Saturday, May 10, 2008

MARULENG DRAFT BUDGET 2008/2009

Pieter,

As hulle nie julle besware in ag neem nie, wat heelwaarkynlik sal
gebeur, dan het julle al die redes, wetlik sowel as moreel, om 'n
dispuut te verklaar en julle gelde terug te hou.

Dit is 'n skande dat die klomp wil fuif en tekere gaan terwyl daar
derduidende swart, wit, pienk en pers is wat onder haglike toestande
lewe. Dan nie eers gepraat van die infrastruktuur wat besig is om total
in duie te stort nie ! Ons kan nie toelaat dat Nero viool speel terwyl
Rome brand nie !

Geagte vriende,

Net gisteraand was my vrou by 'n burgemeesters funksie van die
Ekurhuleni Metro Raad ( ek word natuurlik nie uitgenooi nie ! ) en daar
was alles net van die beste en dit terwyl ons paaie en strate besig is
om te verkrummel, die middestad van Kempton Park en 'n groot nywerheids
gebied 'n week lank sonder krag was weens swak onderhoud.

Dit is die tipe van ding wat ons in die komende finansieële jaar kan en
gaan stopsit.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Pieter Janse van Rensburg
Sent: 07 Mei 2008 10:07 nm
To: MM
Cc: Jaap Kelder; Sydney Mufumadi; Heidi Smith
Subject: MARULENG DRAFT BUDGET 2008/2009

Mr. Ramothwala,

With reference to my e-mail dated 01/05/08 raising the Hoedspruit Rate
Payers concerns with several issues and the Maruleng Budget for
2008/2009, please take note that on behalf of the Hoedspruit Rate Payers
we hereby lodge our disapproval of the Draft Budget for 2008/2009.

We are of the opinion that the monies budgeted for the following is to
high:
1) Management - R805186.00 for Traveling Allowance
Councilors - R97781.00 for Traveling Allowance
The additional Subsistance & Traveling amount of R759700.00
This adds up to a smart total of R1,662'667.00

2) The additional amount of R235400.00 for Conference & Workshops
The amount of R142758.00 for Refreshment
The amount of R1,665'000.00 for Functions
This adds up to a smart total of R2,043'158.00

Add this all up it accumulates to a grand total of R3,705'825.00 for
riding around and having functions.

3) We put the question how can a small town like Hoedspruit with a Mayor
and Twenty Councilors afford these kind of luxuries 8% of the total
budget if we have thousands of people in the rural areas around
Hoedspruit that does not even have proper housing or drinking water. I
would also like to know if Hoedspruit/Maruleng can afford a salary
package of R23,421'982.00 for its personnel, correct me if I am wrong
±80 people all and all together.

4) Furthermore we notice that NO projects are planned for Hoedspruit
town where as the Hoedspruit residents are the only tax contributors to
Maruleng. We strongly object to this and we insist that taxes paid by
rate payers be spend in town. The R38,362'000.00 Grants & Subsidies by
National Government and income of levies and fees totaling
R21,485'300.00 adding up to R59,847'300.00 can be put to work for better
use by cleaning the town, fixing the roads and parks. After all the
MARULENG Municipality's Head Office is situated in this pigsty of an
town.

Kind regards,

Pieter Janse van Rensburg
(On behalf of the Hoedspruit Rate Payers)

Wit armoede

Die stilte is gebreek

Die stilte oor wit armoede is die afgelope twee weke in die media
gebreek. As gevolg van die politieke klimaat in Suid-Afrika is daar
lank niks gesê oor wit armoede nie. Verskeie TV- en radioprogramme het
die afgelope twee weke oor wit armoede berig. Die feite is dat sowat
660 000 wittes in Suid-Afrika nou minder as R1 600 per maand verdien.
Dit is ongeveer 15% van die land se totale wit bevolking. Sowat 430
000 is so arm dat hulle nie in tradisionele woongebiede kan bly nie.
Wit armoede het die afgelope 10 jaar met sowat 150% toegeneem.
Volgende week gaan die Solidariteit Helpende Hand 'n volledige verslag
oor wit armoede publiseer. Ons sal volledig hieroor in die
BlyNet-nuusbrief berig.

Friday, May 9, 2008

Oos Vrystaatse boer vermoor

[b]Oos-Vrystaatse boer vermoor; vrou en buurman gewond[/b]
Loraine Kalp en
Dirk Kok

FICKSBURG. – 'n Bekende boer hier is gistermiddag laat in 'n
plaasaanval doodgeskiet, sy vrou ernstig gewond en nog 'n boer wat
hulle te hulp gesnel het, ook gewond.

Mnr. Jacques Moll (64), bekende Jerseyboer van Ficksburg, is
doodgeskiet nadat hy en sy gesin deur 'n bende gewapende aanvallers in
hul plaashuis ingewag en oorval is.

Sers. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Moll se vrou, Janine
(52), is in die mond en been geskiet. 'n Buurman, mnr. Nic van den
Berg, wat hulle te hulp gesnel het, is ook gewond. Van den Berg is 'n
voormalige bevelvoerder van 1 Valskermbataljon.

Volgens Mbambo het mev. Moll en hul twee kleinkinders eerste by die
huis aangekom. Die mans het hulle oorval en vasgebind.

Mnr. Moll en een van sy seuns het by die huis aangekom. Moll sr. het
eerste in die huis ingestap en is  glo  trompop in die bors geskiet.

Die aanvallers, wat geld en vuurwapens geëis het, het ook die
Moll-egpaar se seun vasgebind. Vuurwapens en R100 is glo geroof.

Die moordenaars het met Moll sr. se wit Toyota-bakkie weggejaag.

'n Lugambulans van die Vrystaatse reddingsdiens Aerocare het
gisteraand van Bloemfontein na Ficksburg gevlieg om die gewonde mev.
Moll te gaan haal.

Teen druktyd het die polisie en boere die distrik gefynkam om die
aanvallers te probeer vastrek.

Komm. Amon Mashigo, Vrystaatse polisiehoof, het gesê alles sal in die
stryd gewerp word om die moordenaars vas te trek.

"Plaasaanvalle sal nie in die provinsie geduld word nie."
Teen druktyd was geen verdere inligting beskikbaar nie.

*Met komplimente vanaf Bravoland*

Drie eis groot na polisie mishandeling

[b]Drie eis groot ná 'polisiemarteling'
Was glo 'Boeremag'[/b]
Jeanne-Marié Versluis

PRETORIA. – 'n Egpaar en 'n man van Hammanskraal eis sowat R3 miljoen
van die minister van veiligheid en sekuriteit nadat die polisie hulle
in hegtenis geneem, en glo gemartel en beweer het hulle is lede van
die Boeremag.

Mnr. Johannes Jurgens Oosthuizen, een van die eisers, beweer in
hofstukke ene insp. Moonsamy het gedreig om hom te "wys hoe lyk God"
en het hom twee keer "versmoor" totdat hy bewusteloos was.

Mnr. Willem Petrus Nel, wat saam met sy vrou, Esther, skadevergoeding
eis, is luidens hofstukke deur Moonsamy en ene sers. Pooko op die
niere geskop sodat hy bloed geürineer het.

Die eisers is van die Lusthof-kleinhoewes by Hammanskraal.

Hulle het elk verskeie eise teen die minister ingestel, ook teen
Moonsamy, Pooko en ene mnr. Bhana, ook 'n polisieman.

Oosthuizen (30) sê in hofstukke hy is op 3 Desember 2002 onregmatig 17
dae lank deur dié drie in 'n huis in Laudium, Pretoria, en in verskeie
polisie-kantore aangehou.

Terwyl sy hande agter sy rug geboei was, is hy glo geklap en getrap.
Ná die "versmoring" het Bhana hom gevra of hy "die hemel gesien het".
Hierdeur is sy "godsdienssin" verkleineer, beweer Oosthuizen.

Pooko het 'n vuurwapen oorgehaal, teen sy kop gedruk en die sneller
getrek. Geen skoot het afgegaan nie, maar hy het gedink hy word
doodgeskiet, sê Oosthuizen.

Pooko het hom glo twee keer met die dood gedreig as hy nie 'n
verklaring onderteken nie.

Daar is glo gedreig dat hy geskok sal word sodat hy "bloed sal p*s en k*k".
Volgens Oosthuizen het Bhana hom valslik beskuldig dat hy 'n lid is
van of deelneem aan "die handelinge van die Boeremag wat die regering
met geweld omver wil werp".

Luidens mnr. Nel se hof-stukke het Pooko gedreig om hom dood te skiet.
Pooko het glo gesê dat Nel "nog nie gesien het hoe moer ek 'n boer
nie".
Hy het glo op 4 Desember 2002 tydens sy aanhouding geen kos ontvang nie.

Bhana het hom glo vier keer met 'n elektriese apparaat geskok en drie
keer met 'n stuk motorbinneband "versmoor".

Mev. Nel (46) beweer sy is ook aangehou sonder enige redelike
verdenking  en van die besit van 'n gesteelde selfoon beskuldig.
Sy is ook op 3 Desember 2002 in hegtenis geneem en verbied om haar
kinders by die skool te gaan haal.

Volgens mev. Nel is sy "valslik toegevoeg" dat plofstof by haar en
haar man gevind is.

Geen van die drie eisers is saam met die 22 beskuldigdes in die
sogenaamde Boeremag-verhoor in die hooggeregshof in Pretoria aangekla
nie.

Die drie polisiemanne het die bewerings teen hulle in hul verweerskrif ontken.

'n Datum vir die aanhoor van die geding is nog nie bekend nie.

Armblankes

LANGENHOVEN se lewenslange subredakteur en administratrise van sy
nalatenskap, Sarah Goldblatt, het in haar enigste digbundel,
"Liefdes-kransie", uitgegee in 1920, soos volg gedig oor die
Afrikaners wat in daardie dae honger gely het onder die juk van die
Britse Imperialisme:

DIE ARME BLANKE

Ek is 'n arme blanke,
sieklik en naar en vuil,
stukkend en bijna nakend;
wie sal sij lot met mij ruil?

Weet julle hoedat mij naam is?
Die edelste naam wat jul eer.
Ek is 'n Afrikaner
wat Afrika's naam verteer.
Ek is 'n arme blanke,
die kind van 'n voorgeslag
van dappere, eerbare helde:
word ek deur julle verag?

Ons is 'n honderdduisend,
almaal so goed soo jij;
waar julle spog oor vooruitgang,
spog maar bij ons verbij.

Oupa het saam met sij maters
besluit om op trek te gaan;
oupa het saam met die ander
bij Bloedrivier pal gestaan.

Droogte en pestilensie,
moordlus van wilde barbaar,
alles was vir mij nasie
geen onowerkomelik gevaar.

Hier bij die bronne van welvaart,
hier is ons siekte ontstaan;
hier bij die nasleep van welvaart
dreig ons om ook te vergaan.

Maar gee tog mij kinders 'n kansie,
gee hul tog nuwe moed;
denk tog, die kinders is almaal
kinders van julle bloed.

Gee tog die kinders 'n kansie,
ek is al afgeleef;
ek bid dat die nag mij wil saamneem,
dis al wat ek wetend na streef.

Ek is 'n arme blanke;
ek bid, en ek smeek, en ek vra:
help tog jul eie famielie,
help óns, Suidafrika.

Fokus op Kragdag

Radio Pretoria het al herhaalde male sy twyfel uitgespreek oor die
beweerde gebrek aan elektrisiteit in die land. Verlede winter was
daar geen sprake van 'n tekort aan elektrisiteit nie, en sedertdien
het daar nie soveel nuwe huise, nywerhede of myne krag gekry wat hulle
nie verlede winter gehad het nie.

Maar net nadat Eskom se aansoek vir 'n agtien persent verhoging van
die hand gewys word, is daar skielik nie meer krag nie en word die
land periodiek in duisternis gehul.

En sedertdien is daar geen einde aan die dubbelpratery van Eskom nie.
Dan word steurkrag ingestel, en dan word dit opgehef. Dan weer word
die steurkrag ingestel, selfs al is daar nie 'n tekort nie, so al asof
die krag wat dan gespaar word, in 'n botteltjie gebêre kan word tot
die winter, wanneer meer krag benodig word. Ons is vertel dat hierdie
aan-en-afskakel van die krag kan voortduur tot 2012 of selfs later.

Verlede week hoor die Kapenaars dat hulle nie net meer elke tweede dag
kragonderbrekings gaan kry nie, maar ten minste een maal per dag. En
later dieselfde dag kondig Eskom aan dat die steurkrag nou eers iets
van die verlede is, sogenaamd tot 'n nuwe bedeling intree in Julie.
Wat daardie bedeling is, is nie op hierdie stadium duidelik nie. Maar
daar skyn dan tog tot dan wel genoeg krag beskikbaar te wees!

'n Natalse koerant het verlede week tereg gevra wat dan nou van die
kragkrisis geword het? Is daar dan nou nie meer 'n tekort aan krag
nie, juis hier aan die begin van die winter, noudat die kragverbruik
reeds begin toeneem het?

Natuurlik het Eskom daar geen direkte antwoord op gegee nie, want
enige antwoord sal sy geloofwaardigheid nog verder skaad, indien hy
nog enige geloofwaardigheid oor het.

En net vandag meld Die Burger in die Kaap dat kragonderbrekings tog
nog sal voorkom. As daar 'n tekort aan elektrisiteit is, sal Eskom
sonder waarskuwing weer die toevoer afsny. Maar die steurkrag is dan
juis ingevoer, sogenaamd sodat mense en besighede kan beplan.
Advertensieveldtogte van miljoene rande is in die media geloods om die
voordele van dié steurkrag te verkoop, en sodat die mense nie te kwaad
moet wees vir die absolute ongerief wat veroorsaak word nie. Wat word
nou daarvan? Was dit nog 'n spul vermorste geld deur Eskom se
bestuur, soortgelyk aan die belaglike wanprestasiebonusse wat aan die
topbestuur betaal word? Het dit nie nou tyd geword dat die ANC ophou
om met die SABC-raad te baklei, en eerder die Eskom bestuur te vervang
nie. Want dié instelling se wanbestuur word daagliks al hoe meer
opvallend. Hulle vernaamste prestasie is die dreigement van
buitensporige tariefverhogings, wat die ekonomie eenvoudig nie kan dra
nie.

Daar word nou heelwat gepraat oor eiendomspryse wat daal en die
ekonomie wat afkoel, as gevolg van die rentekoersverhogings. Maar
Eskom se rol in die ekonomiese afgang word verswyg. Geen instelling
kan op volle krag produseer of diens lewer as daar geen redelike
voorsiening is dat 'n werksdag sonder kragonderbrekings sal verloop
nie. Ons is dus weer terug by die begin: kragonderbrekings,
onaangekondig, met maksimum chaos. En steeds twyfel ons of daar 'n
werklike elektrisiteitskrisis is. Ons glo steeds dat die verbruiker
deur Eskom rondgegooi en verontrief word, net sodat hy nog meer geld
uit die verbruiker kan pers, sodat sy bestuur volgende jaar weer vir
hulleself bonusse kan uitbetaal.

Ons herhaal vandag ons vorige oproep: ons moet na ons eie
kragvoorsiening begin kyk, sodat ons onafhanklik van Eskom kan word.
In daardie opsig is die naweek se Kragdag by Diamantvallei heel tydig,
en ons sien met belangstelling uit na wat daar aan ons mense gebied
kan word, want dit is van die uiterste belang.

Radio Pretoria nuuskommentaar : Dinsdag 06 Mei 2008

Thursday, May 8, 2008

Kragdag op 10 Mei 2008 vanaf 9.00 tot 16.00

Roete-aanwysings vanaf Pretoria : Neem N4 na Witbank tot by
_Cullinan/Rayton/Bapsfontein-afrit /draai na regs/in rigting
Bapsfontein/. 3 km vanaf snelweg, ons groen en wit kennisgewingbord
links, nog 1 km grondpad ; ons is 'n groot grasdakhuis.

Uitstallings van verskillende alternatiewe kragbronne- en toestelle
Produkte kan ook gekoop word
Die klem val veral op toestelle wat in gewone huishoudings,
kleinhoewes, plase en kleiner besighede gebruik kan word
Enkele eksperimentele prototipes/gedagtes en teorieë ook
Praatjies deur kundiges en vervaardigers

Biertuin en Teetuin

Formele program:
Uitstallings beskikbaar vanaf 9.00
10.00 - 12.00: Praatjies en verduidelikings _
10.00 - Hennie Bester van BBTRONICS en OMEGA Kommunikasies oor LED
Nood - en alternatiewe beligting
10.30 - Mark Tiepelt van Omnibus Engineering oor sonkrag-stelsels :
o.a.waar dit reeds werk op groot en klein skaal.
11.00 - Frans Joubert, argitek oor Windlaaiers e.a. alternatiewe bronne
11.30 - Joshua Olivier oor sy uiters effektiewe Jel-stoof en oond
12.00 - Alet Murray oor sonstowe en hoe om dit te gebruik asook ander
planne om kragonafhanklik te wees

Verder is daar verskeie ander uitstallers o.a ook iemand wat 'n
interessante konsep het oor seegolfkragopwekking
Daar is ook verversings beskikbaar: 'n Biertuin en Teetuin wat ook
ligte etes beskikbaar sal hê

Vir meer inligting skakel asb Alida of Hendrik Verwoerd by 083 2585239
/ 012 7362154 (Lg is onderhewig aan Telkom se effektiwiteit op die
oomblik - as daar nie antw is nie bel die sel)

Tuesday, May 6, 2008

Drie keel afgesny

Drie keelaf gesny
May 02 2008 09:19:36:983PM  - (SA)  



Lyk word uitgedra. Foto: Johann Hattingh
Click here!





Magdel Fourie

'n Vrou in 'n rolstoel, haar man én haar versorger is gisteroggend grusaam in hul huis in Florida in Roodepoort aan die Wes-Rand keelaf gesny.

Hul dogter het kort daarna, met die bedoeling om vir haar ouers in Beaconstraat naby die Flora-winkelsentrum te gaan "hallo sê", op hul verminkte lyke afgekom.

Mev. Hettie Bakersma (57) se lyk is gevind waar sy op haar sy langs haar motoraangedrewe rolstoel in die sitkamer gelê het.

Me. Elsje Wouda (40), haar versorger, het net enkele meter weg ook dood op die bank gelê.

Die lyk van Bakersma se man, Douwe (57), 'n dosent aan die Krugersdorp Tegniese Kollege, het in die voorportaal teen 'n oop voordeur gelê.

Al drie is keelaf gesny, het kapt. Siphiwe Ndlovu, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Beeld se inligting het die aanval omstreeks 07:00 gisteroggend plaasgevind.

Ook mev. Bakersma se ma, me. Jopie Durieux (83), het bloeiend met ernstige steekwonde aan haar nek en buik op die sitkamervloer gelê.

'n DVD genaamd The Ladykillers het nog onheilspellend in die DVD-speler in dié vertrek gedraai.

Durieux is in 'n kritieke toestand na die nabygeleë Flora-kliniek gejaag.

Maar met niks wat tot dusver uit die huis vermis word nie, is die motief vir dié gru-moorde nog duister, het Ndlovu bygevoeg.

Daar blyk ook geen gedwonge toegang te gewees het nie.

Beeld het wel betroubaar verneem die aanvaller was moontlik aan die egpaar bekend en het dalk in 'n stadium in hul tuin gewerk.

Me. Hiltje Bakersma (29) en mnr. Shannon Kriel, haar verloofde met wie sy later vanjaar gaan trou, het kort ná 13:00 op dié gru-toneel afgekom, het Kriel gister gesê.

Die egpaar se jongste seun, Douwe (25), het ook geskok van buite die huis die toneel aanskou.

"Hulle was die nice ste mense, sulke ongelooflike oprégte Christene. Ek kan nie dínk hoe kon iemand só iets aan h?lle kon doen nie," het me. Linda van Coppenhagen, 'n vriendin van Douwe Bakersma jr., in trane gesê.

Douwe Bakersma jr. tree oor 'n maand as baritonsanger op in Don Pasquale, 'n opera deur Donizetti, wat in die Musaion by die Universiteit van Pretoria opgevoer word.

Mev. Bakersma was jare lank in 'n rolstoel sedert haar been weens kanker geamputeer is.

Sy het ook ernstige artritis in haar hande gehad.

Dít was nie die enigste trauma wat die vermoorde egpaar se kinders vandeesweek moes deurmaak nie.

Hul ouma aan vaderskant wat oorkant die straat van die vermoorde Bakersmas gewoon het, is Maandag weens kanker dood.

Die egpaar het nog 'n seun, Jan, en 'n dogter, Anneke.

Teen druktyd was Durieux steeds kritiek, maar stabiel

Monday, May 5, 2008

Polisie/verkeersbeamptes geweld op blankes

Buks Viljoen

'n Klag van aanranding word teen 'n verkeersbeampte van Mpumalanga
ondersoek nadat hy na bewering 'n vrou naby Kaapmuiden in die Laeveld
by 'n spoedlokval aangeval het.

Mev. Eugené Bergman (34) van Centurion was besig om foto's te neem
nadat sy en haar man in 'n spoedlokval op die N4-hoofweg voorgekeer
is, toe die beweerde aanval plaasgevind het.

"Ek het gelukkig net ligte kneusplekke opgedoen. Maar ek is steeds
baie geskok," het Bergman gesê.

Bergman, haar man, Gustus (33), en haar ouers, mnr. en mev. André (60)
en Magda (58) Lengton was eergister op pad terug van 'n vakansie in
Mosambiek toe hulle omstreeks 11:30 voorgekeer is.

"Gustus wou weet hoekom ander voertuie wat teen dieselfde spoed as ons
gery het, nie afgetrek is nie," vertel mev. Bergman.

Toe mnr. Bergman uitklim om te vra dat die spoedlesing aan hom gewys
word, het sy foto's begin neem.

"Die twee verkeersmanne, onder wie mnr. John Mamba, het geskree dat ek
nie foto's mag neem nie."

Sy het egter aanhou neem. Die volgende oomblik het Mamba glo op haar afgestorm.

Sy het probeer weghardloop, maar hy het haar glo van agter gegryp.

Hy het haar na bewering aan die linkerarm gegryp en rondgepluk terwyl
hy probeer het om die kamera by haar af te neem. Eers toe 'n ander
motoris by die toneel stilhou en toeter blaas, het Mamba haar glo
gelos.

Mev. Bergman het glo in hul motor gespring en die deure gesluit. Mamba
het toe glo aan haar man gesê dat "iemand vanaand in die tronk gaan
slaap".

Die verkeersbeamptes het later gesê mnr. Bergman moet ry. Hy is nie beboet nie.

Terwyl die Bergmans by die polisiekantoor in Nelspruit was om 'n klag
van aanranding teen Mamba in te dien, het 'n ander verkeersbeampte
hulle glo gebel.

Die man, ene Nelson, het om verskoning gevra en gevra dat hulle nie 'n
klag moet indien nie.

"Ek weier. Ons hoor gereeld klagtes van veral die verkeersowerhede in
die Onderberg wat by voorvalle met motoriste betrokke raak. Dit is
hoogtyd dat die owerhede optree."

Mnr. David Nkambule, woordvoerder van die departement van paaie en
vervoer in Mpumalanga, het gister gesê hulle ondersoek die voorval.

Saturday, May 3, 2008

Drie keel af gesny

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2315899,00.html
Drie keelaf gesny
May 02 2008 09:19:36:983PM - (SA)

Magdel Fourie

'n Vrou in 'n rolstoel, haar man én haar versorger is gisteroggend
grusaam in hul huis in Florida in Roodepoort aan die Wes-Rand keelaf
gesny.

Hul dogter het kort daarna, met die bedoeling om vir haar ouers in
Beaconstraat naby die Flora-winkelsentrum te gaan "hallo sê", op hul
verminkte lyke afgekom.

Mev. Hettie Bakersma (57) se lyk is gevind waar sy op haar sy langs
haar motoraangedrewe rolstoel in die sitkamer gelê het.

Me. Elsje Wouda (40), haar versorger, het net enkele meter weg ook
dood op die bank gelê.

Die lyk van Bakersma se man, Douwe (57), 'n dosent aan die Krugersdorp
Tegniese Kollege, het in die voorportaal teen 'n oop voordeur gelê.

Al drie is keelaf gesny, het kapt. Siphiwe Ndlovu, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Beeld se inligting het die aanval omstreeks 07:00 gisteroggend
plaasgevind.

Ook mev. Bakersma se ma, me. Jopie Durieux (83), het bloeiend met
ernstige steekwonde aan haar nek en buik op die sitkamervloer gelê.

'n DVD genaamd The Ladykillers het nog onheilspellend in die
DVD-speler in dié vertrek gedraai.

Durieux is in 'n kritieke toestand na die nabygeleë Flora-kliniek gejaag.

Maar met niks wat tot dusver uit die huis vermis word nie, is die
motief vir dié gru-moorde nog duister, het Ndlovu bygevoeg.

Daar blyk ook geen gedwonge toegang te gewees het nie.

Beeld het wel betroubaar verneem die aanvaller was moontlik aan die
egpaar bekend en het dalk in 'n stadium in hul tuin gewerk.

Me. Hiltje Bakersma (29) en mnr. Shannon Kriel, haar verloofde met wie
sy later vanjaar gaan trou, het kort ná 13:00 op dié gru-toneel
afgekom, het Kriel gister gesê.

Die egpaar se jongste seun, Douwe (25), het ook geskok van buite die
huis die toneel aanskou.

"Hulle was die nice ste mense, sulke ongelooflike oprégte Christene.
Ek kan nie dínk hoe kon iemand só iets aan h?lle kon doen nie," het
me. Linda van Coppenhagen, 'n vriendin van Douwe Bakersma jr., in
trane gesê.

Douwe Bakersma jr. tree oor 'n maand as baritonsanger op in Don
Pasquale, 'n opera deur Donizetti, wat in die Musaion by die
Universiteit van Pretoria opgevoer word.

Mev. Bakersma was jare lank in 'n rolstoel sedert haar been weens
kanker geamputeer is.

Sy het ook ernstige artritis in haar hande gehad.

Dít was nie die enigste trauma wat die vermoorde egpaar se kinders
vandeesweek moes deurmaak nie.

Hul ouma aan vaderskant wat oorkant die straat van die vermoorde
Bakersmas gewoon het, is Maandag weens kanker dood.

Die egpaar het nog 'n seun, Jan, en 'n dogter, Anneke.

Teen druktyd was Durieux steeds kritiek, maar stabiel.

Nek gebreek maar kry nie behandeling

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2315849,00.html

Nek gebreek, maar kry nie behandeling
May 02 2008 08:01:10:620PM - (SA)

Buks Viljoen

'n 78-jarige pensioentrekker moes eergister glo langer as agt uur met
'n gebreekte nek en ribbes in die A.G. Visser-hospitaal op Heidelberg
wag sonder enige behandeling.

Mnr. Charel Pretorius is op Werkersdag ernstig beseer toe 'n taxi met
sy motor gebots het, het sy dogter, mev. Marietha Cole, gister gesê.

Mnr. Pretorius en sy vrou, Maryna (70), was omstreeks 12:00 van 'n
kerkdiens in Greylingstad op pad terug na hul huis in Grootvlei.

Pas nadat hy van die hoofpad afgedraai het, het 'n taxi glo teen 'n
hoë spoed van agter teen hulle vasgejaag. Die taxibestuurder en sy
passasier is net lig beseer.

Mev. Pretorius het haar arm gebreek.

Mnr. Pretorius is ernstig beseer, maar moes nadat die nooddienste van
Grootvlei die egpaar na die hospitaal op Heidelberg geneem het, tot
20:00 wag sonder enige behandeling.

Volgens Cole was haar pa voortdurend in pyn en het hospitaalpersoneel
"nie eens sy bloeddruk geneem nie".

"Hy is eers 'n inspuiting teen pyn gegee nadat ek daarop aangedring het."

Mnr. Pretorius, wat in die laat 1980's die burgemeester van Rustenburg
in Noordwes was, het ná sy opname die hele tyd in die hospitaal se
ongevalle-eenheid gelê.

"Die hospitaal het nie eens 'n nekstut gehad om dié van die
nooddienste te vervang nie."

Volgens Cole was die enigste dokter wat by die hospitaal aan diens
was, oorwerk en het hy gesukkel om die werklas by ongevalle te
hanteer.

Mev. Pretorius is later met 'n hand vol pynpille ontslaan nadat haar
gebreekte arm gespalk is.

"Hulle het gesê ons moet my ma Dinsdag vir verdere behandeling na die
Natalspruit-hospitaal neem."

Cole het later uit radeloosheid oor haar pa se toestand die hulp van
'n private dokter ingeroep.

Hy het gereël dat mnr. Preto-rius na die Chris Hani
Baragwanath-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas word.

Daar is tóé eers vasgestel dat 'n nekwerwel, asook van sy ribbebene,
gebreek is. Een van die ribbes het sy long deurboor.

Sy toestand is steeds kritiek, het Cole gistermiddag gesê.

"Dit is so traumaties, dit gaan regtig glad nie goed met hom nie."

Mnr. Moeti Lekhooana, 'n hoofverpleër by die Heidelberg-hospitaal, het
gister bevestig dat hulle net 'n pynmiddel aan mnr. Pretorius gegee
het.

"As gevolg van die erns van sy beserings moes ons wag dat 'n ambulans
hom na Baragwanath neem. Hulle het baie lank geneem om hom te kom
haal."

Cole sê hulle vermoed haar ma het moontlik ook inwendige beserings
opgedoen omdat sy oor pyn kla.

Hulle het haar gistermiddag wéér na die hospitaal op Heidelberg geneem.

"Ons vat haar egter nou Bethlehem-hospitaal toe omdat die
Heidelberg-hospitaal se personeel gister baie ongeskik was omdat Beeld
navraag oor my pa gedoen het."

Me. Zanele Mngadi, woordvoerder van die departement van gesondheid in
Gauteng, het gister gesê hulle sal die voorval eers Maandag kan
ondersoek.

"Dit is 'n langnaweek en ons sal nie so vinnig antwoorde by die
hospitaal kan kry nie."