Friday, July 31, 2009

Kennisgewing volksvergadering

BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT

Met hierdie woorde van Dr D F Malan het hy in die dertigerjare van die
vorige eeu die grondslag gelê vir die republikeinse stryd wat in 1961
op die Republiek van SA uitgeloop het. Ons volk het daardie republiek
verloor en is vandag 'n verslane en verknegte volk. Ons mag egter nie
daarby berus nie. Ons moet weer ons vryheid herwin. Daarom moet
volksgenote wat in hulle harte die oortuiging het dat die God van
Bloedrivier die Geloftevolk bestem het om 'n vrye volk te wees,
bymekaar gebring word sodat ons met mekaar kan ooreenkom oor hoe ons
ons vryheidsroeping gaan vervul. Daarvoor is die Volksvergadering
gereël en hierby ingeslote vind u die kennisgewing van die vergadering
plus 'n pamflet waarin die prinsipiële grondslag daarvan verduidelik
word. Ons wil u vra om alles binne u vermoë te doen om die byeenkoms
by te woon en ook soveel moontlik ander vryheidsgesinde volksgenote
daaroor in te lig en daarheen uit te nooi. Die byeenkoms word gereël
deur die Voksvergaderingreëlingskomitee.

Indien u egter om een of ander rede nie die vergadering self kan
bywoon nie, wil ons die vrymoedigheid neem om u finansiële
ondersteuning daarvoor te vra. Bydraes kan inbetaal word op:
Volksvergadering Reëlingskomitee, ENB, Groot Marico, 6222 604 8628 of
gestuur word aan: V V R, Posbus 1261, Lichtenburg, 2740. Die
vryheidstryd van ons volk is inderdaad 'n saak waarin u en ek ons
energie, tyd en fondse kan belê. Die 18de eeuse denker George Byron
het eenkeer gesê: "Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van
die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen
word, hoe moeilik ookal ."

Dankie vir u medewerking.

FRIKKIE STRAUSS

SEKRETARIS VAN DIE VVR


Dokumente verkrygbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/99bb8be316d73510

No comments: