Friday, January 16, 2009

HNP verwerp aantygings oor verkiesings

HNP
Posbus 1888 Pretoria 0001
Tel (012) 335-8523/4
Faks (012) 335-8518
info@hnp.org.za www.hnp.org.za


Mediaverklaring


HNP verwerp aantygings oor verkiesing


Gerugte wat sedert die middel van verlede jaar versprei is dat die HNP
sy standpunt oor deelname aan die onwettige ANC-regime se verkiesings
gaan verander, is tydens 'n openbare vergadering van die HNP in
Eloffsdal, Pretoria deur mnr Wouter Rust, onderleier van die HNP,
finaal die nek ingeslaan.

Mnr Rust het in sy toespraak gesê die HNP staan onveranderlik by sy
korrek bewese standpunt dat Blankes nie moet stem in die
ANC-verkiesings nie. Om te gaan stem, is om legitimiteit (wettigheid)
te gee aan 'n onwettige regime. Deur te stem, moet die kieser die
uitslag van die verkiesing aanvaar, en dit beteken dat Blankes wat
stem na die verkiesing die ANC as regeerder en die toestand wat die
regeerder skep, moet aanvaar.

Die kieser weet ook nie wie die land regeer nie. Hy het uit dokumente
aangehaal waarin die wegbreek van Lekota reeds meer as vier jaar
gelede beplan en gedokumenteer is. Mnr Rust het daarop gewys dat die
magte wat regeer, besluit of die regeerder Mbeki, Zuma, Lekota of
selfs die DA is. Daar is geen verskil wie die regering oorneem nie,
die resultaat sal dieselfde wees.

Hy het 'n beroep gedoen dat Afrikaners konsolideer buite die bestel
deur nie te stem nie en 'n politieke krag word met net een doelwit:
die herwinning van die Afrikanervolk se vryheid waar die Afrikaner
weer oor homself sal regeer in sy vaderland.

LJ VAN DER SCHYFF
HOOFSEKRETARIS


15Januarie 2009

No comments: