Friday, October 23, 2009

Die Stem spreek weer

Die Stem Spreek Weer

Hy sit daar in die gras,
Tussen grys, vergruiste steen,
En hy kyk oor die vlaktes
Waar dit glinster van die reen.
Hy vryf oor veryste bene,
En blaas in hande blou,
Maar die druppels is volhardig
En sy lyf die bly tog kou.

Maar skielik, op sy skouer
Gloei 'n hitte blakend deur,
Sien die bron van 'n rare raat -
'n Hand wat sag oor hom treur.

"Staan op, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome,
En verlate strome...

Hy gryp die hand vas,
Wat sy verdriet laat verdwyn,
Staan op om te aanskou
(Geklee in satyn)
'n Man met 'n baard
En 'n bra bree hoed,
Geweer oor een skouer
En 'n sig vol moed.

En die hand klou hom vas,
Vryf sy hare deurmekaar
En die sig die glimlag sterk
En laat sy gees bedaar.

"Kom saam met my, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

Sonstrale deur wolke,
Soos swaarde steek hul deur.
Die reen het misluk
In hul stryd van terreur.
Die twee Nuwe Boere
Mooi droog en gesond
Stap saam in voorvaderspore,
Oor heilige grond.

Die ossewa sal weer kreun,
Die geweer sal weer klap,
En eindlose viering sal geskied
Met boerwors en mieliepap.
En soos die Slag van Bloedrivier
En die troepie-kamp in Angola,
Die oomblik sal ons ewig onthou
As die einde van ons diaspora.

"Welkom tuis, my kind,"
Kom die helder Stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

No comments: