Friday, January 16, 2009

HNP aksies landwyd om kiesers te registreer by VVK

HNP
Posbus 1888 Pretoria 0001
Tel (012) 335-8523/4
Faks (012) 335-8518
info@hnp.org.za www.hnp.org.za

Mediaverklaring


HNP: Aksies landwyd om kiesers te registreer by die VVK


Die HNP het hom verbind om landwyd vergaderings en ander byeenkomste
te reël waar Afrikaners ingelig en die geleentheid gebied sal word om
as kiesers te registreer op 'n onafhanklike kieserslys vir die
Afrikanervolk.

Mnr Andries Breytenbach, onderleier van die HNP, het by 'n openbare
vergadering in Eloffsdal, Pretoria die besonderhede van dié
onafhanklike verkiesingsplan vir die Afrikanervolk bekendgemaak.

Hy het gewys op die voorskrifte van die Volkereg dat elke volk ter
wêreld die reg het op selfbeskikking. Daardie reg geld ook vir die
Afrikanervolk. Die land wat ons as Blank Suid-Afrika geken het,
behoort volkeregtelik aan die Afrikanervolk. Ons sal nie ons aanspraak
daarop prysgee nie, het mnr Breytenbach gesê.

Afrikaners sal landwyd op 'n kieserslys geregistreer word. Dié
kieserslys word deur die onafhanklike VVK (Volksraad Verkiesing
Kommissie) geadministreer. Dit gebeur buite die ANC en het niks te
doen met die regering se IEC nie. Wanneer 'n voldoende getal kiesers
geregistreer het, sal die VVK 'n verkiesing reël waar 'n
verteenwoordigende liggaam vir die Afrikaners gekies sal word. Dit
word die Volksraad genoem. Dié liggaam sal dan volgens die voorskrifte
van die Volkereg die proses aan die gang sit om die Afrikanervolk se
vryheid en regmatige besit op te eis en die eis te internasionaliseer.

Mnr Breytenbach het gesê die vryheidstryd van die Afrikaner sal met
dié aksie momentum kry. Daar was die afgelope 15 jaar baie min
daadwerklike aksies om ons vryheid te herwin. Die HNP gaan hom daarop
toespits. Daarom sal die HNP landwyd vergaderings hou om die boodskap
van vryheid uit te dra en die volk te besiel.

Die vryheidsplan is baie positief deur die gehoor ontvang en bykans
elke teenwoordige het as kieser by die VVK registreer.


LJ VAN DER SCHYFF
HOOFSEKRETARIS 15 Januarie 2009

No comments: