Tuesday, December 1, 2009

Dokumentêr oor Orania

Vriende,

Tobias Lindner het my gevra om hierdie skrywe ook aan julle te stuur.

Groete,
Nikke

________


Hallo.

Huidiglik studeer ek by die Universiteit van Toegepaste Wetenskap in
Berlyn, Duitsland, om 'n 'filmmaker'/kameraman te word. Die tyd het
aangebreek vir my om my finale film projek te begin. My belangstelling
in die Afrikaanse kultuur en die unieke konsep van Orania het my
geinspireer om 'n dokumentêre film oor Orania te maak. Ek sal vanaf
Desember in Orania wees.

In April 2009 het ek die geleentheid gehad om 'n rukkie in Orania te
spandeer en ek het baie interessante mense ontmoet. Nou is ek opsoek
na mense wat beplan om na Orania te trek en daar te woon. Die proses
om na Orania te trek en die motivering om dit te doen is vir my 'n
belangrike aspek om te visualiseer waarom mense in Orania is. Op
dieselfde wyse is ek opsoek na mense wat in Orania gebly het, maar nie
meer daar woonagtig is nie (onafhanklik van die rede hoekom hulle nie
meer daar woon nie). Ek wil graag mense ontmoet wat in een van hierdie
situaties is/was.

As iemand gereed is om met my te praat of van iemand anders weet wat
met my hieroor wil praat sal ek baie dankbaar wees as julle vir my kan
kontak. Natuurlik is die deelname in my projek vrywillig en as ons
ontmoet om 'n bietjie met mekaar te praat beteken dit nie dat ek
onverwags met 'n kamera op julle stoep sal staan nie.

My doelwit wanneer ek dokumentêre filme maak is om die wêreld te wys
hoe ander mense leef. Dit sluit 'n benadering in van die alledaagse
lewe sonder inmenging van my part.

Ek hoop dat daar mense is wat belangstelling in my idee toon.

Indien julle enige verdere vrae het, moet asseblief nie huiwer om my
te kontak nie.

Ek sien uit na julle antwoorde.

Vriendelike groete,

Tobias Lindner
'Cinematography' Student
Berlyn, Duitsland
Tobi.lindner@gmx.net
SA: 0027 715199443
D: 0049 1759784897

No comments: