nalatenskap, Sarah Goldblatt, het in haar enigste digbundel,
"Liefdes-kransie", uitgegee in 1920, soos volg gedig oor die
Afrikaners wat in daardie dae honger gely het onder die juk van die
Britse Imperialisme:
DIE ARME BLANKE
Ek is 'n arme blanke,
sieklik en naar en vuil,
stukkend en bijna nakend;
wie sal sij lot met mij ruil?
Weet julle hoedat mij naam is?
Die edelste naam wat jul eer.
Ek is 'n Afrikaner
wat Afrika's naam verteer.
Ek is 'n arme blanke,
die kind van 'n voorgeslag
van dappere, eerbare helde:
word ek deur julle verag?
Ons is 'n honderdduisend,
almaal so goed soo jij;
waar julle spog oor vooruitgang,
spog maar bij ons verbij.
Oupa het saam met sij maters
besluit om op trek te gaan;
oupa het saam met die ander
bij Bloedrivier pal gestaan.
Droogte en pestilensie,
moordlus van wilde barbaar,
alles was vir mij nasie
geen onowerkomelik gevaar.
Hier bij die bronne van welvaart,
hier is ons siekte ontstaan;
hier bij die nasleep van welvaart
dreig ons om ook te vergaan.
Maar gee tog mij kinders 'n kansie,
gee hul tog nuwe moed;
denk tog, die kinders is almaal
kinders van julle bloed.
Gee tog die kinders 'n kansie,
ek is al afgeleef;
ek bid dat die nag mij wil saamneem,
dis al wat ek wetend na streef.
Ek is 'n arme blanke;
ek bid, en ek smeek, en ek vra:
help tog jul eie famielie,
help óns, Suidafrika.
No comments:
Post a Comment