Thursday, April 16, 2009

HNP mediaverklaring : Agri-SA

HNP
Posbus 1888 Pretoria 0001
Tel (012) 335-8523/4
Faks (012) 335-8518
info@hnp.org.za www.hnp.org.za

Mediaverklaring

Agri SA: Stuur eerder Swart grondrowers na Kongo


Die aankondiging deur dr Theo de Jager, president van Agri SA, dat 10
miljoen hektaar grond wat in die Kongo vir blanke boere uit
Suid-Afrika beskikbaar gestel word, deur Agri SA aanvaar word, is
skokkend en teleurstellend.

Daar bestaan geen infrastruktuur in die Kongo nie. Die boer wat hom
daar wil gaan vestig, sal sy boerdery vanuit die grond moet
ontworstel. Geen landbou-studie is gedoen nie. Die Suid-Afrikaanse
beesrasse sal nie daar aard nie en die plaaslike swart bees sal teen
R9 000 stuk aangekoop moet word.

Blanke boere word daaraan herinner dat dit die Belgiese Kongo (onder
leiding van Patrice Lumumba) was wat die leiding in Afrika geneem het
in die dekolonisasie waardeur die Witman uit Afrika weggejaag is.
Onthou u nog die wreedaardige moorde op mens en dier wat deur die
Mau-Mau gepleeg is?

Die HNP beskou dit as uiters onverantwoordelik om Afrikaner-boere die
land uit te stuur terwyl swart grondrowers blanke grond kan beset
waarop die blanke boer kaart en transport het. In Suid-Afrika is 'n
infrastruktuur gevestig wat miljarde rande werd is. Moet die blanke
boer dit wat hy opgebou het, nou net so los en na Afrika vlug om daar
te poog om 'n nuwe tuiste te skep? Die blanke boer sal homself daar
moet beskerm teen die grootste geweld denkbaar, net om maar weer op
die vlug te slaan. En intussen word waardevolle landbougrond leeg
agtergelaat vir grondsugtige grondrowers om te beset.

Landbou-unies het nou die geleentheid om met die beginsel van
Suid-Afrika en die Witman Eerste te veg vir die behoud van
Afrikanergrond. Stuur eerder die grondrowers na die Kongo en behou die
Afrikanerboer wat in staat is om op sy erfgrond voedsel te verbou vir
al Suid-Afrika se mense.


WOUTER RUST
ONDERLEIER 16 April 2009

No comments: