Wednesday, October 5, 2011
Seënwense aan VVK Volksraad
Ons weet dat die volk in goeie hande is met die puik manne wat verkies is. Dit is almal manne wat al diep spore in die volks akker getrap het .
Waar Bravoland 'n vry kuber staat is, bid en vertrou ons dat hierdie nege tal manne volks vryheid 'n werklikheid gaan maak in 'n begrensde grondgebied. Ons Hemelse Vader se seën word julle toegebid in hierdie reuse taak wat julle namens die volk aanpak.
Bravoland beloof hiermee ook haar steun in enige take wat die Volksraad aanpak. Julle kan gerus op ons knoppie druk wanneer julle dit benodig.
Seën wense,
Alwyn de Klerk
Staatspresident
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,6091.0.html
Wednesday, August 3, 2011
NUUSKOMMENTAAR - 3 Augustus 2011
'n Groepie studente dink hulle is snaaks en neem 'n foto van ander studente wat maak of hulle Adolf Hitler is. Wat gebeur? Die radiostasie wat dit gedoen het, word gedwing om die foto en inskrywing van hulle Internet-blad te verwyder omdat hulle so onsensitief was.
Die mense wat kla, is geïdentifiseer as "luisteraars". Dit gaan oor gebeure wat 70 jaar gelede plaasgevind het toe hierdie studente nog nie eers 'n vonkel in Ouma en Oupa se oë was nie. Vir 'n groep mense is hierdie deel van die geskiedenis baie sensitief en hulle werk hard daaraan om te sorg dat die kollektiewe geheue behoue bly – almal in die wêreld moet altyd onthou wat Adolf Hitler aan Jode gedoen het.
Met watter weergawe van die geskiedenis 'n mens ook al saamstem, moet 'n mens hulle ter ere nagee – hulle slaag beslis daarin om die "Holocaust" lewend te hou.
As ons Boerevolkie maar kon leer om so op die kruine van empatie te ry, sou niemand ooit vergeet het van die onreg wat in die konsentrasiekampe teen ons mense gepleeg is nie. Maar dit lê ook in die verlede – nog meer onrusbarend is die onreg wat vandag gepleeg word teen hierdie selfde groep mense.
'n Vyf-en-vyftig jarige boer word in 'n graf gegooi en met klippe geslaan en gegooi tot hy dood is. Sy verlamde vrou word vasgebind en geterroriseer. Sy 84-jarige moeder word vasgebind en aangerand.
Mense, waar is die openbare protes, waar is die uitroepe van afsku?
Waar is die "luisteraars" nou? Hoekom hoor ons nie hulle stem teen hierdie onreg nie? Waarom word die regering en die polisie nie gedwing om in die openbaar om verskoning te vra dat hulle nie boere beskerm nie?
Wat se kos gaan die "luisteraars" oor tien jaar in Suid-Afrika eet as al die boere doodgemaak en verjaag is?
Dieselfde geld vir belange-organisasie soos die Joodse Raad van Afgevaardigdes, die Black Lawyers Association, die Black Business Chamber en sommer ook die Islamitiese Raad. Net so geld dit vir die ANC Jeugliga wat so graag van die vette van die land lewe.
O ja, en moenie die ANC self vergeet nie. Ons eis dat hulle hul verontwaardiging uitspreek oor hierdie grusame voorval en elke ander een waarin 'n kosvoorsiener van hierdie land seerkry of vermoor word.
En laat ons ook maar self ophou om bewusteloos deur die lewe te gaan. Elke plaasaanval is 'n aanval nader aan jou! Staan op, praat, raak betrokke!
'n Foto in die kuberruim lok meer reaksie uit as 'n man wat lewend begrawe word. Waar gaan ons heen?
Ons daag hierdie groepe wat hierbo genoem is, en sommer al die ander belangegroepe in die land uit: As jy môre wil eet, staan op en spreek jouself uit teen die volksmoord wat besig is om op jou drumpel af te speel!
Tuesday, July 26, 2011
Los ons uit !
26 Julie 2011
Mnr. Willem Pretorius, 'n Assistentredakteur by Die Burger, laat die suggestie in 'n artikel onder die opskrif "Van boomdief, Moneypenny tot Oslo", dat die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, verantwoordelik is vir 'n boom wat iewers in die Kaap gesteel is. Blykbaar is die boom geplant ter "ere" van Mandela se lewe. Die Verkennersbeweging stel dit kategories dat die Beweging niks te doen het met die vermiste boom nie en ag Pretorius se belaglike suggestie as 'n kwaadwillige poging tot naamskending.
Die Verkennersbeweging is van mening dat, gegewe die realiteite van Suid-Afrika, die boom heel moontlik iewers in Khayelitsha gebruik is as vuurmaakhout. Indien dit wel so is, sou dit gepas wees - gegewe die feit dat die boom ter "ere" van Mandela se lewe geplant is. Mandela se bydrae om Suid-Afrika in 'n kleptokrasie te verander, kan immers nie gering geskat word nie.
Pretorius se vreemde omgang met die waarheid is egter nie net beperk tot sy vermiste (heilige?) boom nie. Vervolgens verklaar hy dat die ses persone wat aan 'n protes deelgeneem het teen die onreg wat teen Clive Derby Lewis gepleeg word en wat daarvan verdink word dat hulle plakkers in Mandela rylaan geplak het, almal lede van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika is. Dit is egter 'n bekende feit dat hierdie protes gepleeg is deur die "Vriende van Clive" en dat al die persone beslis nie lede van die Verkennersbeweging is nie.
Pretorius se Afrikanerhaat word ook duidelik wanneer hy na die Abel Malan/Anton van Niekerk-insident verwys as "die lafhartige aanval op prof. Anton van Niekerk". Oor Van Niekerk se lafhartige aanval op die Afrikaner en elke seun van Suid-Afrika wat bloed vergiet het in die Bosoorlog, swyg Pretorius. Dit verbaas ook nie, aangesien dit blyk dat Pretorius nie sal toelaat dat feite inmeng met 'n "goeie" storie nie. Veral as die storie goeie propaganda-waarde het.
Pretorius se grootste belaglikheid is egter sy "kopsprong" in die artikel na Anders Behring Breivik van Noorweë in 'n desperate, absurde poging om die Verkennersbeweging van Suid-Afrika aan die bloedbad in Noorweë te koppel.
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika veroordeel die terroristiese optrede van Anders Behring Breivik ten sterkste, net soos wat die Beweging alle terroristiese optrede veroordeel, insluitende die bomme en brandende motorbande om weerlose Swartes se nekke waarmee Nelson Mandela en sy ANC-kaders onskuldige mense vermoor het.
Die Verkennersbeweging steun 'n vreedsame politieke oplossing en daarom steun ons die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) se verkiesing wat in September 2011 sal plaasvind. In hierdie verkiesing sal daardie deel van ons Boere-Afrikanervolk wat onafhanklikheid wil hê, 'n Volksraad verkies wat daardie internasionale reg op selfbeskikking namens ons gaan opeis.
Die Verkennersbeweging het volle begrip daarvoor as Pretorius en sy geesgenote eerder in hulle "Nuwe Suid-Afrika" paradys wil aanbly. Maar die res van ons het ons eie staatkundige pad begin loop – voortgedryf deur ons eeue-oue vryheidsdrang; voortgedryf deur die Goddelose modder waarin sekere wit Afrikaanssprekende varke so heerlik rondrol; voortgedryf deur honger kindertjies met ouers wat werkloos of as dagloners weens "affirmative action" spartel om liggaam en siel aanmekaar te probeer hou; voortgedryf deur die gille van ons gemartelde bejaardes en verkragte volksmoeders en –dogtertjies. En soos ons nie in Pretorius en sy geesgenote se pad staan nie, beter hulle ook nie in ons pad probeer staan nie. Die boodskap wat ons aan hulle uitstuur is: Los ons uit. En hierdie boodskap moet hulle liewer nie ignoreer nie.
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Tuesday, July 5, 2011
VVK Kandidate Toer
• 5 Julie 2011 Rustenburg: H/V Lucas en Benedenstr. HTS Rustenburg 19:00
• 6 Julie 2011 Pietersburg: H/V Voortrekker & Thabo Mbeki Laerskool Pietersburg 18:00
• 7 Julie 2011 Nelspruit: LNR-ITSG – Lapa Nelspruit 19:00
• 8 Julie 2011 Vryheid: APK Vryheid H/V Park en Smalstr 19:00
• 9 Julie 2011 Bloemfontein: CVO Dankbaar 19:00
• 11 Julie 2011 Port Elizabeth: Sal aangekondig word
• 12 Julie 2011 Oudtshoorn: CP Museum Rembrandsaal 19:00
• 13 Julie 2011 Stellenbosch: WP De Kock Saal Kamer van Mynwese gebou 19:00
• 14 Julie 2011 Beaufort-Wes: Jurie Taylor Klubhuis 19:00
• 15 Julie 2011 Kuruman: FRANCOIS DAUTH 19:00
• 16 Julie 2011 Vereeniging: HTS Vereeniging, Voortrekkerstr. 19:00
Laat weet u familielede en mede volksgenote van die geskiedkundige toer.
Vir verdere navrae kyk hier : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5399.msg76854.html#msg76854
Wednesday, June 15, 2011
Ope brief aan FW de Klerk
Onlangs in 'n bemarking video van die VVK, het ek die "beloftes" gesien wat u gemaak het na u besluit het om ons Vaderland aan 'n terroriste bende weg te gee. 'n Land wat oor meer as 300 jaar met die bloed en sweet van die Afrikaner se voorvaders gekoop en opgebou is. Ek stel dit aan u, dat u openlik gelieg het. Dat u geweet het dat daar geen kans onder die heerskappy van die ANC-terroriste bende sou wees van u beloofde eie skole, eie woongebiede en die belaglike "wigte en teen wigte" nie.
Dit was my voorreg om Deon Opperman se nuutste produksie: "Tree aan" te gaan kyk wat handel oor die Nasionale diensplig wat ek en ander jong Afrikaners uit liefde vir ons Vaderland gedoen het. Wat ons gedoen het omdat ons bedoel het wat ons gesê het wanneer ons gesing het; "Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika". Dit was vir my uiters hartseer om die duisende name te sien van die jongmans wat gesneuwel het aan die grens, terwyl hulle ons land en ons land se veiligheid beskerm het. Ek was nie hartseer omdat hulle die hoogste offers gebring het vir 'n land wat ons beloof het om voor te sterf nie, maar hartseer omdat u daardie offers gereduseer het tot 'n onbenullige daad, bloot deur u lafhartige oorgawe van ons geboortereg. U moet my baie mooi verstaan, die geboortereg waarna ek verwys is nie die reg om oor ander volke te heers nie, want geen volk het die reg om oor 'n ander te heers nie, maar die reg tot 'n eie vaderland, waar ons as eerste klas burgers behandel word en aan wie ons bereid is om voor te beloof: "ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou.....". Maar daardie reg tot patriotiese vaderlandsliefde, het u in u almag van ons ontneem en ons broers, die seuns van die Boerevolk, wat die hoogste offers gebring het om vir ons daardie reg te verseker, het u op gebraak. En nou moet ek vra; vir wat? Vir 'n Nobel prys vir vrede? Vrede nogal, dit terwyl derduisende van die Boerevolk se bejaardes, boere en vrouens vermoor, verkrag en vermink word. Selfs driejarige dogtertjies word op die mees barbaarse manier vermoor deur die barbare wat u oor ons aangestel het. Dit alles sodat u 'n Nobel prys kan kry. Sies!
Ek lees ook in die media dat u deesdae baie kritiek het oor die manier waarop die terroriste bende aan wie u Suid-Afrika gegee het, regeer. Is dit dalk u skuldige gewete wat u nou tot sulke stappe laat oorgaan? Dit is te min te laat. Die bloed van die seuns van die Boerevolk wat op die grense van hierdie land gesterf het, is op u hande. So ook die bloed van elke bejaarde, elke plaasboer en elke kind wat vermoor is sedert 1994. Ek is dankbaar dat die Liewe Vader u aan die lewe hou om u handewerk te aanskou.
U moet egter besef dat hierdie volk, nie langer op hom sal laat trap nie. Dat hierdie volk in September 2011 'n verkiesing gaan hou, waar ons 'n Volksraad gaan kies wat ons internasionale reg tot selfbeskikking sal op eis. Ek hoop dat u ook hierdie nuwe republiek sal sien tot stand kom. Weet egter, met alles in my wese sal ek veg om te verseker dat u nooit toegang tot hierdie nuwe Afrikaner republiek sal verkry nie. U wou Azania gehad het en daarom verdien u om u laaste dae in Azania te sluit. Mag die geskiedenis u onthou vir wat u was en mag dit so wees dat u naam in die toekoms in die selfde asem genoem word as Idi Amin en Robert Mugabe.
Die uwe,
Ben Geldenhuys
Lewer hier kommentaar : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5948.0.html
Monday, June 6, 2011
Slag van Donkrhoek Herdenkingsfees
Media Verklaring
Tussen die 11de en die 12de Junie 1900, het die Boeremagte 'n deurslaggewende oorwinning behaal teen die Britse magte by Donkerhoek. Hierdie slag, bekend as die Slag van Donkerhoek en ook soms as "The battle of Diamond Hill" word hierdie jaar herdenk op die 10de en 11de Junie 2011 by Die Pos op die Tandem plaas net buite Kleinfontein.
Vrydag die 10de Junie 2011 se program begin om 19h00, met 'n Cantus, aangebied deur die Bibambus Cantus Gilde van Pretoria.
Saterdag die 11de Junie 2011 se program skop om 10h30 af. Die dag beloof om 'n feestelike herdenkingsdag te wees, met 'n feesrede wat gelewer sal word deur Advokaat Jan van Zyl, verskeie kunstenaars en 'n perde kommando optrede. Boeresport, skyfskiet en 'n springkasteel is maar van die aktiwiteite wat die dag aangebied sal word en verskeie kosstalletjies sal ook die dag teenwoordig wees.
Kom herdenk ons kultuurerfenis, op 'n feestelike wyse by 'n volkseie terrein.
SLAG VAN DONKERHOEK REELINGS KOMMITTE
3 JUNIE 2011
Thursday, May 5, 2011
Meneer die President , beskou u die burgers van Suid-Afrika se veiligheid as prioriteit ?
Minister van Beveiliging Bravoland
04 Mei 2011
Insake : Geregtigheid in die Nuwe Suid-Afrika
Geagte Staatspresident ,
Meneer Zuma , dit is jammer dat ek my pen in gal moet doop in hierdie skrywe wat ek aan u rig in die hoop dat u sal sien Suid-Afrika vereis geregtigheid as een van die bestandele vir 'n suksesvolle samelewing . Ek verwys hier spesifiek na me. Jeanette Odendaal (45) wat deur die hande van 'n geregsdienaar gedood is.
Ek is bewus van die feit dat uself die voorval ten sterkste in die media - Televisie en koerante veroordeel het en prys ek u vir die spoedige optrede . Dit is egter jammer vir my om te sê dit is nie genoeg nie ! Geregtigheid kan nie geskied deur 'n enkele veroordeling nie , die strewe na geregtigheid is 'n jarelange aanhoudende proses wat deur die betrokke rolspelers gedryf moet word . Ek is bewus dat u korrupsie wil stop , maar terwyl die staatsorgane , die verskillende departemente van u regering besoedel en besmet is met korrupsie en onbevoegdheid sal die strewe na geregtigheid net 'n droom bly wat nie kan realiseer nie a.g.v. die verrotte elemente in u staatsdepartemente .
U Polisiehoof , Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof het gesê die polisie-ondersoek moet eers afgehandel word voordat daar enigsins van polisie-wreedheid gepraat kan word. Nou , ek kan nie mooi verstaan wat hy eintlik probeer sê nie , vir my kom dit voor asof hy die polisieman wat me. Jeanette Odendaal (45) koelbloedig doodgeskiet het se optrede probeer regverdig . Verder sê hy in antwoord op mediavrae oor of dié voorval op 'n tendens van uitermate geweld by die polisie sou dui, gesê die polisie kom uit die samelewing "en ons leef in 'n baie gespanne en gewelddadige samelewing". Hy het weer daarop gewys dat polisielede binne die wet moet optree.
Kom ons kyk na : "en ons leef in 'n baie gespanne en gewelddadige samelewing". Die SAPD se onbevoegdheid om misdaad effektief te bestry is die direkte gevolg van die samelewing waarna Genl. Cele hier verwys , om dit as verskoning te gebruik dat 'n SAPD Sersant 'n onskuldige vrou koelbloedig vermoor het is totaal en al onaanvaarbaar en ironies genoeg erken hy dit in nie soveel woorde nie met " Hy het weer daarop gewys dat polisielede binne die wet moet optree. " . Om die hele SAPD as onbevoeg te beskryf sal onbillik van my wees , ek is bewus daar is wel talle uitstekende polisielede wat onselfsugtige diens aan die gemeenskap lewer en hul bes probeer om misdaad te beveg; maar dit is ongelukkig net 'n handjievol en sal die land se misdaadprobleem nie kan oplos nie .
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het in die lig van verskeie onlangse voorvalle van skynbare polisie-wreedheid gister gesê dit is uiters belangrik dat die polisie Suid-Afrikaanse burgers se grondwetlike regte te alle tye moet respekteer. Só het mnr. Francois Beukman, uitvoerende hoof van die OKD, op 'n nuuskonferensie gister in Emalahleni gesê nadat hy en ander OKD-lede die familie van wyle me. Jeanette Odendaal (45) op Middelburg besoek het.
"Ons het hulle verseker die OKD sal die saak ordentlik, onafhanklik en onpartydig ondersoek en sal toesien dat geregtigheid geskied," het Beukman gesê.
Net om geregtigheid eenmalig te laat geskied is ook nie genoeg nie , dit is 'n ingewikkelde probleem wat deeglike sorg en aandag vereis om die probleem in sy geheel aan te spreek . Die vraag is nou : watse stappe gaan en kan geneem word om te verseker dat dieselfde voorval nooit weer sal gebeur nie ?
Ek kan voorstel dat u 'n onafhanklike kommissie saamstel wat se doel sal wees om te bepaal hoe effektief en bevoegd u verskillende staatsdepartemente is , met die resultate wat u sal ontvang van die onafhanklike kommissie se verslae kan u bepaal of dit nodig sal wees om u verskillende staatsdepartemente te herstruktueer en indien wel tot watter mate .
Die uwe ,
S.Maartens
Minister van Beveiliging
Republiek van Bravoland
http://www.bravoland.co.za
Thursday, April 7, 2011
Vry , vryer , VVK !
Wat is die oplossing? As daar geen opsie binne die partypolitieke bestel bestaan nie, moet ons daarbuite gaan soek. Dit is presies wat die VVK gedoen het. Volgens die riglyne deur die plaaslike- en internationale volkereg daargestel, fasiliteer die Volksraad Verkeising Kommissie 'n verkiesing waarin die volk vir hom leiers kan verkies tot 'n volksraad. Die volksraad sal dan met 'n mandaat selfbeskikking vir die volk eis.
Terwyl die besonderhede uiteraard nog nie ter sprake is nie, behoort die visie van die einddoel reeds in elke vryheidsgesinde Boere- Afrikaner se verbeelding te vergestalt. 'n Eie regeringstelsel, 'n eie Godsdiensbeleid, eie howe, eie hospitale waarvoor mens nie belasting, mediese fonds en dan die mediese kostes ook te betaal nie. Dienslewering deur volksgenote in jou eie taal. Paaie wat in stand gehou word sonder dat duisende ekstra tolle geëis word. Hierdie is enkele gedagtes van hierdie toekomsvisie.
Om hierdie doel te bereik moet soveel as moontlik volksgenote registreer by die VVK en stem vir die volksraad.
Op 9 April 2011 word verskeie registrasiepunte van vroegoggend af in Pretoria bedryf. Kyk uit vir die tente, volg die musiek of die reuk van worsrolletjies en registreer in die Ooste van Pretoria op die hoek van Lynnwood en Hans Strydom; of in die Weste by die park in Van der Hoff Weg; of in die Noorde by die Bosveld Deli op die hoek van De Wilt en R513; in Verwoerdburg op die hoek van Theuns van Niekerk en Escort straat in Wierdapark of in die Moot by Codonialaan net noord van Michael Brinkstraat.
Doen jou deel vir die vryheidseis van jou volk en registreer by die VVK!
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Monday, April 4, 2011
Tuesday, February 22, 2011
Die gety draai
Afrika is senuweeagtig vir soortgelyke opstande. Hierdie vuurtjie kan uiteindelik 'n verterende veldbrand word wat baie lande kan tref en wat uiteindelik daartoe kan lei dat selfs meerdere state kan ontstaan. Soedan het onlangs 'n deel van sy land stembus toe geneem in 'n referendum om te bepaal of die suide van die noorde wil afskei. Hulle het oorweldigend ten gunste daarvan beslis, en die wêreld het sonder sweem van twyfel daardie referendum erken en aanvaar die totstandkoming van die nuwe Suid-Soedan. Selfs die ANC-Ieier, Jacob Zuma, het in sy staatsrede die nuwe staat gelukgewens met sy totstandkoming.
Libië gaan heel moontlik ook in twee state verdeel. Dit word al hoe duideliker dat die ou koloniale eenheidstate verbrokkel in volkstate.
Suid-Afrika is ook 'n produk van kolonialisme waar die Britte die onafhanklikheid van die Boere-republieke van hulle geroof het, en toe uiteindelik hulle in 'n unie saamgesmee het, en daardeur ook 'n koloniale eenheidstaat tot stand gebring. En ook hierdie eenheidstaat het van tyd tot tyd sy spannings opgelewer, want eenheidstate werk nie. Daarom dat dr. Verwoerd 'n beleid in werking gestel het waarvolgens die land ook in volkstate verdeel sou word.
Dat Zuma Soedan se afskei-gedeelte erken, beteken dat hy begrip behoort te hê vir 'n volkstaat. Daarom behoort hy begrip te he vir 'n Boere- of Afrikaner-volkstaat. Sy probleem is dan net dat die werkende en presterende deel wat die hele land aan die gang hou, dan onder sy beheer sal uitkom, en dit is waarom daar so angsvallig aan die eenheidstaat geklou word sodat die gans wat die goue eiers Iê, deur kruissubsidie die grootste ellende kan verhelp.
Tog word die druk na selfstandigheid al meer. Weer eens is dit nie in ons volk se vermoë of aard om op 'n Libiese-wyse sy selfstandigheid herstel te kry nie. Maar die Soedan-opsie, van 'n stemming of referendum, is wel moontlik. En tans is die proses wat die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) aan die gang gesit het, waarskynlik die naaste daaraan en die meeste geskik daarvoor.
Die VVK poog om 'n verkiesing in Mei vanjaar te hou om volksverteenwoordigers verkies te kry om hierdie vryheidseis gestalte te gee. Met die gety wat in Afrika besig is om te draai ten gunste van volkstate en afskeiding, is die tyd waarskynlik baie ryp daarvoor. Daar is egter nog nie naastenby genoeg mense vir die VVK geregistreer om die proses bo enige twyfel geloofwaardig te maak nie. Daarom is dit belangrik dat inisiatiewe soos 'n paar naweke gelede, dat registrasiepunte op openbare plekke ingerig word, nou uiters noodsaaklik om vaart agter die proses te sit.
Helaas is daar enkelinge wat selfs uit hulle pad gaan om hiedie proses te frustreer, en ons betwyfel die eerbaarheid van sodanige motiewe. In hierdie kritieke tyd van ons volksgeskiedenis, durf ons nie moedswillig stokke in speke steek nie. Laat elkeen doen wat sy hand vind om te doen, solank dit opbouend en positief is ter bereiking van ons vryheid. Ons ondersteun steeds die VVK en sy prosesse en doelwitte en sou graag sien dat hierdie proses van nou af in tempo sal toeneem om uiteindelik 'n reuse sukses te word. Ons volk het reeds genoeg mislukkings gehad, dis weer tyd vir 'n sukses op pad na vryheid. En die gety is aan ons kant.
http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php
Thursday, February 17, 2011
Die Afrikaner se reg tot selfbeskikking
Die Afrikaner se reg tot selfbeskikking
Die jongste uitspraak van Mnr. Jacob Zuma m.b.t. 'n Afrikaner tuiste, gaan beslis debat rondom die kwessie van selfbeskikking vir die Afrikaner ontlok. Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika verwelkom hierdie debat. Wat die Verkenners Beweging egter nie verwelkom is Mnr. se aanmatigheid dat hy nou namens die Afrikaner kan besluit waar hulle tuiste is. Mnr Zuma vergeet, of is moontlik onbewus, dat elke volk op aarde in gevolge die volkereg, het die reg tot selfbeskikking, ook die Afrikaner volk. Dit is verder elke volk se eie besluit of hulle wil vry wees en nie die besluit van een of ander regime se hoofman of leier nie. Selfs daardie persone binne 'n volk wat nie hulle eie tuiste wil he nie, kan nie namens die vryheidstrewende gedeelte van die volk besluit of hulle wel geregtig is op hulle eie tuiste al dan nie.
Mnr. Zuma is reg dat daar geen liggaam is wat 'n mandaat het om daardie Afrikaners wat na 'n eie tuiste streef te verteenwoordig nie. Nog nie, want die Afrikaners wat streef na 'n eie tuiste is wel besig om 'n verkiesing te reël onder die bekwame hand van die Volksraad Verkiesings Kommissie. Mnr. Zuma moet egter kennis neem dat die blote feit dat hierdie Volksraad nog nie verkies is nie, nie vir hom skielik die reg gee om namens die Afrikaner te wil besluit waar die Afrikaner se tuiste is nie. Die Afrikaner sal op 'n demokratiese wyse ons eie Volksraad verkies. Hierdie Volksraad sal 'n mandaat he om namens die Afrikaner, ons vryheid op te eis. Die grondwet van Mnr. Zuma se regering maak voorsiening vir selfbeskikking in Artikel 235. Hierdie jongste uitlating van Mnr. Zuma skep die indruk dat hy homself bo die grondwet van sy eie regime plaas.
Mnr. Zuma se uitlating dat die Afrikaner nie 'n Orania kan skep nie, is net so teenstrydig met sy grondwet en kan selfs as rassisties beskou word, aangesien hy hierdie reg kondoneer vir die Zoeloes, Vendas en Xhosas, maar die volk waarna hy verwys as die enigste blanke stam van Afrika, vir hulle wil hy 'n verbod plaas op hierdie reg.
In tussen sal die Verkenners Beweging van Suid-Afrika onverpoosd die verkiesing wat deur die VVK gereël word hierdie jaar steun en ondersteun. Sodat die vryheidstrewende Afrikaner vir homself 'n Volksraad kan kies. Sodat hierdie Volksraad 'n eis op selfbeskikking by Mnr. Zuma se regime kan instel en indien Mnr. Zuma steeds van die oortuiging is dat die Afrikaner geen reg het tot selfbeskikking nie, sal daardie Volksraad hulle beroep op die Volkereg. Die feit bly staan, 'n gedeelte van die Afrikanervolk is moeg vir die onderdrukking en is op pad na selfbeskikking in 'n eie begrensde grond gebied.
Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika