Monday, February 2, 2009

Polisie geweld op blankes

Glo erg aangerand deur metrolede
Jan 27 2009 02:42:42:910PM - (SA)


'n Vrou wat na bewering Vrydagaand deur Ekurhuleni-metropolisiebeamptes
aangerand is gaan 'n siviele eis teen dié gesag instel.

Me. Yolandi Brits van Brakpan aan die Oos-Rand, wat glo deur dié beamptes
geskop en geslaan is tydens 'n klopjag by The Doors nagklub in Edenvale, het
ook 'n strafregtelike saak by die Edenvale-polisie aanhangig gemaak.

Mnr. Albert van der Bult, haar prokureur, het Dinsdag gesê hulle beplan om
met ander slagoffers wat ook glo tydens dié klopjag aangerand is, te
vergader "sodat ons almal saam siviele en strafregtelike stappe kan neem".

Brits het aan Beeld vertel hoe sy in die gesig geskop en met vuiste regoor
haar lyf geslaan is. "Ek wou bloot my ID uit my motor gaan haal om hulle te
wys toe dit gebeur het." Sy het glo in een stadium haar bewussyn verloor.

Die voorval het gebeur toe sowat 40 Ekurhuleni-metrolede 'n klopjag op die
klub uitgevoer het. Verskeie ooggetuies het later vertel hoe klubgangers
hardhandig gehanteer is.

Insp. Mveli Nhlapo, woordvoerder vir die metropolisie, het gesê die voorval
sal ondersoek word. "Mense wat voel die metropolisie het nie reg opgetree
nie kan sake aanhangig maak. Ons ondersoek alle klagte."
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2459700,00.html

No comments: