Monday, June 6, 2011

Slag van Donkrhoek Herdenkingsfees

 

Slag van Donkerhoek logo2.jpg

 

Media Verklaring

 

Tussen die 11de en die 12de Junie 1900, het die Boeremagte 'n deurslaggewende oorwinning behaal teen die Britse magte by Donkerhoek. Hierdie slag, bekend as die Slag van Donkerhoek en ook soms as "The battle of Diamond Hill" word hierdie jaar herdenk op die 10de en 11de Junie 2011 by Die Pos op die Tandem plaas net buite Kleinfontein.

Vrydag die 10de Junie 2011 se program begin om 19h00, met 'n Cantus, aangebied deur die Bibambus Cantus Gilde van Pretoria.

Saterdag die 11de Junie 2011 se program skop om 10h30 af. Die dag beloof om 'n feestelike herdenkingsdag te wees, met 'n feesrede wat gelewer sal word deur Advokaat Jan van Zyl, verskeie kunstenaars en 'n perde kommando optrede. Boeresport, skyfskiet en 'n springkasteel is maar van die aktiwiteite wat die dag aangebied sal word en verskeie kosstalletjies sal ook die dag teenwoordig wees.

Kom herdenk ons kultuurerfenis, op 'n feestelike wyse by 'n volkseie terrein.

 

SLAG VAN DONKERHOEK REELINGS KOMMITTE

3 JUNIE 2011

 


No comments: