Saturday, February 28, 2009

Bernadine Kruger (16) deur taxi doodgery

Agtergrond:

Bernadine Kruger (16) is Maandag, 23 Februarie 2009, op pad na die Hoërskool
Garsfontein in Pretoria dood nadat 'n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter
het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar
gery het.


Foto's wat by die toneel geneem is, is aan die e-pos aangeheg.

Luister gerus na die klankbane op ons aanlyn databasis by:
http://www.4shared.com/dir/13020745/16bd7efc/Bernadine_Kruger.html


*Bernadine Kruger nuusberig 24 Feb 09* - is 'n nuusberig wat vandag (24 Feb)
op Radio Pretoria uitgesaai is.
*
Bernadine Kruger se dood - Pieter Moller - *is 'n onderhoud wat vanmiddag
(24 Feb) op Volksmikrofoon op Radio Pretoria uitgesaai is.


-------------------------------------------------

Die polisie het aanvanklik nie die bestuurder van die taxi gearresteer nie,
hulle verskoning was dat die ondersoek nog nie voltooi is nie.

Vir die HNP was dit onaanvaarbaar en hulle het die volgende protesbrief aan
die SAP oorhandig:


Die Stasiekommissaris

SA Polisiediens

Garsfontein

Pretoria

Meneer

EIS TOT ARRESTASIE

Ons is tot in ons diepste wese geskok oor die feit dat iemand wat prima
facie 'n ernstige oortreding begaan, wat lei tot die dood van 'n kind, op
vrye voet gestel word, sogenaamd omdat die ondersoek "nog nie voltooi" is
nie.

Ons verwys na die gruwelike insident waartydens die 16-jarige Bernadine
Kruger van haar bromponie af gejaag is deur 'n onverskillige moord-taxi, wat
eenvoudig oor haar gejaag het, en nog bo-oor die meisie ook is, sodat haar
kort lewe op die mees gruwelike en barbaarse wyse denkbaar so beëindig moes
word.

Dit is absoluut onaanvaarbaar dat die bestuurder van die moord-taxi steeds
op vrye voet verkeer. Hy moes reeds op die toneel gearresteer gewees het en
uit die samelewing verwyder word, sodat hy nie nog dalk slagoffers kan eis
nie. Daarom eis ons nou dat hy onmiddellik in hegtenis geneem moet word.
Indien dit 'n blanke sou gewees het wat 'n swart kind doodgery het, sou hy
beslis al lankal vergete agter tralies gesit het. Die feit dat hierdie
taxi-bestuurder nie gearresteer is nie, is volgens ons die verlenging van
die Staat se beleid van swart bevoordeling, wat beteken dat selfs vermeende
swart misdadigers teen blankes, met sagter handskoene hanteer word as
vermeende blanke misdadigers, teen wie daar dikwels minder getuienis bestaan
as in hierdie geval. As die media ooggetuies kan aanhaal en daaroor
rapporteer, behoort die SAPD seker al méér getuienis beskikbaar te hê. Dus
is daar prima facie getuienis op grond waarvan dié man summier opgesluit
moet word.

Verder eis ons dat daar strenger opgetree moet word teen die wetteloosheid
van minibus-taxi's. Hulle is besig om die frustrasie van die publiek
sodanig op te jaag, dat die publiek een of ander tyd self die reg in eie
hande gaan neem. Dit sal slegs die gevolg wees van patetiese wetstoepassing
in ons land.


(Dr) PW Möller

ONDERLEIER

--------------------------------------------------------------------

Die volgende terugvoer is ontvang van een van die persone wat by die
oorhandiging van die eis betrokke was.

* 'n Uur gelede het die polisie ons in kennis gestel dat die taxi-bestuurder
in hegtenis geneem is, in die selle geplaas word en more in die hof sal
verskyn. So terloops is opgemerk dat dit 'n wit ondersoekbeampte was wat
die saak verder geneem het, waarop dr. Möller se opmerkings was: "Dis dié
dat die saak uiteindelik behoorlik hanteer is."*

---------------------------------------------------------------------

Die saak is tans onder bespreking op die kuberstaat Bravoland by die
volgende skakel:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4644.msg56538;topicseen#new

----------------------------------------------------------------------

Vir meer inligting:

Beeld berig
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2474929,00.html

Nuus 24 berig
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2474990,00.html

Pretoria News berig
http://www.pretorianews.co.za/?fSectionId=&fArticleId=vn20090224033851469C623958

Beeld berig (Oor arrestasie)
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2475352,00.html


--
Werner Smook
084 271 4777

Voorsitter: Verkenners Jeug Pretoria

Tuesday, February 24, 2009

Bravoland Nuusbrief 02/2009

Geagte Bravolanders,


Bravoland is tans besig met 'n meningspeiling m.b.t die VVK. U insette
in die verband sal waardeer word. Volg die skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4621.msg56463;topicseen#new

Daar is 'n uitnodiging aan sakemanne gerig. Om die uitnodiging te
sien, volg die skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4641.msg56462;topicseen#new

Indien u weet van volksgenote wat op soek is na werk, daar is talle
werksgeleenthede vir volksgenote by hierdie skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4397.msg56432;topicseen#new

Indien u so bietjie inspirasie nodig het om deur die dag te kom, gaan
lees gerus hierdie gedagtes:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4532.0

Moet ook nie vergeet van die Radio Pretoria spog-aand nie;
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4629.0

Laastens, indien daar iets is wat u bloot net nie kan glo nie en u 'n
antwoord daarop verlang, maak gerus 'n draai by hierdie draad en
vertel ons daarvan:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4627.0

Vriendelike groete,

Ben

ns. Sien u almal by Majuba!

Nuus oor die VVK

2009 is verkiesingsjaar vir die politieke partye in Suid-Afrika; en
soos wat "die nasie" se verkiesingskoors oplaai in die aanloop tot
hulle beoogde verkiesingsdatum van 22 April 2009, merk die VVK dat
opgewondenheid ook in volksgeledere toeneem vir ons eie verkiesing wat
ons buite parlementêre verband gaan hou en waarin ons volk alleen gaan
stem. Ons beoog dus om hierdie rubriek weekliks op te dateer met die
nuutste verwikkelinge in die opwindende proses waarmee ons besig is.
Verwikkelinge wat – ons is dankbaar om te sê – uiters positief is en
'n duidelike sein uitstuur dat die momentum in vandag se
Bittereinder-geledere al vinniger toeneem om saam te span en ons
bedreigings, hoe donker ookal uit menslike oogpunt, met geloofsmoed
tegemoet te gaan:

1. Eerstens is ons lys van landwye Registrasie Beamptes flink op pad
na die 200-kerf (besoek die afdeling "Registrasie Proses" op hierdie
webwerf om te sien wie en waar hulle is); en is verdere Verkiesing
Streek Koördineerders aangestel by name Mnre. Henk van de Graaff
(Kiesstreek Noord-Transvaal), Izak van der Schyff (Kiesstreek
Noord-Vrystaat) en Andries Breytenbach (Algemene Verkiesing Streek
Koördineerder). Hartlik dank aan al hierdie persone – mag hulle groot
werk inspirasie wees vir al meer vrywilligers om die wa deur die drif
te help trek. (Van die os op die jas: Indien jyself of iemand wat jy
ken uit enige deel van die buiteland op besoek aan Suid-Afrika is of
hierheen op pad is, sal ons baie dankbaar wees om met jou in
verbinding te tree. Registrasie Beamptes wat in die buiteland woon- of
werk is nodig om ons vele volksgenote wat oor die wêreld versprei is,
behulpsaam te wees om in ons verkiesing te registreer).
2. Tweedens is die HNP se besluit van einde verlede jaar, naamlik om
ook sy deel in die aksie by te dra, aangevul deur verdere volkseie
organisasies. Luister gerus in hierdie verband na 'n onderhoud wat in
die volgende twee weke (beginnende 23 Februarie 2009) oor Radio
Pretoria uitgesaai gaan word in die program "Ons Vryheidsideaal" van
Prof. Hendrik van der Wateren. (Prof. Van der Wateren is Voorsitter
van die Afrikaner Front, 'n sambreelliggaam waarvan 25 volkseie
organisasies lid is). Ek spreek in die onderhoud ook ander
interressante aangeleenthede aan.
3. Mnr. Sakkie van der Schyff (Verkiesing Streek Koördineerder vir die
VVK se Kiesstreek Noord-Vrystaat) het eie inisiatief geneem en 'n
nie-amptelike groep op "Facebook" vir die Volksraad Verkiesing
Kommissie gestig. By "Facebook" ('n internet-gabaseerde sosiale
netwerk) kan enigeen gratis inskakel en kommunikeer, inligting
besigtig en nuus ontvang. Mnr. Van der Schyff het in die relatief kort
bestek van sy betrokkenheid by die VVK, 'n voorbeeld aan ons almal
gestel met sy groot motivering, gepaard met die inisiatief wat hy aan
die dag lê. Hartlik dank, Sakkie!
4. 'n Mooi bedrag is beskikbaar gestel vir die vrystelling van 'n
dokumentêre program wat in proses van vervaardiging is en op DVD
beskikbaar gemaak gaan word. Nie net ons verlede nie, maar ook ons
hede en ons toekoms gaan daarin behandel word teen die agtergrond van
dit waarmee die VVK besig is. Dit beloof om 'n monumentale werk te
wees!
5. Radio Pretoria saai tans ook 'n reeks advertensies uit ten bate van
ons eie verkiesing en dít wat daarvoor nodig is. HARTLIK DANK aan die
direksie van Radio Pretoria en besonderlik aan Mnr. Clem de Klerk en
sy voortreflike span.
6. Die VVK het 'n pos geskep vir 'n voltydse sekretaris of
sekretaresse wat oor uitstaande taal-, administratiewe- en
rekenaarvermoëns moet beskik. Die persoon sal ook oor gerekenariseerde
boekhou-vaardighede moet beskik, of dit moet aanleer. 'n
Vergoedingspakket word ooreenkomstig ondervinding en vermoëns
aangebied. Kontak ons gerus indien jy meen om die regte kandidaat te
wees.
7. Die laaste brokkie vir vandeesweek, is dat die VVK (in samehang met
ander volkseie organisasies) besluit het om 'n VVK-massaregistrasie
van kiesers onder ons eie volk te loods op die "nasie" se stemdag van
22 April 2009, wat juis 'n vakansiedag sal wees. Ons beoog om in
elkeen van die 15 kiesstreke landwyd soveel moontlike registrasiepunte
op 22 April op te rig. Indien jy hulp hiermee kan aanbied in welke
vorm ookal, kontak asseblief vir Paul Kruger op dringende basis.

Daarmee groet ons tot volgende week hierdie tyd, wanneer ek terugvoer
sal gee oor ons aktiwiteite by die Majuba-vieringe van 27 en 28
Februarie. Ons wil 'n dringende beroep op alle volksgenote doen om die
komende naweek na Majuba, ons vryheidsberg, op te ruk en ook die VVK
daar te besoek. Elkeen wat ons daar kan sien om die papierwerk af te
handel wat 'n verkiesing op internasionale standaard vereis, spaar ons
die geweldige bedrae wat dit deesdae kos om die land te deurkruis. Van
ons kant af geld dit veral die volksgenote wat ver van Pretoria woon.
Kom ons wees dus in reuse getalle daar!

Groetnis van huis tot huis –
Paul Kruger
22 Februarie 2009
Voors.: Sentrale Komitee

Sunday, February 15, 2009

Spogplaas nou vervalle

Bo, mnr. Sias Strydom se plaashuis drie jaar gelede. (Onder) Só lyk
die huis nou.

14/02/2009 21:41 - (SA)

Willem Pelser

Hazyview

Skaars drie jaar gelede was mnr. Sias Strydom se familieplaas Altyd
Beter naby Hazyview 'n spogplaas waarop enige piesangboer trots sou
gewees het.

Toe die Giba-gemeenskap 'n grondeis teen die plaas ingedien het, was
die piesangboorde, trekkers en pakhuise in so 'n goeie toestand dat
die regering Strydom R3,2 miljoen vir die grond aangebied het.

Die piesangs het geil gegroei in dié vrugbare aarde en die drie huise
op die plaas was pynlik netjies.

Toe neem die staat die grond oor. Aanvanklik het alles goed gegaan.

Die projek is destyds voorgehou as 'n voorbeeld van hoe
grondhervorming in Suid-Afrika eintlik gedoen moet word om te slaag.
Die geheim is samewerking tussen boer en grondeiser, is toe gesê.

Mediagroepe het joernaliste en fotograwe gestuur om na die
suksesverhaal te gaan kyk. Maar binne drie jaar het dinge drasties
verander.

Verlede week het Strydom self gaan gaan kyk hoe dit nou daar lyk.

"Wat ek gesien het, het my letterlik laat huil van ontsteltenis,"
vertel Strydom die afgelope week.

Toe trekkers langs 'n piesangboord gebreek het, het die nuwe eienaars
dit net daar gelos. Later is die stukkende trekkers vir onderdele
gestroop – om te verkoop, óf om in ander trekkers te gebruik.

Toe die kweekhuise se dakke afgewaai het in 'n storm, is dit net so
laat staan. Onderdele van die plaas se waterpompe, wat in Strydom se
tyd die boorde gevoed het, is stuk-stuk weggedra.

Die netjiese vierslaapkamerhuis waar hy en sy gesin gewoon het, is erg
verwaarloos. 'n Tweede huis, wat Strydom verhuur het, is nou 'n
murasie.

Nagenoeg 37 ander boere in sy omgewing het ook aan die staat verkoop.
Hulle is ruim vergoed: tussen R30 000 en R100 000 per ha.

Maar vir die meeste boere, soos Strydom, was dit nie genoeg om weer 'n
boerdery van dieselfde kaliber elders te begin nie. Strydom het 'n
hoewe gekoop en 'n tuisnywerheid begin.

Die 1 500 plaaswerkers wat vir Strydom en die ander boere gewerk het,
was die groot verloorders toe die grondeisers die plase oorgeneem het.
Die meeste het hul werk verloor omdat die grondeisers die plase self
wou bewerk, sê Strydom.

Die omstrede landboumaatskappy SAFM (South African Farm Ma-nagement)
is in 2006 deur die regering aangewys om die 38 plase te bestuur. Die
hele gebied se plase het toe bekend gestaan as een groot plaas
Burgershall.

Die afgelope drie jaar het die hele projek met rassse skrede
agteruitgegaan: SAFM het feitlik heeltemal in duie gestort en na
bewering skuld dié maatskappy Absa meer as R100 miljoen.

Boonop het 'n dispuut tussen twee groepe grondeisers verlede jaar
ontstaan oor wie presies die regmatige eienaars is van die 38 plase.
Boerdery-bedrywighede en instandhouding het erg gekwyn.

Vandag sal dit R6 miljoen kos om sy eertydse plaas weer te herstel tot
wat dit destyds was, sê Strydom.

Die Burgershall-grondeis wys presies wat verkeerd is met
grondhervorming, sê dr. Theo de Jager, adj. pres. van Agri SA.

"Die regering moet ewe veel aandag skenk aan landbou-ontwikkeling as
aan grondhervorming. Dis tog twee kante van dieselfde muntstuk," sê De
Jager.

Hy sê die staat hou hom bloot besig met die herverdeling van grond –
sonder om aan die sake- of produksie-kant van die landbou te dink.
Volgens De Jager is daar ook byna geen samewerking of sinergie tussen
staatsdepartemente wat met landbou gemoeid is nie.

"Die verskillende departemente praat eenvoudig nie met mekaar nie.
Elke week bel 'n staatsdepartement ons by Agri SA om te hoor wat sê 'n
ander staatsdepartement hieroor of daaroor," sê De Jager.

Met druktyd kon kommentaar nog nie verkry word van die kommissie op
die herstel van grondregte in Nelspruit nie.

Oorsprong:Rapport

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2470100,00.html

Monday, February 9, 2009

Dros Restaurant Silverton Pretoria

Dag
Ek wil my restaurant se diens personeel blank maak, dit werk nie is
daar blanke mense in my omgewing wat werk soek?

ek het altyd 'n plekkie!

Dros Watermeyer
silverton
072 967 9248

Monday, February 2, 2009

Polisie geweld op blankes

Glo erg aangerand deur metrolede
Jan 27 2009 02:42:42:910PM - (SA)


'n Vrou wat na bewering Vrydagaand deur Ekurhuleni-metropolisiebeamptes
aangerand is gaan 'n siviele eis teen dié gesag instel.

Me. Yolandi Brits van Brakpan aan die Oos-Rand, wat glo deur dié beamptes
geskop en geslaan is tydens 'n klopjag by The Doors nagklub in Edenvale, het
ook 'n strafregtelike saak by die Edenvale-polisie aanhangig gemaak.

Mnr. Albert van der Bult, haar prokureur, het Dinsdag gesê hulle beplan om
met ander slagoffers wat ook glo tydens dié klopjag aangerand is, te
vergader "sodat ons almal saam siviele en strafregtelike stappe kan neem".

Brits het aan Beeld vertel hoe sy in die gesig geskop en met vuiste regoor
haar lyf geslaan is. "Ek wou bloot my ID uit my motor gaan haal om hulle te
wys toe dit gebeur het." Sy het glo in een stadium haar bewussyn verloor.

Die voorval het gebeur toe sowat 40 Ekurhuleni-metrolede 'n klopjag op die
klub uitgevoer het. Verskeie ooggetuies het later vertel hoe klubgangers
hardhandig gehanteer is.

Insp. Mveli Nhlapo, woordvoerder vir die metropolisie, het gesê die voorval
sal ondersoek word. "Mense wat voel die metropolisie het nie reg opgetree
nie kan sake aanhangig maak. Ons ondersoek alle klagte."
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2459700,00.html

Onbevoegdheid en wanadministrasie van SA Onderwysdepartement

AfriForum Jeug het gesê dat hy gratis regsadvies gaan gee aan die
2008-matrikulante wat benadeel is deur die departement van onderwys se
onvermoë en wanadminsitrasie met hul matriekuitslae. Hier is 'n paar
van die stories wat ingesamel is. Dit is vandag, meer as 'n maand
nadat die matriekuitslae beskikbaar moes gewees het, in 'n verslag
bekend gemaak:


Chante-Lee van Vuuren – Confidence College, Pretoria

Chante-Lee wag nog vir haar uitslae vir Toerisme en Verbruikerstudies.
Die departement het vir haar gesê dat haar punte "moontlik verlore"
is.

Kotie van Eck (ouer) – Sir Val Duncan Collage, Phalaborwa

Daar is vir haar gesê dat haar seun al sy vakke gedruip het. By
navraag kon sy nie ʼn konkrete antwoord ontvang nie. Daar kon nie vir
haar gesê word wat haar seun se opstuurpunte of sy finale punte is
nie.

Francois Britz – Hoërskool Hoogenhout, Bethal

Francois se finale punt vir Lewensoriëntering is 50% minder as sy
opstuurpunt. Dit beteken dat hy, volgens die departement, 0% in die
eksamen gekry het. Hy sê dat sy hele klasgroep vermoed dat hulle
punte foutief is.

André de Klerk – Hoërskool Volksrust

André is ʼn musikant en het beplan om Musiek te studeer by die
Universiteit van Pretoria. Na afloop van die eindeksamen het ʼn
amptenaar van die departement van Onderwys aan hom gesê dat hy 81%
gekry het in die eindeksamen, maar op sy rapport het gestaan dat sy
uitslae nie beskikbaar is nie. Nadat hy gaan kla het, het hulle sy
rapport verander met die woorde: "voldoen aan minimun slaagvereistes".
As gevolg van die probleme met sy punte kon hy nie gaan studeer nie
en het hy sy beurs verloor. Die hoof van die betrokke afdeling van
die departement van Onderwys het aan hom gesê dat hulle sy punte het,
maar dat hulle (die departement) nie weet hoe om dit te verwerk nie en
dus kan hulle nie sy punte vir hom gee nie.

Ryno Henry – Bloemfontein

Ryno en sy hele klas wag nog vir hulle Afrikaanse punte. Die
departement het vir hulle gesê dat hulle die eksamen weer moet gaan
skryf omdat hulle punte nie beskikbaar is nie, en dat dit hulle R500
elk gaan kos.

Fredrick Basil Kourie – Hoërskool Hoogenhout, Bethal

Fredrick is ʼn toppresteerder, wil graag Medies studeer. Hy het nog
nooit minder as 80% vir Biologie behaal nie. Sy Biologie-opstuurpunt
was 95%, maar die gemiddeld wat vir hom gegee is, is 68%. Hy sê dat
dit nie moontlik is nie, aangesien die vraestel vir hom maklik was.
Hy sê dat daar ook probleme met sy Engelse punte is. Hy is afgekeur
vir Medies en gaan nou oorsee.