Monday, October 26, 2009

Oranjekas mediaverklaring

Oranjekas het op Saterdag die 24ste Oktober 2009, sy eerste Algemene
Jaarvergadering gehou in die Louis Buhrmann saal te TLU kantore in
Silverton. Tydens hierdie vergadering, is daar 'n mosie van dank en
vertroue in die direksie van Oranjekas ingestel en die positiewe gees wat
daar geheers het, sal lank onthou word. Hierdie positiewe gees heens
Oranjekas is ook 'n kenmerk van Oranjekas sedert sy ontstaan.

Oranjekas het die afgelope drie maande met meer as 60% per maand gegroei en
is die Spaar en Krediet Kooperasies in Suid-Afrika, met die grootste aandele
kapitaal. Daar is tans 55 Spaar en Krediet Kooperasies in Suid-Afrika.

Vyf direkteure moes volgens die statuut herkies word, tydens die Algemene
Jaarvergadering en die vergadering het sonder een teenstem die hele direksie
net so verkies vir die volgende jaar.

'n SKK (Spaar en Krediet-koöperasie) is 'n demokratiese, unieke,
lede-gedrewe, selfhelp Koöperasie. Dit word besit, beheer en bestuur deur
die SKK se lede wat 'n gesamentlike doel het. Die lede het ooreengekom om
hul geld in die SKK te spaar, en dan die geld te gebruik vir lenings aan
lede teen 'n redelike rentekoers. Rente word gehef teen die lenings, om die
beleggings se rente te dek, asook vir die administrasie en bestuur van die
SKK.

Daar word geen winste uitbetaal aan buite-instansies nie en die besluit oor
wat om met die winste te maak, berus by die lede.'n SKK is 'n demokratiese
organisasie wat beteken dat die lede 'n direksie verkies, en die direksie
verkies 'n bestuur om die SKK te bestuur en mense aan te stel. Daar word ook
'n toesighoudende komitee deur die lede verkies, om toesig te hou oor die
bedrywighede van die Direksie.

Mnr. Jan Beyers, Besturende Direkteur van Oranjekas, het tydens ''n
bespreking op die AJV wat gehandel het oor die toekomsblik van Oranjekas,
die volgende gesê : " Oranjekas kan en wil bankwese in Suid-Afrika
verander. Dit gaan Oranjekas regkry deur die die volgende te doen :

1. Voortbou op die goeie produkte en koerse van Oranjekas

2. Voortbou op Oranjekas se goeie diens in Afrikaans en in die kultuur
van die Afrikaner

3. Uitbreiding van Oranjekas se takke en filiale

4. Voortbou op sy goeie en bekwame personeel

5. Vestiging van Elektroniese Bankdienste

6. Skep van 'n groeifonds vir die ekonomiese vryheidstryd van die
Afrikaner "

Mnr. Beyers het sy toespraak afgesluit met die volgende verwerking van
Stephanus Roos se woorde die oggend voor die slag van Majuba: "Ek voel in my
hart dat ons ekonomies moet vry raak, want anders is ons verlore, maar hier
moet ons met mekaar 'n verbond maak om ekonomies vry te raak of almal te
val. Ons God sal ons help en ons SAL ekonomies vry raak, *WANT ONS KAN NIE
ANDERS NIE!*"

*Jan Beyers*

*Besturende Direkteur*

*Oranjekas Spaar en Krediet Koöperatief*

Reg no : 2009/003378/24

Tel : 0860 104 297 Faks : 086 536 5745

Epos : bestuur@oranjekas.co.za www.oranjekas.co.za

Neem uit die geskiedenis die goeie en besluit reg

President Paul Kruger het ons, sy nasate, die opdrag gegee om uit die
geskiedenis die goeie te neem en daarop 'n toekoms te bou.

Helaas gebeur dit nog te veel dat ons eerder verkies om die slegte uit
die geskiedenis te neem, en dan dit as rede voor te hou waarom ons
niks moet doen.

Tans word daar baie aandag gegee aan die herdenking van die
Reddingsdaadkongres sewentig jaar gelede. En inderdaad moet
Solidariteit gelukgewens word met hierdie inisiatief, want ook ons
jonger geslag word weer op hoogte gebring met wat kan gebeur as 'n
volk besiel word met 'n visie. Ja, ook 'n ekonomiese visie van
bevryding, selfonderhoud en uiteindelike ekonomiese vryheid.

Ons het al die opkoms van 'n volksekonomie gesien in die talle
volkseie ondernemings; 'n groep volkseie sakelui saam in die Oranje
Sake-Instituut; die vestiging van 'n Volksbank, Oranjekas; en die
bevordering van volkseie onderwys deur die BCVO en tuisonderwys.

Tog kry ons die idee dat selfs van ons eie mense en instellings nog
nie werklik oortuig is in die krag van eendrag nie. Ons sien nog te
veel spreekwoordelike wiele wat herontwerp word. Maar ons beleef ook
dat ons nog nie die vertroue het dat ons volk weer bereid sal wees om
sy offers te bring nie, en dan gebeur daar intussen dinge wat juis die
volk se vertroue ondermyn.

Die Bybel het ons al die beginsel geleer dat geen twee here gedien kan
word nie. Hierdie waarheid sal ons ook in ons volkslewe, ons
volksekonomie en in die algemeen moet besef en begin uitleef, want
slegs op daardie beginsel sal die volk ook weer sy dikwels geskokte
vertroue herstel.

As ons besluit op 'n volksekonomie, is dit 'n volksekonomie. Dan is
daar geen kompromis moontlik met die vyand se ekonomie nie. Ons kan
nie aanspraak maak op volkskap en volkondersteuning, maar intussen
agterlangs een of ander vorm van ondersteuning van die ANC-bestel
ontvang by wyse van skenkings of subsidies nie, wel wetende dat die
klomp Kommuniste een of ander tyd hulle pond vleis in ruil daarvoor
kom opeis. Ons kan ook nie ter wille van 'n goedkeurende knik van die
vyand, toelaat dat ons weer begin deur ons eie instellings met "net
een of twee" volksvreemdes te belas nie, want dit kom neer op
ekonomiese integrasie, kultuurintegrasie, en uiteindelik fisieke
integrasie. Dit is juis met daardie "een of twee" dat ons sportbeleid
die weg vir algehele oorgawe gebaan het. Ons moet uit die verlede die
slegte neem, en seker maak ons bewandel nie weer daardie weg nie.

Bowenal moet ons eerlik wees. As ons volkseie is, is ons honderd
persent volkseie, nie 99,9 persent nie. Ons moet wys dat ons vertrou
kan word, en daardeur kan ons weer by 'n ontnugterde volk vertroue
skep. Vergeet van slim "strategieë", want ons vyand is nie onder 'n
kalkoen uitgebroei nie. Eerlikheid en eerbaarheid sal die weg van die
toekoms moet wees. En ons hier by die Verkenners is bereid om heel
eerste die hand in eie boesem te steek om seker te maak dat ons die
pad reguit en eerlik stap, tot by algehele volksvryheid.

http://paardekraalverkenners.blogspot.com/2009/10/neem-uit-die-geskiedenis-die-goeie-en.html

Nuuskommentaar - Radio Pretoria

NUUSKOMMENTAAR - 26 Oktober 2009


Helpmekaar

Armoede ken nie kleur nie. Dié woorde het verlede week telkemale op
die Helpende Hand Reddingsdaadkongres weerklink. Natuurlik is dit so
dat almal wat arm is, swaar kry, maar in die nuwe gepolariseerde
Suid-Afrika is niks ongelukkig kleurloos nie.

Die hele grondslag van ons gemeenskap berus op ras. Daar is
rassekwotas vir alles: van sport tot werksgeleenthede, van grondbesit
tot subsidies aan universiteite en van skooltoelating tot hulp aan
armes. As dit nie daarvoor was nie, was dit nie nodig om 'n
reddingsdaadkongres vir arm Afrikaners te hou nie.

Dit is jammer dat daar weer mense was wat probeer het om hulle grys
politieke sienings op die kongresgangers af te dwing met nuttelose
debatte oor volksidentiteit en wie almal gehelp moet word. So al asof
die kongres maar net nog 'n nasiebou-oefening was.

Organiseerders van soortgelyke geleenthede in die toekoms moet miskien
maar kennis neem van hierdie mense se lojaliteite en hulle liefs nie
in die toekoms by volksake probeer betrek nie. Laat hulle in vrede om
die sogenaamde breër Suid-Afrikaanse of selfs Afrikaanse gemeenskap te
probeer dien.

Daar is alreeds genoeg struikelblokke in die pad van
armoedige-verligting vir blankes, wat deur die regering daar geplaas
is. Dit is nie nodig dat ons nog struikelblokke moet uitnooi om oor
ons pad te kom nie.

Dit word oral in die wêreld aanvaar dat Jode by Jode koop, dat
Portugese families in enige land mekaar ondersteun en dat Sjinese
sake-netwerke vorm. Dit is tyd dat ekonomies-kragtige Afrikaners
daarmee vrede maak dat niks wat hulle doen ooit goed genoeg gaan wees
om aan die eise van die ANC se Freedom Charter te voldoen nie, en dat
hulle net sowel betrokke kan raak by hulle eie mense se pogings om
ekonomies selfstandig te raak.

Daar is baie goeie besluite op die kongres geneem, onder andere dat
behoorlike navorsing gedoen moet word oor die omvang van die probleem.
Daar word losweg gepraat van 2,5 miljoen arm Afrikaners, maar niemand
weet regtig hoeveel dit is en hoe groot hulle nood is nie. Niemand
weet ook hoeveel kapitaal werklik in volksgeledere beskikbaar is nie.

Dit is ook positief dat taal verbind word aan ekonomiese
selfstandigheid en dat veral onderwys en opleiding in Afrikaans vir
die kongresgangers belangrik is.

Baie klem is ten regte geplaas op samewerking tussen organisasies, die
skep van netwerke, die rol van vestigingsprojekte en die belang van 'n
toekomsvisie, asook die stigting van 'n fonds vir die bemagtiging van
Afrikaner kinders.

Dit is alles baie goeie idees maar dit gaan net werk as ons almal as
volksgenote inklim en betrokke raak. Daar is nie meer tyd vir suur
druiwe, onderlinge twis en onbetrokkenheid nie. Daar is vanaand 'n
kind wat honger gaan slaap, daar is oor 'n maand 'n matrikulant wat
werk gaan soek, daar is 'n Afrikanerwinkel op die hoek, daar is 'n
gesin sonder 'n blyplek. Dit is waaroor dit gaan. Wat doen JY om te
help?


http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php

Sunday, October 25, 2009

Solidariteit se konferensie preek integrasie

Die Voortrekkermonument se muur van herinnering word gebou met geld
wat van Afrikaners ingesamel is by die Voortrekkermonument. Op die
23ste Oktober 2009, was daar by die Voortrekkermonument 'n konferensie
oor Afrikanerarmoede gehou en is daar fotos geneem van volksvreemdes
wat hierdie muur van herinnering bou. Dit sou beteken dat
Afrikanergeld gebruik word om werk te verskaf aan volksvreemdes, dit
terwyl derduisende Afrikaners nie werk kan kry weens die rassistiese
regering se sogenaamde "affirmative action". Dit is hartseer dat die
bestuur van die Voortrekkermonument nie omgee vir arm, werklose
Afrikaners nie en eerder met Afrikanergeld, werk verskaf aan
volksvreemdes. Wat nog meer verbaas, is dat geen van die
konferensiegangers oor Afrikanerarmoede, 'n geluid gemaak het oor
hierdie toedrag van sake nie.


Miskien is dit nie so verbasend nie, veral as mens na die uitsprake
kyk wat by die konferensie gemaak is nie. Prof. Steve Booyens,
voorsitter van die Efficient Group, het gesê om werklik 'n verskil aan
armoede te maak, moet Afrikaners by die sakesektor in die breë en
swart ondernemings betrokke raak. In Steve Booysens se
reenboogdroomwereld bestaan daar seker nie iets soos Affirmative
Action en regstellende aksie nie. Of miskien is hy een van die
kruiperige Afrikaners wat hierdie rassistiese regeringstelsels as
nodig beskryf. Prof. Hermann Gilomee se oplossing vir die
Afrikanerarmoede, is 'n projekte wat fokus om meer bruin
Afrikaanssprekendes in universiteite te kry. Wat kleurlinge met
Afrikaner armoede te make het, sal net Gilomee seker verstaan en hoe
meer kleurlinge in universiteite die Afrikaners in plakkerkampe gaan
help, sal selfs Gilomee nie kan verduidelik nie. Dr. Danie Langner van
Solidariteit Helpende Hand, is voor die konferensie in die media
aangehaal dat hy te vertel gehad het dat "Armoede ken geen kleur nie."
Dit is so dat armoede geen kleur ken nie, die probleem is egter dat
Langer hierdie uitlating gebruik het om die feit dat in die Wes-Kaap
is 70% van die kinders wat deur onder meer die Skooltassie-projek baat
vind by Helpende Hand se opheffingswerk bruin kinders is, te
regverdig. Dit wil dus voorkom dat Solidariteit se Helpende Hand wat
voorgehou word as 'n helpende hand vir Afrikaners, eerder 'n helpende
hand is vir kleurlinge, maar met Afrikaners se geld. Daar mag dalk
gewonder word hoekom Oranjekas, die volkseie kooperatiewebank nie
genooi is na hierdie konferensie oor Afrikanerarmoede nie, maar neem
mens in ag dat Oranjekas onbeskaamd volkseie is, kan mens aanneem dat
Solidariteit van mening was dat Oranjekas nie sou inpas by hierdie
konferensie waar integrasie gepreek word nie. Dit blyk ook die rede te
wees hoekom die Oranje Sake Instituut nie genooi is nie. Die grootste
ironie van hierdie konferensie is dat Helpende Hand kwansuis uit die
geskiedenis gaan neem het wat goed is – die volkskongres van 1939 en
die daaruit voortspruitende Reddingsdaadbond. Solidariteit ken
blykbaar nie die geskiedenis van hierdie volkskongres nie, aangesien
hierdie kongres juis gebore is uit die Afrikaner se verset om nie te
integreer met die Engelse nie. As hulle werklik lesse uit die verlede
wou neem, sou hulle sien dat die Afrikaner se redding in 1939 was dat
die Afrikaner besluit het om nie met die Engelse te integreer nie en
daarom kon die Afrikaner homself red. As Solidariteit se oplossing vir
die Afrikanerarmoede is dat die Afrikaner moet integreer met die
kleurling, soos wat nou voorgehou word in hulle konferensie, dan is
dit geen oplossing vir die Afrikaner nie. Dit wil ook voorkom of
hierdie nie 'n glips is van Solidariteit nie. So byvoorbeeld het hulle
onlangs die kleurling Alan Boesak gebruik om die name van slagoffers
van plaasmoorde te lees oor hulle radiostasie. Op 'n karaoke-DVD van
tradisionel Afrikaanse liedjies wat AfriForum, stalmaat van
Solidariteit laat maak het, sing die Zoeloe, Mangosuthu Buthelezi,
Hoe ry die boere sit-sit so. Hierdie subtiele integrasie is ook nie
vreemd van die dampkring waarin Solidariteit hom tans bevind nie. Die
ATKV, FAK, AHI, Voortrekkers, Agri-SA, Erfenisstigting en Broederbond
het dieselfde integrasie strategie. Met hierdie integrasie strategie,
hoop hierdie organisasie blykbaar om die Afrikaner deel te maak van
die Nuwe Suid-Afrika. Gevolglik kan mens aanneem dat hulle die
vryheidseis van die Afrikaner nie ondersteun nie. Dit is seker ook
hulle goeie reg om nie die vryheidseis van die Afrikaner te ondersteun
nie, die vraag is egter wat gaan die vryheidstrewende Afrikaner maak
wanneer hierdie organisasies in die pad staan van vryheid?
Ben Geldenhuys
Paardekraal Verkenners

Saturday, October 24, 2009

Woelinge rondom die “Reitz 4”

Die gebaar van prof. Jonathan Jansen, Rektor van die Universiteit van
die Vrystaat, om die klagtes teen die sogenaamde Reitz 4 terug te
trek, is niksseggend en in wese misleidend, as gekyk word na die
planne wat prof. Jansen met die Vrystaatse Universiteit het.

Die Verkennersbeweging beskou sy gebaar nie as 'n gebaar van
versoening nie, maar as 'n gebaar van hulpeloosheid ten opsigte van 'n
saak waarvoor daar oënskynlik geen stawende getuienis of afdoende
bewyse is nie. Dit is al versterk deur die vervolgingsowerhede se
besluit om die klagte van beweerde urinering wat sou plaasgevind het
tydens die vervaardiging van die video waaroor die hele herrie gaan,
terug te trek.

Die Reitz-video is indertyd gemaak uit protes van die studente teen
dié universiteit se gedwonge koshuis integrasie program. Met daardie
gedwonge integrasie, is die Grondwetlike reg van die studente, naamlik
die reg tot assosiasie en gevolglik ook die reg tot disassosiasie,
vertrap. Die video wat hulle vervaardig het, was enersyds 'n hulproep
na buite oor die onreg wat hulle aangedoen word, en andersyds 'n
metode om spot te dryf met 'n onnatuurlike en gedwonge proses.

Prof. Jansen het reeds aangedui, dat hy hierdie transformasie- en
integrasieprosesse wil versnel. Hy gaan dus doelbewus voort met dié
proses wat tot die hele omstredenheid aanleiding gegee het. Daarom
kan sy gebaar nie gesien word as 'n gebaar van versoening nie, maar as
'n publisiteitsfoefie waaragter hy sy afkeurenswaardige transformasie
van die universiteit wil voortsit.

Henk van de Graaf
President: Verkennersbeweging van SA

Friday, October 23, 2009

Die Stem spreek weer

Die Stem Spreek Weer

Hy sit daar in die gras,
Tussen grys, vergruiste steen,
En hy kyk oor die vlaktes
Waar dit glinster van die reen.
Hy vryf oor veryste bene,
En blaas in hande blou,
Maar die druppels is volhardig
En sy lyf die bly tog kou.

Maar skielik, op sy skouer
Gloei 'n hitte blakend deur,
Sien die bron van 'n rare raat -
'n Hand wat sag oor hom treur.

"Staan op, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome,
En verlate strome...

Hy gryp die hand vas,
Wat sy verdriet laat verdwyn,
Staan op om te aanskou
(Geklee in satyn)
'n Man met 'n baard
En 'n bra bree hoed,
Geweer oor een skouer
En 'n sig vol moed.

En die hand klou hom vas,
Vryf sy hare deurmekaar
En die sig die glimlag sterk
En laat sy gees bedaar.

"Kom saam met my, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

Sonstrale deur wolke,
Soos swaarde steek hul deur.
Die reen het misluk
In hul stryd van terreur.
Die twee Nuwe Boere
Mooi droog en gesond
Stap saam in voorvaderspore,
Oor heilige grond.

Die ossewa sal weer kreun,
Die geweer sal weer klap,
En eindlose viering sal geskied
Met boerwors en mieliepap.
En soos die Slag van Bloedrivier
En die troepie-kamp in Angola,
Die oomblik sal ons ewig onthou
As die einde van ons diaspora.

"Welkom tuis, my kind,"
Kom die helder Stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

Tuesday, October 13, 2009

Verslag van volksvergadering

Geagte volksgenoot,

VERSLAG VAN VOLKSVERGADERING


Dit is vir ons as Volksvergadering Reëlingskomitee 'n bron van
blydskap om verslag te doen van die Volksvergadering wat oor die
naweek van 25 - 27 September 2009 te Vegkop naby Heilbron gehou is.
Ons kan getuig dat dit 'n geslaagde byeenkoms was waarvoor ons al die
eer en dank aan ons Hemelse Vader gee.

Die doel van hierdie skrywe is om u in te lig oor die besluite van die
vergadering, maar eers bietjie inligting oor die vergadering self:

· Die vergadering het ontstaan uit die diepgevoelde en
groeiende behoefte by 'n toenemende getal Boere/Afrikaners dat ons
verlore vryheid weer herstel moet word. Die Volksvergadering
Reëlingskomitee is aangewys tydens 'n beplannings-vergadering wat op
20 September 2008 te Bloemfontein gehou is en wat op sy beurt
voorafgegaan is deur 'n wye en inklusiewe raadplegingsproses

· Die doel van die vergadering was om met mekaar ooreen te kom
oor 'n strategie vir die herstel van die vryheid van ons volk en het
plaasgevind onder die tema Soewereiniteit binne Gelofteverband.

· Ten einde te verseker dat dit 'n verteenwoordigende
vergadering is, is landswyd daarvan kennis gegee deur die
gebruikmaking van al die beskikbare media soos pamflette, die radio en
die internet. Dit is nie vergesog om te sê dat dít wat op die
vergadering besluit is, 'n redelike goeie weerspieëling is van dit wat
in die harte van baie van ons volksgenote leef nie.

· Meer as 400 mense het die vergadering oor die drie dae
bygewoon. Mense het die vergadering in hulle persoonlike hoedanighede
en nie as verteenwoordigers of leiers van organisasies bygewoon nie.

· Dit was 'n geleentheid waar volksgenote vryelik met mekaar
gesprek kon voer en ongeveer 80 persone het aan die debatvoering
deelgeneem.

· Ons kon mekaar vind oor verskeie sleutelkwessies sover dit
ons volk se vryheidstrewe betref en 'n eenheidsband is gelê wat 'n
stewige basis vir die pad vorentoe bied.

Die besluite van die vergadering word hierby aangeheg. Die hoofsaak
daarvan kan soos volg saamgevat word. Ten einde ons roeping as
Geloftevolk te vervul en 'n toekoms vir ons kinders te skep, ag ons
dit noodsaaklik dat ons weer 'n vrye volk in ons eie land onder ons
eie regering word. Ons aanspraak is volkome in ooreenstermming met
die reg van volkere soos ons dit in die Bybel en die aanvaarde
internasionale reg vind. Ons glo dat dit deur die krag van God ook
binne ons bereik is.

Die besluite is ingrypend en verreikend van aard. In beginsel lê dit
die grondslag vir 'n onvermydellike skeiding van ons volk se weë met
dié van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika, 'n geestelike trek na
algehele vryheid en die volkome plasing van ons lotgevalle in die
hande van God, soos ons voorouers by Vegkop, Bloedrivier en Majuba
gedoen het. Die besluite sal egter eers konkrete gestalte in ons
volkslewe kry as volksgenote oor 'n breë front dit hulle eie maak en
positief in hulle harte omhels. Dan kan dit dieselfde langtermyn
gevolge hê as die volksvergaderings van Desember 1879 en Junie 1940.
Binne 15 maande na eersgenoemde was Transvaal weer onafhanklik en die
Republiek van Suid-Afrika was die direkte uitvloeisel van die
1940-vergadering. Op ons webtuiste by www.volksvergadering.co.za kan
u meer lees oor dié vergaderings.

Die bekendmaking van die besluite van die Vegkop-vergadering is die
eerste stap om die vryheidsideaal tot op voetsoolvlak in die harte van
ons volk in te dra. In die weke en maande wat kom, sal DV meer
volledige besonderhede oor die inhoud en betekenis van die besluite,
soos wat dit tydens die vergadering uitgekristalliseer het, aan u
verskaf word. U sal ook ingelig word oor die bydrae wat u persoonlik
kan lewer om ons vryheidsideaal te verwesenlik. Intussen is u welkom
om enige vrae oor die volksvergadering wat u mag hê aan ons te stel.

Vir die onmiddellike wil ons u versoek om, as u uself met die besluite
van die volksvergadering kan vereenselwig, dit met alle middele tot u
beskikking so wyd moontlik bekend te maak.

Hierdie brief is die laaste brief wat u van die Volksvergadering
Reëlingskomitee sal ontvang. Tydens die vergadering is 'n
voorsettingskomitee aangewys, wat voortaan as die Geloftevolk
Koördineringskomitee bekend sal staan. Die name en
kontakbesonder-hede van die lede verskyn op
www.volksvergadering.co.za. Die taak van die komitee is om die
besluite van die vergadering uit te voer. 'n Eie webtuiste sal
mettertyd vir die komitee geopen word en korrespondensie sal later
vanaf 'n eie e-posadres geskied.

Hiermee beskou die Volksvergadering Reëlingskomitee die taak wat hom
tydens die Bloemfontein-vergadering opgelê is, as afgehandel. Ons
bedank hiermee elke volksorganisasie en individu wat 'n bydrae gelewer
het tot die welslae van die vergadering en gee ook erkenning aan die
rol wat andere voor ons gespeel het om ons volk in hulle gemoed en
denke gereed te maak vir die besluite wat op die vergadering geneem
is.

Ons wil elke volksgenoot versoek om hulle ondersteuning aan die
werksaamhede van die nuwe komitee te gee en ons bid die komitee die
krag en wysheid van ons Hemelse
Vader toe vir die uitvoering van hulle take.

Dankie

Volksvergadering Reëlingskomitee

PIKETBERG

10 Oktober 2009

Dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/993c7637c85b740f

Saturday, October 10, 2009

Projek 2010

Geagte Volksgenote

Ons wil u graag uitnooi om hierdie groep te besoek en uself van die
projek te vergewis. Sluit gerus aan en help ons om Projek 2010 te
laat slaag veral deur ander mense daarvan in te lig wat meer
besonderhede kan verstrek oor 'n blanke moord sedert 1994.

http://www.facebook.com/groups/edit.php?success=1&customize&gid=177067125271#/group.php?gid=177067125271

Die webwerf van die projek: http://www.projek2010.co.za/

Die doel van die projek: Om vas te stel hoeveel blankes sedert 1994
in Suid-Afrika vermoor is.

Thursday, October 8, 2009

Volkshulp - Kersaksie Desember 2009

Bravoland help jaarliks om die Kersseisoen 'n mooier tyd te maak vir
menige verarmde volksgenoot. Behoeftiges word nie net met 'n heerlike
maaltyd bederf nie. Die noodsaaklikheid van geestelike versorging,
tesame met die aanvulling van ander noodsaaklike lewensmiddele geniet
ook aandag.

Dit bring vreugde in die harte van jong moeders, van bejaardes waarvan
die lewenstog al moeisamer geword het, van baie suigelinge wat tevrede
moet wees met bitter min.....

In Bravolanders se poging om verligting te bring, het ons meer
volksgenote se ondersteuning nodig. Hierin kan jy 'n beduidende rol
speel deur vanjaar se aksie te steun. Ons is almal
Christen-Afrikaners.

Kom ons doen wat Christus ons geleer het. Kom ons ontferm ons oor ons naaste.

Jy kan 'n bydrae lewer met 'n gewaardeerde skenking op hierdie
bankrekening, waarvoor ons byvoorbaat dankbaar is:

Naam: Bravoland Ondersteuners Klub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502

Verwysing : Kersaksie
Of besoek Bravoland by hierdie internet adres:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4963.msg64351/topicseen.html#new

Vegkop Kamp

Jy word hiermee uitgenooi na die tweede groot volksherdenkingkamp van
die jaar nl. die eerste groot jaarlikse herdenking van die slag by
Vegkop:
Datum: 16-18 Oktober 2009

Plek: Vegkop (±20km buite Heilbron, 170km vanaf Potch).
Koste: R135 (Sluit in vervoer, toegang, kos)
R.S.V.P: Voor Sondag 11 Oktober by Elandi (0823046695)

Laat weet ook of jy sal kan vervoer aanbied asook hoe laat jy sal kan
vertrek. In onseker tye soos dié waarin ons tans leef, moet ons elke
poging moontlik aanwend om ons kultuurhistoriese erfenis te bewaar.
Daar is oral vergrype aan ons erfenis: ons straatname, ons dorpsname,
ons monumente, ja, selfs ons ganse historiese bestaan! Dit is daarom
dat ons elke geleentheid benut om ons kultuur te bewaar.

Benodighede
• R135
• Braaivleis vir 2 aande
• Geld vir kos vir saterdagmiddag
• Kampklere
• Kerkklere
• Stapskoene
• Slaapsak & kussing
• Eetgerei
• Kampstoel
• Hoed, beker, baadjie, das (Cantus)
• GK-Hemp (Indien jy een het) vir Saterdag
• Tent indien jy een het

"As jy nie weet waarvandaan jy kom nie,
sal jy nie weet waarheen jy oppad is nie..."