Friday, July 31, 2009

Kennisgewing volksvergadering

BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT

Met hierdie woorde van Dr D F Malan het hy in die dertigerjare van die
vorige eeu die grondslag gelê vir die republikeinse stryd wat in 1961
op die Republiek van SA uitgeloop het. Ons volk het daardie republiek
verloor en is vandag 'n verslane en verknegte volk. Ons mag egter nie
daarby berus nie. Ons moet weer ons vryheid herwin. Daarom moet
volksgenote wat in hulle harte die oortuiging het dat die God van
Bloedrivier die Geloftevolk bestem het om 'n vrye volk te wees,
bymekaar gebring word sodat ons met mekaar kan ooreenkom oor hoe ons
ons vryheidsroeping gaan vervul. Daarvoor is die Volksvergadering
gereël en hierby ingeslote vind u die kennisgewing van die vergadering
plus 'n pamflet waarin die prinsipiële grondslag daarvan verduidelik
word. Ons wil u vra om alles binne u vermoë te doen om die byeenkoms
by te woon en ook soveel moontlik ander vryheidsgesinde volksgenote
daaroor in te lig en daarheen uit te nooi. Die byeenkoms word gereël
deur die Voksvergaderingreëlingskomitee.

Indien u egter om een of ander rede nie die vergadering self kan
bywoon nie, wil ons die vrymoedigheid neem om u finansiële
ondersteuning daarvoor te vra. Bydraes kan inbetaal word op:
Volksvergadering Reëlingskomitee, ENB, Groot Marico, 6222 604 8628 of
gestuur word aan: V V R, Posbus 1261, Lichtenburg, 2740. Die
vryheidstryd van ons volk is inderdaad 'n saak waarin u en ek ons
energie, tyd en fondse kan belê. Die 18de eeuse denker George Byron
het eenkeer gesê: "Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van
die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen
word, hoe moeilik ookal ."

Dankie vir u medewerking.

FRIKKIE STRAUSS

SEKRETARIS VAN DIE VVR


Dokumente verkrygbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/99bb8be316d73510

Wednesday, July 29, 2009

DitsemBlits

________________________________
Ditsem Vrystaat: Is 'n Afrikaanse koerant wat maandeliks verskyn,
gedruk word op hoëgehalte papier en gratis versprei word aan
Afrikaanssprekendes by geselekteerde verspreidingspunte te
Bloemfontein, Welkom, Kroonstad, Bethlehem, Ladybrand, Clarens, Paul
Roux, Ficksburg, Harrismith, Heilbron, Sasolburg, Parys, Bothaville,
Boshof, Trompsburg, Gariepdam, Dewetsdorp, Reddersburg, Edenburg,
Bultfontein en Brandfort. Die koerant beskik ook oor sy eie webtuiste
by www.ditsem.net waar lesers welkom is om hul mening oor 'n
verskeidenheid van kwessies te lug. Voorts word alle advertensies in
die koerant ook outomaties op die webtuiste geplaas. Die DitsemBlits
is die weeklikse elektroniese nuusbrief van die koerant wat gratis
ge-e-pos word aan intekenare en sleutelpersone landswyd sowel as in
die buiteland. Om te adverteer of om 'n promosie-artikel te plaas of
nuus deur te gee of vir meer inligting, skakel (051) 430 5444 of ep os
ditsemvrystaat@ditsem.net

________________________________

Om te adverteer in die DitsemBlits:

- 1 x maande (9 x plasings) @ R210 in totaal
- 3 x maande (28 x plasings) @ R580 in totaal
- 6 x maande (60 x plasings) @ R1 050 in totaal
- Tariewe sluit in uitleg van advertensie

Sunday, July 26, 2009

Kommunisme en onderwys se toekoms

Uit Radio Pretoria se nuuskommentaar van Woensdag 22 Julie 2009 blyk dit
duidelik dat kommunisme homself al hoe meer in invloedryke strukture gaan
laat geld.

Ons haal die volgende uit die nuuskommentaar aan met erkenning aan Radio
Pretoria:

www.radiopretoria.co.za

"Ons het al voorheen daarop gewys dat die Zuma-kabinet die mees
kommunistiese kabinet is wat Suid-Afrika nog gesien het. Beide die
sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommuniste party en sy adjunk is
in Zuma se kabinet opgeneem. Sekere belangrike kabinetsportefeuljes is in
Kommuniste se hande, soos gevorderde onderwys en landbou. Verder het hulle
ook groot invloed in finansies op laer vlakke."

Die aanstelling van Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP as
minister van hoër onderwys en opleiding wek veral kommer.

Die opskrif alleen van een van sy onlangse skrywes "Covert racism still
prevalent in SA" op 16 Julie 2009 laat mens wonder wat van ons onderwys
instellings in die toekoms gaan word.

http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71656?oid=136525&sn=Detail

Ons kyk na 'n paar kommerwekkende uittreksels uit hierdie skrywe, sowel as
die verslag waarop dit gegrond is.

Die geskepte "vonk in die kruitvat", waarvan baie van ons amper al vergeet
het:


The incident at the Reitz residence at the University of the Free State,
which gave rise to the investigation by the Soudien committee, reflected
both overt and covert racism. The shocking abuse of black women workers was
done privately but recorded on video with the aim of spreading a particular
attitude towards Africans.

Oor sekere van die uitlatings is dit byna moeilik om kommentaar te lewer,
want dit is te verwronge en verdraai:


Under the guise of trepidation over the supposed lowering of standards and a
fallacious idea of a free-for-all higher education system, we have seen
naked fear embedded in racial and class interests.

While this issue requires thorough public debate, it is disingenuous in the
extreme to our society as a whole and the next generation of school leavers
to undermine proposals to expand access to higher education in order to keep
it as the preserve of the privileged.

Redenasies soos die volgende laat mens wonder hoe lank die NSA grondwet nog
gebruik sal kan word om weerstand te bied teen die stelselmatige
vernietiging van ons volk in watter deel van sy bestaan ookal:


The one distinct example of this is around language and arguments for the
continuation of single medium schools and Afrikaans only universities. The
proponents of these campaigns use constitutional rights guaranteeing the
existence of all official languages to perpetuate the exclusion of, and
racism against, black students.

Selfs die anti-Afrikaner media doen skynbaar nie hul werk goed genoeg nie en
moes meer dekking aan die ANC gegee het:

It is no secret that the media in South Africa does not reflect the voices
nor serve the interests of the majority of the citizens. In fact, it does
not even aspire to do so and panders unashamedly to class and financial
interests. This disjuncture between the media and the views of the majority
was evident in the results of the April elections.

Hier word seker van ons gepraat. Dis goed dat die vyand homself ook teenoor
ons posisioneer:

Ladies and gentlemen, we should be under no illusion that there are some in
our society who are deeply opposed to transformation and who will find any
and every excuse to hinder its progress.

Die blankes moet oral uitgewerk word:

Even without the valuable insights provided by the Ministerial committee, it
is evident that black students are in the minority in the fields of
accounting and financial studies, as well as the scarcity of black scholars
and researchers. This shows that the system still leans towards patriarchal,
racial and elitist forms of knowledge production.

Verandering is ons voorland en die doelstellings is definitief nie iets
waarop ons ooit sal kan trots wees nie:

The summit will discuss the state of transformation in higher education,
identify ways to accelerate the process and possibly look into the
development of a transformation charter.

Ladies and gentlemen, I look forward to the outcome of deliberations from
this colloquium in also guiding us on this arduous journey to systematically
free our institutions of higher learning of discrimination. With your help
and input, we are a step closer to reaching our common goal to create
institutions we can truly be proud of.

Nou die verslag waarop bg. gegrond is.


Opskrif: Is 'racism' pervasive in our universities?

http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71656?oid=129308&sn=Detail

Hier volg die lys van name van die persone wat vir die opstel van hierdie
verslag verantwoordelik was. Dit lyk nie of daar iemand is wat ons volk se
belange op die hart sal dra nie.


Prof Crain Soudien (Chairperson),

http://www.goedgedachtforum.co.za/site/index.php?option=com_contact&view=contact&id=5%3Acrain-soudien&catid=47%3Aboard&Itemid=65

Dr Wynoma Michaels
Dr Sankie Mthembi-Mahanyele
Prof Mokubung Nkomo
Ms Gugu Nyanda
Mr Nkateko Nyoka
Prof Sipho Seepe
Dr Olive Shisana
Dr Charles Villa-Vicencio

Supported by Mr Ahmed Essop and Dr Molapo Qhobela, Ms Babalwa Ntabeni and Dr
Chika Sehoole

Die inleiding laat mens wonder oa. wat bedoel word met "the new era",
"non-racial" ens.


The Committee located its investigation within the context of the
transformation agenda of Education White Paper 3: A Programme for the
Transformation of Higher Education. White Paper 3 explains that
transformation "requires that all existing practices, institutions and
values are viewed anew and rethought in terms of their fitness for the new
era". At the centre of the transformation agenda, in terms of 'fitness', is
the White Paper's vision for the establishment of a single national
coordinated higher education system that is "democratic, non-racial and
non-sexist."

Net om die grondwetlikheid van die uitgangspunte in die verslag te bevestig:


This is also in line with the South African Constitution, which defines
discrimination to include "race, gender, sex, pregnancy, marital status,
ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability,
religion, conscience, belief, culture, language and birth."

Net blankes kan aan die "misdrywe" skuldig wees:


While racism, like other forms of discrimination, is based on prejudice and
fear, what distinguishes it is the ideology of white supremacy, which serves
as a rationale for the unequal relations of power that exist between people
in South Africa.

Mens wonder watter instellings kan as "modelle" uitgesonder word, dalk
instellings soos bv. Mamalodi kampus?


While there are good practices that were developed at some of the
institutions, which might serve as models for change in the country, no one
must underestimate the difficulties that still exist. There is virtually no
institution that is not in need of serious change or transformation.

Gevolgtrekkings gemaak in die verslag:


It is clear from this overall assessment of the state of transformation in
higher education, that discrimination, in particular with regard to racism
and sexism, is pervasive in our institutions.

Daar is sekere natuurwette wat sekeres nooit sal verstaan nie:


Psychologically, discrimination does grievous mental harm to those who
believe that they are superior to other human beings. And it obviously has a
devastating effect on the victims of such discrimination.

...maar "transformeer", dit moet ons:


But for now our interest is focused on the education system, and we are of
the opinion that serious initiatives to address transformation in the
schooling sector must be strengthened and sustained.

Gaan die uitvoering van "transformasie" belangriker word as bv. uitwissing
van korrupsie?


In view of the observation that institutions have transformation policies
that are often only partially or seldom implemented, the Minister should
consider establishing a permanent oversight committee to monitor the
transformation of higher education. This committee should submit an annual
report to the Minister, who should make the report available for public
discussion.

Selfs die taalstryd sal met die swart-kaart geveg word:


It also found that the implementation approach to the parallel-medium
language policies that are in place in a number of historically
Afrikaansmedium institutions discriminated against black students.

Sal die "voorheen benadeeldes" ooit met hul eie prestasies bereik wat hulle
wil?


The Committee found that there were inadequate networks and structures in
place in institutions to identify and retain black and female members of
staff.

Die doelwit:


This should be continued until a critical mass of black and female staff
members has been absorbed into institutions.

Hulle kan egter doen wat hulle wil, maar iets verkeerd doen, nooit:


A disturbing phenomenon in some institutions, as reflected in reports given
to the Committee, related to the harassment by white students of black
members of staff. The Committee recommends that institutions take steps to
both educate and discipline students who are found to behave in a racist way
to members of staff.

Dalk moet ons in die toekoms die visie-kanseliers dophou:


It is recommended that the vice-chancellor of the institution should be held
directly accountable for the achievement of employment equity targets.

Is daar wel verbande tussen ras en prestasie?


The Committee heard mixed reports about the success of academic development
programmes.

While these were often labelled as being indispensable, they also, however,
appeared to be vehicles of racialisation.

Dit klink of die koshuise veral gaan deurloop:


De facto racial segregation and discrimination appear to have developed in
the admission practices of several institutions. The Committee strongly
recommends the immediate abolition of such practices, including those that
result in racially defined room allocations. It recommends the development
of placement policies that will create the opportunity for students from
different backgrounds to live together. The implementation of such policies
will require a shift from the current decentralised system, in which room
placements are decided upon by the residence committee, to a centralised
system in which placements are determined by the residence office.

Gaan "Demografies-verteenwoordigend" vir kleiner besture beteken dat dit
heeltemal swart moet wees?


The Committee learnt that election processes for residence committees were
often not sufficiently sensitive to the needs of black students. The
structure of and election procedures for residence committees should be
reviewed with a view to putting in place processes which would ensure that
residence committees are demographically representative.

In some institutions it appeared that residence managers were chosen on
ethnic grounds. It is recommended that institutional employment equity plans
be applied to residence employees, so as to ensure that the composition of
residence managers is demographically representative.

Moet leerplanne nog verder verander en verswak word om jongmense meer
doeltreffend van hul volkskap te vervreem?


The Committee found that the transformation of what is taught and learnt in
institutions constitutes one of the most difficult challenges this sector is
facing. In light of this, it is recommended that institutions initiate an
overall macro review of their undergraduate and postgraduate curricula, so
as to assess their appropriateness and relevance in terms of the social,
ethical, political and technical skills and competencies embedded in them.
This should be done in the context of post-apartheid South Africa and its
location in Africa and the world.

In short, does the curriculum prepare young people for their role in South
Africa and the world in the context of the challenges peculiar to the 21st
century?

Al hierdie duistere planne behoort ons opnuut te herinner dat ons nie vir
altyd op die NSA se strukture sal kan vertrou nie. Laat ons nie moedeloos
raak nie, maar met nuwe wilskrag bou aan ons eie stukture, in besonder ons
eie onderwys en opleiding op alle vlakke sover dit moontlik is.

Thursday, July 23, 2009

Vryheidsbulletin 24 - Volksvergadering

Hiermee die jongste uitgawe van die Vryheidsbulletin. Die volgende
onderwerpe word gedek:

* VRYHEID : ONS TOEKOMS
- Stryd van Bittereinders lê grondslag vir vryheidstryd van 21 ste
eeuse Afrikaners.

* BOEREGROND VIR BOEREVOLK
- Jongste verwikkelinge in aanslag op Boeregrond
- Verdere korrespondensie tussen BVI en Agri SA

Dokument hier beskikbaar :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/b143311099fd3707

Onluste ; 'n resep vir Revolusie ?

Iets merkwaardigs is op die oomblik besig om in Suid-Afrika te gebeur.
Vir die eerste keer in dekades vind skynbaar spontane onluste onder
die swart bevolking in hul woonbuurtes plaas. Ons moet onthou dat
vorige onrusepisodes, in die sewentiger- en tagtigerjare onder die
vorige bewind, met honderde miljoene dollar vanuit die buiteland
aangestook is.

Trouens, in Suid-Afrika is iets soos "spontane onluste" eintlik 'n non
sequitur. Maar tensy die Sweedse regering, die Anglikaanse kerk,
Wêreldraad van Kerke of die Britse of Amerikaanse geheime diens soos
in die verlede weer besig is om opstand teen die regering aan te
blaas, vind daar vandag iets baie ongewoons plaas. Swartmense betoog
en pleeg openbare geweld uit protes, nie omdat hulle ideologies vanuit
Londen of Stockholm gemotiveer en - belangriker - befonds word nie,
maar vanself!

Hierdie feit van spontane onluste bevat 'n belangrike boodskap wat nie
geïgnoreer kan word nie. Moontlik - selfs, waarskynlik - staan
Suid-Afrika op die vooraand van die gewelddadige revolusie van die
Afrikatipe wat al dikwels vir die land voorspel is maar nog nooit
gematerialiseer het nie.

Dít waarvan De Tocqueville in sy beroemde ontleding van die Franse
revolusie praat, die sogenaamde "revolusie van stygende verwagtigings"
is besig om sienderoë in Suid-Afrika te gebeur. Volgens De
Tocqueville, pleeg arm mense wat aan gebrek en hongersnood lei nie
revolusie nie (anders as wat ons aldag deur die alwetende joernaliste
in ons hopelose koerante vertel word). Die kiem van revolusie word
juis gesaai as 'n voorheen ondergeskikte klas (of ras, in ons geval)
se lewensomstandighede verbeter. Die opheffing van ekonomiese en
finansiële sanksies, asook 'n gunstige wêreldekonomie, het sedert 1994
tot die langste opwaartse ekonomies siklus ooit in die land gelei.
Hoewel werkloosheid hoog gebly het, het die rekordbelastinginkomste
van die staat aan die ANC-bewind die moontlikheid gebied om 'n
welvaartstaat op die Europese model in te stel waar tot 13 miljoen
mense vandag een of ander vorm van toelaag van die staat ontvang.

Terselfdertyd het die ANC met sy praatjies van "'n beter lewe vir
almal" verdere verwagtings geskep dat daar inderdaad en binnekort
werklik so 'n lewe sal aanbreek, waar die gemiddelde swarte as't ware
by die klub van SEB-miljardêrs kan aansluit. Trouens, in die ou
Suid-Afrika het die verskil tussen ryk en arm geen revolusionêre
potensiaal geskep nie, want blankes het tot 'n ander kultuur en 'n
ander orde behoort. Diegene wat apartheid as 'n soort feodale stelsel
getipeer het, was in dié opsig nie ver verkeerd nie en ons weet dat
feodalisme eeue lank in Europa sonder veel kritiek of teenstand verdra
is.

Die gesig van 'n middelklasblanke in die ou Suid-Afrika wat in sy
toentertydse Volkswagen-kewer klim om na sy middelklashuis in 'n
blanke woonbuurt te ry, het geen woede of nyd by die breë massas
swartes ontketen nie. Slegs die verpolitiseerde elite wat deur die
radikale kliek aan die stuur van die anti-Suid-Afrika-veldtog aagehits
is, het om bloed geroep en met die reusepropagandamiddele tot hulle
beskikking revolusie gepredik. Weereens, dat daardie revolusie
desnieteenstaande hul geld, internasionale invloed en beste pogings
nie plaasgevind het nie, spreek boekdele aangaande die maatskaplike
toestande wat destyds geheers het.

Aan die ander kant word die gemiddelde inwoner van 'n sogenaamde
"township" of lokasie vandag gekonfronteer met die sogenaamde "swart
diamante", die nuwe swart nomenklatoera wat op die rug van die
politieke magsoorname en plundering van staatsbates, regstellende
aksie en rykwordskemas bekend as "swart ekonomiese bemagtiging"
ontstaan het. Enkele duisende swartes is "bemagtig" en verryk, maar
die massa moes meesal sonder werk met 'n aalmoes in die vorm van
toelaes klaarkom.

Die gewone swarte op straat sien, terwyl hy soos 'n sardien in die
taxi ingeryg en vasgedruk sit, die huidig bevoordeeldes verby hom ry
in hul luukse blinkswart sedans; hy neem waar hoe hulle sorgvry in die
winkelsentrums alles koop wat hulle begeer, dikwels op skuld wat die
banke maar te graag aan hulle toestaan. Sal dit ons verbaas as Jan
Alleman in sy lokasie waar die lewe maar min of meer soos tydens
apartheid sy gang gaan, verraai voel? Op die TV is daar aan hom vertel
dat hy aan 'n grootse "bevrydingstryd" deelgeneem het. Nie net het hy
daardeur abstrakte "vryheid" en "demokrasie" - begrippe waaroor dooie
wit mans al honderde jare lank dik boeke geskryf het - verkry nie,
maar ook die reg om as globale verbruiker saam met sy bevoordeelde
medeswartes aan die SEB-partytjie te mag deelneem.

Voeg hierby stygende energie- en voedselpryse, asook die staat wat
skielik 'n afname in sy belastinginkomste ondervind wat sy
welvaarstelsel toenemend gaan bemoeilik en ons het - om nou 'n cliché
te gebruik - 'n resep vir revolusie.

Waarskynlik vind daar op die oomblik meer onluste en openbare geweld
as gedurende die bewind van PW Botha plaas. Die verskil is egter dat
die BBC en die Britse pers dit nie aan die groot klok hang nie.
Onluste onder blanke minderheidsregering is voorbladnuus, maar
onluste of selfs burgeroorlog in Afrika onder swart regerings is niks
om oor huistoe te skryf nie.

Lees verder by :
http://praag.co.za/content/view/5298/402/

Sunday, July 5, 2009

Afbrand van geboue

Mag ons nooit so barbaars "protesteer" nie!!!

Dit is hoogtyd dat Afrika begin bou aan dit wat hy wil bereik en nie heeltyd
bakhand staan en wil "hê" nie.

Inplaas daarvan brand hulle eerder af!

------------------------------------------------------------------------------

Oor die aangehegde foto:

Die geskiedkundige Jagersfonteinse munisipale kantore, wat in 1892 gebou en
deur sir Herbert Baker ontwerp is, is in puin gelê deur inwoners wat woedend
is oor swak dienslewering en beweerde korrupsie. Inwoners het die ingang na
die dorp met klippe en brandende bande versper. Hulle het geëis om met die
Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, te praat.
Foto: Earl Coetzee

------------------------------------------------------------------------------

From: Jaap Kelder [mailto:info@zanli.co.za]
Sent: 04 Julie 2009 11:38
Subject: FW: Afbrand van geboue

Geagte vriende,

In die afgelope week is daar op drie dorpe geboue afgebrand nl. Cullinan,
Piet Retief en Jagersfontein deur ontstoke inwoners.

Interessant genoeg is dit juis dorpe waar daar geen belasting betalers
verenigings is wat by die NBU ge-affilieer is nie. Cullinan het wel 'n
belasting betalers vereniging en die Communist Youth League het wel met die
onder voorsitter kontak gemaak maar daar het ongelukkig geen behoorlike
gesprekvoering plaas gevind nie.

Nasionale Intelligensie hou die die NBU dop. Daar is van hulle agente
gewees op vergaderings wat ek toegespreek het.

Carin Visser is ook in gesprek met NI terwyl Pieter vd Westhuizen van
Villiers ook al deur NI bedank is vir die goeie werk wat hy daar in die
swart woongebiede gedoen het om onrus te voorkom. Dit wil dus voorkom asof
NI meer probleme het in die swart woongebiede as met die NBU ge-affilieerde
belasting betalers verenigings

Groete

Jaap Kelder

------------------------------------------

Lees gerus ook hierdie berig:

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2535912,00.html

-------------------------------------------

Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkenners Jeug

Friday, June 12, 2009

Skep jou eie toekoms - Amptelike persverklaring uit Bravoland

Die Afrikaner moet besef in 1994 het hy alles verloor wat hy eens
opgebou het in Suid-Afrika. Tans is talle daarvan vervalle of verwoes
en dit wat oor is, se naam word verander of verengels, net om die
Afrikaner tot die besef te bring dit behoort nie meer aan hom nie.

So is dit ook met die Universiteite en staatskole. Dit behoort aan die
staat en die staat word deur die ANC regime beheer. Hierdie regime het
ten doel om 'n revolusie te laat plaasvind en die Afrikaner en sy
strukture pas nie in by hierdie beplanning nie. Dit is sinneloos om
hierdie revolusie te probeer keer, alle pogings om dit te probeer
keer, stel slegs die kwade dag. Hierdie energie kan beter aangewend
word.

As die Afrikaner wil oorleef in die Nuwe Suid-Afrika, sal hy vir
homself sy eie toekoms moet skep. Sy eie strukture daar moet stel wat
hy self beheer.

Voorbeelde hiervan bestaan reeds. Toe die SAUK die ANCBC geword het,
is Radio Pretoria geskep. Vandag is Radio Pretoria 'n baken van hoop
en 'n toonbeeld van 'n volk se wil om te oorleef in die donkerste van
kontinente. Dieselfde geld vir die skoolstelsel. Daar was gelukkig
mense met visie, wat 15 jaar gelede reeds besef het dat die ANC regime
se doel is om alle Afrikaanse skole te verengels en die skole te
gebruik om hulle revolusionere propaganda te versprei. Daarom het
hierdie visionere die BCVO gestig en hieruit is gebore die
onafhanklike Afrikaanse eksamenraad. Vandag word daar twee Afrikaanse
matrieksertifikate in Suid-Afrika erken. Die van die staat en die van
die OAE. Universiteite aanvaar die OAE se matrieksertifikaat met ope
arms, oor die standaard van die staat se matrieksertifikaat is daar
talle vrae. Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike
Afrikaanse universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte
wereld standaarde. Hierdie droom is baie naby daaraan om 'n realiteit
te word!

Hierdie strukture kos egter geld, daarom is dit belangrik om 'n eie
ekonomie binne die ekonomie te skep. Die eerste stappe in hierdie
verband is reeds geneem met 'n eie bank wat gestig is. So ook eie
sakekamers, wat van krag tot krag groei ten spyte van die moeilike
ekonomiese toestand waarin die land verkeer.

Laat die regime dus voortgaan met sy swart ekonomiese bevoordeling, om
dit te probeer stop is sinneloos. Om dit te ondersteun is net so
sinneloos, want alhoewel dit mag voorkom of net die pinkie nou gevra
word, sal die hele hand uit eiendelik gegryp word.

Die Afrikaner is besig met sy eie ekonomiese bemagtiging. Uit hierdie
ekonomie sal die Afrikaner weer sy eie strukture daar stel. Strukture
wat hy self sal beheer en wat nie afgetrek sal word na 'n Afrika
standaard toe nie. Hierdie strukture word op 'n eerste-wereld
standaard gehandhaaf, soos waaraan die Afrikaner gewoond is en waarmee
die Afrikaner gemaklik voel.

'n Uitdaging waarmee die Afrikaner ook sit, is dat niemand 'n mandaat
het om namens hom op te tree of na sy belange om te sien nie. Daarom
is ek opgewonde oor die proses wat die VVK begin het. 'n Proses waar
daar 'n demokratiese raad verkies gaan word wat 'n mandaat sal besit
om namens die Afrikaner op te tree en na sy belange om te sien.

Dit is egter tyd dat elkeen hand in eie boesem steek. Dat die
strukture wat reeds geskep is ondersteun word en dat daar 'n toekoms
verseker word vir ons en die wat na ons as Afrikaners gebore word in
hierdie land.

Thursday, June 11, 2009

Finmech Ingeneurs Dienste

Finmech Ingeneurs Dienste

Kontak Persoon: MC Pretorius
Kontak Besonderhede:
Tel: 012 567 1816
Sel: 082 928 7816
E-Pos: finmech@mweb.co.za

Dienste Gelewer: Algemene en presisie ingeneurs werke. Ontwerp en
Verwerking van konsep ontwerpe. Veiligheid en sekerheid speel `n groot
rol, maak net gebruik van volkeie arbeid (Pa en Seuns onderneming).
Het `n wye verwysings raamwerk en kan bykans enige projek deurvoer.

Friday, June 5, 2009

"Volksekonomie"

Geagte Vriende,

• Word nou deel van Oranjekas deur aandele op te neem en so u
lidmaatskap te bevestig. Minimum aandele wat bekom kan word is 5 @
R100 elk. Skakel gerus Oranjekas vir meer inligting.


• Oranjekas poog om 'n volkseie instelling te word deur te registreer
as 'n Koöperatiewe Bank. Wys u ondersteuning vir die Volksekonomie
deur aandele op te neem!


• Hoe meer mense direk by Oranjekas spaar en belê, hoe vinniger kan
Oranjekas u al die dienste bied wat enige kommersiële bank u kan bied.


• Spesiale tariewe kan beding word deur Volkseie organisasies wat
rekeninge wil oopmaak.


• Help ons bou aan 'n toekoms vir die Afrikaner deur 'n Volkseie
ekonomie te vestig!

Vir meer inligting en kontak besonderhede, besoek gerus:

http://www.oranjekas.co.za/

Wednesday, June 3, 2009

Bravolanders se gedigte

Oproep

Ek is gebore in Afrika, ek is 'n Afrikakind
Eeue gelede het my voorsate skuiling hier gevind.
Maar nou is ek onderdrukker, gehate, 'n pes.
My familie en vriende uitgemoor met geweer en mes.

Soos skape het ons gevolg wie ookal lei,
gedoen wat ons wil, teen die hele wêreld vry.
Nou is ons herderloos, soekend en verloën,
vergete ons godsdiens, tradisies, ons Afrikadroom.

Ons het gewoon waar ons wil, gekom en gegaan
eie skole, eie kerke en lande vol graan
ons bly nou in tronke, te bang om te reis
ons skole swart en ons plase geëis.

Word wakker my Volkie, dis amper te laat,
ons eie mense staan en bedel op straat.
Verblind was ons, getrap in 'n strik,
maar staan nou saam en God sal beskik.

Heiletje Olivier

Friday, May 15, 2009

"PRAAG - Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep"

PRAAG steun belastingweerhouding in Pretoria

Vrydag, 15 Mei 2009 13:53 Dan Roodt

Ná die aankondiging van 'n dubbele dosis erfbelasting in een maand
deur die sogenaamde "Tshwane"-metro, steun PRAAG die oproep van die
Pretoriase belastingbetalersvereniging aan inwoners om hul munisipale
betalings in 'n trust in te betaal, waarna slegs die gedeelte vir
water en elektrisiteit aan die munisipaliteit oorbetaal sal word.
Gegewe die swak finansiële bestuur van die ANC-stadsraad en miljarde
rande se skuld wat nie ingevorder word nie, is dit net logies dat
Pretorianers nou die voorbeeld van Sannieshof en 'n twintigtal ander
munisipaliteite moet volg wat reeds met aktiewe belastingweerhouding
besig is ná dispute met daardie stadsrade verklaar is.

Die stryd om politieke beheer van Pretoria se munisipaliteit het begin
en die leier van PRAAG, dr. Dan Roodt, het by die Vryheidsfront Plus
aangesluit met die doel om saam te werk om in 2011 'n Vryheidsfront
Plus-meerderheid in die sogenaamde "Tshwane"-metro te behaal.

"Beheer oor die Pretoriase munisipaliteit is van strategiese belang
vir Afrikaneroorlewing in Afrika en Suid-Afrika. Die bestaande
Afrikanerdemografie in die stad skep die moontlikheid om deur harde
werk en 'n grootskaalse politieke veldtog 'n algehele meerderheid in
die volgende munisipale verkiesing te behaal. Al 700 000 Afrikaners in
die gebied moet gemobiliseer word om te registreer en te stem," het
dr. Roodt gesê.

"Daar kom 'n tyd in die bestaan van elke individu en elke volk dat hy
moet kies tussen sy voortbestaan en sy ondergang. Die Afrikaner het
nou by daardie punt gekom. Dit is nóú of nooit. Óf ons gaan deur
misdaad en regstellende aksie die land uit gedryf word, óf ons gaan
hergroepeer en soos een man vir die Vryheidsfront Plus in Pretoria
stem."

Dr. Roodt het die DA van middelmatigheid en 'n gebrek aan visie
beskuldig. "Helen Zille maak baie lawaai, maar sy beskik oor geen
werklike plan om die langtermynhegemonie van die ANC te stuit nie. Dis
net 'n kwessie van tyd alvorens die Xhosa-migrasie vanuit die Oos- na
die Wes-Kaap die party uit die stoel gaan lig. In Pretoria het die DA
die aanvanklike naamsverandering gesteun en het hom as 'n linkse,
sosialistiese en multikulturele party geposisioneer wat afsydig
teenoor Afrikanerbelange staan."

Hierteenoor beskik die Vryheidsfront Plus oor verbeeldingryke planne
om die demografie van Pretoria te stabiliseer en te sorg dat, as die
stad eers herower is, dit permanent in Afrikanerbesit sal bly en
sodoende op plaaslike vlak selfbeskikking vir die Afrikaner te
verseker.

'n Vergadering van PRAAG-intellektuele en -aktiviste is vir aanstaande
naweek belê om die organisasie se bydrae tot die stryd om Pretoria te
bespreek. Dr. Roodt het ook 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies
gedoen om hul steun aan die Pretoriaplan toe te sê.

"Ter wille van die oorlewing van die Afrikaner en Afrikaans, is dit
absoluut noodsaaklik dat ons die Slag van Pretoria móét en sál wen."