Saturday, April 3, 2010

Malema se mond gesnoer

In 'n deurslagewende dringende hofansoek, het 'n lid van die
Verkenners Beweging, Advokaat Jan van Zyl, 'n hofbevel in die Pretoria
se hooggeregshof verkry namens TLU SA teen die leier van die ANC se
jeugliga, Julius Malema. Luidens hierdie hofbevel word Malema verbied
om die woorde "skiet die boer" te uiter.

Die Verkenners Beweging wil TLU SA geluk wens met hierdie hofbevel en
is dankbaar dat 'n lid van die Verkenners Beweging, TLU SA behulpsaam
kon wees met hierdie deurslagewende hofbevel. As in ag geneem word dat
die ANC as party tot die saak toe getree het, is hierdie oorwinning
van soveel meer waarde en die Verkenners Beweging is met reg trots op
Advokaat van Zyl.

Soos reeds bewys deur die Verkenners Beweging met die Fort Schanskop
uitdaging, is Malema 'n uiterste lafhaard en word dit sterk betwyfel
of Malema weer die rassistiese "skiet die boer" lied sal sing. Indien
Malema egter wel tydens 'n ANC byeenkoms weereens magsdronk word en
sing "skiet die boer", sal die polisie se optrede deurslagewende bewys
wees of die regstelsel in Suid-Afrika nog enigsins funksionerend is.

Die Verkenners Beweging is egter van mening dat die regstelsel in
Suid-Afrika reeds vir 'n geruime tyd disfunksionerend is, soos bewys
met die Shabir Shaik saak en dat die ANC die gelykheidshof of 'n ander
hof gaan gebruik om hierdie hofbevel tersyde te stel.

Indien hierdie proses net een boer se lewe red, was dit suksesvol en
sal die Verkenners Beweging, TLU SA, in hierdie saak ten volle
ondersteun.


Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging

No comments: