Thursday, April 15, 2010

Vergadering van HNP, AWB en Die Verkenners beweging

Die Afrikanervolk het tydens 'n gesamentlike vergadering van die HNP,
AWB en Verkennersbeweging op Dinsdag 13 April 2010 by die Willie
Marais Afrikanersentrum in Pretoria, in groot mate sy padkaart na
vryheid self uitgewerk.

Die drie sprekers het kardinale rigtinggewende punte aangedui, waarop
die vergadering uiteindelik uitgebrei het ten einde rigting aan die
pad vorentoe te gee.

Van die belangrikste sake waarin die sprekers rigting gegee het is:

Mnr. Ben Geldenhuys van die Verkennersbeweging:
·Ons is nie meer 'n volk wat bang is vir die ANC nie, en ons weerstand
sal die wêreld verstom
·Ons is nie meer 'n toeskouersvolk nie: elkeen sal die vraag moet
antwoord: "Wat kan ek doen?"
·Begin om jou eie huis skoon te maak
·Raak van volksvreemde arbeid, wat jou lewe en eiendom bedreig, ontslae.
·Raak betrokke by enige organisasie wat lid is van die Afrikanerfront
·Registreer by die VVK en maak reg om deel te neem aan die verkiesing
vir 'n Volksraad.

Mnr. André Visagie van die AWB:
·Daar sal nooit weer iets soos versoening in die land wees nie, en ons
stel nie meer in versoening belang nie.
·Ons wil nie meer langer deel wees van die "nuwe" Suid-Afrika nie.
·Leer uit die lesse van die geskiedenis.
·Begin met taktiese voorbereiding op elke lewensterrein.
·Vertoon volksimbole soos die Vierkleur, ou landsvlag en sing ons
volkslied, terwyl daar praatjies is om hierdie simbole verbied te kry.
·Bid asof werk nie help nie, en werk asof bid nie help nie.

Mnr. Andries Breytenbach, HNP-Leier:
·Ons laat ons nie afskrik in ons eie land nie, want hierdie land is ons land.
·Ons is nie deel van die reënboognasie nie.
·Beveg affirmative action, en beveg blanke armoede.
·Die volk moet groei deur sy aanwas te verhoog.
·Daar moet geestelik voorberei word vir enige gebeurlikheid.
·Ons moet op die regte beginselgrondslag begin, naamlik
verootmoediging teenoor God.
·Ondersteun eie volksinstellings, soos skole, media, banke, sake-ondernemings.
·Ondersteun grondgroeipunte.
·Registreer by die VVK.
·Om oorlog te wil voer sonder voorbereiding, is selfmoord. Werk aan paraatheid.

Na breedvoerige insette van die vergadering self, is uiteindelik die
volgende besluite geneem:

·Stof die Bybel in die volkslewe weer af, verootmoedig voor die
Hemelse Vader, en maak verootmoediging 'n lewenswyse wat elke dag
geld, nie net op die Sabbat nie, en laat die Sabbat weer geheilig
word.

·Hemelvaartdag op 13 Mei sal massaal herdenk word. Mense sal desnoods
verlof neem en volksbesighede sal gesluit wees op daardie dag.

·Laat kinders weer aan moedersknie grootword, waar hulle leer van
God's Woord en van ons Volksgeskiedenis.

·Die volkswieg moet weer gevul word. Daar is die hoop en visie op
vryheid, ons hoef daarom geen vrees vir 'n nageslag te hê nie.

·Raak betrokke by volksorganisasies, maar raak slegs betrokke by dié
organisasies wat ondubbelsinnig die vryheidstrewe van ons volk
bevorder, en waar volsvreemde lede nie toegelaat word nie.

·Boikot neerhalende en afbrekende media-instellings, soos Beeld, RSG,
E-TV, Citizen en almal in dieselfde stal, en ondersteun Radio Pretoria
en ander volksradio's, en help om Die Afrikaner uit te brei as 'n
volkskoerant en kommunikasiemedium tussen volksgenote.

·Maak die volksekonomie sterk. Laat sake-ondernemings aansluit by
Oranje Sakekamers, en ondersteun slegs volkseie ondernemings. Die
vyand moet ons nie met ons eie geld kan beveg nie.

·Bevorder ons volksimbole, as wyse om mekaar te kan uitken, en boikot
enigiemand wat die onderdrukkende nuwe SA-vlag vertoon.

·Ondersoek moontlikhede van belastingweerhouding ten einde die
ANC-bewind ook finansieel te knak.

·Beveg volksarmoede, deur volksgenote in diens te neem, en dank
volksvreemde arbeiders, wat hulle werkgewers besteel en vermoor, af.
Hulle staan onder bevel van Julius Malema, en laat hy maar vir hulle
sorg en kos op die tafel gee. Ons doen dit nie meer nie.

·Sodra volksvreemde arbeid verjaag is, kan stedelike gebiede en
plattelandse gemeenskappe weer meerderheidsbesetting van Afrikaners
hê.

·As die gemeenskappe wat weer meerderheidsbesetting het, nouer
saamwerk, word hele gebiede volksgebiede.

·In sodanige volksgebiede word buurt- en plaaswagte behoorlik
georganiseer en gestruktureer, wat beteken dat veiligheid en
sekuriteit weer in volkshande is en daar geen volksvreemde polisiemag
meer benodig word nie.

·Sodanige buurt- en plaaswagte, saam met die volkskommando's wat
misdaad beheer, behoort nouer met mekaar te skakel.

·Besondere klem moet gelê word op deeglike kommunikasie, om alle
volksverwikkelinge met mekaar te kan kommunikeer. Volksradio's, Die
Afrikaner, internet en kortboodskappe oor loopfone sal aangewend word.

·Die proses vir die registrasie vir die Volks Verkiesings Kommissie
sal bespoedig word om, indien moontlik, die VVK-verkiesing selfs nog
hierdie jaar te hou, as daar meer as 250 000 mense geregistreer kan
word.

Veral die beveiligingsaksie, en die VVK-aksie, moet momentum kry, en
daar moet deeglike voorbereiding gedoen word. Dan sal die volk op 17
Julie vanjaar in groot getalle byeen kom, deeglik voorbereid, by
Paardekraal en die Vrouemonument. Sewentig jaar gelede, op 20 Julie
1940, het 70 000 volksgenote byeen gekom by die Vrouemonument om hulle
eis vir 'n volksrepubliek te herhaal. Daardie geleentheid gaan
herdenk word op 17 Julie, maar ons gaan ook ons vryheidseis hard en
duidelik daar herhaal, en die volk sal dan ook kan bepaal wat verder
gedoen moet word, nadat hy van nou tot dan deeglik voorberei het vir
enige gebeurlikheidsplan.

Die vergadering het dit ondubbelsinnig bevestig dat algehele
volksvryheid die doel is, en dat dit buite die ANC-bestel bereik sal
moet word.

No comments: