Tuesday, August 25, 2009

Bravolanders se gedigte

BESKIKTE VOLK

Waarom sou God die roete om die Kaap laat ontdek
en dit dan laat vergaan in woesteny?
Waarom sou Hy Hollanders hierheen laat vertrek
as Hy hulle in Europa wou laat bly?
Waarom beskik Hy 'n volksplanting aan die Kaap
terwyl die land tog vol Afrikane kon wees?
Waarom versteur Hy die land wat vir eeue al slaap
en vestig Hy 'n beskaafde volk wat Hom vrees?
Waarom stuur Hy juis van Brittanje setlaars
as die Xhosas reeds amper daar was?
Waarom beskik Hy 'n grensoorlog: só barbaars
dat die Boere met hul waens die binneland in verkas?
Waarom stuur Hy vir Piet Retief met 'n traktaat
na Dingaan om deur hom vermoor te word?
Waarom laat kom Hy deur Bloukrans en Wenen 'n jammerstaat
waarin die Boere trane en bloed stort?
Waarom die klinkklare sege van Bloedrivier
as die Boere nie die land moes bewoon?
Waarom laat Hy die Boere deurgaans seëvier
en voer hulle in elke aanval die bo-toon?
Waarom bring Hy oorloë teen Brittanje - só wreed
maar gee aan die Boere telkens die oorwinning?
Waarom word die unie en republiek dan konkreet
waarin alles gestel word onder sy beskikking?
Waarom oorleef hierdie volk terroristebomme
geplant op ons grense en stasies?
Waarom is die volk steeds onoorwonne
en bly gelowig in alle situasies?
Waarom twyfel mense dan nou aan die toekoms
net omdat 'n nuwe vyand ons bedreig?
Was daar nie altyd antwoorde vir al ons hoekoms
wanneer ons nederig voor die Almagtige swyg?
Adri van Staden (25/8/09)

http://www.bravoland.co.za

Wednesday, August 19, 2009

VTM bied musiekfees vir transvestiete aan.

Geagte Volksgenote,

Dit stem my tot groot ongelukkigheid om kennis te neem dat daar 'n
musiekfees aangebied is vir 'n groep transvestiete en ander persone met
afwykings by die Voortrekkermonument. Dit maak 'n bespotting van ons
kultuurerfenis en mens kan maar net wonder hoe so iets goedgekeur is deur
die rentmeesters van ons kultuurerfenis by die Voortrekkermonument. Hierdie
onaanvaarbare toedrag van sake sal seker weereens deur die bestuur op een of
ander manier goed gepraat word. Net soos die afgodsbeelde en kondome wat by
die winkel verkoop word. Of soos die "model" wat op die Senotaaf afgeneem
is.

Hoeveel meer vernedering moet hierdie volk ervaar? Hoe is dit moontlik dat
hierdie soort van gebeure goed gepraat kan word deur die sogenaamde bestuur
van die Voortrekkermonument? On sweet nou al dat die volkskultuurvlag, die
Vierkleur nie welkom is by die Voortrekkermonument nie, maar nou wil dit
voorkom dat transvestiete, kondome en afgodsbeelde wel welkom is. Beteken
dit dat slegs dinge wat die volk verneder welkom is en dat goed wat die volk
enige vorm van trots mag gee onwelkom is?

Het die Voortrekkermonument nou 'n propaganda instrument in die hande van
die ANC geword, waarmee hierdie volk afgekraak en verneder moet word? Waar
gaan dit stop??

Die ironie is dat die sogenaamde "vriende van die VTM" 'n groep volksgenote
is wat finansiëel bydrae tot die Voortrekkermonument. Gevolglik is hierdie
groep besig om die volk se ondergang te finansier!

Ek weier om te aanvaar dat die afstammelinge van die Voortrekkers in 'n spul
sikofante ontaard het. My oproep aan die handjievol volksgenote wat nog 'n
ruggraat het, is om nie hierdie toedrag van sake gelate te aanvaar nie. Laat
u stem hoor, behalwe as u ook 'n sikofant is, wat hierdie gebeure aanvaar.

Ben Geldenhuys

Tuesday, August 18, 2009

Media verklaring - Oranjekas 18 Augustus 2009

Na aanleiding van die aankondiging van die reserwebank op 13 Augustus
2009 dat rentekoerse met 'n halwe persentasie punt gesny sal word, het
die Direksie van Oranjekas besluit om ook die uitleenkoers van
Oranjekas met 'n halwe persentasiepunt te sny. Oranjekas het egter
aangekondig dat rente wat beleggers en rekeninghouers ontvang nie
aangepas sal word nie.

Oranjekas Spaar en Krediet is 'n volkseie finansiële ko-operatief, wat
die beste belang van die volk eerste stel. Mnr. Jan Beyers, Besturende
Direkteur van Oranjekas het gesê "Oranjekas het 'n verantwoordelikheid
teenoor sy aandeelhouers om winsgewend te wees, maar het ook 'n
verantwoordelikheid teenoor die volk om in die resessie waarin die ANC
regering die land gedompel het, die volk tot hulp te wees." Hy het
bygevoeg "dit is vanjaar die 70ste herdenking van die
Reddingsdaadbond, eerder as om te praat of nostalgiese kongresse
daaroor te hou, wil Oranjekas 'n bydrae lewer tot die ekonomiese
welstand van die volk in die gees van die Reddingsdaadbond".

Beyers het bygevoeg dat daar nuut gedink sal moet word, om die
finansiële aanslae teen die volk die hoof te bied. Die ANC regering
gaan hierdie volk geen gunste doen nie en gevolglik sal daar 'n eie
ekonomie ge herskep moet word. In tye waarin die volk swaarkry, is dit
onmoontlik om van die volk te verwag om slegs op nostalgiese redes 'n
saak te ondersteun, daar moet ook gekyk word na die ekonomiese
voordele en realiteite. Oranjekas bied aan die individuele volksgenoot
verskeie voordele en die individu se deelname skep weer die
geleentheid om ander volksgenote tot voordeel te wees. Op hierdie
manier, red die volk homself.

Wednesday, August 12, 2009

Verkenner skietdag

Die Donkerhoek Verkenners bied 'n skietdag aan die 29ste Augustus.

Die geleentheid word aangebied by die Krokodilspruit Skietbaan net
buite Pretoria. Dit begin om 8:00 en behoort teen 14:00 klaar te
wees. Na die tyd gaan daar vure, pap en sous aangebied word vir die
wat 'n vleisie wil braai. Kostes beloop net R30 per persoon.
Belangstellendes kan hul eie wapens en ammunisie bring, maar die wat
nie wapens het nie, moet nie bekommerd wees nie. Daar gaan sekere
wapens beskikbaar gestel word. Tydens die geleentheid gaan die
vrouens en kinders ook spesiaal aandag aan gegee word, en opleiding
sal verskaf word.

Vir meer inligting skakel gerus vir Waldi Bodenstein by 083 625 6348.

Taaldagvieringe in Bloemfontein

BLOEMFONTEINSE KULTUURVERENIGING

('n Gesinskultuurvereniging vir Afrikaners)

Ons leuse: 'n VOLK RED HOMSELF

Liewe Kultuurvriend,

AUGUSTUS IS TAALMAAND – WAT 'n VOORREG!

Taaldag vra voorraadopname van elke Afrikaner

Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14
Augustus 1875, kies agt jong Afrikaners vir Afrikaans teen Hollands en
Engels. Hulle sê onder andere: "Die doel van ons Genootskap is: om te
staan vir ons taal, ons nasie en ons land." Ook sê hulle: "……want
die Afrikaners moet nog taalbewus en nasiebewus gemaak word: hulle
moes nog bearbei word om hulle eie taal te lees en te skryf en saam te
staan." Hierdie klompie begeesterde jongmanne se sterk standpunt was
die stimulus vir die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Daar hang in 2009 donker wolke oor ons volk se voortbestaan en ook is
die toekoms van Afrikaans ernstig in die gedrang. Van owerheidsweë is
die aanslag fel om Afrikaans nek om te draai en voel jy dikwels soos
'n taalbanneling in 'n volksvreemde land. Die owerheid se visier is
tans veral sterk gemik teen Afrikaans as onderrigtaal.

Tog dink ek vanuit eie geledere is ons ook sterk besig om self vinnig
'n graf vir Afrikaans te help grawe. Moedertaalonderrig is vir baie
volksgenote nie meer 'n ononderhandelbare keuse nie; al hoe meer
volksgenote bedryf hulle sake-ondernemings net in Engels (kyk gerus na
die pamflette en advertensies daagliks in jou posbus!); die
brabbeltaal wat baie jongmense en volwassenes informeel én formeel
gebruik, strek ons taal nie tot eer nie en sal op die langeduur
negatief op Afrikaans as "algemeen-beskaafde" taal inwerk, ensovoorts,
ensovoorts - wat 'n tragiese toestand!

In die tyd waarin ons nou leef, kan ons net sowel saam met die
Genootskappers sê Afrikaners moet ook weer "taalbewus en nasiebewus"
(volksbewus) gemaak word en moet ook óns opnuut opgeroep word "om te
staan vir ons taal, ons nasie en ons land."

Hier is nou jou vriendelike uitnodiging om by ons volgende kultuuraand
saam te kom praat oor die mooiste, mooiste taal – AFRIKAANS!

Datum en tyd: Vrydagaand, 14 Augustus 2009 (Taaldag) om 19:00
Plek: ouditorium, Bybelhuis
Gespreksonderwerp: Bly of gly? Afrikaners se ervaring van
ontheemdheid, soos dit tot uitdrukking kom in enkele onlangse gedigte
en liedjies. (Ontheemde: vlugteling sonder woonplek – WAT).
Gespreksleier: professor Bernard Odendaal, UV.

Prof. Bernard is lief vir ons taal en ons volk en kan onderhoudend en
uit die hart en met gesag oor Afrikaans praat. Kom luister en kom
neem deel aan die gesprek.

Aanvullende program: opening, ds. Johann Jacobs; verwelkoming namens
Bybelgenoodskap, ds. Gerrie van Dyk; vioolspel (2x), Wilmarie
Danzfuss; voorlees van 'n humoristiese skets van PH Nortje.

Ná die geleentheid bedien ons sop en broodjies gratis, maar vra 'n
donasie vir die werk van die Bybelgenootskap en ook om dankie te sê
dat ons hulle puik geriewe gratis mag gebruik. Ons neem vrymoedigheid
om elke kultuurganger vriendelik te vra vir 'n ruim bydrae vir die
goeie werk wat die Bybelgenootskap doen.

Vriendelike kultuurgroete in ons MOEDERTAAL.
Sam de Klerk
SJ de Klerk (Voorsitter) 29 Julie 2009. Tel.:051-446 1899

Tuesday, August 4, 2009

Paardekraal Monument Vandalisme

Volksgenote

Die PVJ het die volgende inligting ontvang van die Paardekraal Verkennerspos
in Krugersdorp.

Ons deel dit met u, sodat daar kennis geneem kan word van hoe disrespekvol
daar met ons kultuurgoedere gehandel word.

Laat ons altyd bou en beskerm, dit wat vir ons kosbaar is en nooit soos die
res van Afrika afbreek, omdat hulself weinig indien enige iets het waaraan
hulle gebou het nie.

-----------------------------------------------------

Sedert 2007 is daar op gereelde grondslag voorvalle van diefstal en
fandalisme by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. Die koperkabels wat
die elektriese toevoer voorsien is weg gedra en feitlike alle metaal items
is gesteel. Dit sluit in lamppale en vlagpale. By die badkamers is daar
gereeld in gebreek en alle koper krane en pype is gesteel. Na die badkamers
herstel is, is daar op die dag wat die herstelwerk gedoen is, weereens
ingebreek en weereens is die krane gesteel. Al die nuwe wasbakke is ook
tydens hierdie inbraak gebreek. Daar is duisende Rande spandeer, nie net om
die verwoesting te herstel nie, maar ook om dit wat nog daar is, veilig te
kry. So is daar byvoorbeeld by die badkamers doringvurkhekke opgesit en
verskeie vensters is met staalplaat toe gemaak. Ongelukkig is ook hierdie
staalplaat gesteel en so ook die doringvurkhekke.

Vir die Paardekraal Verkenners, soos menigste ander Afrikaners lê die
Paardekraal Monument baie naby aan die hart. Gevolglik is daar besluit om 'n
strategie te ontwikkel om Paardekraal te beveilig. 'n Taakspan is aangestel
onder leiding van Sid Mann wat al die moontlikhede ondersoek het en het met
'n strategie na vore gekom wat nie net die terrein sal beveilig nie, maar
ook sal poog om die terrrein te herstel tot 'n bruikbare toestand waarop
volksgenote weer trots kan wees.

Hierdie plan is aan die Paardekraal Feeskomisie voorgelê en is ook
goedgekeur. Ook is nodige fondse hiervoor deur die Paardekraal Feeskomisie
goedgekeur. Op Dinsdag 28 Julie 2009 is daar dan ook begin met die
opgradering van die sekuriteit. Volgens beplanning sal daar 'n dubbelheining
opgerig word, waarby die binnekantste heining ge-elektrifiseer sal wees en
ook gekoppel sal wees aan 'n alarm. Die kampterrein sal ook weer voorsien
word van elektrisiteit. Verder word daar ook beplan om 'n terreinopsigter
aan te stel wat op die terrein sal woon. Hierdie eerste fase van die
verbeterings behoort teen September afgehandel te wees.

Ben Geldenhuys

Voorsitter

Paardekraal Verkenners

[image: 024b.jpg]

Gemors wat voor die monument gegooi is.

[image: 027b.jpg]

Poging om stoor oop te breek. Let op die waterpype wat gesny is om te sien
of daar kragkabels in is.

[image: 028b.jpg]

Sinnelose skade aan die gebou.

[image: 029.jpg] [image: 035b.jpg] [image: 038b.jpg] [image:
04082009008b.jpg] [image: 04082009010b.jpg] [image: 04082009011b.jpg] [image:
04082009012b.jpg] [image: 04082009016.jpg] [image: 04082009017b.jpg]


__

--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkenners Jeug