Thursday, April 7, 2011
Vry , vryer , VVK !
Wat is die oplossing? As daar geen opsie binne die partypolitieke bestel bestaan nie, moet ons daarbuite gaan soek. Dit is presies wat die VVK gedoen het. Volgens die riglyne deur die plaaslike- en internationale volkereg daargestel, fasiliteer die Volksraad Verkeising Kommissie 'n verkiesing waarin die volk vir hom leiers kan verkies tot 'n volksraad. Die volksraad sal dan met 'n mandaat selfbeskikking vir die volk eis.
Terwyl die besonderhede uiteraard nog nie ter sprake is nie, behoort die visie van die einddoel reeds in elke vryheidsgesinde Boere- Afrikaner se verbeelding te vergestalt. 'n Eie regeringstelsel, 'n eie Godsdiensbeleid, eie howe, eie hospitale waarvoor mens nie belasting, mediese fonds en dan die mediese kostes ook te betaal nie. Dienslewering deur volksgenote in jou eie taal. Paaie wat in stand gehou word sonder dat duisende ekstra tolle geëis word. Hierdie is enkele gedagtes van hierdie toekomsvisie.
Om hierdie doel te bereik moet soveel as moontlik volksgenote registreer by die VVK en stem vir die volksraad.
Op 9 April 2011 word verskeie registrasiepunte van vroegoggend af in Pretoria bedryf. Kyk uit vir die tente, volg die musiek of die reuk van worsrolletjies en registreer in die Ooste van Pretoria op die hoek van Lynnwood en Hans Strydom; of in die Weste by die park in Van der Hoff Weg; of in die Noorde by die Bosveld Deli op die hoek van De Wilt en R513; in Verwoerdburg op die hoek van Theuns van Niekerk en Escort straat in Wierdapark of in die Moot by Codonialaan net noord van Michael Brinkstraat.
Doen jou deel vir die vryheidseis van jou volk en registreer by die VVK!
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Monday, April 4, 2011
Tuesday, February 22, 2011
Die gety draai
Afrika is senuweeagtig vir soortgelyke opstande. Hierdie vuurtjie kan uiteindelik 'n verterende veldbrand word wat baie lande kan tref en wat uiteindelik daartoe kan lei dat selfs meerdere state kan ontstaan. Soedan het onlangs 'n deel van sy land stembus toe geneem in 'n referendum om te bepaal of die suide van die noorde wil afskei. Hulle het oorweldigend ten gunste daarvan beslis, en die wêreld het sonder sweem van twyfel daardie referendum erken en aanvaar die totstandkoming van die nuwe Suid-Soedan. Selfs die ANC-Ieier, Jacob Zuma, het in sy staatsrede die nuwe staat gelukgewens met sy totstandkoming.
Libië gaan heel moontlik ook in twee state verdeel. Dit word al hoe duideliker dat die ou koloniale eenheidstate verbrokkel in volkstate.
Suid-Afrika is ook 'n produk van kolonialisme waar die Britte die onafhanklikheid van die Boere-republieke van hulle geroof het, en toe uiteindelik hulle in 'n unie saamgesmee het, en daardeur ook 'n koloniale eenheidstaat tot stand gebring. En ook hierdie eenheidstaat het van tyd tot tyd sy spannings opgelewer, want eenheidstate werk nie. Daarom dat dr. Verwoerd 'n beleid in werking gestel het waarvolgens die land ook in volkstate verdeel sou word.
Dat Zuma Soedan se afskei-gedeelte erken, beteken dat hy begrip behoort te hê vir 'n volkstaat. Daarom behoort hy begrip te he vir 'n Boere- of Afrikaner-volkstaat. Sy probleem is dan net dat die werkende en presterende deel wat die hele land aan die gang hou, dan onder sy beheer sal uitkom, en dit is waarom daar so angsvallig aan die eenheidstaat geklou word sodat die gans wat die goue eiers Iê, deur kruissubsidie die grootste ellende kan verhelp.
Tog word die druk na selfstandigheid al meer. Weer eens is dit nie in ons volk se vermoë of aard om op 'n Libiese-wyse sy selfstandigheid herstel te kry nie. Maar die Soedan-opsie, van 'n stemming of referendum, is wel moontlik. En tans is die proses wat die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) aan die gang gesit het, waarskynlik die naaste daaraan en die meeste geskik daarvoor.
Die VVK poog om 'n verkiesing in Mei vanjaar te hou om volksverteenwoordigers verkies te kry om hierdie vryheidseis gestalte te gee. Met die gety wat in Afrika besig is om te draai ten gunste van volkstate en afskeiding, is die tyd waarskynlik baie ryp daarvoor. Daar is egter nog nie naastenby genoeg mense vir die VVK geregistreer om die proses bo enige twyfel geloofwaardig te maak nie. Daarom is dit belangrik dat inisiatiewe soos 'n paar naweke gelede, dat registrasiepunte op openbare plekke ingerig word, nou uiters noodsaaklik om vaart agter die proses te sit.
Helaas is daar enkelinge wat selfs uit hulle pad gaan om hiedie proses te frustreer, en ons betwyfel die eerbaarheid van sodanige motiewe. In hierdie kritieke tyd van ons volksgeskiedenis, durf ons nie moedswillig stokke in speke steek nie. Laat elkeen doen wat sy hand vind om te doen, solank dit opbouend en positief is ter bereiking van ons vryheid. Ons ondersteun steeds die VVK en sy prosesse en doelwitte en sou graag sien dat hierdie proses van nou af in tempo sal toeneem om uiteindelik 'n reuse sukses te word. Ons volk het reeds genoeg mislukkings gehad, dis weer tyd vir 'n sukses op pad na vryheid. En die gety is aan ons kant.
http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php
Thursday, February 17, 2011
Die Afrikaner se reg tot selfbeskikking
Die Afrikaner se reg tot selfbeskikking
Die jongste uitspraak van Mnr. Jacob Zuma m.b.t. 'n Afrikaner tuiste, gaan beslis debat rondom die kwessie van selfbeskikking vir die Afrikaner ontlok. Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika verwelkom hierdie debat. Wat die Verkenners Beweging egter nie verwelkom is Mnr. se aanmatigheid dat hy nou namens die Afrikaner kan besluit waar hulle tuiste is. Mnr Zuma vergeet, of is moontlik onbewus, dat elke volk op aarde in gevolge die volkereg, het die reg tot selfbeskikking, ook die Afrikaner volk. Dit is verder elke volk se eie besluit of hulle wil vry wees en nie die besluit van een of ander regime se hoofman of leier nie. Selfs daardie persone binne 'n volk wat nie hulle eie tuiste wil he nie, kan nie namens die vryheidstrewende gedeelte van die volk besluit of hulle wel geregtig is op hulle eie tuiste al dan nie.
Mnr. Zuma is reg dat daar geen liggaam is wat 'n mandaat het om daardie Afrikaners wat na 'n eie tuiste streef te verteenwoordig nie. Nog nie, want die Afrikaners wat streef na 'n eie tuiste is wel besig om 'n verkiesing te reël onder die bekwame hand van die Volksraad Verkiesings Kommissie. Mnr. Zuma moet egter kennis neem dat die blote feit dat hierdie Volksraad nog nie verkies is nie, nie vir hom skielik die reg gee om namens die Afrikaner te wil besluit waar die Afrikaner se tuiste is nie. Die Afrikaner sal op 'n demokratiese wyse ons eie Volksraad verkies. Hierdie Volksraad sal 'n mandaat he om namens die Afrikaner, ons vryheid op te eis. Die grondwet van Mnr. Zuma se regering maak voorsiening vir selfbeskikking in Artikel 235. Hierdie jongste uitlating van Mnr. Zuma skep die indruk dat hy homself bo die grondwet van sy eie regime plaas.
Mnr. Zuma se uitlating dat die Afrikaner nie 'n Orania kan skep nie, is net so teenstrydig met sy grondwet en kan selfs as rassisties beskou word, aangesien hy hierdie reg kondoneer vir die Zoeloes, Vendas en Xhosas, maar die volk waarna hy verwys as die enigste blanke stam van Afrika, vir hulle wil hy 'n verbod plaas op hierdie reg.
In tussen sal die Verkenners Beweging van Suid-Afrika onverpoosd die verkiesing wat deur die VVK gereël word hierdie jaar steun en ondersteun. Sodat die vryheidstrewende Afrikaner vir homself 'n Volksraad kan kies. Sodat hierdie Volksraad 'n eis op selfbeskikking by Mnr. Zuma se regime kan instel en indien Mnr. Zuma steeds van die oortuiging is dat die Afrikaner geen reg het tot selfbeskikking nie, sal daardie Volksraad hulle beroep op die Volkereg. Die feit bly staan, 'n gedeelte van die Afrikanervolk is moeg vir die onderdrukking en is op pad na selfbeskikking in 'n eie begrensde grond gebied.
Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika
Saturday, January 8, 2011
In ons kubervolkstaat

Wat is Bravoland?
'n Kuberstaat vir die Bloedrivier Geloftevolk! Bravoland het tot stand gekom, grensloos, onafhanklik, uit die versugting van die Afrikaner/ Boerevolk na vryheid!
Elke lid van die Bloedrivier Geloftevolk en ALMAL wat hulself met die stryd van die Bloedrivier Geloftevolk vereenselwig is welkom in Bravoland. U word vriendelik uitgenooi om deel te word van die snelgroeiende kuberstaat.
Bravoland is uit die volk vir die volk... en moet (in spesifiek die forum) gesien word as 'n verhoog. 'n Verhoog waar u as burger kan opstaan, u kennis en ondervinding kan aanbied in die toepaslike "departement", hetsy dit onderwys, energiesake, veiligheid, finansies, ensovoorts is.
Bravoland het geen politieke affiliasie nie, maar deur die samewerking van alle burgers (van alle Afrikaner/Boere-organisasies en/of partye, moet Bravoland gesien word as u spreekbuis – waar u u vrese kan openbaar, u vrae en kwellinge kan verwoord, u siening mag uitlig en in die proses ook deur kundige kennis gehelp en/of gelei kan word.
Daarom dat Bravoland geskoei is vanuit 'n volkstaatkonsep. Die doel van die "kuber-volkstaat" is dan ook om u as burger aan te hoor.
Feite is dat die Afrikaner-kultuur, -geloof, taal en geskiedenis vandag onder ontsaglike druk is en dat dit stadig besig is om verlore te gaan. Hier in Bravoland sal daar pogings aangewend word om, deur kundige leiding en bestuur, juis ook hierdie kwessies aan te spreek en dan ook met daadwerklike optredes te poog om dit te implementeer.
Word deel van Bravoland. Kom deel u kennis en ervaring en help om ons volk weer op te bou.
Word nou deel van die toekoms, sluit aan by Bravoland by http://www.bravoland.co.za/forum

Tuesday, November 16, 2010
My Geld Praat Afrikaans
In sterk vereenvoudigde Nederlands, feitlik al Afrikaans, skryf Eugene
Marais in 'n hoofartikel in Land & Volk in 1891 as volg:
"… die vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners – mense so
lag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel as jy hulle name
noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar
nog nooit iets lager of gemener dan Engels-gesinde Afrikaner wat sy
moedertaal – die taal door sy vaders gesproke – verag."
Vandag sal ons met Eugene Marais se stelling kan saam stem. Vandag,
net soos in 1891 is daar ook sulke mense. Jingo–Afrikaners. Die
moderne Jingo-Afrikaners word verseker vandag net soveel verag en in
sekere gevalle selfs meer. Dink maar aan die gevoel wat 'n FW de Klerk
of selfs 'n Koos van der Merwe van die IVP by mens laat. Die term
Jingo is egter gegee aan Afrikaners wat besluit het om ter wille van
hulle nuwe meesters, Brittanje, te verengels. So kry mens vandag talle
mense met Afrikaanse vanne, maar wat skaars twee woorde in Afrikaans
kan praat. Hulle is Engels. Jingos.
Daar is nuwe Jingos ook. Dit is daardie Afrikaners wat die ANC ter
wille wees. Wat verkies om hulle kinders in 'n staatskool te sit sodat
hulle kinders die ANC propaganda kan insluk. Wat selfs hulle kinders
in Engelse skole sal sit, sodat hulle kindertjies tog nie moet
"sukkel" om aan te pas in die "nuwe" wêreld nie. Jingos. En asof dit
nie erg genoeg is nie, maak hulle ook hulle kinders groot as Jingos.
Kinders van die wêreld. Humanisties, kerkloos, liberaal en verlore.
Die aftakeling begin natuurlik eerste by ons taal. So sal die ANC 'n
skool verswart juis deur die skool te verengels. Ons taal is 'n wapen
wat teen ons gebruik word, maar kan ook dien as 'n kragtige wapen in
ons guns. Dit is egter belangrik dat ons besef dat 'n taal wat geen
kommersiele waarde het, sal uit eindelik sterf. Die behoud en groei
van ons taal sedert sy ontstaan was juis sy kommersiele waarde en nou
gooi van ons mense dit weg sodra hulle vermoed iemand is dalk Engels.
Hoeveel Afrikaners slaan onmiddelik oor na Engels sodra hulle moet
besigheid doen nie? Selfs as hierdie Afrikaners kliënte is, weier
hulle om aan te dring of selfs te vra om in Afrikaans bedien te word.
Skandelik. Jingos? Ek hoop nie so nie. Miskien is dit daardie Boere
goeie maniere wat mense dwing om oor te slaan Engels toe sodra hulle
reken die ander persoon gaan sukkel in Afrikaans. Indien dit so is,
is dit een stukkie goeie maniere wat ons sal moet weg gooi, as ons nog
enige liefde vir ons taal oor het. Ons sal moet aandring en meewerk
dat ons taal sy kommersiele waarde behou.
Die Afrikaner se laaste mag is gesetel binne sy ekonomiese krag.
Werkkrag, kapitaalkrag en koopkrag. In sy koopkrag rus sy mag om
Afrikaans se kommersiele waarde te behou. Dit verg ook nie groot
inspanning nie, al wat dit verg is om duidelik te verklaar: My geld,
praat Afrikaans.
Onlangs het die Solidariteitgroep 'n bankverslag die lig laat sien.
Hierdie verslag volg na aanleiding van hulle geveg met ABSA oor ABSA
se aandringing op swartkwotas in Rugby. Die Solidariteit verslag het
gefokus op die bankkostes van sekere banke en op hierdie manier die
banke teen mekaar op geweeg. Kostes is egter net een faset van
bankwese en in my beskeie mening amper die onbelangrikste. So
byvoorbeeld is diens 'n baie belangriker aspek. Indien 'n onderneming
se kostes hoog is, maar sy diens regverdig die koste, dan is dit
regverdigbaar as waarde vir geld. Mens verwag tog nie om by 'n een
ster hotel en by 'n vyf ster hotel die selfde prys te betaal nie. As
Afrikaner is diens in Afrikaans vir my uiters belangrik. Dit wys dat
die onderneming met wie ek besigheid doen respek het vir my en genoeg
waardering het vir my besigheid dat so onderneming my in my eie taal
sal bedien. Feitlik geen van die banke in Solidariteit se studie kan
dit waarborg nie, of bied selfs aan om mens in Afrikaans te bedien
nie.
Indien diens in Afrikaans aangebied deur vriendelike Afrikaners vir
iemand belangrik is, is die Ko-operatiewe banke soos Oranjekas en
Kleinfontein Spaar en Krediet die enigste opsie. Met die kaartstelsel
en elektroniese bankdienste wat Oranjekas nou ook aanbied, het mens
amper nie meer 'n verskoning om beledig te word om in Engels gehelp te
word by die "ander" banke nie. Afrikaans sal kommersieel oorleef deur
instansies soos Oranjekas en ander, maar dan slegs as Afrikaners wat
nie Jingos is, hierdie instansies ondersteun.
Tuesday, November 2, 2010
Westfalia Avontuurkamp
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Ons kamp vanjaar weer vanaf 4 tot 11 Desember 2010 op Westfalia tussen
Tzaneen en Duiwelskloof. Almal kan weer kom saam werk en speel tussen
mede Boere-Afrikaners.
Die AVKB is 'n beweging vir die vrye jeug van die Afrikanervolk,
begrond en gerig deur 'n Bybels-Christelike lewens en wêreldbeskouing.
Alle jongmense met durf en wat nog murg in hulle pype het, is welkom.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 27 November 2010.
Die inslag van die kamp is beveiliging van ons geloof, volk, kultuur,
ons lewens en goedere.
Ons gaan skerts, lag, sing, avontuur hê, ernstig wees
en baie beleef en ervaar!
Moenie na die tyd spyt wees nie, wees op die voorpunt, wees gereed vir
enigiets wat op jou wag, wees getrou aan jou Christelike beginsels en
kom geniet 'n onvergeetlike ervaring!
- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
DIE TEMA HIERDIE JAAR: - - IN DIE VOETSPORE VAN ONS HELDE - -
Sunday, October 3, 2010
Oranjekas , Bank vir die volk
Dit was die uiterste armoede van Afrikaners na afloop van die Tweede
Vryheidsoorlog wat 'n aantal manne tot die besef gebring het dat die
optrede van Britse bankiers gestuit moes word. Uiteindelik sou die
klein, skugter begin gemaak word met 'n handelstak wat ook die
hoofkantoor sou wees van Volkskas Kooperatiewe Bank. Die stadige groei
aan die begin kan toegeskryf word aan die enorme skuldlas van
Afrikaners by volksvreemde bankiers waar hulle gyselaar gehou is.
Geleidelike groei, nuwe planne en Afrikaner-denke het daartoe gelei
dat daar uiteindelik 'n eerste volwaardige tak opgerig word van Oom
Bossie se Bank. Een na die ander opregte Afrikaner seun en dogter is
in diens geneem – mense waarvan die harte warm geklop het vir die saak
wat hulle dien. Eers in 1938 word 'n nuwe strategie gevolg.
Volksgenote van 'n bepaalde dorp of distrik moes die werwing van nuwe
kliënte begin. As daar uit 'n distrik genoeg beleggings, voldoende
sakeondernemings en gewone salaristrekkers 'n onderneming teken sou
die bank oorweging gee aan die vestiging van 'n nuwe takkantoor.
Die groot banke uit Brittanje het die nuwe bank met smalende
opmerkings begroet en verduur. Toe Volkskas uiteindelik besluit om sy
koöperatiewe mantel te verruil om 'n volwaardige handelsbank te word,
het Afrikaners gehoop en vertrou dat die regte besluit geneem is.
Volkskas Beperk was alle banke voor toe daar besluit is om uitsoek
klante wat oor jare hulle eerbaarheid getoon het, 'n kaart beskikbaar
gestel wat bekend was as 'n welwillendheidskaart. Daarmee kon die
houer daarvan by enige handelsbank enige bedrag onttrek. Hierdie kaart
was moontlik gemaak weens die eerbare optrede van sy kliënte wat
hoofsaaklik Afrikaners was.
Uiteindelik sou die koms van die Nuwe Suid-Afrika ook die hertoetrede
van die Britse Imperialis verhaas word, en word ABSA gestig om
daardeur die Ploegbank, Volkskas Bpk. se naam vir goed te laat
verdwyn.
ABSA met sy nuwe aanslag, weg van Afrikaner sentiment, geskoei op die
lees van die Onderdrukker, het nie net die Afrikaner se taal verwerp
in sy aanslag nie, maar het sy eeu-oue haat teen die oorwinnaars van
Majuba ten volle laat geld deur Afrikaners te vervang met
volksvreemdes in sy personeel strukture. Uiteindelik sou die geliefde
Volkskas waar haas elke Afrikaner tuis gevoel het, met wrewel in die
hart sy bankdienste voortsit by sy grootste vyand.
Toe, een dag, kom vyf Afrikaners weer byeen – en daar word die eerste
sooi gespit om weer 'n koöperatiewe bank vir die Afrikanervolk te
vestig. Die verantwoordelikheid om so 'n enorme daad te verrig sou
groot invloed uitoefen op vyf manne se lewens waar hulle weereens moes
begin om met 'n verarmde volk se bietjies-bietjies geld moes woeker om
'n volksekonomie te help vestig.
Net soos Volkskas, is Oranjekas as koöperatiewe instelling gestig. Die
beginners daarvan, net soos Volkskas, het min kennis en ervaring
gehad van die bankwese. Net soos Volkskas se oom Bossie, was die
geloof sterker as die rykdom van kennis. Net soos Volkskas was dit die
verarmdes wat eerste hulle aandele gekoop het om Oranjekas te vestig.
Net soos Volkskas, het Oranjekas reeds sy eerste diep spoor getrap in
die harte van Afrikaners – dit is weer Die Kas !
Maar daar is een verskil: Oranjekas het te midde van aanslae
hardnekkig voortgegaan en binne die eerste twee jaar op 'n netto wins
begin opereer. Met die geloof van 'n klein direksie en 'n paar honderd
aandeelhouers se ondersteuning wink die toekoms om 'n nuwe hoofstuk in
die geskiedenis van ons volk se voortbestaan te skryf. Daar sal nog
dae van teenspoed en terugslae wees, maar niks sal die Afrikanerdom
weer van sy swaar verdiende goed kom beroof nie want sy aandeelhouers
sal biddend waak oor hierdie kosbare kleinood.
Clem de Klerk - September 2010
Saturday, September 18, 2010
Die Boere sal nie stilgemaak word nie
Besoek ons by: http://boereenheid.phpbb3now.com
Boekmerk dan die skakel
Die vorige forum is in sy totaliteit van die internet verwyder a.g.v
duistere redes onbekend aan ons.
Ons het nie gaan lê nie, en het onmiddelik ingespring en 'n nuwe
tuiste geskep. ONS SAL NIE STIL WORD NIE!
Ons nooi elke iedere lid van die volk uit om ons te besoek by die
bogenoemde skakel. Kom registreer vandag nog en raak weer deel van
ons projekte, soos die boereplaas, blanke armoede verligting en
opheffing van mede volksgenote!
SIRKULEER ASSEBLIEF SODAT ALMAL KAN KENNIS NEEM!
Monday, September 13, 2010
Projek 2010 nuusbrief
Die nuutste nuusbrief van Projek 2010 is op ons webblad te sien by:
(onder die opskrif: NSA-Volksmoord duur voort)
Besoek gerus die webblad vir die nuutste inligting en versprei die
boodskap aan volksgenote wat nie besef wat in die land aan die gang is
nie.
Soos altyd, is dit uiters onaangenaam om die boodskap aan u te stuur.
Dit is egter nodig dat die omvang en aard van hierdie gruweldade teen
ons volk eers, sover moontlik, algemene kennis word. Dit is my
oortuiging dat eers dan, aksies in die verband die nodige vrugte sal
afwerp.
Tot dan, blyk dit 'n hartseer feit te wees dat daar nie die nodige
steun vir Projek 2010 uit volksgeledere gekom het nie. Daar is
sekerlik 'n verskeidenheid redes hiervoor wat wissel van
onbetrokkenheid, oningeligtheid tot 'n gebrek aan besef hoe belangrik
dit is dat die projek suksesvol is.
Ek vra u daarom oudergewoonte om die boodskap/inligting te versprei.
'n Hartlike dank aan elkeen wat ons behulpsaam is in die verband.
Werner Smook
Projek 2010