Sunday, November 16, 2008

Polisielid vas ná skietery uit kar op N3

Nov 15 2008 10:14:36:943PM

Gerhard de Bruin

'n Konstabel verbonde aan die polisie se BBP-eenheid is gister in
hegtenis geneem nadat hy glo vanuit 'n bewegende BBP-voertuig met sy
vuurwapen op 'n onskuldige motoris op die N3 naby Pietermaritzburg
losgebrand het.

Durban

'n Konstabel verbonde aan die polisie se BBP-eenheid is gister in
hegtenis geneem nadat hy glo vanuit 'n bewegende BBP-voertuig met sy
vuurwapen op 'n onskuldige motoris op die N3 naby Pietermaritzburg
losgebrand het.

Dit was glo nadat die motoris nie vinnig genoeg uit sy baan kon padgee nie.

Die motoris se een motorband is in die voorval stukkend geskiet en hy
het daarna beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor met 'n
bakkie in die aankomende baan gebots.

Volgens supt. Henry Budhram, woordvoerder van die polisie in
KwaZulu-Natal, was die bestuurder van 'n Mazda3 op pad na
Pietermaritzburg toe die voorval gebeur het.

" 'n Vangwa van die polisie se ongelukeenheid het agter die Mazda gery
toe 'n swart Volkswagen Golf met 'n flitsende blou lig en swart
vensters hulle van agter af ingery het.

"Die polisievoertuig kon daarin slaag om vir die Golf pad te gee, maar
die bestuurder van die Mazda was in daardie stadium nog besig om 'n
groot vragmotor teen 'n hoogte verby te steek."

Budhram sê polisiemanne in die vangwa het gesien hoe die Golf, nadat
die Mazda uiteindelik by die lorrie verby is en uit die baan kon
beweeg, tot langs laasgenoemde gery het.

'n Passasier van die Golf het toe 'n venster afgedraai en met 'n
vuurwapen op die Mazda begin skiet.

'n Agterband van die Mazda is papgeskiet.

Die Mazda se bestuurder het daarna beheer oor sy voertuig verloor, oor
die middelmannetjie van die besige N3 snelweg beweeg en reg van voor
met 'n bakkie wat op pad was Durban toe gebots.

Die Golf het daarna aangery en glo weggejaag toe die polisie in die
vangwa dit wou aftrek.

Volgens Budhram is verskeie patroondoppies op die toneel opgetel.

'n Bron na aan die ondersoek sê 'n konstabel Khumalo verbonde aan die
polisie se BBP-eenheid is kort daarna by Camperdown in hegtenis
geneem.

Khumalo het glo ná sy inhegtenisnemings vir die polisie gesê hy was
laat vir 'n afspraak met mnr. Meshack Radebe, LUR vir maatskaplike
dienste.

Na verneem word het verskeie ANC-politici gistermiddag glo probeer
keer dat Khumalo vasgetrek word.

Budhram het by navraag egter bevestig dat komm. Hamilton Ngidi,
polisiehoof van KwaZulu-Natal, persoonlik beveel het dat Khumalo in
hegtenis geneem word.

Drie mans in die Mazda en vyf in die bakkie is ernstig in die ongeluk
beseer en na hospitale in die omgewing geneem.

• Sedert verlede jaar was BBP-voertuie en -konvooie in talle
soortgelyke omstrede voorvalle in KwaZulu-Natal betrokke.

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2427003,00.html

1 comment:

funloanfirm said...


Good day, Out of my busy schedule just feel like to quickly share this because i know am going to save thousand of lives with this. A lot of persons will agree with me that fake loan lenders is no longer a news to us it has been trending for some months now and i was also victimized when i tried seeking for a loan for the invention of a new patent and invest on stock. After so many failed attempt to get a loan there was one company who proved themselves to be different among the rest, They are trust worthy, straight forward, honest and reliable. I won't say much because as the saying goes "experience is the best teacher", I will candid advice anyone who need a loan of any amount to kindly contact this one and only true lenders MIKE MORRIS LOAN on their email address: (Mikemorrisfinancegroup@gmail.com )