëvlak-span bestaande uit ministers, regeringsamptenare en die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr. Gwen Ramokgopa. Die afvaardiging het met Solidariteit Helpende Hand onder leiding van Flip Buys, uitvoerende hoof van die vakbond, asook gemeenskapsleiers vergader.

ʼn Besluit deur die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling ingevolge waarvan subsidies aan organisasies wat onder wit armes werk uitgefaseer gaan word, was hoog op Solidariteit se agenda.

"Dit is onaanvaarbaar dat ʼn besluit geneem kan word dat ʼn persoon op grond van sy of haar ras van maatskaplike hulp ontneem word. Die besluit is eenvoudig rassisties. Ons is oortuig dat hierdie besluit nie in enige hof of internasionale forum sal steek hou nie. Indien ons politieke druk om die besluit te laat herroep nie gou vrugte dra nie, sal ons voortgaan met regsaksie om die besluit te laat herroep," het Buys gesê.

Solidariteit Helpende Hand het voorts ʼn omvattende nuwe verslag oor die behuisingskrisis onder wit armes bekendgemaak en aan Zuma oorhandig.

Luidens die Helpende Hand-verslag kan slegs 54% van wittes in Suid-Afrika ʼn huis van meer as R200 000 bekostig. Die aantal wittes wat geen toegang tot behuising het nie, het tussen 2002 en 2006 van 83 000 tot 131 000, oftewel met 58%, toegeneem. Strukture in agterplase het van 36 000 tot 54 000 toegeneem. Daar word verwag dat dié getal, ten spyte van die afname in die bevolkingsgetal van wittes, jaarliks met 7 500 eenhede sal toeneem.

Honderde arm wittes wat in informele behuising woon het na die Bethlehem-nedersetting gegaan om te hoor wat die ANC-president te sê het. Hulle kon ook vir maatskaplike toelaes by SASSA (South African Social Security Agency) aansoek doen. Honderde mense het die lang rye aangedurf om aansoek te doen.

Kliek hier om Solidariteit Helpende Hand se omvattende nuwe verslag oor die behuisingskrisis onder wit armes te lees.



Arm wittes staan geduldig en wag om vir maatskaplike toelaes by SASSA aansoek te doen.
Foto's: Daleen de Jager

 

Boontoe

 


Helpende Hand bekommerd oor toename in kindermoorde

Solidariteit Helpende Hand het sy misnoeë met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgespreek op die rug van die bekendmaking van skrikwekkende misdaadsyfers op 30 Junie. Luidens dié syfers het kindermoorde die afgelope jaar met ʼn skokkende 22,4% toegeneem, terwyl poging tot moord op kinders met 13,7% toegeneem het.

Helpende Hand het sy kommer oor die SAPD se misdaadvoorkomingstrategie ten opsigte van misdaad teen kinders uitgespreek en ʼn dringende beroep gedoen dat die strategie hersien word.

In 2007/2008 is bykans 64 000 sake van moord, poging tot moord, verkragting, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer en onsedelike aanranding teen kinders aangemeld. In 2006/2007 is 68 237 van dié sake aangeteken.

Mariana Kriel, projekbestuurder van Helpende Hand, glo nie dat die statistiek rakende die verkragting en onsedelike aanranding van kinders noodwendig die werklikheid weerspieël nie. Luidens die statistiek het die verkragting van kinders en onsedelike aanranding met onderskeidelik 6,7% en 23,2% afgeneem.

Volgens Kriel maak die groot aantal sake wat teruggetrek word ʼn beduidende verskil. "Meer moet gedoen word om slagoffers te beskerm, omdat intimidasie in baie gevalle tot die onttrekking van sake lei. Die feit dat kinders nie in hul voorkeurtaal by polisiekantore bygestaan word nie en die afskaffing van spesialiseenhede vir kinderbeskerming dra ook hiertoe by."

Helpende Hand meen die SAPD se samewerking met organisasies wat hul beywer om kinders teen misdaad te beskerm, laat veel te wense oor. Helpende Hand het reeds in April vanjaar ʼn skrywe aan die waarnemende polisiehoof, Tim Williams, gestuur om met Helpende Hand in verbinding te tree om die moontlikheid van ʼn aksieplan te bespreek om misdaad teen kinders aan te pak. Geen terugvoer is tot dusver van die SAPD ontvang nie.

Helpende Hand het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om by die verskeie misdaadvoorkomingsprojekte betrokke te raak aangesien die verantwoordelikheid eerstens by die gemeenskap lê. "Ons kan nie meer op die polisie staatmaak om ons kinders te beskerm nie," het Kriel gesê. "Hoewel die polisie baie welslae behaal, is een kind wat sy of haar lewe verloor te veel. Die stryd is daarom nog lank nie verby nie."

 

Boontoe


 

Helpende Hand kap VN-program in Zimbabwe

Helpende Hand het vroeër vandeesmaad sy "Tuin van Hoop op Oorwinning" geopen, wat die hoop simboliseer dat die daaglikse stryd teen kindermishandeling en misdaad teen kinders gewen sal word. ʼn Lourierboom is in die tuin geplant as simbool van oorwinning en vrede. Die tuin is op 4 Junie die internasionale dag van onskuldige kinderslagoffers van geweld geopen.

Wikus Human, pa van die vermoorde Sheldean Human, het die tuin saam met Chris Vorster, 7de Laan-akteur en beskermheer van die Fonds, onthul.

Helpende Hand het tydens die verrigtinge ook die Sheldean Human-gedenkbeurs bekendgestel. Die beurs sal vanaf vanjaar aan ʼn doktorale student toegeken word wat sy studies oor ʼn bepaalde maatskaplike kwessie - soos misdaad teen kinders of die armoedevraagstuk – wil voortsit. Die Fonds het ook sy planne rakende die jaarlikse Sheldean Human-gedenklesing bekendgestel. Die lesing sal jaarliks op 4 Junie, die dag waarop haar veroordeelde moordenaar gevonnis is, plaasvind.

Solidariteit Helpende Hand het op 2 Julie beswaar aangeteken teen die Verenigde Nasies se Wêreldvoedingsprogram (WVP) wat noodhulpverlening aan sekere dele van die Zimbabwiese gemeenskap weerhou. Helpende Hand meen die weerhouding spruit uit diskriminerende riglyne wat vir hulpverlening deur dié organisasie uiteengesit is. Helpende Hand het ook skerp kritiek gelewer oor die politieke agenda en politiek "korrekte" benadering tot hulpverlening wat deur die WVP gevolg word. 

Helpende Hand het sy steun vir die beskerming van veral behoeftige bejaardes in Zimbabwe gegee met die oorhandiging van kos en klere. Die skenking is aan Hannes Botha van die Zimbabwe Pensioenondersteuningsfonds (ZPO) gedoen. Die ZPO versprei skenkings aan nagenoeg 650 bejaardes in tehuise vir bejaardes in onder andere Bulawayo, Gwero en Harare.

"Helpende Hand het met skok verneem dat die skenkings wat deur die WVP in Zimbabwe versprei word nie behoeftige wit bejaardes bereik nie. Dié bejaardes is grootliks van die ZPO vir oorlewing afhanklik.

"Luidens inligting wat Helpende Hand ontvang het, word sekere riglyne gebruik om te bepaal of hulpverlening gegee moet word of nie. Helpende Hand glo dat dié benadering nie in die huidige krisissituasie in Zimbabwe mag geld nie. Almal kry swaar en daarom behoort die hulp wat van ʼn nie-politieke organisasie soos die WVP afkomstig is, nie kleur te ken nie," sê dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. Volgens Langner ontvang bejaardes in Zimbabwe ook geen staatspensioen nie.

Die ZPO ondersteun tans sowat 25% van die wit bejaardes in Zimbabwe en daarom is nog baie meer hulp nodig om die mense hier te onderhou. Daar is veral ʼn groot behoefte aan kos soos mieliemeel, rys, suiker, ontbytpap, pasta, blikkieskos en ander items soos toiletpapier en sjampoe.

  • Om ʼn skenking vir die bejaardes in Zimbabwe te doen, skakel Helpende Hand se skenkingskantoor by 012 644 4426.

 

Mnr. Hannes Botha (55) laai sy vragmotor voordat hy die lang
pad Zimbabwe toe aandurf om kos vir bejaardes te gaan aflaai.
Foto: Naranda Nell, Beeld

Boontoe



 

Helpende Hand pak vaardigheidstekorte met beurse


Foto: Marisa Engelbrecht

Solidariteit se Sol-Tech-opleidingskollege het op 10 Julie sy tweede tegniese opleidingsentrum in Pretoria geopen. Sol-Tech lei reeds 450 studente in verskeie tegniese rigtings op. Die nuwe opleidingsentrum, wat in Hermanstad, Pretoria geleë is, spesialiseer in meganiese vakleerlingskappe soos megatronika, motorwerktuigkunde en pas en draaiwerk. Sol-Tech se eerste opleidingsentrum is in Centurion en bied hoofsaaklik elektriese rigtings aan. Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat sy eie tegniese kolleges het.

Die tegniese toerusting van die nuwe opleidingsentrum het R2 miljoen gekos, terwyl Sol-Tech se bedryfskoste byna R10 miljoen per jaar beloop. Die opleiding word gefinansier deur die vakbond se sakebeen, klasgeld, beurse van Solidariteit Helpende Hand Beursfonds, en bydraes van die Setas. Sol-Tech is ten volle geakkrediteer en studente verwerf ʼn amptelike ambagskwalifikasie ná afloop van hulle studies.

Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die vakbond drie jaar gelede besluit om sy eie tegniese kollege te begin in die lig van die vaardigheidstekort in die land. "Beroepsopleiding in Suid-Afrika het bykans tot stilstand gekom. Solidariteit het besluit om die bul by die horings te pak en self met opleiding te begin."

 

 

Boontoe


 

Haglike omstandighede in Ruyterwacht skok

Sowat 35 mense, insluitende 13 kinders, woon tans in haglike omstandighede in die Ruyterwacht-informele nedersetting naby die Grand West Casino in die Wes-Kaap.

Die Kaapstad-tak van Solidariteit Helpende Hand het op 17 Julie die eerste reënjasprojek in dié behoeftige gemeenskap begin. Helpende Hand het reënjasse en waterstewels aan al die kinders oorhandig. Die oorhandiging het deel gevorm van die opening van Helpende Hand se tak in Kaapstad.

Volgens Erika Rossouw, skakelbeampte van Helpende Hand se Kaapstad-tak, het die afgelope maand se verwoestende reën die informele nedersetting in haglike omstandighede gedompel en Helpende Hand het gevolglik besluit om in te gryp.

Helpende Hand het voorheen reeds kos en klere aan die uiters behoeftige inwoners versprei en ook houthuisies vir die inwoners aangekoop wat op 26 Julie opgerig is. Baie dankie aan die manne van die Kaapstad-tak en die talle ander vrywilligers wat gehelp het om die houthuisies op te rig.

  • Die Kaapstad-tak moet egter dringend geld insamel vir die finansiering van hul projekte. Enige individue of instellings wat bereid is om finansieel te help of nog houthuisies kan skenk, kan Erika Rossouw by 072 195 6581 of erikarossouw@lantic.net kontak.


Boontoe


 

Helpende Hand se Mosselbaai-kantoor
Foto's: Surita Flischman

Oom Jaap Maritz, ʼn vrywilliger by die Mosselbaai-kantoor
wat getrou help met die verspreiding van kos en klere.

Die Mosselbaai-kantoor ontvang al meer skenkings.

 


Boontoe


 

Laerskool Menlopark skenk bakkievrag

Laerskool Menlopark het in Julie ʼn bakkievrag produkte aan Helpende Hand geskenk. Die skool het ʼn barmhartigheidsweek gehou waartydens hulle van blikkieskos tot beskuit, sjampoe en seep ingesamel het. Baie dankie, Laerskool Menlopark! Ons waardeer julle bydrae!

 

Boontoe


 

Koop Steve se boek en gee Helpende Hand 'n hupstoot

Koop Steve Hofmeyr* se gewilde boek, Jêmbekseep, aanlyn en dra só R20 tot Solidariteit Helpende Hand by. Griffel Media bied hierdie promosie gedurende Augustus en September in samewerking met Steve Hofmeyr en Solidariteit Helpende Hand aan.

Jêmbekseep bied ʼn heerlik terugblik op die pittige sêgoed en aanhalings van dié bekende Afrikaanse ikoon. Ná die sluiting van sy gewilde blog is Jêmbekseep ʼn goeie geleentheid om sy immer gewilde stem steeds op papier te hoor. Lees wat hy dink en sê oor ʼn wye verskeidenheid onderwerpe; met sy liefde vir Afrikaans en die mense van die land wat duidelik hoorbaar is. Hierdie vermaaklike boek is 'n moet vir jou koffietafel en is ʼn uitstekende geskenk vir enige Steve-aanhanger.

Koop die boek aanlyn vir slegs R90 (plus R35 posgeld) en spaar bykans R30 (normale handelsprys is R155). R20 van die koopprys word aan Helpende Hand geskenk.

* Steve Hofmeyr is die beskermheer van Solidariteit Helpende Hand.

 

Boontoe


Jacaranda FM se Winterwarmer-projek skenk komberse

Die radiostasie, Jakaranda FM het met hulle winterwarmer-projek 1000 komberse aan die Solidariteit Helpende Hand geskenk.

Hier is Faith Durie en Elize Bezuidenhout van die Solidariteit Helpende Hand by van die komberse

 

Boontoe


HH in die Nuus

Beeld
2008/07/25
Bladsy: 11

Zuma knik kop vir arm wit mense
Rademeyer, Alet

Mnr. Jacob Zuma ontvang 'n lappieskombers van
die inwoners van die Bethlehem-nedersetting.

Foto: Herman Verwey, Beeld

I can see clearly now the rain has gone. . . I can see all obstacles in my way. . . Op die maat van die treffer uit die 1970's het honderde arm wit mense van Pretoria gisteroggend saam gewieg en gesing terwyl hulle op mnr. Jacob Zuma, ANC-president, en ʼn regeringsafvaardiging gewag het. Hulle is deur verskeie kunstenaars vermaak wat tot die werk van die vakbond Solidariteit se Helpende Hand Fonds verbind is. Verskeie bejaardes in rolstoele, ander op krukke en tientalle wat aan mekaar vasgeklou het vir ondersteuning, het in ʼn lang tou by die Bethlehem-nedersetting in die noordweste van Pretoria gewag om hul name op lyste te kry om vir ʼn maatskaplike regeringstoelae te registreer. Zuma is met luide applous verwelkom toe hy hulle later in ʼn groot wit tent in Afrikaans gegroet en vertel het hoe belangrik die dag vir hom is en hoe almal in die land moet sa amwerk om harmonie te bewerkstellig. Gemeenskapsleiers van verskillende nedersettings en skuilings vir behoeftige wit mense in en rondom die stad het geleentheid gekry om hul probleme te stel waarop Zuma telkens instemmend kop geknik het. Uiteindelik is ondernemings deur dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metroraad, en dr. Zola Skweyiya, minister van maatskaplike ontwikkeling, gemaak dat hulp iewers vandaan gaan kom en dat alle armes gelyke behandeling moet kry. Mnr. Jan Degenaar (79), een van die mense wat die verrigtinge bygewoon het, het gesê: "Dit lyk of mnr. Zuma ʼn man is wat vir almal opstaan. Ek is nogal beïndruk met hom. As hy ons Afrikaners ook kan help, sal dit goed wees." ʼn Brose me. Marie Erasmus het gesê: "Ek het vandag baie geniet. Mnr. Zuma sê hy kan ons help en ek dink hy gaan dit doen."

 

Polokwane Observer                                   
2008/07/10                              
Bladsy: 7

Boere maak ʼn 24 ton-plan vir behoeftiges
Danél Esterhuysen

SOOS die gesegde lui maak ʼn boer ʼn plan. Dit is presies wat ʼn klomp boere van Limpopo gedoen het toe hulle van die geweldige armoede onder die wit Suid Afrikaanse gemeenskap gehoor het. Die plan het in die vorm van tonne aartappels, pampoene, uie en lemoene gekom wat onlangs aan Solidariteit se Helpende Hand Fonds geskenk is. Die fonds vir armoedeverligting is ʼn inisiatief van die vakbond wat hulpverlening aan ʼn groeiende gemeenskap gee van wie staatshulp onttrek is of afgeneem het. Die fonds se projekte is daarop gemik om ondersteuning aan oud en jonk te bied. Me Marie van Tonder, ʼn boer en eienaar van ʼn vervoermaatskappy op Alldays, het na ʼn TV-insetsel oor Helpende Hand en de groeiende probleem van wit armoede besluit om self iets aan die probleem te doen. Na ʼn paar besoeke aan boere in die omgewing van Alld ays, Vivo en Dendron het die projek vorm begin aanneem. Boere in die gemeenskap het hul harte oopgemaak en ingespring om te help. Ek weet ons boere sê gereeld dit gaan swaar, maar hulle harte is oop. Ek het twee seuns en gelukkig het ek nog nooit nodig gehad om vir hulle te sê daar is nie kos nie. Dit het aan my hart gevat om te sien hoe mense so moet sukkel," vertel Van Tonder. Die ware van nagenoeg 24 ton, gelaai met groente en ander skenkings soos klere en huisware, is op 21 Junie afgelaai.
Volgens die projekbestuurder van Solidariteit se Helpende Hand Fonds, me Mariana Kriel, is die produkte reeds aan behoeftige gemeenskappe versprei. 'Ons Is bale dankbaar vir die enorme skenking. Dit bring nie net hoop vir die Me Marie van Tonder, ʼn boer en eienaar van ʼn vervoermaatskappy op Alldays wat die inisiatief aan die gang gesit het om Solidariteit se Helpende Hand Fonds te ondersteun. Boere van die omgewing het sowat 24 ton aartappels, pampoene, uie en lemoene aan behoeftiges geskenk. Foto: Verskaf honderde behoeftiges wat hierdeur gehelp is nie, maar herbevestig dat mense se harte op die regte plek is en dat hulle graag wil help," het Kriel gesê. Intussen word ʼn volgende besending groente en vrugte weer beplan en die boere het ook reeds ʼn plan gemaak om ʼn groeiende hulpbehoewende gemeenskap in Polokwane te help. Vir inligting oor Solidariteit en hul werksaamhede, besoek die vakbond se webtuiste by www.solidariteit.co.za.

 

Boontoe


 

Kortliks
ʼn Oorsig oor die projekte waarmee Helpende Hand besig is.

Doen nou aansoek vir Helpende Hand-beurslenings
Opskud matrieks en studente! Ja, Helpende Hand besef dat julle nou waarskynlik aan niks anders as die eksamen dink nie, maar dink vooruit. As jy opskud, kan jy nog in aanmerking kom vir ʼn Helpende Hand-beurslening. Helpende Hand het vanjaar reeds beurslenings ter waarde van R1,4 miljoen aan studente toegeken. As jy ʼn deel hiervan wil hê, moet jy jou aansoek voor die einde Oktober vir Hendrik Briel stuur. Stuur sommer vandag nog ʼn e-pos na beurse@solidariteit.co.za en pak jou studies en die toekoms met ʼn Helpende Hand-beurslening aan!

Skenk só
Skenkings aan Helpende Hand kan weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by Helpende Hand se skenkingskantoor in Centurion afgelewer word. Hier bepaal Helpende Hand waar die onderskeie skenkings die beste aangewend kan word.

 

Boontoe


 

Helpende Hand se Helpende Hande

As jy 'n donasie aan Solidariteit se Helpende Hand Fonds wil maak,
kan jy dit by die volgende bankrekening inbetaal:

Bank: ABSA
Rekeningnommer: 09082262243
Taknommer:632005 (Centurion)

Of bel die inbelsentrum by 0861-25-24-23


"Orania Beweging"

Orania Beweging op TV en Radio

Op Sondagaand 10 Augustus (vanaand) is Frans de Klerk, Uitvoerende
Hoof van die Orania Beweging, in gesprek met Freek Robinson op Fokus
op SABC2 om19:30.

Op Maandag oggend 11 Augustus is Frans en Carel Boshoff (iv),
President van die Orania Beweging, om 08:00 in 'n Radio onderhoud met
Freek op RSG se Praatsaam program. Luister gerus en probeer inbel as
julle kan.

Saturday, August 9, 2008

Moles Colesberg Pers Verklaring

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 09 Augustus 2008 03:50 nm
Subject: FW: Moles Colesberg Pers Verklaring


Geagte vriende,

Onderstaande na aanleiding van 'n gesprek wat dr. Van Rheede Bergh met
ds. Kok gevoer het na aanleiding van die vergadering Woensdag aand op
Colesberg waarin ds. Kok gevra het dat die inwoners die dispuut ophef
omdat SANCO die swart inwoners intimideer en hulle verhoed om kos,
paraffien ens. aan te koop.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: VanRheede [mailto:v.berg@vodamail.co.za]
Sent: 09 Augustus 2008 01:27 nm
To: jmattthee@oldmutualpfa.com
Cc: jaap@zanli.co.za; Niki Moore
Subject: Moles Colesberg Pers Verklaring

Beste Johan,
Ek het maklik 'n uur met Ds Kok gesels oor die foon. My opsomming van
ons gesprek is dat ek weet hoe hy voel en dat hy 'n Christelike deernis
het vir die mense in die swart/bruin buurt Maar dat hy nie vir my 'n
oplossing kan aanbied behalwe dat ons die dispuut moet staak omdat Sanco
die mense intimideer en dat die mense in die gebied (a) honger ly en (b)
met die dood en afgebrande huise gedreig word.
Ek sal heel eerste wil sê ,namens ons die NBTU en ek is seker ook die
CIBBV, dat ons met deernis en meegevoel kyk na al die mense wat onder
hierdie terreur lewe en swaar kry. Ons simpatie! Dit is egter net 'n
voorsmakie van wat tans in Zimbabwe gebeur en ook uiteindelik ons
voorland sal wees as ons nie die intimidasie in die kiem smoor nie.

Kan ons terugkom na die Feite :
(1)Die CIBBV het 'n dispuut verklaar omdat die dienste in die dorp
foutief was, dat die dorp op 'n erge nalatige manier bestuur was en sou
direk op 'n ramp afstuur. Die verlede is en statistieke is oor genoeg
bewys daarvan. Daar sal geredeneer word hoe die dorp vergelyk met ander
dorpe. My antwoord is dat die dorp se naam is Colesberg en dit het nie
'n ander naam het verder bly verkeerd verkeerd dus om die dorp te
vergelyk met ander is nie die kwessie nie.
(2) Weereens dit is 'n dispuut en nie 'n boikot nie dus behoort dit nie
die man in die straat te affekteer nie. Dit is tussen die inwoners en
die munisipaliteit alleen. Die houding wat die raad ingeneem het en dat
hulle teen die wet opgetree het is verdere bewys van onbevoegheid en
onkunde van die wet en verdere verset om die wet reg uit te voer .(Bv
Me. Visagie)
(3) Die optrede van Sanco, wettig of onwettig, het direk gelei tot die
lyding van die minder bevoorregte inwoners wat in hulle eie gebied bly.
(4) Die betrokkenheid van die NBNTU by die CIBBV is omdat die CIBBV met
die NBNTU geaffilieer is. Ons is gevra om te help met advies en regshulp
aangesien ons alreeds meer as 12 jaar se ondervinding het, as die
NBNTU, en baie meer jare voor dit.
(5) Vir die misverstande indien enige. Ons het duidelik laat verstaan
ons wil niks met enige politieke party en orginisasies wat politieke
motiewe het te doen hê nie. Die CIBBV het vir Sanco mooi laat verstaan
dat die paadjie loop hulle (DIE CIBBV) alleen teen die bestuur van die
dorp. Hulle (Sanco) kan stem en doen wat hulle reg dink soos hulle wil
solank hulle binne die Grondwetlike wet van ons land bly

Voor ons verder gaan wil ek graag aanhaal wat op die "Vryheids Klip"
geskryf is geleë in Kliptown Sowetu wat onderteken is deur al die ANC
Leiers op 26 Junie 1955. Ek wil net drie sinne kwoteer die res kan julle
self gaan lees en self sien wat daar staan. Ons haal aan wat op daardie
klip staan nie omdat ons polities is nie maar dit die basis vir 'n
regverdige en demokratiese land is. Dit is ook die basis van die
grondwet wat ons tans gebruik.

The Freedom Charter
Adopted at the Congress of the People, Kliptown, on 26 June 1955
(a) We, the People of South Africa, declare for all our country and the
world to know:
that South Africa belongs to all who live in it, black and white, and
that no government can justly claim authority unless it is based on the
will of all the people
;
(b)The People Shall Govern!
All people in shall be entitled to take part the administration
of the country
(c) All National Groups Shall have Equal Rights!
All people shall have equal right to use their own languages, and to
develop their own folk culture and customs;
Oplossing moet gevind word- Deur Kommunikasie en die Feite moet Altyd
voor Oë gehou word.
DIE NBNTU STEL VOOR
(1)Goed deurdinkte Kontrakte moet opgestel en verstaan word en geteken
word (Doellyne word nie verskuif nie en sal alleenlik met meerderheid
stemme verander word. NB Dit sal tyd verg dus,bring dit tot spesifiek
onder almal wat betrokke is se aandag .) Daar moet ook 'n Spertyd
gespesifiseer word en alle deelnemers onderteken dit
STAPPE
Reel Vergaderings :-
(a) Met die CIBBV:- Verduidelik die motivering van die vergaderings wat
gehou moet word en in die belang van vrede en samewerking tot die
voordeel van alle rasse en inwoners.
(b) Skakel met Ds Kok en vra dat hy met die wat nou gely het en met
wie hy gepraat het in die minder bevoregde buurte 'n forum te stig.
(c) Daar moet dan saam met hulle (Die nuut gestigde Forum) 'n
afgevaardigde twee –vier Komittee lede of dagbestuur 'n vergadeing
gereel word met die CIBBV en probleme uitklaar. Hulle kan met grootste
plesier affilieer aangesien hulle nie polities geörienteer is nie en na
die belang van die mense in hulle omgegwing omsien wat dienste en
finansies betref.
Hulle verbind hulle ook tot die reëls opgestel deur die NBTU. Laat Sanco
ook weet hulle kan deur die forum reeds gestig deur Ds Kok en en die'
forum lede dat hulle kan deelneem in die ontwikkeling tot die beste van
al die inwoners. Weereens mag geen Sanco Bestuurslid op hierdie forum
dien nie. Bygesê "Niks kom van niks nie" en almal sal moet saamwerk en
die klem is op Werk.
Politiek op grondvlak het ons land se inwoners lank genoeg vergiftig en
dit is nou die tyd dat Ons Saamstaan en Saam Wen en dat ons ook op die
manier weer wet en orde kry wat omtrent nie bestaan nie.
Van Rheede Bergh
Vise –Voorsitter NBNTU RSA

eerstens
en laastens en net so onskuldig moet die besighede en die dorpe .

sannieshof

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 09 Augustus 2008 01:26 nm
Subject: FW: sannieshof

Geagte vriende,

Op gereelde basis kom daar stories by my uit dat die NBU 'n geheime
agenda het.

Vandag wil ek bieg. Ja, daar is 'n geheime agenda!!

Die agenda is dat inwoners van 'n dorp self na hulle eie belange omsien
!!

Die onderstaande is 'n duidelike bewys dat ons geheime agenda so geheim
is dat die munisipaliteiet nie eers weet hoe suksesvol die agenda is nie
terwyl dit besig is om onder hulle neuse te gebeur.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 06 Augustus 2008 07:29
To: jaap kelder
Subject: sannieshof

Liewe Jaap,

Soveel dae soveel dinge! As jy moeg is vir 'n vervelige lewe: verklaar
'n dispuut. Verseker sal jy dan elke dag die vooruitsig hê om alle
emosies te beleef, jou brein optimaal te gebruik - ja ook kreatiewe
denke - en baie mense te ontmoet.

Ons het gister die riool damme gaan behandel. Reg Trewick met sy span
en sy spierwit emmers het klinies gemeng en gemeet. Die trekkers en
suigwaens het om die beurt kom vragte uitlaai. Die werkers sê dat hulle
nou eintlik skoon water wegry nadat ons 2 weke gelede die suigputte
behandel het. Die stank is 90% beter.
Die dam is op die oomblik emerald groen met 'n sliklaag om die kant. Ek
sal binnekort vir julle die fotos in die verskillende fases stuur. Die
water is dik en min beweging van die wind op die water is waarneembaar.
'n Anaerobiese gistings proses is waarneembaar. Die organiese ensieme
BI CHEM GA.300 P. met BioS tm 3112 is gister in booster vorm by die
inlaat van die rioolvloei toegedien en die kante van die dam waar die
sliklaag lê is bespuit daarmee.
Ons sal oor 2 weke resultate goed kan sien. Watermonsters is verlede
week geneem by die uitlaat wat na die rivier afloop. Ons sal dit
vergelyk met die volgendes wat ons na 'n maand eers gaan neem. Die
munisipaliteit se gesondheids inpekteur was saam met my daar. Hy is
geweldig behulpsaam - ook op ander tereine van bestuur en inligting
voorsien.

MAAR: BOORGAT 4 en die nuwe boorgat se pype lek so erg dat die
Hartsrivier, wat slegs in die reenseisoen loop, so in vloed is dat die
bruggie stroom af omtrent 10 km verder nie vir verkeer oop is nie!!
Hierdie mense kan vir Waterwese 'n ding of twee gaan leer. Ek gaan
vandag foto's neem, want jy kan nie glo wat jy sien nie. In die stuk
veld (munisipale gronde) waarin hierdie pompe en pype loop, loop daar
onbekende beeste. Niemand weet aan wie hulle behoort nie. Een van die
mans het aan my gesê, hy is van mening dat die eienaar van die troppie
beeste wat gratis en verniet daar wei, die pype met mening laat lek
sodat daar vars water vir die diere beskikbaar is. Ek het hom gevra om
die skut te kontak aangesien die Munisipale Bestuurder 2 jaar gelede al
op 'n vergadering voorgestel het dat dit gedoen moet word. Dus voer ons
nou net 'n notule besluit uit.

Sal julle laat weet of ons al 'n kanovaart kan hou............. maar die
watervloed loop verby die plek waar die rioolvloed aanskakel in die
rivier.

Verskriklik soet wees die week!
Carin Visser.

Friday, August 8, 2008

* Colesberg*

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 08 Augustus 2008 05:06 nm
Subject: FW: Colesberg

Geagte vriende,

Dit was vir my Woensdag aand uiters, kan ek amper sê, traumaties om te
hoor en te ervaar hoe Afrikaner predikante pleit dat die Colesberg
gemeenskap asseblief die weerhouding moet staak en toegee aan die eise
van die militante SANCO groep wat die inwoners onwettig intmideer en dit
terwyl die polisie staan en toekyk.

Dit was vir my verder ontstellend om te hoor, van die persone, hoe hulle
nog steeds die leë beloftes van die munispaliteit aanvaar en vir
soetkoek opeet.
Ek vra myself af of die leiers in die gemeenskap dan nie besef dat hulle
juis die hande van die militantes sterk nie.

Dit was egter verblydend om te ervaar, dat ten spyte van die predikante
se hensopper houding, nogtans twee derdes van die inwoners besluit het
om met die dispuut voort te gaan.

Graag wil ek aan Johan en sy bestuur ons ondersteuning betuig en versoek
dat watter klippe ook al in sy pad gerol word hy standvastig moet bly
staan. Ons weet almal dat die stryd vorentoe nie 'n maklike stryd gaan
wees nie maar ons almal besef ook dat as jy eers aan intimidasie begin
toegee dan is daar geen hoop meer nie.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 08 Augustus 2008 02:32 nm
To: Jaap Kelder
Cc: Niki Moore
Subject: Colesberg

Beste vriende,

Ons is die afgelope twee weke deur 'n rowwe "patch" in Colesberg en die
einde is steeds nog nie in sig nie.

Al die predikante van die dorp (nie-lede van ons vereniging) het ook nou
tot die stryd toe getree. Hulle het wild-en-wakker vergaderings begin
hou en met die munisipaliteit, SANCO en die sakelui (van wie sommiges
lede van ons vereniging is) van die dorp begin gesprekke voer. Dit het
daartoe gelei dat 'n dringende vergadering bele moes word om te besluit
of ons met die dispuut moet voortgaan. (Sien die aanhangsel). Jaap en
Ernie Fabel het ook die vergadering bygewoon - dankie vir julle
ondersteuning manne.

Tydens hierdie vergadering is daar, na aanhoor van almal se insette,
gestem of daar met die dispuut voort gegaan moet word of nie. Daar is 'n
2/3 meerderheid stem uitgebring ten gunste van die voortsetting van die
dispuut.

Die predikante het steeds nog nie daarby berus nie en het weer 'n
vergadering bele met SANCO, die sakelui en die Dorpsraad. By hierdie
vergadering is ooreengekom dat die sakelui hulle aan die dispuut sal
onttrek en voortgaan om hulle geld aan die munisipaliteit oor te betaal
in 'n poging om die verbruikers boikot te beeindig.

Die geldigheid van 'n vrooere vergadering oor of die dispuut opgehef
moet word of nie, word nou bevraagteken. 'n Opvolg vergadering sal op
Dinsdag, 12 Augustus gehou word om weer hieroor te besin en 'n nuwe
referendum sal gehou word om te bepaal of die dispuut moet voortgaan.
Dit lyk tans of net die sakelui hulle aan die dispuut gaan onttrek maar
dat die inwoners steeds wil voortgaan met die dispuut.

Ongekende intimidasie deur SANCO vier hoogty in Colesberg en die hele
gemeenskap word deur hulle "gevange" gehou.

'n Persoonlike versoek: dra asb. ons in julle gebede op vir wysheid en
leiding om die situasie reg te bestuur.

Groete

Johan Matthee
Colesberg

+27 (0)51 753 9281 (telephone)
+27 (0) 82 406 8248 (mobile)
+27 (0) 86 513 8232/ +27 (0) 51 753 9281 (fax)
jmatthee@oldmutualpfa.com (E-mail)


Dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/974ed8295d389d04

** Bloeddiens vir die Volk **

Hallo Vriende hierdie is 'n inisiatief wat ons begin het, en ek wil elkeen
van julle vra om dit te ondersteun en na AL julle vriende te stuur.

Dit is nou wel op 'n petisie webblad maar dit is verniet en 'n BAIE handige
metode om die inligting in die hande te kry.

LW. DIT IS NIE 'N PETISIE NIE !!!!!

Ons beplan om hierdie inligting in samewerking met TABOK te inkorporeer.
Samespreking is aan die gang.....

Kom help om hierdie lys vinnig te vul, ons het reeds 'n navraag gehad vir 'n
Dogtertjie wat B- plaatjies dringend benodig.....

Boeregroete

Hendrik Eksteen

Plaas u naam hier op die lys:
http://www.petitiononline.com/bravo/petition.html

BLOEDDIENS VIR AFRIKANERS

Geagte Afrikaner-volksgenoot,

Duisende Afrikaners skenk nie meer bloed nie, want hulle weet nie wie
voordeel trek wanneer bloed aan pasiënte gegee word nie. Dus is daar 'n
reuse-bloedtekort in Suid-Afrika en ons eie mense ly daaronder.

Bravoland beoog met hierdie bloeddiens om 'n databasis saam te stel van
mense wat bereid sal wees om bloed te skenk wanneer 'n volksgenoot in u
omgewing met dieselfde bloedgroep as u, bloed benodig.


Daarom wil ons 'n lys saamstel van mense wat bereid is om te skenk, in
watter area hulle woon, en watter bloedgroep hulle het. Selfs al weet u nie
in watter bloedgroep u is nie, kan u steeds u naam op die lys sit.

Kontakbesonderhede is noodsaaklik sodat ons u so gou moontlik kan kontak
indien iemand in nood is. Persoonlike besonderhede sal nie aan 'n derde
party bekend gemaak word nie en indien u u naam op die lys plaas, sal dit
aan niemand anders as die administreerders van die databasis sigbaar wees
nie.

So verseker ons veilige bloed vir ons eie mense. Baie van ons kan dalk nie
'n finansiële bydrae maak tot ons volk se welstand nie, maar dit keer ons
nie om mekaar die grootste geskenk moontlik te gee nie – die lewe.

By voorbaat baie dankie vir u bereidwilligheid.

Vriendelike groete,
Die Bravoland-span

Plaas u naam hier op die lys:
http://www.petitiononline.com/bravo/petition.html
Lees verder: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=178.20

Bravoland, Uit die Volk – vir die Volk!

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php

Wat dryf Suid-Afrikaners

Beeld-forum: Wat presies dryf Suid-Afrikaners?

Aug 07 2008 04:46:37:620PM

Prof. Jonathan Jansen, die opvoedkundige, het een van die helderder
verstande in ons samelewing.

Ferdi Greyling

Prof. Jonathan Jansen, die opvoedkundige, het een van die helderder
verstande in ons samelewing.

Verder is hy ook daardie rare kombinasie van iemand wat nie alleen
weet waarvan hy praat nie, maar wat homself ook aangenaam kan uitdruk.

Hy het onlangs in 'n toespraak verwys na die jong geslag wit
Afrikaners en die "bittere kennis" wat hulle vanuit hul omgewing kry
oor rasseverhoudinge.

Hy het ook in die Sunday Times oor dié kwessie in 'n onderhoud diep
insigte geopenbaar.

Prof. Jansen het by Tukkies baie met jong Afrikaners gewerk en sy
kennis – so lyk dit – is gevorm uit ondervinding en sinryke
verhoudinge.

Wat hy sê, is kortliks dat die jong geslag Afrikaners 'n negatiewe
houding teenoor die Nuwe Suid-Afrika en swart politieke oorheersing
het en dat hulle dit vanuit hul omgewing en van hul ouers kry.

Sy hipotese is dat die ouer geslag Afrikaners verbitterd oor hul
verlies aan politieke mag en voordele is en dat daardie bitterheid
oorgedra word aan die jonger geslag – soms onbedoeld.

Verder sê hy ook dat die jong geslag ook in die Afrikaanse kerke en in
hul kulturele omgewings dié bitter ondertone kry.

Hulle eindig dan negatief teenoor die Nuwe Suid-Afrika omdat hulle
wantrouig oor swartmense raak, hoewel hulle op hul eie nie rassisties
is nie.

Dit is sekerlik waar van baie mense en iemand soos Jansen sal nie
ligtelik gevolgtrekkings soos dié maak nie, onder meer vanweë
intellektuele integriteit en 'n eie geskiedenis van ware
nie-rassigheid.

Maar sy visie van jong Afrikaners rym nie altyd en oral nie.

Dit sal interessant wees om sy reaksie op byvoorbeeld die volgende
stel feite te kry:

Die jong Afrikaner in die voorbeeld is na 'n Engelse universiteit
nadat sy uit 'n skool gekom het waar haar vriende swart, bruin en wit
was. Ditto vir die laerskool waarin sy was.

Aan dié universiteit was daar baie swart studente – iets wat geen
probleem vir haar was nie.

Maar stadig het 'n patroon na vore gekom.

Sy het agtergekom in die klasse (veral geskiedenis) was sekere vrae
nie gewild nie.

Byvoorbeeld: Kritiese vrae oor die konsep van 'n Afrika-renaissance
het veroorsaak dat sy as 'n rassis gebrandmerk is deur swart studente.
Sy wou daarop wys dat die konsep mank is vanweë 'n interne
kontradiksie – dit gryp na die verlede terwyl dit verkondig dit kyk na
die toekoms.

Swart stakende studente wat klasse ontwrig het en studente rondgeruk
het, het negatief op haar gemoed ingewerk.

Sy het dit nie van studente verwag nie. Of sy reg of verkeerd was om
dit nie te verwag nie, is nie ter sprake nie. Sy het dit nie verwag
nie.

Wat nie gehelp het nie, is die swart manlike student wat haar op die
trappe onder lagbuie betas het. Wat nog minder gehelp het, was
natuurlik die (ongelukkig ook swart) inbrekers wat haar in die huis
betrap het.

Sy het ongeskonde weggekom, maar 'n sekere soort skade is aangerig.

Ná so drie jaar van sulke dinge het sy die idee gevorm dat sy
uitgesluit is uit vandag se Suid-Afrikaanse samelewing.

Sekerlik is dit ook haar skuld omdat sy toegelaat het dat sy in
negatiwiteit indryf, maar in daardie hele tyd het nie een swartleier
enige ander indruk met optrede of uitsprake gelaat nie.

Die betrokke jongeling gaan nie kerk toe nie en woon nie Afrikaanse
kultuur-geleenthede by nie.

Die huis waarin sy gewoon het, was een waarin nie-rassigheid hoog
opgestel was en rassisme nie geduld was nie.

Dus: Sy was 'n lewende voorbeeld dat negatiewe houdings onder wit
Afrikaanse jongelinge vandag nie net van Jansen se "bittere kennis"
kom nie, maar ook van hedendaagse ervarings buite die huis – en
belangrik, van optredes deur jong swart Suid-Afrikaners.

Wat 'n mens met die vraag laat of dit nie ook logies is om te aanvaar
dat swart jongmense óók hul eie bittere kennis het of kry wat húlle
laat optree nie?

En, as dit inderdaad die geval is, is daar die vraag of dit nie
gevaarliker "bittere kennis" is nie omdat hulle by verre die
meerderheid in die land is én alle politieke mag in hul hande het?

Ferdi Greyling is 'n senior redaksielid van Beeld.

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2371847,00.html

Thursday, August 7, 2008

Amptelike Persverklaring van Bravoland Staatshoof se kantoor

Die ANC het die swartman ontman


So 'n paar jaar gelede het die feministiese aktrise Charlize Theron op
'n TV-advertensie gevra hoe manlik is die Suid-Afrikaanse man. Dit is
'n advertensie wat vreeslik kritiek ontlok het, maar miskien was daar
tog waarheid in haar vraag.

Dit is egter belangrik om al die feite rondom die saak op die tafel te
plaas. Haar argument was "regte mans" verkrag nie en mishandel nie
kinders nie. As mens in ag neem dat meer as 90% van mans in SA tronke
swart is, dan wonder mens waar kom hierdie kultuur van misdaad, veral
misdaad teen swakker persone onder swart mans vandaan.

Om die vraag te antwoord moet ons terug gaan in die onlangse
geskiedenis. Die ANC het tydens hulle oorname aan die wêreld verkondig
dat nooit weer sal daar in Suid-Afrika teen persone gediskrimineer
word op gronde van die persoon se ras of geslag nie. Tog het die ANC
in hierdie "gelyke" bestel dit nodig geag om swart-
bevoordelingswetgewing in te stel in die vorm van "swart ekonomiese
bemagtiging", "affirmative action" en "kwotasport".

Ook indien daar iets verkeerd gaan in die land, is die ANC vinnig om
die skuld daarvoor op die skouers van Apartheid te pak. Wat hulle
eintlik sê is, dit is die skuld van die witman.

Wat is die dieperliggende boodskap wat die swartman hieruit ontvang?

Vir die swartman is dit duidelik dat die ANC nie glo dat hy op meriete
'n kans staan om teen die witman mee te ding nie. Daarom is dit nodig
om wetgewing in te stel om hom op 'n ongelyke basis 'n geleentheid te
gun om teen die witman mee te ding. Dat hierdie sogenaamde
"bemagtigingsplan" vaal, is ook duidelik. Selfs ten spyte van die
ongelyke speelveld vaar die witman steeds beter as die swartman op
alle terreine van die samelewing. Dit kan nie goed wees vir die
swartman se ego nie en die verskoning wat die ANC daarvoor aanvoer –
dat dit Apartheid se skuld is – kan net die saak verder versleg.
Apartheid is nou al vir 14 jaar nie meer 'n faktor nie.

Enige sielkundige sal getuig dat 'n boelie mense wat swakker as hy is
afknou, weens sy eie swak selfbeeld of ego.

Is dit dan so vreemd dat die swartman vrouens, kinders en oumense
verkrag, mishandel en vermoor?

Die ANC het nou verder gegaan en gesê dat ook wit vrouens nie meer van
die "affirmative action" wetgewing vrygestel sal word nie. Vir die
swartman beteken dit dat die ANC glo die swartman is nie opgewasse om
selfs teen 'n wit vrou op gelyke grondslag mee te ding nie.

In die swart kulture is dit nog altyd geglo dat 'n man sterker is as
'n vrou en nou vertel die ANC die swartman dat hy swakker is as 'n wit
vrou?

Ons het reeds gesien wat die gevolge was van die ANC te ontmanning van
die swartman, hierdie is nou sout in die wonde en die gevolge kan nou
net vererger.

Ek vermoed egter dat die ANC nie bewus is wie hulle nou die stryd
aangesê het nie. Want sien, dit is die Afrikanervrou wat die
Afrikanervolk gemotiveer het tot van die grootste gebeure in die
Afrikaner se geskiedenis. Dit was die Afrikanervrou wat die Afrikaner
gemotiveer het tot die Groottrek. Die bekende "kaalvoet oor die
Drakensberg" uitspraak, dien as bewys hiervan.

Op trek het sy die huisaltaar in stand gehou, haar kinders aan haar
knie gekatkiseer en uit die Nederlandse Bybel leer lees en skryf. As
die laer aangeval word, het sy die gewere gelaai en die lope koud
gehou.

Sy was die handhawer van die Christelike geloof in die ruwe, ongetemde
land en haar kinders het die vryheidsdrang en volkstrots met
moedersmelk ingedrink.

Ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog was dit die Afrikanervrou wat die
swaarste gely het onder die wreedheid van die Britse Empire. Tog, ná
daar reeds meer as 26 000 kinders en vrouens in die konsentrasiekampe
dood was, was dit die vrouens in die kampe wat die boodskap vir die
burgers in die veld gestuur het: "Hou aan, ons sal uithou!"

Ná die oorlog, verarm deur die Britte se verskroeide aarde-beleid en
die depressie wat daarop gevolg het, het sy haar gesin skoon, geklee
en gevoed gehou.

Die waardes en dissipline wat sy aan haar kinders geleer het, het
hulle gesterk om in 1961 onder die Britse heerskappy uit te styg, met
die skep van 'n eie republiek.

Afrikanerseuns het groot respek vir die moeders van die volk. Hulle
word ook geleer om hulle vrouens met dieselfde respek te bejeën as
hulle moeders. Daarom is die gedagte aan 'n vrouedag vir die Afrikaner
'n vreemde gedagte. Want sien, vir die Afrikaner het mans en vrouens
nog altyd mekaar aangevul deur hulle bepaalde rolle wat hulle speel en
dus was daar nie 'n ongelykheid wat nou moet gelyk gestel word nie.

Tog is dit ironies dat die ANC kort voor vrouedag erken dat die
Afrikanervrou meer van 'n man is, as die swartman.

Met komplimente vanaf :
http://www.bravoland.co.za/forum

Afrikaans se Verjaarsdag

MEDIAVRYSTELLING

Uitgereik deur: Johan Willemse
Hoedanigheid: Pietersburg-Doornkraal Geloftefees voorsitter &
Afrikaner Kultuurleier
Kontaknommer: 015 297 0946
Onderwerp: AFRIKAANS; DIE TAAL MET 'n VERJAARSDAG
Datum: 6 Augustus 2008


Van al die erkende tale wêreldwyd, tel Afrikaans sekerlik onder die
mees unieke. Dit is, indien nie die jongste nie, dan sekerlik een van
die jongste amptelike tale op aarde. Dit is ook na my wete die enigste
taal wat daarop aanspraak kan maak dat hy oor 'n verjaarsdag beskik.
Op Saterdag 14 Augustus 1875 het agt manne in die huis van Gideon
Malherbe in Pastorielaan in die Paarl byeen gekom en die Genootskap
van Regte Afrikaners gestig. Hierdie datum word geag die begin van die
formalisering van Afrikaans te wees. Die geboortedag van 'n nuwe
taal!

Spoedig het verskeie boeke onder die vaandel van die GRA die lig
gesien; 'n koerant, [i]Die Afrikaanse Patriot[/i], het verskyn op 15
Januarie 1876 en kort daarna is Bybelgedeeltes vir publikasie aan die
Kerkbode voorgelê. Dit is egter nie gebruik nie en in 1878 het C.P.
Hoogenhout die hele boek Markus vertaal, maar ook dit is nie goed
genoeg geag nie. In 1889 het daar toe egter in opdrag van die GRA 'n
oorsetting van Die Bybel in Afrikaans: Drie Proewe, deur S.J. du Toit
in Afrikaans verskyn.

Afrikaans het gegroei en is vandag die mees ontwikkelde inheemse taal
van ons Vaderland. Uit amptelike gegewens van die PAN Suid-Afrikaanse
Taalraad (PANSAT) is dit ook merkbaar dat Afrikaans, naas Zoeloe, op
die oomblik die huistaal van die meeste mense in Suid-Afrika is. Die
statistieke toon dat, ongeag die ver-Engelsingsbeleid deur die
owerheid, Afrikaans 'n beduidende groei (2,1%) toon teenoor 'n geringe
afname van Engels (0,1%) as huistaal. Ander inheemse tale wat 'n groei
toon is Tswana (1,3%), Swazi (0,8%) en Zoeloe (0,9%).

Afrikaans se groei was onstuitbaar. Dit is as amptelike taal van die
Unie van Suid-Afrika aanvaar en na Republiekwording het hierdie jong
taal formidabel ontwikkel. Vandag word dit deur verskeie
Kultuurgemeenskappe as hul Moedertaal aanvaar, onder andere die
Afrikaners, die Bruinmense, die Boesmans (San), die Hottentotte
(Khoi-Khoi), die Griekwas, die Korannas asook verskeie Swart
gemeenskappe. Afrikaans, reeds 'n trotse wêreldtaal na slegs 133 jaar;
voorwaar 'n pêrel van groot waarde.

Wednesday, August 6, 2008

Beeld-forum : 'n Maatstaf vir goeie moraliteit

Beeld-forum: 'n Maatstaf vir goeie moraliteit

Aug 05 2008 07:57:02:393PM

Die Beweging vir Morele Herlewing het verlede week 'n handves van nege
positiewe waardes bekend gestel.

Neels Jackson

Die Beweging vir Morele Herlewing het verlede week 'n handves van nege
positiewe waardes bekend gestel.

Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka het tydens die plegtigheid in
Pretoria onder meer gesê dié stel waardes is 'n spieël waarin
Suid-Afrikaners hul eie moraliteit in oënskou kan neem.

Dis natuurlik ook 'n spieël waarin ons mekaar se waardes kan beskou,
spesifiek waardeur 'n koerantman die regerende party se vlak van
moraliteit 'n bietjie van nader kan beskou.

Die tweede waarde sê byvoorbeeld: "Bevorder vryheid, die oppergesag
van die reg en demokrasie."

Nou klink dit my asof die ANC by tye op dun ys beweeg in die manier
waarop hulle oor die regsproses in die vervolging van hul president,
mnr. Jacob Zuma, praat.

Hulle sê hulle respekteer die howe, maar dan praat me. Jessie Duarte
byvoorbeeld oor die saak op 'n manier wat 'n mens laat wonder.

As hulle so oortuig is van hul leier se onskuld en as hulle die howe
dan werklik respekteer, dan sou ek dink hulle behoort daarna uit te
sien dat die saak voortgaan en afgehandel word.

Dán kan Zuma se onskuld, soos in die verkragtingsaak teen hom, bo alle
twyfel bewys word.

As die saak nou net laat vaar word, soos daar in ANC-kringe gevra
word, sal die agterdog oor Zuma nooit gaan lê nie.

Een van die ander waardes in die handves lui: "Betoon respek en
besorgdheid aan alle mense."

Ek wens Mlambo-Ngcuka gaan wys dit 'n bietjie vir die ANC se jeugliga.
Hulle het immers by hul konferensie gewys dat hulle nie eens respek
aan mekaar kan betoon nie, wat nog te sê van aan die res van ons.

En 'n mens wonder hoe uitsprake soos mnr. Julius Malema s'n dat hy
bereid is om vir Zuma te moor, te rym is met so 'n waarde, of met die
eerste waarde van die handves wat lui: "Respekteer menswaardigheid en
gelykheid."

Die respek vir menswaardigheid is natuurlik iets wat baie, baie implikasies het.

As die ANC op verskillende vlakke van regering werklik die mense van
die land gerespekteer het, sou hulle byvoorbeeld lankal maatreëls
getref het dat mense nie so moet tou staan om net 'n rybewys te
hernieu nie.

Die vierde waarde van die handves lui: "Versterk familie- en
gemeenskapswaardes."

In die brosjure wat by die bekendstelling uitgedeel is en waarin daar
verder uitgewei word oor elke waarde, word daar in dié geval onder
meer van getrouheid gepraat. Hoe dít rym met kondome wat oral verniet
uitgedeel word, gaan my verstand te bowe.

Toe ek onlangs vir 'n naweek in Swaziland was, het ons 'n groot
buitelugreklamebord gesien wat die verspreiding van vigs wou bekamp.
Die strekking van die boodskap was dat die huwelik heilig is.

Toe ons terugkom in Suid-Afrika, kry ons sommer in die doeanekantoor
'n bak met gratis kondome op die toonbank.

Dit verkondig – subtiel miskien, maar onmiskenbaar – 'n ander boodskap
as dié wat ons in Swaziland gesien het.

'n Ander waarde verkondig: "Verbeter materiële welsyn en ekonomiese
geregtigheid."

Met ons armoedeprobleem is dit 'n uiters belangrike waarde om na te
streef – net jammer Mlambo- Ngcuka het dit in haar toespraak
gekwalifiseer met die frase "van die meerderheid".

Daarby laat die ANC se hantering van die beoogde onteieningswetgewing
'n mens ook oor hul verbintenis tot ekonomiese geregtigheid vir almal
wonder. Jy kan immers nie een onreg regstel deur 'n ander onreg te
pleeg nie.

'n Mens sou nog oor baie van die waardes kon uitwei, maar ek wil by
die laaste een uitkom: " Beskerm die omgewing ."

Luister ek na omgewingsaktiviste, hoor ek 'n klomp kommer oor veral
Suid-Afrika se waterbronne wat deur myne besoedel word – en die
kernprobleem is dat mynwese in die ANC-regering se denke en wetgewing
meer gewig as omgewingsake dra.

As hulle dit nie gou regmaak nie, gaan ons almal die prys daarvoor
betaal – as ons dit nie reeds doen nie.

Die positiewe waardes lyk op sigself goed. As Suid-Afrika daarby kon
uitkom, sou dit wonderlik wees. As 'n mens egter deur dié waardes na
die ANC kyk, lyk die prentjie, helaas, glad nie meer so mooi nie . . .

Neels Jackson is 'n senior redaksielid van Beeld.

njackson@beeld.com


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2370401,00.html