Sunday, October 3, 2010

Oranjekas , Bank vir die volk

DIE KAS – BANK VIR DIE VOLK


Dit was die uiterste armoede van Afrikaners na afloop van die Tweede
Vryheidsoorlog wat 'n aantal manne tot die besef gebring het dat die
optrede van Britse bankiers gestuit moes word. Uiteindelik sou die
klein, skugter begin gemaak word met 'n handelstak wat ook die
hoofkantoor sou wees van Volkskas Kooperatiewe Bank. Die stadige groei
aan die begin kan toegeskryf word aan die enorme skuldlas van
Afrikaners by volksvreemde bankiers waar hulle gyselaar gehou is.

Geleidelike groei, nuwe planne en Afrikaner-denke het daartoe gelei
dat daar uiteindelik 'n eerste volwaardige tak opgerig word van Oom
Bossie se Bank. Een na die ander opregte Afrikaner seun en dogter is
in diens geneem – mense waarvan die harte warm geklop het vir die saak
wat hulle dien. Eers in 1938 word 'n nuwe strategie gevolg.
Volksgenote van 'n bepaalde dorp of distrik moes die werwing van nuwe
kliënte begin. As daar uit 'n distrik genoeg beleggings, voldoende
sakeondernemings en gewone salaristrekkers 'n onderneming teken sou
die bank oorweging gee aan die vestiging van 'n nuwe takkantoor.

Die groot banke uit Brittanje het die nuwe bank met smalende
opmerkings begroet en verduur. Toe Volkskas uiteindelik besluit om sy
koöperatiewe mantel te verruil om 'n volwaardige handelsbank te word,
het Afrikaners gehoop en vertrou dat die regte besluit geneem is.

Volkskas Beperk was alle banke voor toe daar besluit is om uitsoek
klante wat oor jare hulle eerbaarheid getoon het, 'n kaart beskikbaar
gestel wat bekend was as 'n welwillendheidskaart. Daarmee kon die
houer daarvan by enige handelsbank enige bedrag onttrek. Hierdie kaart
was moontlik gemaak weens die eerbare optrede van sy kliënte wat
hoofsaaklik Afrikaners was.

Uiteindelik sou die koms van die Nuwe Suid-Afrika ook die hertoetrede
van die Britse Imperialis verhaas word, en word ABSA gestig om
daardeur die Ploegbank, Volkskas Bpk. se naam vir goed te laat
verdwyn.

ABSA met sy nuwe aanslag, weg van Afrikaner sentiment, geskoei op die
lees van die Onderdrukker, het nie net die Afrikaner se taal verwerp
in sy aanslag nie, maar het sy eeu-oue haat teen die oorwinnaars van
Majuba ten volle laat geld deur Afrikaners te vervang met
volksvreemdes in sy personeel strukture. Uiteindelik sou die geliefde
Volkskas waar haas elke Afrikaner tuis gevoel het, met wrewel in die
hart sy bankdienste voortsit by sy grootste vyand.

Toe, een dag, kom vyf Afrikaners weer byeen – en daar word die eerste
sooi gespit om weer 'n koöperatiewe bank vir die Afrikanervolk te
vestig. Die verantwoordelikheid om so 'n enorme daad te verrig sou
groot invloed uitoefen op vyf manne se lewens waar hulle weereens moes
begin om met 'n verarmde volk se bietjies-bietjies geld moes woeker om
'n volksekonomie te help vestig.

Net soos Volkskas, is Oranjekas as koöperatiewe instelling gestig. Die
beginners daarvan, net soos Volkskas, het min kennis en ervaring
gehad van die bankwese. Net soos Volkskas se oom Bossie, was die
geloof sterker as die rykdom van kennis. Net soos Volkskas was dit die
verarmdes wat eerste hulle aandele gekoop het om Oranjekas te vestig.
Net soos Volkskas, het Oranjekas reeds sy eerste diep spoor getrap in
die harte van Afrikaners – dit is weer Die Kas !

Maar daar is een verskil: Oranjekas het te midde van aanslae
hardnekkig voortgegaan en binne die eerste twee jaar op 'n netto wins
begin opereer. Met die geloof van 'n klein direksie en 'n paar honderd
aandeelhouers se ondersteuning wink die toekoms om 'n nuwe hoofstuk in
die geskiedenis van ons volk se voortbestaan te skryf. Daar sal nog
dae van teenspoed en terugslae wees, maar niks sal die Afrikanerdom
weer van sy swaar verdiende goed kom beroof nie want sy aandeelhouers
sal biddend waak oor hierdie kosbare kleinood.

Clem de Klerk - September 2010