Sunday, January 25, 2009

'n Kort begrip van die VVK (Volksraad Verkiesing Kommissie )

1.

Alle volke op aarde, OOK ONS volk, het 'n REG op selfbeskikking.

2.

'n Volk is 'n groep mense wat 'n gemeenskaplike afkoms en 'n unieke
lewenswyse deel.

3.

Selfbeskikking is die reg van 'n volk om homself te regeer met wette
deur homself gemaak volgens sy eie waardestelsel en unieke lewenswyse.

4.

Die reg op selfbeskikking word internasionaal erken (byvoorbeeld in
die Volkereg en deur die Verenigde Nasies) maar ook in die huidige
Suid-Afrikaanse Grondwet (waarvan Artikel 235 inhou dat die reg tot
selfbeskikking deur 'n taal- en kultuurgemeenskap geëis mag word, en
dat daardie reg in 'n territoriale gebied beslag kan kry).

5.

Ons beskik nie oor die reg op selfbeskikking op grond daarvan dat ons
Blank is nie. Selfbeskikking is 'n reg wat aan volke kleef, nie aan
rasse nie.

6.

Volke maak nie op selfbeskikking aanspraak omdat party volke beter of
slegter as ander sou wees nie. 'n Spesifieke volk eis selfbeskikking
op grond daarvan dat hy altyd anders as enige ander volk op aarde is.

7.

Die reg op selfbeskikking kleef aan ons volk – nie aan organisasies of
individue binne ons volk nie. Daarom kan geen organisasies of
individue uit hulle eie besluit (hoe goed dit ookal bedoel word) om
ons reg op selfbeskikking namens ons iewers te gaan opeis en te beding
nie. Die reg op selfbeskikking kan SLEGS NAMENS 'N VOLK OPGEËIS EN
BEDING WORD DEUR DIEGENE WAT VAN DIE VOLK DAARTOE OPDRAG ONTVANG HET
DEUR MIDDEL VAN 'N VRY, REGVERDIGE EN DEMOKRATIESE VOLKSVERKIESING –
met ander woorde, deur verkose afgevaardigdes wat 'n MANDAAT om dit te
doen, van die volk ontvang het.


8.

As beginpunt in die proses om 'n einde te maak aan die geweldige
verdrukking waarin ons verkeer, moet ons volk dringend so 'n
verkiesing hou deur middel waarvan ons 'n Volksraad sal kies wat oor
'n mandaat sal beskik om ons reg op selfbeskikking op te eis en te
beding; op nasionale- sowel as internasionale vlak.

9.

So 'n verkiesing moet deur onsself gereël en gefasiliteer word, omdat
die liggaam wat normaalweg verkiesings in Suid-Afrika administreer
(die "Independant Electoral Commission") slegs verkiesings onder die
breë Suid-Afrikaanse bevolking behartig. Daarom was daar gedurende
2007 op twee volksvergaderings besluit om ons eie liggaam op die been
te bring wat 'n volksverkiesing vir bogenoemde doeleindes kan reël, en
daardie liggaam staan bekend as die Volksraad Verkiesing Kommissie
(VVK). Al die nodige infrastruktuur was teen Februarie 2008 gevestig
(skaars ses maande na sy stigting) en is die proses om kiesers te
registreer volstoom aan die gang.

10.

Anders as enige ander inisiatief, besluit die Kommissie nie vir die
volk wie sy "leiers" moet wees nie. Kandidate vir die Volksraad word
deur enige persone wat as kiesers geregistreer is, genomineer mits 'n
kandidatuur deur 'n honderd ander geregistreerde kiesers gesekondeer
word; en die volk self –naamlik die geregistreerde kiesers- sal sy
leiers uit hierdie kandidate verkies in die vorm van 'n Volksraad.

11.

Sodra die Volksraad verkies is, is die Kommissie se taak afgehandel.
Aspekte soos die moontlikhede van 'n onderhandelde skikking, die "waar
en hoe" van 'n gebied waarin ons onsself sal regeer, en al dergelike
vrae is aspekte wat juis deur die Volksraad hanteer sal word. Die
Volksraad sal daardie aspekte ook hanteer onderhewig aan
meerderheidsbesluite wat die volk telkens op volksvergaderings sal
neem na gelang van die aard van verwikkelinge wat die proses oplewer.

12.

Dit is derhalwe voortydig en sinneloos om ons nou oor die
implementering van ons reg op selfbeskikking te verknies. Op hierdie
stadium gaan dit bloot oor die opeis van ons reg op selfbeskikking; en
die verkiesing van 'n Volksraad wat oor 'n mandaat vir daardie doel
sal beskik. Daarom weier ons om tans te verval in allerlei
bespiegelings of wanhoop wat die verloop van die proses betref ná die
Volksraad verkies is.

No comments: