Saturday, March 14, 2009

PERSPEKTIEF OP DIE VERKLARING VAN ‘N PAAR (VERLINKSE) HERVORMDE TEOLOË.

PERSPEKTIEF OP DIE VERKLARING VAN 'N PAAR (VERLINKSE) HERVORMDE TEOLOË.

Die artikel en antwoord daarop word op SEGE se webwerf geplaas.
Normaalweg wil SEGE nie in kerksake betrokke raak nie, maar die berig
in Beeld raak nie net die NHKA se lidmate nie; dit is 'n aanklag teen
die hele Afrikanervolk en sy verlede.

Dit, wat ons al 'n geruime tyd gelede verwag het, het toe op 12
Maart 2009 gebeur. Die linkse aanslag teen die Nederduisch Hervormde
Kerk van Afrika (NHKA) het na die voorlaaste Algemene Kerkvergadering
begin. Daar was in stille voorbereiding gereed gekry met die oog op
die Algemene Kerkvergadering (AKV) van 2007, wat dan op kort
kennisgewing bekend gemaak sou word om voordeel uit die
verrassingselement te trek. Gelukkig het die inligting begin uitlek en
die voorstel dat die kerk sy kerkorde moes verander en met die swart
Engelssprekende Maranata Reformed Christian Church moet verenig, soos
geëis deur die World Alliance of Reformed Churches (WARC), kon toe nie
slaag nie. WARC het geëis dat die kerk moes deformeer om die woord
"volk" uit die kerkorde te verwyder. Die WARC het dit gedoen sonder
dat hulle verstaan wat die woord "volk" beteken, want hulle taal
(Engels) bevat nie so 'n woord nie; verder het die NHKA se
verteenwoordigers dit nie die moeite werd geag om dit aan hulle te
verduidelik nie.

Die linkse teoloë wat wil keer dat "die klippe nie uitroep nie", is
hoofsaaklik by die gedeformeerde Universiteit van Pretoria werksaam
(soos wat hulle e-pos adresse aandui) om NHKA se predikante op te lei.
(Die NHKA as volk- en behoudende kerk is vir hulle 'n verleentheid en
moet ten alle koste "gedeformeer" word). Dit is onder hulle hulp dat
daar nou hergroepeer word vir hulle nuwe offensief teen die kerk in
volksverband. Hulle gebruik die verlinkse koerant Beeld van die Kaapse
Nasionale Pers groep as hulle spreekbuis (hierdie vreemde alliansie
met die verwêreldse koerantgroep bestaan al vir jare). Dié koerant,
wat hulle as spreekbuis gebruik om met medelidmate te kommunikeer en
van hulle standpunte te oortuig, is deel van die persgroep wat vir
Deon Maas as 'n artikelskrywer gebruik het totdat die openbare mening
van Christen Afrikaners teen sy artikels Rapport gedwing het om sy
bydraes op te sê. Beeld (15 November 2007) berig hieroor soos volg:
"Maas sê hierin hy is nie 'n aanhanger van georganiseerde geloof nie,
maar satanisme is 'n 'godsdiens wat die reg het om beoefen te word'".
'n Artikel van hom agt dae tevore se opskrif was "666 is net 'n
syfer".

Voordat ons na die biegbelydenis van die geleerde teoloë kyk is dit
nodig om te reageer op die gesegde : "Aan jou vriende sal jy geken
word" en daarmee saam waaroor daar nie bely word nie. Hierby is dit
ook belangrik om na WARC te verwys wat met reg as 'n simpatiseerder
oor die jare van die ANC-S.A. Kommunistiese Party alliansie beskou kan
word.

Die alliansie met WARC toon die volgende persone in hulle midde:

Allan Boesak, sy verlede is aan ons almal bekend. Verdere inligting is:

a.. Bestuurslid van WARC – vanaf die 1980's.

b.. Lid van Sinodale Kommissie van die Verenigende NG Kerk.

c.. Lid van die topbestuur van die ANC in die Weskaap – tans
premierskandidaat van COPE.

d.. Boesemvriend van prof. Johan Buitendag.

e.. Desmond Tutu

f.. Voorsitter van die sogenaamde "Waarheid en
Versoeningskommissie". (Ons weet dat dit onder sy leiding alles
behalwe die waarheid en net so min versoening verteenwoordig en ewe
min versoening gehandhaaf het. Daar was grootskaalse bevoordeling van
ANC lede)
Daar is ook nog ander ANC aktiewe politici tussen die "broeders".

Terwyl die apartheid sogenaamd "mensonterend en boos" is, swyg ons
akademiese teoloë oor die veel groter "mensonterende en bose" orde wat
na apartheid geskep is en wat deur WARC onderskryf en geduld word;
soms nie te stilswygend nie. Die moord op meer as twintigduisend
Afrikaners deur swartes wat in die eerste vyftien jaar vanaf 1994
plaasvind, word met stilswye in die alliansie aanskou. Dit is minstens
vyf keer meer as die hoeveelheid swartes wat die afgelope vyftig jaar
onder apartheid se handhawing gesterf het. Word die moord op ongeveer
250 000 swartes sedert 1994 deur medeswartes onder die ANC regime deur
die geleerde teoloë as mensonterend beskou? Indien wel waarom so stil?
Die swartes se algemene lewensstandaard het onder apartheid dramaties
gestyg; meer as seshonderd duisend Afrikaners is tans armblankes met
baie in plakkerskampe (30 in Pretoria alleen). Apartheid het vir elke
swart volk vryheid aangebied; die Afrikaner word dit onder ANC-WARC
misgun. Nog vele ander voordele was aan swartes gebied soos hoë
gehalte mediese dienste.

Lees gerus weer Matteus 7:15-20 : ".. pas op vir vals profete. Hulle
kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle
verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens
dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?"

Die Belydenis in Nasionale Pers se koerant Beeld

Die eerste paragraaf se eerste sin begin met "'n Oomblik van
waarheid word ongevraagd deur die Heilige Gees in gelowiges se harte
gelê."

Ons weet dat die WAARHEID onafskeibaar is van die Heilige Gees.
Waarom word die waarheid dan verswyg oor die baie positiewe dinge wat
apartheid aan die swartes gebied het. Waarom die doodswyg van die
huidige ANC bedeling en die WARC se stilswye, terwyl daar WARC lede
was wat dade van terrorisme gepleeg het teen onskuldige lede van die
publiek ten tye van apartheid. Dit laat die vraag ontstaan of daar nie
eerder geluister is na die eie inbeelding nie!

In die 5de reël staan: "as ons stilbly, sal die klippe uitroep".

Waarom bly ons beswaarde teoloë dan stil oor dit wat hierbo genoem
was? Hy wat die WAARHEID (of 'n gedeelte daarvan) verswyg, bevorder
die leuen.

Reël 16 : " … op 'n beweerde ongelykheid tussen mense … ".

Ons antwoord: Hy wat beweer dat alle mense gelyk is, ontken die
werklikheid. Elkeen wat op straat staan en kyk na die mense wat
verbyloop weet dat alle mense nie gelyk is nie. Dit is 'n tipiese
voorbeeld van die halwe waarheid. Apartheid gaan van die uitgangspunt
oor die eiesoortigheid of andersheid van elke mens en volk. Sonder om
'n eie waarde-oordeel daaraan te heg. Die gebruik van die woord het
niks met gelykheid te make nie – maar sonder gelykheid kan die valse
bewering nie slaap nie.

Die vraag ontstaan waarom hierdie geleerde teoloë in die jaar 2009,
meer as 40 jaar na die moord op dr. Verwoerd en die opheffing van
apartheid, nog steeds die moeë perd opsaal. Gaan dit regtig oor die
"sonde" van apartheid, of is apartheid 'n sweep om die Afrikanervolk
te laat buig in 'n kommunisties beheerde oligargie.

Die geleerde teoloë het ongelukkig nie deeglike en kontroleerbare
navorsing gedoen oor die onderwerp waaroor hulle wil bieg en 'n mening
wil gee nie. In 1950 het dr. Verwoerd al gestel dat "beide
bevolkingsgroepe, wit en swart, 'n plan moet vind wat beide kanse tot
volle ontwikkeling van kragte en ambisies kan verskaf sonder dat dit
in botsing kom. Die enigste moontlike uitweg is … dat albei 'n
ontwikkeling aanvaar geskei van mekaar. Dit is al wat die woord
apartheid beteken." Hoe reg was hy nie as ons vandag kyk na die
mensonterende toestand rondom ons en veral binne ons eie volk nie. Dit
is slegs die wat hulle blind hou vir die waarheid wat dit kan miskyk.

Reël 21, 23 en 30 : ".. dit eksklusiewe voordele aan wit mense ten
koste van swart mense gegee het". "As mense wat voordeel getrek het
uit onregverdige strukture aanvaar ons mede-verantwoordelikheid vir
die trauma wat ander gely het. Die evangelie dring ons om nie daaraan
mee te werk nie."

Ons antwoord: Blankes het slegs binne hulle eie gebiede voordeel
getrek. Binne swart gebiede was voordele ten koste van blankes. Dit is
dan ook nie te verbase dat daar na 1994 'n doelbewuste poging deur
regeringsinstansies aangewend was om die inligting oor die bydraes
deur apartheid tot voordeel van die land se swartes te verwyder nie
(PH du Preez, APARTHEID: MISDAAD OF WELDAAD?; PH du Preez 2007), want
die leuen kan nie saam met die waarheid in die daglig bestaan nie.

Wat die "onregverdige strukture" aanbetref vertrou ons maar net dat
ons geleerde vriende bewus sal word van die onregverdige strukture
waaroor verskeie ANC politici al gesê het dat dit nooit verwyder sal
word nie. Ons noem dit Affirmitive Action en sogenaamd Swart
Ekonomiese Bemagtiging.

".. gedwonge menseverskuiwings, wat die lewe van miljoene mense verwoes het".

'n Aansienlike deel van die Afrikaner sal vandag wat wou gee om
"verskuif" te word met al die finansiële ondersteuning soos onder
apartheid. Dan kan hulle 'n nuwe begin maak, hulle kinders en
geliefdes uit die buiteland terugkry en die lewens van geliefdes (wat
nog oor is) behou. Ons versoek die geleerde teoloë om ruimte aan
hierdie waarheid te gee.

Reël 33-37 : "Eenheid en verskeidenheid in Christus"

Ons antwoord: Allereers moet duidelikheid verkry word oor die begrip
"eenheid in Christus". Eenheid in Christus as Bybelse begrip is gelyk
aan een in geloof in die een Christus, die gekruisigde en opgestane
Seun van God, die beloofde Messias van God. Dit beteken dat dit nie
eers fisies demonstreerbaar hoef te wees nie, want daardie eenheid is.
Die Skrif leer nêrens 'n wêreldwye wêreldkerk waarin al die nasies
moet verdwyn nie. Die "New Age" denke eis dit wel.

Die probleem bestaan dat ons geleerde teoloë met 'n ideologiese
eenheidsbegrip werk, soos byvoorbeeld dié van Adolf Hitler wat sy ryk
gebou het op die slagspreek: "Ein Volk, Ein Reich, Ein Fuhrer". Netso
min as daar ruimte was vir verskeidenheid by Hitler, netso min word
verskeidenheid nou ruimte gegun deur die geleerde teoloë. As daar
ruimte vir verskeidenheid in hulle denke is, waarom word daar nie 'n
beskeie ruimtetjie oopgelaat vir die vertrapte en verdrukte sondaar
Afrikaner, wat nie eens sy eie taal in sy eie vaderland mag praat nie.
Volk en kultuur trek tog betreklike grense wat egter nié die eenheid
in die geloof kan versteur nie. Die verskeidenheid word juis deur ons
geleerde teoloë negeer. Dit is wat die ANC regime ook doen en dit vorm
die kern van haas elke ander probleem waaronder ons land vandag ly.

Reël 38:42 : "Ons doen dit deur mede-gelowiges se onderskeie kulture
te respekteer, na mekaar te luister … "

Ons antwoord: Dit wat hier genoem word het meer tot sy reg gekom
onder apartheid as teenoor dit wat vandag die geval is. Die Afrikaner
se kultuur word vandag vertrap en vernietig. Asseblief, hou op om
gedeeltes van die WAARHEID te verswyg, want dit bevorder die leuen!

Reël 51 : Onder die opskrif: "Die Uitnodiging". "'n Mens voel alleen
en magteloos wanneer die lig van die evangelie dof om jou geword het."

Ons antwoord: As mens die "Uitnodiging" van die geleerde teoloë
lees, dan wek dit tog 'n bekommernis en vra 'n woord van vermaning.

● Eerstens is die formulering van so 'n aard dat dit die indruk skep
dat mense gewerf word om saam op te ruk om die "verdwaalde Hervormde
Kerk" uitmekaar te skeur.

● Ten tweede trek hierdie oproep 'n groot vraagteken oor die
geleerde teoloë se erns met die begrip eenheid in die kerk.

● Ten derde is dit 'n oop vraag of die versamelde steun van die
geleerde teoloë as stem van die kerk aangebied kan word. Dáárdie steun
het ons gehoor by die Algemene Kerkvergadering van die NHKA van 2007,
toe aansluiting by die WARC afgewys is.

Laat ons afsluit deur saam te vat dat ons moet terugkeer na die
WAARHEID en niks minder as die WAARHEID nie. Ons herken hierdie
verklaring in Beeld as die voortsetting van die aanslag teen die NHKA
en teen ons ouers en voorouers en behoudende lidmate in die NHKA wat
maar net rustig met hulle geloofslewe wil voortgaan tot eer van hulle
Skepper, ten spyte van alles wat in hulle weg gelê word. Ons weet dat
die linkse alliansie van teoloë nie sal rus voordat die kerk vernietig
is in die proses om te verwêrelds nie. Waarom verlaat hierdie teoloë
nie die NHKA nie, daar is vir hulle 'n tuiste in die NG Kerk, wat
presies soos hulle voel en wat gehelp het om apartheid met die huidige
regime van ongeregtigheid te vervang. Daar is baie onder hulle wat nou
ontnugter is en daar kan dan sommer eerstehands van hulle geleer word
wat verkeerd gegaan het. Dit is die eerbare weg om die kerk te verlaat
en nie om dit te vernietig deur dit te verdeel nie; of sit daar meer
hieragter? Moet ons nie verkwalik dat ons maar baie skepties hierdie
dinge gadeslaan nie. Dit is so oud soos die mensdom en dit wat in die
plek daarvan kom nadat dit klaar vernietig is, is gewoonlik veel
slegter as dit wat voorheen bestaan het. Die vraag kom na vore of die
NHKA se bates, wat deur die volk, wat nou aangeval word, opgebou is en
wat die "bekeerde" teoloë nou wil vernietig met kerklike verdeeldheid
dalk nie met gretige oë ingewag word deur die WARC vir herverdeling
nie. Die Nuwe Kriminele Suid-Afrika met sy WARC ondersteuning is 'n
sprekende voorbeeld hiervan.

Hiermee 'n uitdaging aan die geleerde teoloë na aanleiding van die
ryk jongman in Matteus 19:21 :

Jesus het hom geantwoord: "As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou
besittings en gee dit vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel
hê. Kom dan terug en volg My."

Ons vermoed dat so 'n edele daad deur die geleerde teoloë nie vir
die verarmde lidmate van die NHKA of die armblankes van ons volk sal
wees nie, maar hulle kan dit dan minstens doen ter wille van dié mense
oor wie hulle so hard op hulle eie kerk en volk is.


R Buitendach 12 Maart 2009


http://www.sege.co.za/Spesiaal.htm