Saturday, April 25, 2009

BVI tree in gesprek met Agri SA

Geagte Volksgenoot,

Ons stuur vir u hiermee die jongste uitgawe van die Afrikaner
Vryheidsbulletin van die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief. Daarin
doen ons verslag van die gesprek met Agri SA op 9 Februarie te
Moorreesburg. Tydens die gesprek het ons dit weereens aan hulle
gestel dat dit in die belang van die behoud van Boeregrond en die
langtermyn toekoms van die Afrikanervolk is dat Agri SA aan
grondhervorming onttrek. Hulle het verskeie redes vir hulle
voortgesette betrokkenheid by die proses genoem en ons het die gesprek
opgevolg met 'n brief waarin ons daarop gereageer het. 'n Opsomming
van, en uittreksels uit die brief verskyn in die Vryheidsbulletin.

Ons berig verder ook oor die vordering met die reëlings vir die
beplande volksvergadering en oor 'n Bittereinderdag op Fraserburg.
Ons vertrou dat die inligting vir u waardevol en
intellektueel-stimulerend sal wees.

Dagbestuur van die BVI

Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/8450548f379af85f

No comments: