Friday, November 27, 2009

Volkshulp - Kersaksie Desember 2009

Feestyd ?

Die jaar snel weer vinnig na 'n einde en almal sien uit na Desember.
'n Maand van rus, ontspan en kuier saam met familie en vriende. Daar
word druk beplan aan die vakansie wat voorlê. Diegene wat na die see
of vakansie oorde toe gaan, tref opgewonde die laaste reëlings.
Kersdag en nuwejaarsdag word haarfyn beplan: wie kom kuier, wat gaan
ons eet, watter geskenke gaan ons vir wie gee. Die moeilike jaar wat
verby is, is vir eers vergete.

Maar ongelukkig is Desember en veral Kersfees of selfs die nuwe jaar
nie iets waarna almal kan uitsien nie. Daar is volksgenote wat niks
het om na uit te sien nie. Hulle toekoms is donker. Geen werk, geen
besittings, geen geld, geen kersete, geen kersgeskenke, geen familie
wat kom kuier nie. Niks nie. En daar is niks om oor opgewonde te raak
nie, want sien, hulle kans op 'n beter lewe word in die wiele gery
deur rasstellende aksie en swart bevoordeling. Dit is mense wat ander
mense in die oë moet kyk net vir hulle daaglikse brood. Mense in wit
plakkerskampe en welsynshuise. En dit is ons mense. Hulle het nie
gevra om daar te wees of om in hierdie omstandighede te wees nie. Maar
hulle is daar en het hulp nodig.

Bravoland is 'n kubertuiste vir ons mense, maar ons voel dat ons mense
is meer as net diegene wat ons op die rekenaar kan besoek. Ons mense
is al ons volksgenote. Ook die wat hulle in sulke moeilike
omstandighede bevind. Dit is hartverskeurend om te dink dat daar
kinders is wat nie eers na 'n kersete kan uitsien nie, wat nog van 'n
kersgeskenk.

Daarom het ons in die verlede en wil ons weer nou in Desember na
hierdie mense uitreik. Ons beplan om op die 13de Desember die Lochvaal
deurgangshuis naby Vanderbijlpark te besoek. Die beplanning is dat ons
die oggend 'n erediens saam met die inwoners bywoon in hulle eetsaal
(wat ook as kerk gebruik word) wat gelei sal word deur een van
Bravoland se eie dominees. Net voor die diens wil ons vir elke inwoner
ook 'n Bybel gee - voedsel vir die siel. Na die diens wil ons graag
aan elke inwoner 'n geskenkpakkie uitdeel – van die kleuters tot die
bejaardes. Daarna gee ons aan elke inwoner 'n braaipakkie en braai ons
almal heerlik saam. Graag wil ons ook genoeg kosvoorraad aan die
deurgangshuis skenk om hulle verder deur te sien tot volgende jaar
toe.
Maar dit alles kos geld. En Bravoland verdien nie 'n inkomste nie.
Hierdie aksie is slegs moontlik omdat ons daartoe bydra. Daarom wil ek
graag 'n beroep op almal doen om te help deur 'n skenking te maak. Dit
kan geld, kos, geskenke, klere, enige iets wees – maar groot asseblief
help ons om hulle te kan help. Kom ons sit weer 'n glimlag op 'n kind
se gesig en 'n huppel in 'n ou mens se stap. Hierdie mense kan nie
help vir die omstandighede waarin hulle verkeer nie, maar ons beskeie
bydraes kan 'n baie groot verskil maak in hulle lewens. En dan nooi ek
u, kom saam met ons op die 13de na Lochvaal. Kom ons wys vir hierdie
inwoners daar is baie mense wat vir hulle omgee. U sal dan ook die
ware boodskap agter Kersfees self ervaar naamlik:

Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet
help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het:
Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
(Handelinge 20:35)

Dit is altyd moeilik om te besluit wat moet nou eintlik in die
geskenkpakkies wees. Daarom wil ons almal se hulp inroep deur 'n
kompetisie te hou. Die inskrywing wat vorendag kom met die beste
geheel voorstel, dit beteken 'n voorstel van 'n geskenkpakkie vir elk
van die groepe hieronder, staan 'n kans om 'n splinternuwe NOKIA N73
mobiele telefoon te wen ter waarde van ongeveer R3,500.00. Omdat
Bravoland nie oor onbeperkte fondse beskik nie, beperk ons die waarde
per geskenkpakkie tot 'n maksimum van R50.00. Almal van Bravoland kan
deelneem. Die Volksraad sal die wenner bepaal en die Volksraad se
besluit is finaal. Die sluitingsdatum vir die inskrywings is middernag
van 3 Desember 2009. Die wenner sal op 10 Desember 2009 aangekondig
word. Daar is nie baie tyd oor nie en dié wat deelneem moet gou spring
en hul inskrywings instuur na: scburger@bravoland.co.za of u kan dit
faks na 086 666 7740. U voledige naam asook forumnaam en
kontakbesonderhede moet op u inskrywing verskyn.

Die inskrywing moet die volgende bevat:

- Voorgestelde inhoud (item moet beskryf word) van geskenkpakkie per groep;
- Voorgestelde leweransier van elke item;
- Prys vir elke voorgestelde item.

Die groepe is:

MANS
DAMES
DOGTERS - 1 tot 4 jaar
DOGTERS - 5 tot 9 jaar
DOGTERS - 10 tot 15 jaar
DOGTERS - 16 tot 18 jaar
SEUNS - 1 tot 4 jaar
SEUNS - 5 tot 9 jaar
SEUNS - 10 tot 15 jaar
SEUNS - 16 tot 18 jaar

Onthou u moet vir elke groep hierbo 'n geskenpakkie saamstel om te
kwalifiseer vir die prys!

Sou u graag 'n finansiële bydrae wou maak vir die kersaksie, dan kan u
dit steeds doen deur die geld te deponeer in een van die volgende
rekeninge:


Volkshulp Bankrekening Besonderhede

Naam: Bravoland Ondersteuners Klub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502
Verwysing: Kersaksie

Rek naam : Oranjekas Spaar en Krediet
Rek no : 27 124 0490
Tak kode : 01 05 45 (Silverton)
Tipe : Tjek
Verwysing : Bravoland

Al die fondse wat so ingevorder word sal aangewend word vir Kersaksie 2009.

Kom ons maak van hierdie 'n grootse aksie.

Boere groete.

Monday, November 23, 2009

Gert Opperman se wanvoorstelling van die waarheid

Na aanleiding van die berig in Beeld op 19 Nov 2009: "*16 Desember: 'Geen
ontwrigting geduld'*", rig die Pretoria Verkennersjeug graag 'n versoek aan
Gert Opperman, HUB van die Voortrekkermonument, om by die waarheid te bly
wanneer hy publieke verklarings maak.

Die Pretoria Verkennersjeug is nou keelvol vir die voortdurende verdraaings
van die waarheid wat deur Gert Opperman verkondig word ten einde sy swak
saak in die publiek te regverdig. Deur die verspreiding van wat ons beskou
as blatante leuens en halwe waarhede skep hy verskeie wanindrukke.

Opperman se verklaring dat die Pretoria Verkennersjeug buitelands besoekers
beledig het, is 'n blatante leuen. Daar was geen buitelandse besoekers
tydens die geskenkwinkelaksie teenwoordig nie. Indien hy hierdie leuen nie
self geskep het nie, moet hy in die vervolg seker maak van die feite wat hy
ontvang voor hy dit in die publiek verkondig.

Die vergadering wat vir Saterdag 14 November by die Monument gereel was, was
'n inisiatief van Orania se jeugbeweging. Opperman het egter die indruk
geskep dat dit die Pretoria Verkennersjeug en/of Bravoland was wat hierdie
vergadering gereel het. Dit het hom so gepla dat hy vir 'n
regsverteenwoordiger opdrag gegee het om alle Verkenners te verban van die
Voortrekkermonument en Bloedrivier. Die Verkennersjeug en Bravoland is as
gaste genooi saam met verskeie ander vryheidsgesinde jeugorganisasies. Ons
dink eerder Opperman wou die vergadering in sy geheel kelder, omdat hy hom
deeglik van ons volk en sy vryheidstrewe gedistansieer het.

Wat die sluit van die hekke tydens die 60-jarige bestaansherdenking betref
het Opperman weereens net aangeneem dat dit die Verkennersjeug is. Weereens
het hy nie seker gemaak van sy feite nie.

Dit is opvallend dat Opperman poog om van hierdie kultuur saak, 'n politieke
saak te maak, deur na die Pretoria Verkennersjeug as "regs" te verwys. Mens
kan seker aanneem uit hierdie uitlating van Opperman dat hy homself as
"links" beskou en dit wil verkondig aan die wêreld. As "regs" dieselfde as
volksgerig en behoudend sou beteken, is ons trots op die etiket wat Opperman
aan ons gegee het. Dit sou egter beteken dat "links" dieselfde beteken as
"volksvyandig" en mens kan maar net wonder of Opperman net so trots sal wees
op hierdie etiket wat hy aan homself gegee het.

Dit is egter hartseer dat Opperman telkens politiek by die
Voortrekkermonument en Bloedrivier moet insleep en dit is net so hartseer
dat hy sy eie politieke voorkeure op die Voortrekkermonument en Bloedrivier
wil afdwing. Sy poging om verlede jaar se Gelofteherdenking by Bloedrivier
in 'n Versoeningsdag viering te verander, is 'n sprekende voorbeeld van
hierdie feit. So ook sy alewige integrasie pogings by die
Voortrekkermonument, soos die sanger uit Soweto wat Boereseun gesing het
tydens die 60ste herdenking van die opening van die Voortrekkermonument en
die kleurling model wat halfnaak op die senotaaf afgeneem is. Polities
gemotiveerde integrasie van hierdie aard, sal lei tot die kulturele
disintegrasie van die Afrikaner en mens kan maar net wonder of dit Opperman
se plan is.

Ten slotte moet Opperman kennisneem dat die Afrikaner NOOIT bloot sal toekyk
terwyl sy erfenis vertrap word nie. Die verset teen die vertrapping sal
aanhou en geen dreigemente sal dit stop nie. Opperman moet vir sy eie
onthalwe ook nie die wanopvatting koester dat dit net die Verkenners is wat
hierdie verset instand sal hou nie, dit mag hom nog baie ontnugtering in die
toekoms besorg.

Mag die volksgerigde Afrikaner homself egter altyd by die waarheid hou,
selfs wanneer hy verset pleeg.

Werner Smook

Pretoria Verkennersjeug


------------------------------------------------------------------------

Die berig in Beeld wat betrekking het:

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ff5a908d0e61402d9d787c94694730ab/19-11-2009-10-43/16_Desember_%E2%80%98Geen_ontwrigting_geduld%E2%80%99

--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug

Saturday, November 21, 2009

Afrikanerfront sit sy voet neer!

Die Afrikanerfront, bestaande uit 24 deelnemende organisasies, het tydens sy
maandelikse bestuursvergadering op 20 November 2009 met misnoeë kennis
geneem van die gebeure rondom die Voortrekkermonument. Die optrede van
sekere van ons lede-organisasies was bloot reaksies op die links radikale
benadering van generaal Gert Opperman wat toenemend die Voortrekkermonument
misbruik met geleenthede wat onvanpas is. Dit is veral opmerklik dat
generaal Opperman die skuld by die reaksie op sy verkleinerende optrede op
diegene plaas wat op sy optrede reageer in plaas daarvan om die rede vir die
reaksie by homself te soek.

Die kritiek en gevolglike optrede van jong Afrikaners was juis gemik teen:

a. Die verskaffing van voorbehoedmiddels op die
monumentterrein.

b. Die afneem van halfnaak modelle op die sarkofaag

c. Die aanwend van volksvreemde kunstenaars by
volksherdenkingsgeleenthede.

d. Daar was ook ander vreemde optredes – selfs by die
Bloedriviermonument.

Generaal Opperman moet besef dat hy nie eienaar is van die Monument nie,
maar bloot tydelike bestuurder. Die Monument is volksbesit en hy behoort dit
namens die volk reg te bestuur. Hy kan homself nie probeer verskans agter 'n
art. 21 maatskappy nie. Die maatskappy is net die administratiewe beheerders
namens die Afrikanervolk.

Die uitvlugte van generaal Opperman na die polisie en regsverteenwoordigers
herinner aan die optrede van generaal Jan Smuts toe hy ook van sy volk
vervreemd geraak het. Die indruk wat Opperman by die ANC probeer skep dat
Afrikaners sy "politieke korrekte" aktiwiteite ondersteun, is misleidend en
daardeur vervreem hy hom van die kultuurvaste Afrikaner.

Uitgereik deur die Bestuur van die Afrikanerfront.

Rudolf Buitendach Prof. Hendrik van der Wateren

Friday, November 20, 2009

Generaal Opperman belet sekere Boere van die Voortrekkermonument en Bloedrivier

'n Sterk polisieteenwoordigheid sal rondom 16 Desember by die
Voortrekkermonument in Pretoria en die Bloedrivier-gelofte*terrein
heers om ontwrigting van enige aktiwiteite te voorkom.

Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die monument, het gister
gesê geen ontwrigting sal meer geduld word nie.

Dit kom nadat 'n groep jeugdiges sowat 'n week gelede die program ter
viering van die monument se 60ste bestaansjaar in die wiele wou ry.

Hulle het gepoog om die hoofhekke met kettings en slotte te sluit om
gaste toegang tot die terrein te ontsê.

Die polisie ondersoek dié voorval tans en regstappe kan teen die
oortreders volg.

Opperman het gesê daar was ook vroeër vanjaar nog twee voorvalle toe
lede van 'n "regse jeugbeweging" onder meer die geskenk*winkel beset
het en na-uurs met aflospersoneel en buitelandse besoekers by die
Erfenissentrum ingemeng en hulle beledig het.

In Desember verlede jaar het nog 'n groep studente die ingang na die
wa-laer by Bloedrivier versper, terwyl lede van Dogter van Sion by die
hek ingejaag en in die proses byna iemand raak gery het.

Volgens Opperman moet die nodige voorsorgmaatreëls getref word om 'n
herhaling van die voorvalle te voorkom.

'n Woordestryd woed die afgelope maand tussen Opperman en die
Verkennersbeweging.

Mnr. Henk van de Graaf, president van die beweging, het gesê hulle het
vroeër kapsie gemaak omdat die monument se direksie tydens die 60ste
bestaansjaarvieringe "agteroor gebuig het en musikante van Soshanguve
en Soweto ingesluit het.

Dít terwyl dit eerder 'n suiwer Afrikaner-fees moes wees".

Hy het gesê die beweging het 'n prokureursbrief van Opperman gekry
waarin lede prakties toegang tot die monument en sy talle geriewe
verbied word, asook by Bloedrivier.

"Hierdie word gesien as 'n daad van aggressie deur Opperman na
aanleiding van herhaalde meningsverskille oor voorvalle wat hy geskep
of toegelaat het om plaas te vind wat volgens die beweging nie pas by
die aard en kultuur van die monument nie."

Van de Graaf het gesê dis 'n absolute skande dat juis diegene wat die
belang van die monument op die hart dra en as waghond vir
volksvervreemding daarvan optree, toegang verbied word.

Volgens Van de Graaf is dit tydens 'n gesprek met Opperman duidelik
gestel dat die Verkenners die monument so heilig beskou dat hulle met
geen optrede die waardigheid daarvan sal aantas nie – "só anders as
die modeparades, popkonserte en onvanpas geklede vroue wat op die
senotaaf vir foto's poseer en wat onder die bestuur van Opperman
plaasvind".

Opperman het gesê hy sal nie skroom om 'n interdik teen mense te kry
wat aktiwiteite wil ontwrig nie.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ff5a908d0e61402d9d787c94694730ab/19-11-2009-10-43/16_Desember_%E2%80%98Geen_ontwrigting_geduld%E2%80%99

Thursday, November 19, 2009

Moenie van uitsonderings die reël maak nie

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php

Wanneer 'n volk, of dan ten minste 'n kerngedeelte van die volk,
namens die passiewe res van die volk 'n vryheidstryd voer, word sekere
opofferings en offers gevra. Ongelukkig is dit so dat dit die klein
groepie vasberade idealiste en diegene met die visie van vryheid is,
wat daardie offers bring, ook namens die passiewe res van die volk,
terwyl daardie passiewe deel van die volk wel uiteindelik die voordeel
daaruit gaan trek. Dit was so in die verlede, dit is so in die hede,
en in die toekoms sal dit netso gebeur.

Mense wat vanuit Europa vertrek het in die sewentiende eeu, was die
klein groepie wat sterk gevoel het oor byvoorbeeld geloofsake, en het
daarom na Suid-Afrika gekom. Die Groot Trek, was in wese 'n trek van
'n minderheid van die Kaapse bewoners van daardie tyd. Die meerderheid
het hulle die verdrukking en vertrapping van die Engelse laat
welgeval. Dit was slegs 'n handjievol Boere wat so sterk oor hulle
vryheid gevoel het, dat hulle die lang pad na iewers waar aangepak
het. Maar dit was daardie handjievol wat die geskiedenis van hierdie
land onherroeplik in 'n bepaalde rigting gestuur het. Maar dit was ook
daardie handjievol wat bereid was om aanvanklik verguis en bespot te
word deur die agterblywendes. En dit was daardie handjievol wat die
offers gebring het: wat alles agtergelaat het, die ontberings
getrotseer het, en wat deur die barbare vermoor is by 'n Weenen en
Bloukrans.

Selfs gedurende die twee Vryheidsoorloë was dit 'n minderheid wat
aktief die wapen teen die Engelse kolonialis en imperialis opgeneem
het, en die reeds klein groepie is later verder verklein, toe
hanskakies die Engelse aanvanklik ter wille was en later aktief
ondersteun het, en toe die verraaiers hulle aan die kant van die
Engelse geskaar het om teen hulle eie mense te veg. Ja, daardie
verraaiers wat selfs bereid was om hulle eie volksgenote, hulle pa's
en broers, te vang of dood te skiet, net om die guns van die vyand te
probeer wen – iets wat uiteindelik futiel was, want geen verraaier
word ooit vertrou nie: nie by sy eie mense nie, en ook nie by diegene
aan wie hy sy verraaiersdiens of –mentaliteit aanbied nie.

Maar dit maak nie van alle Boere verraaiers nie. Hulle was die
uitsondering, en nie die reël nie. Ook vandag is die werklike
volksverraaier wat met die vyand heul, gelukkig die uitsondering en
nie die reël nie, alhoewel dit soms wel voel of die passiewe deel van
'n volk, hulle dalk eerder skaar aan die verkeerde kant, maar dis net
'n indruk wat nog nie bewys is nie.

Netso word indrukke as feite aanvaar, soos dat ons as volk nie kan
saamstaan nie. Die geskiedenis het al geleer dat as die nood druk, ons
wel gesamentlik kan optree. Die enkele verraaiers, wat skeef en dwars
trek, bly die uitsondering en maak nie die reël nie. Die reël is dat
ons wel kan saamwerk as omstandighede dit vereis. Die skeeftrekkende
randeiers word dan outomaties uitgedruk en uitgeskuif, juis omdat
hulle die uitsondering verteenwoordig en nie die reël nie.

Netso is dit so dat die Boere- of Afrikanervolk harde werkers is. Dit
is uiteindelik hulle wat die kennis opgebou het en die inisiatief
geneem het om paaie, hawens en lughawens te bou, terwyl die nuwe
bewindhebbers wat nie deel van ons volk is nie, in groot mate steeds
daardie infrastruktuur met plesier gebruik, daar waar hulle dit nie
deur slegtigheid en onbekwaamheid laat verval het nie. Ons mense kan
werk. Dis die reël. Daar is egter die uitsonderings op die reël ook.

Waar ons toenemend op mekaar aangewese is, is dit ook noodsaaklik dat
ons volkseie arbeid moet aanwend bo die volksvreemde arbeid, omdat
hulle ons geld teen ons gebruik, en volksvreemde arbeid toenemend ook
'n veiligheidsrisiko word. Maar te dikwels word die argument gehoor
dat van ons eie mense slegter werkers is as volksvreemdes. Inderdaad
is daar van ons mense wat geen werksetiek het nie, maar ook hulle is
die uitsondering, en verteenwoordig nie die reël nie. Maar ook in ons
optrede, moet ons nie reëls verander nie: as 'n boer bereid is om sy
volksvreemde werker ses en dertig jaar lank elke dag te maan om die
hek agter hom toe te maak, is dit seker nie te veel gevra om ons
volkseie arbeiders twee maande te vra om die hek toe te maak nie, in
plaas van net te aanvaar hy sal die hek toemaak.

Laat ons ons nie moedeloos maak met uitsondering-verraaiers nie, en
laat ons nie volkseie arbeid vermy omdat ons verkeerdelik van die
uitsondering 'n reël wil maak nie. Maar inderdaad moet die
uitsondering, of hy nou 'n verraaier is of te sleg is om te werk,
uiteindelik as randeiers uitgestoot word. Die eise van ons stryd, om
oorlewing en vryheid, laat geen plek vir remmende uitsonderings nie.

Voortrekkermonument verset duur voort

From: Sanderis Maartens <smaartens@gmail.com>
Date: Thu, 19 Nov 2009 08:28:16 +0000
Subject: Voortrekkermonument verset duur voort
To: "bemarking@voortrekkermon.org.za vtminfo@lantic.net
hub@voortrekkermon.org.za gert.opperman@midrand-estates.co.za
webmeester@voortrekkers.org.za" <hoofkantoor@voortrekkers.org.za>,
onsstem-van-die-nasie@googlegroups.com,
onsstem-van-die-nasie@yahoogroups.com

Ope brief aan:

Die Direksie van die Voortrekkermonument, Per adres Generaal Opperman.

Dit is met diepe teleurstelling dat "Ons vir Jou" kennis neem van die
blatante "volksverwydering" wat deur Generaal Opperman en die Direksie
van die Voortrekkermonument bewerk word, deur met die hulp van 'n
interdik, die reg van toegang deur van die wetlike "eienaars" van die
VTM, in te perk.

"Ons vir Jou" aanvaar dat hierdie stap deur Opperman kwaadwillig en
opsetlik uitgevoer is met die doel om die Afrikaner- en Boervolke te
verneder en om skeiding te bewerk tussen hierdie volke en hul
historiese erfenis.

Opperman word dan gesien as "vertrapper van volksreg" en sal
dienooreenkomstig aangeteken en uit die "volksregisters" van "Ons vir
Jou" verwyder word, sou sy naam daar aangeteken wees.

Voorts word die Direksie van die Voortrekker Erfenisterrein aangeraai
om sonder verwyl die naam van "Ons vir Jou" te voeg by die van
Bravoland en die Verkenners, synde Ons vir Jou in solidariteit met
beide organisasies, aan enige en alle aksies teen die Direksie van die
VTME in die algemeen, en Generaal Opperman spesifiek, sal optree.

Sakkie vd Schyff
Administrator "Ons vir Jou".

Groete,
Die Streef na Eendrag Span.

Wednesday, November 18, 2009

Verkennerspos PTA

Geagte Verkenner/Oud Verkenner/Belangstellende

Die Verkennersbeweging het die afgelope tyd 'n mooi groei getoon, en dit is
dalk te danke aan die suksesvolle aksies wat die beweging geloods het die
afgelope jaar of twee. Dit is egter so dat die Pretoria pos van die
Verkennerbeweging on-aktief geraak het. In die tye wat ons leef is dit
uiters noodsaaklik dat die pos weer aktief raak en groei.

Hiermee wil die Verkennerbeweging u dan uitnooi na die her-aktivering van
die Pretoria pos. Ons be-oog om die pos weer een van die sterkste en
grootste poste te maak van die Verkennersbeweging. Die besonderhede van die
byeenkoms is soos volg :

Datum : 26ste November 2009
Tyd : 18:30
Plek : TLU Gebou (Jamesrylaan 194, Silverton)

Versprei ook asb die e-pos aan al die volksgenote in die Pretoria omgewing
om hierdie geleentheid by te woon. Nuwe lede wat wil aansluit sal ook die
geleentheid he om ingestel te word as Verkenner.

Vir enige navrae skakel gerus die skrywer by 084 512 9035

Sien u daar!

Jan Beyers

Orania vakansieprogram

Vet vakansiepret!!

Hierdie jaar bied Orania weer n vol vakansie program aan met Kunsfilm
vertonings; Trekker en sleepwaritte deur die Pekanboorde; 4X4
vertonings; n groot Geloftefeesviering; n Potjiekoskompetisie; n
Vlotvaart met Kersmusiek en baie, baie meer.

Hopeloos te veel om alles hier te noem, daarom is die volledige
vakansieprogram aflaaibaar by
http://www.facebook.com/l/f7f60;www.orania.co.za/wp-content/uploads/2009/11/vakansieprogram-2009.pdf

Alhoewel die vakansieprogram vol gepak is vol konserte; sport
aktiwiteite en interessanthede om die kinders te vermaak is elkeen wat
wil net so welkom om rustig op die oewer te sit en visvang. Onthou net
asseblief dat Orania oor die Desember al hoe gewilder raak as vakansie
bestemming en dit deesdae nodig is om vroegtydig te bespreek as jy
plek wil kry.

Kontak gerus die Oraniabeweging by :053 207 0057/62 of inligting@orania.co.za
Soos altyd kan u ook ons webblad
http://www.facebook.com/l/f7f60;www.orania.co.za besoek vir die
nuutste nuus.

Groete,
Orania FB groep

Monday, November 16, 2009

Bravolanders en die Voortrekkermonument

Bravolanders was uiters verbaas toe die nuus breek dat hulle belet is
om bepaalde punte by die Monument te betree. Dat iemand belet word
weens sekere handelinge, kan moontlik meriete hè, maar om te
veralgemeen is werklik swak smaak.

Toe die President van die Verkenners later 'n skrywe ontvang waarin
te kenne gegee word dat mense wat hulle wangedra, optrede kan verwag,
het dit minder logies geword waarom die beletsel dan op Bravolanders
van toepassing gemaak kon word.

Bravolanders het talle jong, beskaafde burgers, maar ewe so is daar
die gryskoppe wat verstom is dat hulle nou ook belet word om daar
teenwoordig te wees. Nou blyk dit dat Bravolanders, en blykbaar ook
Verkenners daar mag opdaag, solank hulle nie inmeng nie.

Nou waarom dan nou 'n beletsel plaas op honderde Bravolanders waarvan
daar myns insiens hoogstens twee of dalk drie persone is wat vir die
Generaal probleme gegee het. Waarom nie maar vir die prokureur Jan vra
om vir hulle elkeen 'n brief te skryf en hulle belet nie; nee, nou
word ek en jy wat baie onskuldig is, onder dieselfde juk gebring. Dit
is nou nie iets om oor skaam te voel nie, want onskuldiges het nie
nodig om die Generaal te gehoorsaam nie. Onskuldige Bravolanders sou
daar kon opdaag en niemand sou dit kon waag om aan hierdie mooi
welopgevoede Bravolanders iets te doen nie.

Kom ons wees meer prakties. Hoe gaan enige iemand weet as ek en jy
daar opdaag dat ons as Bravolanders nie daar op gegewe plekke mag wees
nie – want wie gaan verklaar dat ons Bravolanders is. Tweedens: Soos
die Generaal dit gestel het, sal niemand iets aangedoen word wat binne
die wet optree nie. Ag nou ja, dan wil dit mos lyk asof enige
Bravolander wel besoek kon bring, solank daar nie "ingemeng" of moes
dit gelees het "vermeng" het met die vreemdes in ons poorte nie.

Maar daar is ook 'n ander sy van die saak: As Afrikaners nou hierdie
houding inneem, dan ontketen dit argwaan en aggressie – veel eerder
moes die Generaal 'n brief gerig het en al die Verkenners en
Bravolanders vriendelik uitgenooi het na die betrokke geleentheid. Dan
het hy die visie van 'n leier openbaar – en die guns van almal op hom
verenig. Dan, soos in elke geval, of dit nou wie is, kan daar opgetree
word teen enige persoon wat "vermeng" met die amptenary of wie ook
almal wat na aan die hart van die Generaal en sy prokureursvriend Jan
is.

Dit bring mens by die slotsom – enige persoon wat nie volgens die
reëls van die Generaal optree nie, staan 'n kans dat daar teen so
iemand opgetree kan word. Nou, waarom dan Bravolanders oor die
algemeen kom staan en kwaad maak. Dit wil dus voorkom dat die
Bravolanders wat tot hede 'n finansiële bydrae gemaak het, dit sal
moet heroorweeg.

Daar kan moontlik regsmening verkry word oor die wettigheid daarvan om
Bravolanders wat die afgelope vyf jaar nie naby die terrein was nie,
nou te belet om dit te betree. Die rede is eenvoudig: Daar is honderde
mense wat nie burgers is van Bravoland nie, wat weet dat ek en jy
Bravolanders is, en wat nou vraagtekens plaas oor ons handelinge.

Miskien het die Generaal nie mooi gedink nie – maar net miskien het hy
mooi gedink, en wil hy eerder die volksvreemdes by ons erfnis ontvang
– Bravolanders is tog Afrikaners.

Sou dit dalk die rede wees waarom die Generaal sulke snaakse dinge
toelaat, nee, sulke snaakse dinge reël dat hy nou die vreemde naam
gekry het van "pienk"? Ons sal ernstig moet besin oor ons finansiële
ondersteuning solank hy die amp van Generaal-van-die-Monument beklee.

Ons verfoei sy optrede – en ons sal ons nie deur sy
kamma-weermag-houding laat intimideer nie!!

Friday, November 13, 2009

Interdik teen Verkenners en Bravolanders

Die Pretoria Verkennersjeug het die volgende hofinterdik teen die Verkenners
en Bravoland ontvang:

(Die teks is oorgetik en kan moontlik spelfoute bevat wat nie in die
oorspronklike dokument voorkom nie. Die teks daarvan kon nie gedupliseer
word nie. Oorspronklike dokument word ook by hierdie e-pos aangeheg)

----------------------------------------------------------------------------

*Meneer*

*Kennisgewing van beperking op toegang in lig van herhaaldelike ontwrigtende
optrede op die Voortrekkermonument en natuurreservaat*

* *

*Hierdie skrywe word in opdrag van ons Klient, die direksie van die
Voortrekkermonument en Natuurreservaat, aan u gerig sonder benadeling van
regte ten opsigte van vorige insidente van ontwrigtende aksies wat lede van
die Verkennersjeug en die Verkennersjeug Pretoria op die Voortrekkermonument
en Natuurreservaat gepleeg het.*

* *

*Kennis is geneem van die beplande bywoning deur "jeuglede van die
Verkenners en Bravoland" van die 154 Afriforum Afrikaanse Musiekfees by die
Voortrekkermonumnet Erfenisterrein se groot amfiteater op Saterdag, 14
November 2009 en u beplande vergadering te die Voortrekkermonument om 16:00
op vermelde datum.*

* *

*In die lig van die ontwrigtende en eiegeregtigde optrede van lede van die
Verkennersjeug op die Voortrekkermonument Erfenisterrein, word die VTM se
reg op voorbehoud van toegang hiermee uitgeoefen. In die lig daarvan sal u
lede welkom wees om slegs die musiekfees by die Amfiteater by te woon, maar
word hulle hiermee reg van toegang geweier tot enige ander fasiliteite op
die Voortrekkermonument Erfenisterrein, insluitend die volgende:*

*Die Voortrekkermonument, insluitende die kapel, die kiosk, die
geskenkwinkel en die restaurant.*

*Die VTM se hoofkantoor en die kunsgalery.*

*Die Erfenissentrum*

*Die piekniekterrein*

*Fort Schanskop*

* *

*Geliewe kennis te neem dat enige van die volgende in 'n baie ernstige lig
gesien sal word en dat daar dienooreenkomstig opgetree sal word teen enige
lid van u organisasies of enige ander persoon wat saam met u of onder u
vaandel optree, indien hulle hul skuldig maak aan enige van die volgende
voor, tydens of na afloop van die musiekfees:*

* *

*Betreding van enige van die fasiliteite soos hierbo vermeld.*

*Enige vorm van inmenging met die werknemers van die Voortrekkermonument.*

*Enige vorm van inmenging met enige van die huurders of hul fasiliteite op
die Voortrekkermonument.*

*Enige vorm van inmenging met enige van die huurders of hul fasiliteite op
die Voortrekkermonument Erfenisterrein.*

*Enige vorm van inmenging met die toegang tot die Voortrekkermonument
Erfenisterrein.*

*Enige vorm van inmenging met die gewone besoekers aan die
Voortrekkermonument Erfenisterrein.*

* *

*Ons kliënt sou verkies dat die dag insidentvry verloop, maar wil grag
beklemtoon dat dit sal afhang van u lede se gesindheid en optrede en dat
geen toegewings aan hulle gemaak sal word nie. U word verseker dat die
nodige reëlings getref is vir regsbeamptes om bostaande af te dwing, al
beteken dit dat oortreders gearresteer en van die terrein verwyder moet
word.*

*Geliewe ook kennis te neem dat die inhoud van hierdie skrywe die basis sal
vorm van enige aansoek om 'n interdik wat met koste teen u en u organisasies
aangevra sal word in geval van enige verdere ontwrigtende en eiegeregtigde
optrede op die Voortrekkermonument Erfenisterrein en enige van die ander
gebiede onder beheer van die Voortrekkermonument en die
Erfenisstigting, insluitende
Bloedrivier.*

*Enige dringende navrae deur u of u regsverteenwoordigers kan te enige tyd
aan skrywe direk gerig word by 083 459 0292.*

* *

*Geliewe ontvangs te erken*

*Die uwe*

* *

*Jan Ehlers Prokureurs*

*
*

----------------------------------------------------------------------------


'n Mens kan werklik uit verskeie hoeke na hierdie belaglike optrede van Gert
Opperman kyk. Daarom is dit werklik so dat ons dit as 'n eer kan sien. 'n
Eer dat ons verset in die verlede so invloedryk was en ernstig opgeneem is,
dat daar nou 'n hofinterdik teen ons gekry moes word. Hierdie eer kom egter
nie ons alleen toe nie, omdat ons nie die enigste organisasie/groepering in
volksgelere is wat al menigmaal in die verlede gekant was teen sekere
gebeure by die VTM onder aanvoer van Gert Opperman nie.


As ons kyk na die uitvoerbaarheid van hierdie interdik, wel, geen lid van
die Verkenners of Bravoland mag op enige ander plek op die terrein buiten
die Amfiteater wees nie. Wat meer is, is die feit dat die grap van 'n brief
eers omstreeks 12 uur vandag, ja, Vrydag 13 November (hoeka!!!) begin
sirkuleer het. Of is dit nou sirkusleer??? Is ons nou veronderstel om
hierdie brief binne 'n paar uur by al ons lede uit te kry? Wat van die lede
wat gladnie vooraf daarvan kennis kon neem nie?


Die ironie is dat ons nooit eers beplan het om enige aksie te loods nie.
Ons het nie eers ontevredenheid oor die konsert uitgespreek nie! Wat wel
waar is, is dat die jeug van die Verkenners en van Bravoland genooi is vir
'n jeugvergadering waarna verskeie vryheidsgesinde jeugorganisasies genooi
is. Dit is gladnie 'n inisiatief van die Verkenners of van Bravoland nie.


Waaroor ons egter bly is, is dat Gert Opperman en sy "direksie" die streep
getrek het, nie ons nie. Nou weet ons net nog beter waar ons met hom
staan. Hy en sy "direksie" het die vermeutelheid om ons te wil arresteer
vir betreding op 'n plek wat vir ons as volk kosbaar is. Dit alles teen die
agtergrond van ons optrede en verset in die verlede wat in belang was van
die Voortrekkermonument en dit wat ons na aan die hart lê.


Intussen is Gert en sy meelopers besig om dit te vertrap. Op die korttermyn
mag dit lyk of hulle daarmee wegkom, maar die lewe is mos maar baie soos 'n
wiel... Hy moet net nie eendag dink dat jammer alles gaan regmaak nie.


Ons sal hierdie daad van vyandigheid onthou teen die agtergrond van die
gebeure wat dit vooraf gegaan het.


--------------------------------------------------------------------------------------

Hier volg dan ook die mediaverklaring van die Verkennersbeweging van
Suid-Afrika.

*Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika*

*Kantoor van die Verkennerspresident***

Posbus 732 Rayton 1001

Transvaal Suid-Afrika

Tel **27 (0)83 4118229 Faks **27 86 693 8001

e-pos: henk@hvo.co.za

www.verkenners.org.za


Ons kan! Ons wil! Ons sal!


________________________________________________________________________

*Mediaverklaring*

*Verkenners by Voortrekkermonument belet*

*13 November 2009*

Die Verkennersbeweging het vanmiddag 'n skrywe van mnre. Jan Ehlers
Prokureurs ontvang namens sy kliënt, genl. Gert Opperman, van die
Voortrekkermonument. Die effek van die skrywe is dat lede van die
Verkennersbeweging toegang tot die Voortrekkermonument en talle van sy
fasiliteite verbied word, asook by Bloedrivier. 'n Toegewing is wel gemaak
dat die musiekfees more, vir die 154-jarige herdenking van die stigting van
Pretoria, bygewoon mag word, maar die voorwaardes is van so 'n aard, dat
selfs dit kan lei tot die arrestasie van lede van die Verkennersbeweging, en
selfs hulle gesinslede, synde mense in hulle teenwoordigheid.

Hierdie optrede word gesien as 'n daad van aggressie deur genl. Opperman na
aanleiding van herhaalde meningsverskille oor insidente wat hy of geskep of
toegelaat het om plaas te vind, wat na die mening van die Verkenners nie pas
by die aard en kultuur van die Voortrekkermonument nie.

In die skrywe van die prokureurs word valse stellings gemaak, soos dat die
Verkenners enige optrede by die verrigtinge more sou beplan het, en dat die
Verkenners 'n vergadering sou beplan het. Beide aantygings word kategories
ontken, en heel duidelik het die prokureur se kliënt hom *of *moedswillig
onder 'n verkeerde indruk gebring om sy saak te bewys, *of* die kliënt gaan
ernstig mank aan betroubare informante wat vir hom stories aandra.

Dit is 'n absolute skande dat juis diegene wat die belang van die Monument
op die hart dra en as waghond vir volksvervreemding daarvan optree, en
bereid is om daarvoor met welke vreedsame middele ook al standpunt in te
neem, toegang tot die Monument verbied word. Tydens die gesprek wat verlede
week met genl. Opperman persoonlik plaasgevind het, is dit duidelik gestel
dat die Verkenners die monument so heilig beskou, dat hulle geen optrede
binne die monument sal doen wat die waardigheid daarvan sal aantas nie: so
anders as modeparades, popkonserte en onvanpas geklede vroue wat op die
senotaaf vir foto's poseer, en wat plaasvind onder die bestuur van genl.
Opperman.

Dat die musiekkonsert wel uitgesonder word vir toegang, is 'n klug. Enige
Verkenner wat dus oor die piekniekterrein na die amfiteater sou stap, staan
die geleentheid om gearresteer te word. In effek kan Verkenners nie die
geleentheid bywoon nie.

Verder word die brief van die prokureur as 'n agteraf daad van genl.
Opperman beskou. Verlede week is groter openheid en kommunikasie met mekaar
afgespreek. Genl. Opperman het geensins enige moeite gedoen om hom te
vergewis van feite nie, en op grond van foutiewe inligting dadelik tot die
aggressiewe daad van 'n prokureursbrief oorgegaan.

Senior regsadvies word tans ingewin. Intussen sal alle gesprekvoering met.
genl. Opperman opgeskort word

*Henk van de Graaf*

*President*

Dokument by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/fec1c7ebc1919b

Tuesday, November 10, 2009

Projek 2010

Daar word beraam dat reeds soveel as 20 000 Afrikaners vermoor is sedert
die ANC aan bewind gekom het in 1994.

Tans is daar 'n projek aan die gang om hierdie name te lys, net soos die
name van ons volk se 27 000 vroue en kinders wat onder die Engelse bewind
vermoor is, gelys is as deel van ons volk se historiese geheue.

Ons mag nie ons mense wat vermoor is, vergeet nie. Daarom is dit
noodsaaklik dat elkeen van hulle se name gelys en onthou moet word vir die
toekomstige geslagte.

Dit is 'n groot taak, en amptelike instellings wil geen samewerking gee
nie. Daarom word almal gevra om te help om hierdie besonderhede bymekaar te
maak.

Gaan besoek asb. http://www.projek2010.co.za en help met die
bymekaarmaak van die
data.

Stuur asb. hierdie e-pos ook aan ander volksgenote, landwyd en ook die
wat na die buiteland is juis as gevolg van hierdie wantoestande, sodat
hierdie projek momentum kan opbou. Daar word gepoog om hierdie databasis op
10/10/2010 te voltooi.


--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug