Wednesday, June 15, 2011

Ope brief aan FW de Klerk

Geagte Mnr de Klerk,
 
 
Onlangs in 'n bemarking video van die VVK, het ek die "beloftes" gesien wat u gemaak het na u besluit het om ons Vaderland aan 'n terroriste bende weg te gee. 'n Land wat oor meer as 300 jaar met die bloed en sweet van die Afrikaner se voorvaders gekoop en opgebou is. Ek stel dit aan u, dat u openlik gelieg het. Dat u geweet het dat daar geen kans onder die heerskappy van die ANC-terroriste bende sou wees van u beloofde eie skole, eie woongebiede en die belaglike "wigte en teen wigte" nie.
 
Dit was my voorreg om Deon Opperman se nuutste produksie: "Tree aan" te gaan kyk wat handel oor die Nasionale diensplig wat ek en ander jong Afrikaners uit liefde vir ons Vaderland gedoen het. Wat ons gedoen het omdat ons bedoel het wat ons gesê het wanneer ons gesing het; "Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika". Dit was vir my uiters hartseer om die duisende name te sien van die jongmans wat gesneuwel het aan die grens, terwyl hulle ons land en ons land se veiligheid beskerm het. Ek was nie hartseer omdat hulle die hoogste offers gebring het vir 'n land wat ons beloof het om voor te sterf nie, maar hartseer omdat u daardie offers gereduseer het tot 'n onbenullige daad, bloot deur u lafhartige oorgawe van ons geboortereg. U moet my baie mooi verstaan, die geboortereg waarna ek verwys is nie die reg om oor ander volke te heers nie, want geen volk het die reg om oor 'n ander te heers nie, maar die reg tot 'n eie vaderland, waar ons as eerste klas burgers behandel word en aan wie ons bereid is om voor te beloof: "ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou.....". Maar daardie reg tot patriotiese vaderlandsliefde, het u in u almag van ons ontneem en ons broers, die seuns van die Boerevolk, wat die hoogste offers gebring het om vir ons daardie reg te verseker, het u op gebraak. En nou moet ek vra; vir wat? Vir 'n Nobel prys vir vrede? Vrede nogal, dit terwyl derduisende van die Boerevolk se bejaardes, boere en vrouens vermoor, verkrag en vermink word. Selfs driejarige dogtertjies word op die mees barbaarse manier vermoor deur die barbare wat u oor ons aangestel het. Dit alles sodat u 'n Nobel prys kan kry. Sies!
 
Ek lees ook in die media dat u deesdae baie kritiek het oor die manier waarop die terroriste bende aan wie u Suid-Afrika gegee het, regeer. Is dit dalk u skuldige gewete wat u nou tot sulke stappe laat oorgaan? Dit is te min te laat. Die bloed van die seuns van die Boerevolk wat op die grense van hierdie land gesterf het, is op u hande. So ook die bloed van elke bejaarde, elke plaasboer en elke kind wat vermoor is sedert 1994. Ek is dankbaar dat die Liewe Vader u aan die lewe hou om u handewerk te aanskou.
 
U moet egter besef dat hierdie volk, nie langer op hom sal laat trap nie. Dat hierdie volk in September 2011 'n verkiesing gaan hou, waar ons 'n Volksraad gaan kies wat ons internasionale reg tot selfbeskikking sal op eis. Ek hoop dat u ook hierdie nuwe republiek sal sien tot stand kom. Weet egter, met alles in my wese sal ek veg om te verseker dat u nooit toegang tot hierdie nuwe Afrikaner republiek sal verkry nie. U wou Azania gehad het en daarom verdien u om u laaste dae in Azania te sluit. Mag die geskiedenis u onthou vir wat u was en mag dit so wees dat u naam in die toekoms in die selfde asem genoem word as Idi Amin en Robert Mugabe.
 
Die uwe,
 
 
 
Ben Geldenhuys


Lewer hier kommentaar :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5948.0.html

Monday, June 6, 2011

Slag van Donkrhoek Herdenkingsfees

 

Slag van Donkerhoek logo2.jpg

 

Media Verklaring

 

Tussen die 11de en die 12de Junie 1900, het die Boeremagte 'n deurslaggewende oorwinning behaal teen die Britse magte by Donkerhoek. Hierdie slag, bekend as die Slag van Donkerhoek en ook soms as "The battle of Diamond Hill" word hierdie jaar herdenk op die 10de en 11de Junie 2011 by Die Pos op die Tandem plaas net buite Kleinfontein.

Vrydag die 10de Junie 2011 se program begin om 19h00, met 'n Cantus, aangebied deur die Bibambus Cantus Gilde van Pretoria.

Saterdag die 11de Junie 2011 se program skop om 10h30 af. Die dag beloof om 'n feestelike herdenkingsdag te wees, met 'n feesrede wat gelewer sal word deur Advokaat Jan van Zyl, verskeie kunstenaars en 'n perde kommando optrede. Boeresport, skyfskiet en 'n springkasteel is maar van die aktiwiteite wat die dag aangebied sal word en verskeie kosstalletjies sal ook die dag teenwoordig wees.

Kom herdenk ons kultuurerfenis, op 'n feestelike wyse by 'n volkseie terrein.

 

SLAG VAN DONKERHOEK REELINGS KOMMITTE

3 JUNIE 2011