Saturday, October 24, 2009

Woelinge rondom die “Reitz 4”

Die gebaar van prof. Jonathan Jansen, Rektor van die Universiteit van
die Vrystaat, om die klagtes teen die sogenaamde Reitz 4 terug te
trek, is niksseggend en in wese misleidend, as gekyk word na die
planne wat prof. Jansen met die Vrystaatse Universiteit het.

Die Verkennersbeweging beskou sy gebaar nie as 'n gebaar van
versoening nie, maar as 'n gebaar van hulpeloosheid ten opsigte van 'n
saak waarvoor daar oënskynlik geen stawende getuienis of afdoende
bewyse is nie. Dit is al versterk deur die vervolgingsowerhede se
besluit om die klagte van beweerde urinering wat sou plaasgevind het
tydens die vervaardiging van die video waaroor die hele herrie gaan,
terug te trek.

Die Reitz-video is indertyd gemaak uit protes van die studente teen
dié universiteit se gedwonge koshuis integrasie program. Met daardie
gedwonge integrasie, is die Grondwetlike reg van die studente, naamlik
die reg tot assosiasie en gevolglik ook die reg tot disassosiasie,
vertrap. Die video wat hulle vervaardig het, was enersyds 'n hulproep
na buite oor die onreg wat hulle aangedoen word, en andersyds 'n
metode om spot te dryf met 'n onnatuurlike en gedwonge proses.

Prof. Jansen het reeds aangedui, dat hy hierdie transformasie- en
integrasieprosesse wil versnel. Hy gaan dus doelbewus voort met dié
proses wat tot die hele omstredenheid aanleiding gegee het. Daarom
kan sy gebaar nie gesien word as 'n gebaar van versoening nie, maar as
'n publisiteitsfoefie waaragter hy sy afkeurenswaardige transformasie
van die universiteit wil voortsit.

Henk van de Graaf
President: Verkennersbeweging van SA

Friday, October 23, 2009

Die Stem spreek weer

Die Stem Spreek Weer

Hy sit daar in die gras,
Tussen grys, vergruiste steen,
En hy kyk oor die vlaktes
Waar dit glinster van die reen.
Hy vryf oor veryste bene,
En blaas in hande blou,
Maar die druppels is volhardig
En sy lyf die bly tog kou.

Maar skielik, op sy skouer
Gloei 'n hitte blakend deur,
Sien die bron van 'n rare raat -
'n Hand wat sag oor hom treur.

"Staan op, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome,
En verlate strome...

Hy gryp die hand vas,
Wat sy verdriet laat verdwyn,
Staan op om te aanskou
(Geklee in satyn)
'n Man met 'n baard
En 'n bra bree hoed,
Geweer oor een skouer
En 'n sig vol moed.

En die hand klou hom vas,
Vryf sy hare deurmekaar
En die sig die glimlag sterk
En laat sy gees bedaar.

"Kom saam met my, my kind,"
Kom die helder stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

Sonstrale deur wolke,
Soos swaarde steek hul deur.
Die reen het misluk
In hul stryd van terreur.
Die twee Nuwe Boere
Mooi droog en gesond
Stap saam in voorvaderspore,
Oor heilige grond.

Die ossewa sal weer kreun,
Die geweer sal weer klap,
En eindlose viering sal geskied
Met boerwors en mieliepap.
En soos die Slag van Bloedrivier
En die troepie-kamp in Angola,
Die oomblik sal ons ewig onthou
As die einde van ons diaspora.

"Welkom tuis, my kind,"
Kom die helder Stem, 'n bekende klank van ou -
Uit ewige gebergtes,
Oor die eerste bultjies,
Langs groen doringbome
En verlate strome...

Tuesday, October 13, 2009

Verslag van volksvergadering

Geagte volksgenoot,

VERSLAG VAN VOLKSVERGADERING


Dit is vir ons as Volksvergadering Reëlingskomitee 'n bron van
blydskap om verslag te doen van die Volksvergadering wat oor die
naweek van 25 - 27 September 2009 te Vegkop naby Heilbron gehou is.
Ons kan getuig dat dit 'n geslaagde byeenkoms was waarvoor ons al die
eer en dank aan ons Hemelse Vader gee.

Die doel van hierdie skrywe is om u in te lig oor die besluite van die
vergadering, maar eers bietjie inligting oor die vergadering self:

· Die vergadering het ontstaan uit die diepgevoelde en
groeiende behoefte by 'n toenemende getal Boere/Afrikaners dat ons
verlore vryheid weer herstel moet word. Die Volksvergadering
Reëlingskomitee is aangewys tydens 'n beplannings-vergadering wat op
20 September 2008 te Bloemfontein gehou is en wat op sy beurt
voorafgegaan is deur 'n wye en inklusiewe raadplegingsproses

· Die doel van die vergadering was om met mekaar ooreen te kom
oor 'n strategie vir die herstel van die vryheid van ons volk en het
plaasgevind onder die tema Soewereiniteit binne Gelofteverband.

· Ten einde te verseker dat dit 'n verteenwoordigende
vergadering is, is landswyd daarvan kennis gegee deur die
gebruikmaking van al die beskikbare media soos pamflette, die radio en
die internet. Dit is nie vergesog om te sê dat dít wat op die
vergadering besluit is, 'n redelike goeie weerspieëling is van dit wat
in die harte van baie van ons volksgenote leef nie.

· Meer as 400 mense het die vergadering oor die drie dae
bygewoon. Mense het die vergadering in hulle persoonlike hoedanighede
en nie as verteenwoordigers of leiers van organisasies bygewoon nie.

· Dit was 'n geleentheid waar volksgenote vryelik met mekaar
gesprek kon voer en ongeveer 80 persone het aan die debatvoering
deelgeneem.

· Ons kon mekaar vind oor verskeie sleutelkwessies sover dit
ons volk se vryheidstrewe betref en 'n eenheidsband is gelê wat 'n
stewige basis vir die pad vorentoe bied.

Die besluite van die vergadering word hierby aangeheg. Die hoofsaak
daarvan kan soos volg saamgevat word. Ten einde ons roeping as
Geloftevolk te vervul en 'n toekoms vir ons kinders te skep, ag ons
dit noodsaaklik dat ons weer 'n vrye volk in ons eie land onder ons
eie regering word. Ons aanspraak is volkome in ooreenstermming met
die reg van volkere soos ons dit in die Bybel en die aanvaarde
internasionale reg vind. Ons glo dat dit deur die krag van God ook
binne ons bereik is.

Die besluite is ingrypend en verreikend van aard. In beginsel lê dit
die grondslag vir 'n onvermydellike skeiding van ons volk se weë met
dié van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika, 'n geestelike trek na
algehele vryheid en die volkome plasing van ons lotgevalle in die
hande van God, soos ons voorouers by Vegkop, Bloedrivier en Majuba
gedoen het. Die besluite sal egter eers konkrete gestalte in ons
volkslewe kry as volksgenote oor 'n breë front dit hulle eie maak en
positief in hulle harte omhels. Dan kan dit dieselfde langtermyn
gevolge hê as die volksvergaderings van Desember 1879 en Junie 1940.
Binne 15 maande na eersgenoemde was Transvaal weer onafhanklik en die
Republiek van Suid-Afrika was die direkte uitvloeisel van die
1940-vergadering. Op ons webtuiste by www.volksvergadering.co.za kan
u meer lees oor dié vergaderings.

Die bekendmaking van die besluite van die Vegkop-vergadering is die
eerste stap om die vryheidsideaal tot op voetsoolvlak in die harte van
ons volk in te dra. In die weke en maande wat kom, sal DV meer
volledige besonderhede oor die inhoud en betekenis van die besluite,
soos wat dit tydens die vergadering uitgekristalliseer het, aan u
verskaf word. U sal ook ingelig word oor die bydrae wat u persoonlik
kan lewer om ons vryheidsideaal te verwesenlik. Intussen is u welkom
om enige vrae oor die volksvergadering wat u mag hê aan ons te stel.

Vir die onmiddellike wil ons u versoek om, as u uself met die besluite
van die volksvergadering kan vereenselwig, dit met alle middele tot u
beskikking so wyd moontlik bekend te maak.

Hierdie brief is die laaste brief wat u van die Volksvergadering
Reëlingskomitee sal ontvang. Tydens die vergadering is 'n
voorsettingskomitee aangewys, wat voortaan as die Geloftevolk
Koördineringskomitee bekend sal staan. Die name en
kontakbesonder-hede van die lede verskyn op
www.volksvergadering.co.za. Die taak van die komitee is om die
besluite van die vergadering uit te voer. 'n Eie webtuiste sal
mettertyd vir die komitee geopen word en korrespondensie sal later
vanaf 'n eie e-posadres geskied.

Hiermee beskou die Volksvergadering Reëlingskomitee die taak wat hom
tydens die Bloemfontein-vergadering opgelê is, as afgehandel. Ons
bedank hiermee elke volksorganisasie en individu wat 'n bydrae gelewer
het tot die welslae van die vergadering en gee ook erkenning aan die
rol wat andere voor ons gespeel het om ons volk in hulle gemoed en
denke gereed te maak vir die besluite wat op die vergadering geneem
is.

Ons wil elke volksgenoot versoek om hulle ondersteuning aan die
werksaamhede van die nuwe komitee te gee en ons bid die komitee die
krag en wysheid van ons Hemelse
Vader toe vir die uitvoering van hulle take.

Dankie

Volksvergadering Reëlingskomitee

PIKETBERG

10 Oktober 2009

Dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/993c7637c85b740f

Saturday, October 10, 2009

Projek 2010

Geagte Volksgenote

Ons wil u graag uitnooi om hierdie groep te besoek en uself van die
projek te vergewis. Sluit gerus aan en help ons om Projek 2010 te
laat slaag veral deur ander mense daarvan in te lig wat meer
besonderhede kan verstrek oor 'n blanke moord sedert 1994.

http://www.facebook.com/groups/edit.php?success=1&customize&gid=177067125271#/group.php?gid=177067125271

Die webwerf van die projek: http://www.projek2010.co.za/

Die doel van die projek: Om vas te stel hoeveel blankes sedert 1994
in Suid-Afrika vermoor is.

Thursday, October 8, 2009

Volkshulp - Kersaksie Desember 2009

Bravoland help jaarliks om die Kersseisoen 'n mooier tyd te maak vir
menige verarmde volksgenoot. Behoeftiges word nie net met 'n heerlike
maaltyd bederf nie. Die noodsaaklikheid van geestelike versorging,
tesame met die aanvulling van ander noodsaaklike lewensmiddele geniet
ook aandag.

Dit bring vreugde in die harte van jong moeders, van bejaardes waarvan
die lewenstog al moeisamer geword het, van baie suigelinge wat tevrede
moet wees met bitter min.....

In Bravolanders se poging om verligting te bring, het ons meer
volksgenote se ondersteuning nodig. Hierin kan jy 'n beduidende rol
speel deur vanjaar se aksie te steun. Ons is almal
Christen-Afrikaners.

Kom ons doen wat Christus ons geleer het. Kom ons ontferm ons oor ons naaste.

Jy kan 'n bydrae lewer met 'n gewaardeerde skenking op hierdie
bankrekening, waarvoor ons byvoorbaat dankbaar is:

Naam: Bravoland Ondersteuners Klub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502

Verwysing : Kersaksie
Of besoek Bravoland by hierdie internet adres:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4963.msg64351/topicseen.html#new

Vegkop Kamp

Jy word hiermee uitgenooi na die tweede groot volksherdenkingkamp van
die jaar nl. die eerste groot jaarlikse herdenking van die slag by
Vegkop:
Datum: 16-18 Oktober 2009

Plek: Vegkop (±20km buite Heilbron, 170km vanaf Potch).
Koste: R135 (Sluit in vervoer, toegang, kos)
R.S.V.P: Voor Sondag 11 Oktober by Elandi (0823046695)

Laat weet ook of jy sal kan vervoer aanbied asook hoe laat jy sal kan
vertrek. In onseker tye soos dié waarin ons tans leef, moet ons elke
poging moontlik aanwend om ons kultuurhistoriese erfenis te bewaar.
Daar is oral vergrype aan ons erfenis: ons straatname, ons dorpsname,
ons monumente, ja, selfs ons ganse historiese bestaan! Dit is daarom
dat ons elke geleentheid benut om ons kultuur te bewaar.

Benodighede
• R135
• Braaivleis vir 2 aande
• Geld vir kos vir saterdagmiddag
• Kampklere
• Kerkklere
• Stapskoene
• Slaapsak & kussing
• Eetgerei
• Kampstoel
• Hoed, beker, baadjie, das (Cantus)
• GK-Hemp (Indien jy een het) vir Saterdag
• Tent indien jy een het

"As jy nie weet waarvandaan jy kom nie,
sal jy nie weet waarheen jy oppad is nie..."

Wie is die "rassiste" ???

Die aanvanklike doel van hierdie inligtingstuk was om aan te toon hoe daar
misbruik gemaak word van die woord "rassis", deurdat veral blanke boere
dikwels daarvan beskuldig word dat hulle rassiste is. Wanneer die
uitlatings nagegaan word laat dit mens wonder wie nou eintlik die rassiste
is!!!

Daar is al die vraag gevra of plaasmoorde vanuit organisatoriese strukture
beplan en uitgevoer word. Dalk is die dryfveer vir die voortdurende
plaasmoorde, sowel as moorde in dorpe en stede, oop en bloot onder ons
neuse, vrylik beskikbaar op die internet vir almal om te lees.

Vir meer agtergrond hieroor kan ons kyk na uittreksels uit persverklarings
van veral COSATU.

Ons begin met uittreksels uit COSATU se nuusbrief van 7 en 5 Oktober 2009
onderskeidelik.

Daarna volg 'n kort oorsig oor omstrede uitlatings deur middel van
uittreksels uit persverklarings oor die afgelope tyd. Die uittreksels kan
in konteks gelees word deur die skakels te volg.

Daar kan weer gekyk word na besonderhede oor die voorval van Jaco Swart wat
ook as 'n rassis uitgekryt is. Die voorval het reeds in Junie 2008
plaasgevind.


Ons kyk na die moord op meneer Henry Locke op sy wildplaas naby Cullinan,
noordoos van Pretoria, die afgelope Sondagaand.


Daar kan 'n onderhoud met Solly Phetoe afgelaai word deur die volgende
skakel te volg:


http://www.4shared.com/dir/10728308/e2306d53/Gesprekke.html


Die klankbaan se naam: Solly Phetoe oor rassistiese boere.wma


Die onderhoud is gevoer deur Anina Peens en uitgesaai tydens Volksmikrofoon
op Radio Pretoria.


2.1 NUMSA slams labour broking *Stephen Grootes | Yesterday *

Metal workers' union NUMSA says labour brokering is another form of slavery.

It is asking workers to protest in favour of banning the processes during
lunchtime pickets this week.

Parliament held public hearings in Welkom on the issue on Monday.

NUMSA's General Secretary Irvin Jim says nothing will stop them in their
quest.

"We will never allow ourselves to be driven back into the dark days of
apartheid capitalism when workers were denied their labour and human right,
and they were racially fragmented and brutally exploited," says Jim

* *

*South Africa**: the most unequal place on Earth!*

It is now official: South Africa has apparently overtaken Brazil as the most
unequal country on earth.

Professor Haroon Bhorat, University of Cape Town economics professor, has
confirmed that South Africa is now the most unequal society in the world,
with a significant increase in income inequalities.

Further, Professor Bhorat has confirmed that while inequality has also risen
among Black South Africans, the growth of white salaries in South Africa
between 1995 and 2008 far surpasses that of the growth of salaries among
Black South Africans.

Haroon notes that during this period, the salaries of Black South Africans
grew on average by about 38%, and that of white salaries grew by a massive
83%!

Clearly, as COSATU has consistently argued, the first decade of democracy in
South Africa has more than just benefited white capital, this period has
also seen the consolidation of the inherited privileges of white South
Africans, while entrenching Black poverty!

*B. The Global Crisis of Capitalism*

Apart from the inherited apartheid capitalist legacy of highly racialised
unemployment, inequality and poverty, today in South Africa, like everywhere
else in the world, thousands of jobs are lost each month. And many of these
jobs in South Africa are those done by Black South African workers.

We see again, how, even the capitalist crisis in South Africa sharply
assumes racial features, in its effects!

The global crisis of capitalism will further deepen the inequalities in
general, and racial inequalities in particular, in South Africa, as it
throws thousands of Black South African workers out of their inferior jobs.


We have already begun to hear from government how it will be hard to finance
social services, as the crisis of capitalism persists. Again, the hardest
hit from the shortage of resources to finance social services will be Black
South African workers and rural masses.

This inability to provide funds for massive infrastructure role out, for the
provision of essential services and for addressing the other equally
pressing social and cultural imbalances of the past, especially to Black
South African workers will further deepen both general and racialised
inequality and poverty, in South Africa, as the recession runs its course.

The global system of capitalism is in deep structural, systemic and
ideological crisis. It is unable to provide for the world's working people.
Instead, it is calling upon already impoverished poor and working peoples of
the world to further make cuts in their already low standards.


Racist shootings, killings and assaults of farm workers

8 September 2009

On 10th September 2009 at Madibeng Magistrate Court, where a farmer, Davie
Swart, will be appearing in court for the third time, charged with shooting
four young boys on 14th June 2009. The boys are still in pain from the
bullets.

On 11th September 2009 Tuies Broers will be appearing for sentence after he
was found guilty by the magistrate of Morokweng on 21st May 2009. This case
has been delayed deliberately since May 2009 till now by the magistrate of
Ganyesa to suit the farmer. The demonstration at Ganyesa Magistrates Court
will demand an investigation into the case of the son of a domestic worker,
Mrs Moeng, who blamed the farmer for her son's suicide last month. We were
told that it is because the court delayed the sentence deliberately.

On 14th September 2009 COSATU will be demonstrating at Lichtenburg
Magistrates Court when Johan Nel who allegedly shot a 16 year old boy in
October 2008 and no trial has been taken place.

COSATU also calls the media, such as Landbouweekblad and others, to stop
representing the views of the racist farmers who continue to kill, dismiss
and assault workers, using lions to kill farm workers, and shooting workers
mistaken for animals such as guinea fowl, pigs, dogs and baboons.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0908.html


COSATU condemns racist injustice in the North West

3 August 2009

Farm workers and their families are living under threats, intimidation and
abuse. Since until 3 August 2009 we have lost three farm workers and a
15-year-old boy, who was forced to work in the farm as child labour, was
killed by a tractor

There is a clear picture of a real racist campaign led by white farmers and
some magistrates in the province. Only black farm workers and their families
are mistaken for animals; it never happens to white farmers or
families.What does that mean to the Human Rights Commission? What does
it mean to DA
and Agri- forum?

We are prepared to confirm in public all that we are presenting. These are
just a few of those cases that we can speak about. There are many cases out
there where farm workers, farm dwellers and their families are being
racially killed, abused and assaulted.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0803a.html


COSATU North West On Racial Brutal Murder Of Farm Worker Lebogang Mosikare

25 June 2009

The Congress of South African Trade Unions strongly condemns the attitude of
a few journalists who are basing their reports on verbal stories from the
racial perpetrators of assaults on farm workers and dwellers. Their sources
are both farmers and some police officer, particularly at Piet Duplessis in
the area of Stella, who are continuously working with white farmers to
brutally abuse, assault and kill farm workers and their families.

We want to call on the media to report the killings of farm workers as they
are reported by COSATU and the affected families. The media must stop being
biased towards the white racist farmers.

The COSATU leadership, Lebogang`s family and workers visited the farm and
the mortuary yesterday. It is on record that the white racist farmer killed
and assaulted Lebogang to death and took his body to the police station of
his friends. This was no natural death; he killed him.

COSATU calls on the media journalists to visit the farm and to see the body
at Vryburg mortuary and report to the public if it is a natural death or
not, as some were expressing sympathy with the white racist farmer.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0625b.html


COSATU North West On Farmer Who Killed Worker

24 June 2009

The Congress of South African Trade Unions in the North West once again
strongly condemns the killing of a farm worker who was allegedly killed by a
racist farmer called Sakie, who owns the Boosdam farm in the Vryburg area on
22nd June 2009. A farm worker, Lebogang Masikare, was allegedly killed for
not reporting to work on Sunday 21st June 2009.

COSATU calls for the racist farmer to be arrested immediately and not to be
granted bail.

It is now time that as workers of this country we must declare war against
this racist farmers who continue to kill our families every almost every
week. We are also preparing our members to declare war against the
Department of Justice, which is continuing to grant racist killers bail when
they kill black farm workers or members of their families.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0624a.html


FAWU Supports COSATU NW On Madibeng Shootings

Dominique Swartz, 18 June 2009

The Food and Allied Workers` Union [FAWU] fully supports COSATU North West
in condemning the shooting of four boys by a farmer in Madibeng on Sunday,
14 June 2009.

FAWU, together with COSATU is disgusted by the attacks on farmworkers and
their families in this province. We call on government to act speedily and
put in place stricter measures to deal with farmers who continue to shoot
people left and right. If government does not deal with this issue swiftly,
farmers will continue to get away with special treatment, minimum fines and
the slaughtering of farm workers and their families.

Over the next few weeks, we will embark on a programme of action against
racist farmers who thinks it is okay to use farm workers as shooting
targets. We will march to Agri North West and the Justice department on 3
July 2009 in Lichtenburg and on 7 July in Madibeng (Brits) to demand action
against these hooligans.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/cosatu2day/2009/pr0618c.html


COSATU To Demonstrate At Mmabatho High Court Against Eviction Of
Spruitfontein Farm Workers

27 May 2009

We call once more that Hendrick Theussin broers must get his payback for
using his racist dogs since 1975. His payment must be more than ten years in
prison, so that he must learn how to treat people. We are still calling a
massive boycott of his shop, which is inside the community of Morokweng.

We call communities at Mafikeng and Ganyesa to support these actions against
racist farmers in the province.

Media is invited to the activities. For more information feel free to call
Solly Phetoe, COSATU NW Provincial Secretary, on 082 304 4055 or 072 710
0942.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0527.html


COSATU North West On Farm Workers Dismissed On Election Day And Workers' Day
By Farmers In Stella

7 May 2009

COSATU condemns the attitude of all farmers who still think that this
country belongs to them as racist farmers. We also condemn their attitude
towards the labour legislation and our country's constitution.

COSATU calls for:

- National government to take action. We have been complaining for years
about North West racist farmers who are using their money to undermine our
country's laws and our constitution. This country belongs to all of us
including those farm workers who were dismissed; their contribution to this
country is very important to the people of North West.

http://www.cosatu.org.za/show.php?include=docs/pr/2009/pr0626f.html

Hier is meer agtergrond oor die voorval waar Jaco Swart op twee inbrekers
deur 'n kamerdeur geskiet het. COSATU het hierdie voorval ook as rassisties
beskou en misbruik om hul haat teen die blankes aan te blaas.


[image: JacoSwart Deur.jpg]

http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/2008/06/boer-leef-in-vrees-nadat-hy-rowers-in.html

Intussen duur die aanvalle op ons mense voort. Een so onlangse voorval is
die moord op hierdie 13-jarige meisie se pa, meneer Henry Locke, naby
Cullinan noordoos van Pretoria.

[image: Monique Locke.jpg]

Vir meer inligting:

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/43eb720cb2b84f66aca6b62419a23f4a/06-10-2009-12-19/Kind_hou_pa_styf_vas_n%C3%A1_hy_in_hart_geskiet_is

Waar is ons versetoptredes? Ons hoef nie haat aan te wakker en selfs te
lieg soos wat COSATU en sy trawante doen nie. Die vraag bly egter, vir hoe
lank gaan ons nog staan en toekyk? Laat ons tenminste onsself beveilig,
want:


Niemand anders gaan dit vir ons doen nie en


met blanke haters soos Solly Phetoe en ander, sal hierdie voortdurende
aanslag op ons lewens net toeneem.


--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug

Friday, October 2, 2009

Nuus oor die VVK

Terwyl die duisend-talle oplaai van Vorm 1's wat hier by die Sentrale
Komitee opdaag en ons ewe gelukkig rondgejaag word deur telefoon- en
e-pos boodskappe, word dit daagliks duideliker: Hierdie volk mag dalk
tot onlangs nog in die nasleep van 1994 "verslae" gewees het, maar hy
is verre van "verslaan". Hy is besig om al sterker vir sy reg as
onafhanklike volk in die state-ry op te staan – en soos altyd wanneer
hy eers oortuig is van sy reg tot 'n sekere bestemming en die roete
daarheen, kan niks en niemand die Bittereinders (wat ook in ons geslag
na vore kom) van stryk bring nie.

Soos wat die maande aanstap word dit al duideliker dat ons 'n
volksgesag gaan verkies as regmatige stap van 'n regmatige proses in
ons stryd van vandag wat steeds die eeue-oue stryd van ons voorouers
is: Die stryd, nie om te oorheers en te verdruk nie, nie om in te palm
nie, maar bloot die stryd om voort te bestaan onder aardse wette wat
ooreenkom met ons begrip van die Vader se Wetgewing - die stryd om
toegelaat te word bloot om te mag bly wat ons is!

Die aantal Registrasie Beamptes kom tans te staan op tussen drie- en
vierhonderd; verder verwelkom ons 'n hele aantal nuwe Streek
Koördineerders: Martie Coetzer (Verkiesing Streek-Koordineerder - VSK
- vir die streek Oos-Vrystaat); Johan Fourie (VSK vir die streek
Natal); Pieter Marx (VSK vir die streek Trans Oranje); Gert Mÿburg
(VSK vir die streek Noord-Kaap); Hennie de Villiers (VSK vir die
streek Wes-Kaap) en Henriëtte van Niekerk (VSK vir Australië).

As Algemene Verkiesing Streek-Koördineerders (AVSK's) wat bestaande
VSK's help om Registrasie Beamptes aan te stel, het bygekom: P.S.
Kruger (Noord-Transvaal), Ds. Ferdi Devenier (Wes-Transvaal), B.C.
Buitendach (Wes-Transvaal), David Grobbelaar (Verre Noord-Transvaal),
Tiaan Theron (Karoo), D.G. Van der Merwe (Wes-Transvaal), B.J.M.
Rossouw (Oos-Vrystaat), O.W. Smith (Natal), Ds. Sarel Roets
(Noord-Transvaal) en Lelani Pelser (landwyd).

HARTLIK DANK aan al die nuwe hande!

Julle sal dalk hierbo opmerk dat daar skielik sprake is van 'n Streek
"Trans Oranje" (suid-, wes- en sentraal Vrystaat) wat nie meer "Trans
Gariep" genoem word, soos voorheen nie. Wel, dié situasie het sy
ontstaan te danke aan 'n kostelike insident op 'n huisvergadering by
Pieter Marx - waarvan hy julle meer sal kan vertel – en wat net gewys
het dat die VVK 'n naam sommer veel vinniger verander as die ANC!

Gedurende Julie-maand is Danie du Toit (VSK: Karoo-Streek) en ek deur
die Noord Kaap en Karoo met 'n vlugtige draai in die Wes-Kaap – en
behalwe vir die talle kieser-registrasies en Registrasie
Beampte-aanstellings, het dit 'n ervaring geword wat my altyd sal
bybly as een van die hoogtepunte van my volksbelewenis. 'n Tyd waarin
ek moed kon put deur weereens te ervaar dat die troue kern van hierdie
volk steeds gevind kan word oor die lengte en breedte van hierdie wye
land en dat daardie kern-oorblyfsel ook kerngesond is!

Intussen het Lelani Pelser by ons aangesluit as voltydse
Administratiewe Beampte en ons wens haar 'n dienstermyn toe wat 'n
waardevolle ervaring sal wees.

Lelani het pragtige VVK-hemde bestel wat einde September teen ongeveer
R200.00 elk gereed behoort te wees – skakel haar gerus om seker te
maak jy word een van die trotse eienaars.

Van hemde gepraat: Nuus uit Brittanje is dat die Jack Hindon
Verkenners (uitgedos in spoggerige VVK t-hemde) 'n Danie
Theron-gedenkkamp van 11-13 September net buite London gehou het ter
bekendstelling van die kieser-registrasie proses in daardie omgewing.
Dankie vir die inisiatief aan Willie en sy span! Dankie ook aan Die
Afrikaner vir 'n netjiese VVK-bylaag in die 4-10 September-uitgawe.
Dit is iets besonders, wat vir latere geslagte bewaar moet word.

Soos hierdie keer met Willie-hulle en Die Afrikaner die geval is, hoop
ons dat die volgende Onlangse Gebeure gaan berig oor wat JY gedoen het
om die volksverkiesing te verhaas. Onthou: JY is die volk! Ons sluit
af met 'n aanhaling van die Duits-Pruisiese filosoof Fichte wat dit
treffend geillustreer het in 'n tyd toe sy volk en staat in 'n
toestand van radeloosheid en verval was:

"…Und handeln sollst du so als hinge von dir und deinem Tun allein das
Schicksal ab der deutschen Dinge und die Verantwortung wär dein".

(overgesetsynde: …handel asof jou volk se noodlot van jou en jou dade
alleen afhang; asof die verantwoordelikheid joune alleen is…)

Groetnis van huis tot huis tot volgende keer,

Paul Kruger

Wednesday, September 30, 2009

Oranje Sake Instituut steun regstellende aksie

Luidens die ideologie van regstellende aksie val die klem daarop dat
die ongelykhede van die verlede reg gestel moet word. In die afgelope
15 jaar, is swartpersone bevoordeel deur swart ekonomiese bemagtiging
en affirmative action ten koste van Afrikaners. Die gevolge van
hierdie ongeregtighede was dat meer as 650 000 Afrikaners tans in
uiterste armoede in plakkerskampe moet leef en dat bykans een miljoen
in die buiteland werk moes gaan soek. Die nadelige, selfs rampspoedige
gevolge vir die hele land, spreek vanself en Eskom kan as so 'n
voorbeeld genoem word.

Hierdie rassediskriminasie teen ons volk wat geskep is, moet nou
dringend reg gestel word en daarom het die Oranje Sake Instituut
besluit op 'n regstellende aksie veldtog wat uit die volk, vir die
volk geloods word. Tydens die nasionale kongres van die Oranje Sake
Instituut op Saterdag 26 September 2009, het die teenwoordige Oranje
Sakekamers hulle verbind tot 'n volkseie indiensnemingsprogram.
Hierdie program het ten doel om werksgeleenthede te skep vir die
verarmde Afrikaner en ook om 'n alternatief te skep vir Afrikaners wat
die land wil verlaat weens 'n gebrek aan werksgeleenthede. Daar is ook
tydens die byeenkoms kennis geneem dat dit wat beoog word ondersteun
word deur die internasionale reg van volke en mense soos vervat in die
Handves van Menseregte van die Verenigde Nasies.

Die ANC regering het oor die afgelope 15 jaar 'n kultuur geskep waarby
hulle slegs na hulle eie kieserskorps en gevolglik slegs na die
swartmassas se belange omgesien het. Weens die wanbalans wat deur die
ANC se optrede geskep is, is daar geen ander keuse as om hierdie
kultuur, van sien om na jou eie, na te volg nie.

Die Oranje Sake Instituut doen ook 'n beroep op volksgenote om oor te
skakel na volkseie arbeid, indien hulle dit nie reeds gedoen het nie.
As daar in ag geneem word dat 80% van huisbrake geskied a.g.v binne
inligting, is dit 'n sekuriteits risiko om volksvreemdes die huiswerk
te laat doen. Verder ontneem elke pos wat gevul word deur 'n
volksvreemde, 'n volksgenoot van 'n geleentheid om uit die kloue van
armoede op te staan.

Ben Geldenhuys
Voorsitter
Oranje Sake Instituut

VVK verklaring t.o.v. Vegkop "Volksvergadering".

OPENBARE VERKLARING DEUR DIE VOLKSRAAD VERKIESING KOMMISSIE (VVK) TEN
OPSIGTE VAN DIE "VOLKSVERGADERING" TE VEGKOP, 25-27 SEPTEMBER 2009

1. Die VVK was in kennis gestel van bogenoemde byeenkoms van
volksgenote onder inisiatief van Mnr. Frikkie Strauss en die
"Volksvergadering Reëlingskomitee", welke byeenkoms na berig word
bygewoon was deur ongeveer 400 tot 500 persone.

2. Die VVK was nie op die byeenkoms verteenwoordig nie; soos wat
geen organisasie klaarblyklik daar verteenwoordig was nie aangesien
dit 'n byeenkoms van individuele volksgenote was buite
organisasie-verband.

3. GEEN BESLUIT is namens die VVK op die byeenkoms geneem of namens
die VVK daar oorgedra nie.

4. Die VVK is ten gunste van dialoog – dialoog, soos by Vegkop,
tussen volksgenote onderling en ook dialoog tussen volksgerigte
organisasies.

5. Terwyl die missie van die Vegkop-byeenkoms was om te besin oor 'n
strategie waarvolgens ons volk kan terugkeer na soewereiniteit binne
Gelofteverband, is die VVK reeds sedert sy ontstaan juis op so 'n
strategie gebou – 'n strategie ten volle verantwoordbaar in terme van
die Suid-Afrikaanse Reg, in terme van die Internasionale Reg, en
belangrikste van alles – in terme van God's Woord.

6. Wat 'n volksgesagsliggaam betref, bly die VVK se standpunt dat so
'n liggaam slegs op een enkele wyse tot stand gebring kan word; en dit
is deur DIE VOLK in sy groots-moontlike geheel behoorlike geleentheid
te bied om aan die verkiesing van so 'n liggaam deel te neem. Dit is
juis ook die proses wat deur die VVK as Verkiesingskommissie
gefasiliteer en deurgevoer word.

7. As Verkiesingskommissie wat ten volle onpartydig en onafhanklik
moet wees, kan en sal die VVK nie van ander organisasies of
inisiatiewe deel word nie.

8. Kiesers wat op die VVK se Kiesregister registreer, kan uiteraard
besluit om hulle persoonlike inligting ook aan ander organisasies of
inisiatiewe bekend te maak – van die VVK se kant af, kan en sal sulke
data met geen ander organisasie of inisiatief gedeel word nie.

Uitgereik deur Paul Kruger (namens die Sentrale Komitee van die
Volksraad Verkiesing Kommissie) op 30 September 2009.

Tuesday, September 29, 2009

Kultuuraand : 9 Oktober 2009 Bloemfontein

BLOEMFONTEINSE KULTUURVERENIGING

('n Gesinskultuurvereniging vir Afrikaners)

Ons leuse: 'n VOLK RED HOMSELF

Liewe Kultuurvriend,

2009 GAAN SNEL VERBY

Die uurglas vir 2009 is vinnig besig om leeg te loop en wie sou dit
nou aan die begin van die jaar kon dink! Hier is ons nou al by ons
laaste kultuurgeleentheid vir hierdie jaar, behalwe vir ons
betrokkenheid by Geloftedag op 16 Desember.

Jou vriendelike uitnodiging lyk só:

Na aanleiding van 'n versoek by verlede jaar se dinkskrum, kyk ons
hierdie keer na die betekenis van ons Gereformeerde Belydenisskrifte
in die huidige tydsgewrig en die jare wat voorlê. Gelowige Afrikaners
wonder soms of ons Belydenisskrifte tans nog relevant kan wees. Kom
luister gerus en kom praat saam.

Datum en tyd: Vrydagaand, 9 Oktober 2009 om 19:00
Plek: Ouditorium, Bybelhuis
Gespreksonderwerp: Die Belhar Belydenis - wat is die bohaai?
Gespreksleier: Professor Johan Janse van Rensburg
Prof. Johan is geen onbekende by ons nie en kan onderhoudend en met
gesag oor geloof- en kerksake gesels.

Verder sluit ons program in:
• Opening – ds Gert Terblanche.

• Paul Kruger - vas soos 'n berg! (ds Bertie de Lange).
• Koorsang.
• Voorlees van 'n humoristiese skets.
• Lekker saamsing.
• Breek 'n lans vir Afrikaans - het jy dit gedoen? Kom deel met ons.


Ons volk is met die rug teen die muur - in baie gevalle 'n banneling
in ons eie land. Daarom is dit nodig dat volksgenote rondom ons
geloofsbegronding, ons taal en ons kultuureie mekaar moet versterk om
die aanslae te kan afweer. Kom ons doen dit ook hierdie keer.

Vriendelike kultuurgroete van huis tot huis.
Sam de Klerk, 24 September 2009. Tel. (051) 446-1899