Sunday, July 5, 2009

Afbrand van geboue

Mag ons nooit so barbaars "protesteer" nie!!!

Dit is hoogtyd dat Afrika begin bou aan dit wat hy wil bereik en nie heeltyd
bakhand staan en wil "hê" nie.

Inplaas daarvan brand hulle eerder af!

------------------------------------------------------------------------------

Oor die aangehegde foto:

Die geskiedkundige Jagersfonteinse munisipale kantore, wat in 1892 gebou en
deur sir Herbert Baker ontwerp is, is in puin gelê deur inwoners wat woedend
is oor swak dienslewering en beweerde korrupsie. Inwoners het die ingang na
die dorp met klippe en brandende bande versper. Hulle het geëis om met die
Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, te praat.
Foto: Earl Coetzee

------------------------------------------------------------------------------

From: Jaap Kelder [mailto:info@zanli.co.za]
Sent: 04 Julie 2009 11:38
Subject: FW: Afbrand van geboue

Geagte vriende,

In die afgelope week is daar op drie dorpe geboue afgebrand nl. Cullinan,
Piet Retief en Jagersfontein deur ontstoke inwoners.

Interessant genoeg is dit juis dorpe waar daar geen belasting betalers
verenigings is wat by die NBU ge-affilieer is nie. Cullinan het wel 'n
belasting betalers vereniging en die Communist Youth League het wel met die
onder voorsitter kontak gemaak maar daar het ongelukkig geen behoorlike
gesprekvoering plaas gevind nie.

Nasionale Intelligensie hou die die NBU dop. Daar is van hulle agente
gewees op vergaderings wat ek toegespreek het.

Carin Visser is ook in gesprek met NI terwyl Pieter vd Westhuizen van
Villiers ook al deur NI bedank is vir die goeie werk wat hy daar in die
swart woongebiede gedoen het om onrus te voorkom. Dit wil dus voorkom asof
NI meer probleme het in die swart woongebiede as met die NBU ge-affilieerde
belasting betalers verenigings

Groete

Jaap Kelder

------------------------------------------

Lees gerus ook hierdie berig:

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2535912,00.html

-------------------------------------------

Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkenners Jeug

No comments: