Wednesday, August 19, 2009

VTM bied musiekfees vir transvestiete aan.

Geagte Volksgenote,

Dit stem my tot groot ongelukkigheid om kennis te neem dat daar 'n
musiekfees aangebied is vir 'n groep transvestiete en ander persone met
afwykings by die Voortrekkermonument. Dit maak 'n bespotting van ons
kultuurerfenis en mens kan maar net wonder hoe so iets goedgekeur is deur
die rentmeesters van ons kultuurerfenis by die Voortrekkermonument. Hierdie
onaanvaarbare toedrag van sake sal seker weereens deur die bestuur op een of
ander manier goed gepraat word. Net soos die afgodsbeelde en kondome wat by
die winkel verkoop word. Of soos die "model" wat op die Senotaaf afgeneem
is.

Hoeveel meer vernedering moet hierdie volk ervaar? Hoe is dit moontlik dat
hierdie soort van gebeure goed gepraat kan word deur die sogenaamde bestuur
van die Voortrekkermonument? On sweet nou al dat die volkskultuurvlag, die
Vierkleur nie welkom is by die Voortrekkermonument nie, maar nou wil dit
voorkom dat transvestiete, kondome en afgodsbeelde wel welkom is. Beteken
dit dat slegs dinge wat die volk verneder welkom is en dat goed wat die volk
enige vorm van trots mag gee onwelkom is?

Het die Voortrekkermonument nou 'n propaganda instrument in die hande van
die ANC geword, waarmee hierdie volk afgekraak en verneder moet word? Waar
gaan dit stop??

Die ironie is dat die sogenaamde "vriende van die VTM" 'n groep volksgenote
is wat finansiëel bydrae tot die Voortrekkermonument. Gevolglik is hierdie
groep besig om die volk se ondergang te finansier!

Ek weier om te aanvaar dat die afstammelinge van die Voortrekkers in 'n spul
sikofante ontaard het. My oproep aan die handjievol volksgenote wat nog 'n
ruggraat het, is om nie hierdie toedrag van sake gelate te aanvaar nie. Laat
u stem hoor, behalwe as u ook 'n sikofant is, wat hierdie gebeure aanvaar.

Ben Geldenhuys

4 comments:

Petunia Peach said...

Geagte Ben Geldenhuys...

Om mee te begin - kry eers jou feite reg m.b.t transvestiete:

'n transverstiet is 'n man wat homself as 'n vrou uitleef... (gaat HAT dit, dit is selfs daar) maar vir mense van die twintigste eeu is daar wikipedia. Julle het julle moer gestrip vir 'n DRAG QUEEN... daar is 'n verskil... gaan verken dit... en as jy nie weet waar nie: hier is die link om dit vir julle maklikker te maak:
http://en.wikipedia.org/wiki/Drag_queen
"A drag queen is a person, usually a man, who dresses, and usually acts, like a woman often for the purpose of entertaining or performing."
http://en.wikipedia.org/wiki/Transvestism
Transvestism (also called transvestitism) is the practice of cross-dressing, which is wearing the clothing of the opposite sex. Transvestite refers to a person who cross-dresses; however, the word often has additional connotations.


tweedens... mense wat in apartheid glo en Eugente Tereblanche volg het AFWYKINGS...

So pik by, kry julle feite reg! Dalk as julle meer entertainment anders as Volkspele inkry, sal julle minder verkramp en AFWYKERIG wees... u hooogeaarte aambei!

Frans-Petrus said...

Eerstens wil ek net graag sê: Daar was oor die 3000 (drie duisend) mense by die Pink Jacaranda Affair (PJA) gewees op Saterdag 15 Augustus 2009. Ja, van die mense was of self gay, of is familie/bevriend van/met ‘n gay persoon vir wie hulle baie omgee en van die mense het niks met gay-mense te doen nie, maar het ook niks teen hulle nie. Die hele aangeleentheid was hoofsaaklik vir vermaaklikheids doeleindes en baie bekende celebs (AFRIKAANSPREKENDE AFRIKANERS wie nie gay is nie) het daar opgetree en hulle volle ondersteuning vir die PJA gegee. Dit was ook oopgestel vir die hele publiek en in baie bekende puplikasies soos Beeld (gewildste koerant onder Afrikaners) in geatverteer. Jakaranda FM (‘n gewilde stasie onder Afrikaners) was ook betrokke. Enige iemand van die publiek kon soontoe gegaan het sonder hindernis. Dit was ook ‘n familie aangeleentheid, en daar was heelwat kinders en ma’s en pa’s ook gewees. Die PJA was soos wat enige ander “karnivaal” of vermaaklikheids geleentheid sou gewees het. Mense het selfs met kampstoele, coolerbags en braaivleis gereedskap en als daar opgedaag. Al verskil was, was dat dit gay-vriendelik was. Ek haal ook graag van Coenraad Kukkuk se stellings aan: “8. Anders as by ander feeste was daar GEEN voorvalle van erge dronkenskap, geweld, beserings of swak gedrag nie.”; “7. Daar was nie gemors en vullis na die tyd soos by ander feeste nie”.

Dankie Petunia Peach vir jou duidelik uiteensitting van die verskil tussen “transvestites” en “drag queens”. (Op reaksie uit die 3 of 4 wat wel in vroue klere opgedaag het by die PJA – die res het maar almal heel normaal vir my gelyk en baie van hulle kom uit sterk Voortrekker families.) Moenie vergeet dat ‘n groot deel van die land se kultuur word ook deur gay mense geondersteun en selfs daargestel nie. Bekendes soos Evita Bezuidenhout (wat miljoenes al vermaak het regoor die wêreld) sowel as Casper de Vries, is almal voorstaanders vir die Afrikaner kultuur, maar beteken ook baie vir die gay gemeenskap.

Glo my, baie gays/nie gay respekteer en is dankbaar vir wat die voortrekkers gedoen het, maar die Voortrekker Monument bly steeds ALMAL se eiendom, en geeneen in die groep (Pretoria Verkenners Jeug), of in die bestuurs komitee van die Monument of voorsitter van ‘n Afrikaner bond het eksklusiewe of alleenreg op die Monument nie. Dis ons ALMAL se erfenis. Wat dalk vir een ou “afskuwelik” is, is nie noodwendig vir ‘n ander nie, bygesê.

Die artiekel met die foto’s van die twee “boer tannies” wat by die PJA was: Met al die baie vraagtekens in die artiekel is dit natuurlik duidelik ‘n mening en bevat geen feite. Die “vraagteken-skryf-styl” is tipies aan redenaars. Die skrywer onder andere sê dat daar “slegs” volksvreemde dinge deesdae by die Monument toegelaat word. Is dit regtig ‘n feit??? Ek wil my herrinder dat dae soos geloftedag (16 Dec) steeds gevier word by die Monument en dat vlae soos die vierkleure en ander voortrekker toebehore steeds tekoop is by die Monument se winkeltjie(s).

Laastens: Vra jouself af of jy dink regtig enige mens homself aan die tiepe verwerping en selfs geweldadigheid doelbewus sal blootstel deur om sogenaamd te “kies” om gay te wees?? NEE!!! Dink jy rêrig mense kies dit? As kinders so jonk as 10-jarige ouderdom af al worstel oor hulself, en besef maar hulle is anders? Wag tot jou eie kind dalk uit die kas klim! En moenie iets sê soos “as my kind dit doen bliksem ek hom dood nie” want duisende gay mense klim uit die kas: van hulle word aangerand, selfs ‘n geweer op hulle gerig of uit die huis gegooi deur hul eie ouers, maar raai wat – dit keer hulle nie om te wees wie hulle is nie, al is hoeveel van hulle ouers en voorvaders voortrekkers, boer ooms en boer tannies van formaat…

Anonymous said...

Ironies is dit eintlik JY wat 'n bespotting van die Afrikkanse kultuur maak. Ek voel jammer vir julle wat nog in die laaste eeu vasgevang is. Shame die wereld moet maar moeilik wees; met swart mense oral en moffies wat kan trou! Sies tog.

Carla De Bouchet said...

Aan Mnr. Geldenhuys

Ek skaam myself om eers "Afrikaner" genoem te word as iemand so 'n groot probleem het met 'n paar moffies wat bymekaarkom by 'n monument waaroor hulle nog steeds trots is. Ons is trots al word ons uitgegooi, verwerp, geslaan, vermoor en verneder deur ons EIE Afrikaner volksgenote, familie en vriende.

Daar is tog een ding wat geen ander Afrikaner van my sal kan wegvat nie en dit is: Die feit dat my Moedertaal Afrikaans is. Tweedens dat ek nog steeds trots is om 'n Afrikaner te wees.
Derdens dat daai Voortrekker monument netsoveel myne is as wat dit joune is as wat dit enige Afrikaner sinne is! Of nou Moffie of nou straight of nou iemand wie dink dat net hy en 'n sekere ekslusiewe oorheilige taalpurisgroep toegang het tot 'n Volksimbool.....

Groetnis
Jou (baie Gay) Volksgenoot
Carla De Bouchet (die Drag Queen)
ook bekend as Carl Hendrik Lauwrence Louw