Saturday, April 18, 2009

Odendalsrus protes optog

Komitee van Openbare Betrekkinge van die Boerevolk


Persvrystelling

Vroeg in Maart was twee vrouens op die wreedste denkbare wyse gemartel
en vermoor. Mev. Allice Lotter (78) en haar dogter Helen (57) is in
Allanridge deur hul moordernaars met messe en glasstukke aan stukke
gekerf. Glasstukke is in hul geslagsdele ingeforseer, en volgens
vriende van die familie is een van die Lotter dames se borste ook
afgesny, en slagspreuke daarmee op die muur geverf.

Die barbaarse terreurdaad het die K.O.B (mediasy van die BVS
(BoerevolkVryheidStigting)) laat besluit om die internasionale
gemeenskap hiervan in kennis te stel. 'n Trok en klanktoerusting is
gehuur, plakate en pamflette was gedruk gewees, en op 17 April het
sowat 200-300 mense langs die hof bymekaar gekom.

Ons kon nie toestemming verkry om voor die hof te protesteer nie,
aangesien ander groepe ook daar was om teen die borgaansoek van twee
Blankes te kom protesteer.

Die wyse waarop die vrouens (en ander) hier in Suid Afrika deesdae
vermoor word, was daar nageboots gewees. Na die nabootsing is 'n
namaaksel van 'n moordenaar met "burn in hell" om sy nek aan die brand
gesteek.

Na afloop van verrigtinge het die K.O.B die perseël opgeruim en mense
is vreedsaam uitmekaar.

Die K.O.B asook BVS sal met hierdie internasionale bewusmaking
voortgaan, en bedank omstanders vir hul ondersteuning

Edwin Leemans
Voorsitter: K.O.B

No comments: