Friday, October 10, 2008

Terugvoer oor Volksvergadering

VOLKSVERGADERING

Dankie vir jou belangstelling in die vergadering wat ons op 20
September in Bloemfontein gehou het. Dit was 'n suksesvolle
vergadering en daar is besluit om 'n volksvergadering DV gedurende die
naweek van 24 - 26 April 2009 in Bloemfontein te hou.

'n Volksvergaderingreëlingskomitee (VVR) is verkies en bestaan uit die
volgende persone:

Dr Ronnie van der Merwe - Voorsitter (Fraserburg)
Flip Swanepoel - Onder-voorsitter (Groot-Marico)
Frikkie Strauss - Sekretaris (Piketberg)
Div de Villiers - Addisionele lid (Bloemfontein)
Marius de Vos - Addisionele lid (Bloemfontein)

Hiermee die eerste pamflet van die VVR. Indien jy jouself daarmee kan
vereenselwig wil ons vra of jy dit asseblief so wyd moontlik op jou
poslys of welke ander wyse jy goeddink te versprei en die
ge-adresseerdes versoek om dieselfde te doen. Die ideaal is dat ons
in die volgende paar maande moet probeer om op elke dorp in
Suid-Afrika ten minste een persoon te kry wat die bekendstelling van
die volksvergadering in sy eie omgewing sal doen.

In die volgende drie of vier weke sal ons komitee oor 'n werkswyse ter
bekendstelling, organisering en finansiering van die volksvergadering
besin en ons sal vir jou op hoogte hou van verwikkelinge.

Groete

FRIKKIE STRAUSS


Dokument beskikbaar by:
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/4c76a9e0c5c65a4

Thursday, October 9, 2008

Skoot en toe: 'Pa, ek's geskiet, ek's geskiet'

Oct 08 2008 09:57:56:320PM - (SA)

Virginia Keppler

Die eienaar van 'n ambulansdiens is gistermiddag, enkele ure voordat
hy en sy vrou hul 12 jaar oue huweliksbeloftes sou hernieu, ernstig in
'n rooftog in Pretoria beseer.

Mnr. Kobus Bester (38), eienaar van Best Care-ambulansdienste, is by
sy huis in Robinsonstraat, Mountain View, in die regtersy geskiet en
die koeël is by sy linkersy uit.

Hy het gistermiddag 'n noodoperasie in die Eugène Marais-hospitaal
ondergaan en is in die waakeenheid.

Sy vrou, Elize (35), was by die haarsalon toe sy gehoor het haar man is geskiet.

Sy was besig om haar hare gereed te kry vir die plegtigheid wat die
aand by die Onderstepoort-onthaalsaal sou plaasvind.

Hulle was gister 12 jaar lank getroud.

Mnr. Jacobus van Dyk (63), Bester se stiefpa, het gesê hy en mnr.
Bester het kort voordat die voorval plaasgevind het, 'n "klein
Klipdrift-brandewyn" geniet.

"Ons het klaar gedrink en toe sê ek vir hom ek gaan 'n bietjie lê. Hy
het gesê hy gaan bad.

"Ek is toe na my woonstel agter in die erf en ek was skaars in my
woonstel toe ek 'n skoot hoor afgaan. Kobus het geskreeu: 'Pa, ek is
geskiet, ek is geskiet'," het Van Dyk vertel.

Hy het gesê me. Leah Kekana (35), die huiswerker wat in daardie
stadium ook agter in die erf was, het ook groot geskrik.

"Ek het Leah saam met my by die agterdeur ingedruk en toe hardloop ek
vorentoe. Nou ja, ek was sonder my rewolwer en ek kon niks doen nie.

"Toe sien ek Kobus. Ek het hom gegryp en op die bank neergelê en die
polisie gebel."

Volgens Van Dyk het mnr. Bester gesê net toe hy wou gaan bad, het hy
'n geraas buite by sy bakkie gehoor. Toe hy gaan ondersoek instel, het
die rowers hom geskiet.

"Sulke goed moet koerante toe gaan sodat die wêreld kan sien wat hier
in die land aangaan," het Van Dyk gesê.

Mev. Bester het gesê die plegtigheid is vir eers afgestel en hulle het
die sowat 70 gaste wat genooi is, reeds in kennis gestel.

Die trourok is ook teruggeneem na die winkel waar mev. Bester dit gehuur het.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
het met behulp van 'n helikopter een verdagte aangekeer.

"Die polisie ondersoek 'n klag van poging tot moord en poging tot
huisbraak," het Msimango gesê.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2406704,00.html

Amptelike persverklaring : Verkennerskoor

Na aanleiding van die DA se uitlating op volksmikrofoon van 8 Oktober
2008, dat die jongmanne wat so heerlik gesing het tydens die openbare
verhoor oor die straatnaam verandering lede is van die VF+, die
volgende kommentaar. Die DA het hulleself met die feite misgis. Dit
verbaas egter nie, want hulle misgis hulle gereeld, aangesien hulle,
hulle eie aannames as die waarheid beskou.

Die jongmanne wat so heerlik gesing het, is in werklikheid lede van
die Verkenners koor. Die koor is maar onlangs gestig en gisteraand was
hulle eerste koor oefening. Die koorlede het blykbaar verdwaal na waar
die koor oefening gehou word en het toe hulle verby die saal waar die
publieke vergadering oor naamsveranderings gehou word, al die voertuie
daar gesien en aangeneem dit is waar die koor oefening gehou word.

Die Verkenners koor beskou die oefening wat hulle gekry het as 'n
reuse sukses maar erken dat hulle nog oefening nodig het. Daar is nog
'n paar koor oefeninge vir die maand beplan voor die publieke
opvoering op 20 Oktober 2008 en persone met 'n sterk stem en 'n liefde
vir ons volk se geskiedenis word genooi om saam te kom oefen. Die
oefeninge sal geskied op die volgende datums en plekke:

09 Oktober Centurion Raadskamers , H/v Basden en Rabie strate Tyd: 18h00
Sammy Marks Ouditorium - 1ste vloer , H/v Van der Walt en Vermeulen
strate Tyd: 18h00
13 Oktober Pretoria Noord stadsaal , H/v Emily Hobhouse en Brits Tyd: 19h00

20 Oktober , Opvoering Pretoria Stadsaal , H/v Paul Kruger en Visagie
strate Tyd: 09h00-13h00

Monday, October 6, 2008

Re: Oranje Sakestigting gestig

Sakemanne in Pretoria kan nou elekotronies aansoek doen vir
lidmaatskap tot die Oranje Sakekamer Pretoria:
http://www.oranjepta.org/Sluitaan.php

Kom Boere, as dit enigsins makliker was, dan was dit onwettig!

Sunday, October 5, 2008

Pretoria naam veranderinge.

Geagte vriende,

Daar word openbare vergaderings gereël waar die publiek insette kan
lewer oor die voorgestelde naamsveranderinge van 27 strate in Pretoria.

Vir diegene vir wie dit onaanvaarbaar is, is daar openbare vergaderings
wat bygewoon kan word en waar inwoners hulle gevoelens in die openbaar
kan stel.

Die vergaderings is soos volg:

- 7 Oktober East Lynne Gemeenskap saal
- 9 Oktober Sammy Marks Ouditorium
Centurion Raadskamers
- 13 Oktober Magaliesberg

Op 21 Oktober is daar 'n openbare verhoor in die Pretoria Stadsaal.

Slegs as inwoners hulle gevoelens oor die naamsveranderinge duidelik
maak sal die ANC gestuit kan word in hulle program om juis die
Afrikaners van hulle geskiedenis van die tafel af te vee.

Dit is derhalwe in u hande of die veranderinge gestop kan word.

Groete

Jaap Kelder

Friday, October 3, 2008

Ons sit nie en wag

Ons sit nie en wag nie
03:10:08 Volksblad

Die Dihlabeng-inwonersvereniging gee graag ons volle steun aan die
pogings van raadslede wat bereid is om hul rug reguit te maak teen die
blatante wanbestuur en korrupsie in die Dihlabeng-unisipaliteit.

Die pogings van die opposisiepartye om deur die gewone kanale die
verrotting te probeer teenwerk, word telkens deur die eenogige
soustrein-meerderheid oordonder ter wille van selfsugtige politieke
oorwegings en eie belang sonder om die belange van die gemeenskap te
bevorder. Wie kan DA-raadslede dus kwalik neem indien hulle hul na die
media wend?

Lede van die gemeenskap in Bohlokong is al so moedeloos omdat daar nie
aan hul probleme aandag gegee word nie dat hulle nou al gewelddadige
optrede as opsie uitoefen.

Die munisipale bestuurder, mnr Sandile Msibi, het dieselfde geneigdheid
as sy ANC-leiers om die wet te sien as slegs 'n instrument om hul eie
belange te bevorder en dat hulle gerieflikheidshalwe maar die oë kan
sluit vir die verpligtinge wat dieselfde wette op hulle plaas.

Ná hy sy onwilligheid vir samesprekings oor ons dispuut uitgespreek het,
het ons hom gewys op Wet 32/2000 art. 55(1) wat hom hiertoe verplig.

Sy reaksie was:
"The Act you are referring to was brought about by some of us, involved
in the transformation of this country."

Hy beskuldig raadslid Clem Harrington daarvan dat hy wederregtelik sake
doen met die munisipaliteit (Volksblad, 24 /9/08).

Waarom het die raad dan nie lankal teen raadslid Harrington opgetree
nie? Wet 32/2000 skedule 1 art. 6 (3) maak voorsiening vir die
prosedures hieroor.

Mnr. Msibi, voordat u u mond in die openbaar uitspoel, moet u miskien
eers seker maak of daar nie dalk 'n raadsgoedkeuring hieroor bestaan en
of die LUR toestemming verleen het nie. Wanneer gaan u die raadslede in
Bohlokong in die openbaar aanvat omdat hulle nie die powere betaalkoers
van 16% kan verbeter nie?

Ons gaan nie sit en wag vir die Msibi's van die dag om wakker te word
nie. Ons opbetaalde lede is met 'n omsendbrief gemobiliseer om vanaf
ingang Oktober hul munisipale rekeninge direk op die DIV se afsonderlike
bankrekening in te betaal.

Eiendomsbelasting word dan teruggehou en die res plus BTW aan die
munisipaliteit oorbetaal. Hou gerus die kennisgewingbord in die
Metropolitan-Sentrum dop (by Clicks). Skakel my vir meer inligting (082
336 2353).

Danie Eichstädt
Voorsitter, Dihlabeng-inwonersvereniging

Bylaanval: Tiener dalk verlam

Me. Charmaine Pienaar (18).

Oct 02 2008 09:31:45:340PM - (SA)

Sonja van Buul

Vanderbijlpark. – Die jong vrou wat eergister onder meer 'n
skedelfraktuur opgedoen het nadat 'n rower haar en haar ma wreed
aangeval het, gaan waarskynlik nie weer kan loop nie.

"Ek het gedink dit is 'n nare droom wat nou-nou tot 'n einde gaan kom."

Só het me. Charmaine Pienaar (18) aan haar pa, Danie (44), oor die
bylaanval waarin haar ma, Heila (41), doodgekap is, gesê kort voordat
sy gisteroggend 'n nege uur lange operasie in die Vereeniging
Medi-Clinic ondergaan het.

Die operasie is gedoen om die skade aan haar skedel en senuwees te
herstel. Sy het ook vertel dat sy in dié "nare droom" net haar "mamma
wou beskerm".

Sy het etlike ure hulpeloos by die gesin se skroothandel-onderneming
in Waldrift langs haar vermoorde ma se lyk gelê voordat haar pa en
broer, Frikkie (21), op dié grusame toneel afgekom het.

"Charmaine het tydens die aanval 'n skedelbreuk opgedoen en sy is
verlam in albei haar bene," het mnr. Marius Vosloo van Meyerton, 'n
woordvoerder van die Pienaar-gesin, gesê.

Ondanks die feit dat die gesin nie tot 'n mediese fonds behoort nie,
het hulle besluit dat die ernstig beseerde Charmaine die operasie in
dié private hospitaal moet ondergaan om sodoende die bes moontlike
mediese sorg te verseker.

Volgens Vosloo kon haar dokters die familie voor die operasie geen
waarborge gee dat Charmaine weer sal loop nie.

"Dit is volgens hulle in God se hande," het hy gesê.

Volgens Vosloo is Charmaine se wangbene ook versplinter en haar
kakebeen gebreek.

"Charmaine het kort ná die aanval gesê dat 'n man hulle met 'n byl
aangeval het, maar ek dink eerder dat hy hulle met 'n stuk yster
geslaan het," het Vosloo gister gesê.

"Die man het my ma, volgens Charmaine, belowe om hulle geen leed aan
te doen as hulle hom geld gee nie, maar hy het hulle nogtans
aangeval," het Pienaar jr. gesê.

Beeld-lesers wat die Pienaar-gesin wil help om die mediese onkoste te
dek, kan Vosloo by 083 311 7030 skakel.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2403686,00.html

Boeredag by Cullinan

Groot Boeredag by Cullinan

Geskryf deur Henk van de Graaf

Vrydag, 26 September 2008 13:22

Op 3 en 4 Oktober is daar groot woelinge by Cullinan Boere Unie se
saal. Dit is die jaarlikse Landboukorrels Lente Boeredag, wat deur
Radio Pretoria etlike jare gelede begin is, en waarby TLU SA die
laaste paar jaar betrokke is. Dié Boeredag is juis na die terrein van
die Cullinan Boere Unie verskuif, aangesien die terrein wat tot dusver
gebruik is, net buite Kleinfontein, te klein geword het om die groei
en belangstelling te kan akkommodeer. Dit is vanjaar ook die eerste
jaar dat die byeenkoms oor twee dae plaasvind. Die eerste dag is daar
'n uitgebreide program met interessante lesings oor onderwerpe wat
boere kan help met hulle boerdery. Die volledige program word hierby
aangeheg. Mnr. Louis Meintjes, Adjunk-president van TLU SA, sê dat
hierdie Boeredag bedoel is vir die kleiner boere. "Soos Nampo 'n
tipiese geleentheid is vir die 5 000 hektaar-boere, is die
Landboukorrels Boeredag, 'n tipiese geleentheid vir die 30 hektaar
boere." Mnr. Meintjes sê die bedoeling met dié boeredag is ook om die
mense in die stede meer bewus te maak van landbou en waar kos vandaan
kom. "Ons wil in besonder mense uit die dorpe en stede nooi om hierdie
geleentheid by te woon. Daar sal baie diere wees, en veral kinders sal
ook kan leer en sien waar kom byvoorbeeld melk vandaan." Verskeie
bees-, skaap en bokrasse sal by die Boeredag wees, en heelwat
stalletjies sal eet- en drinkgoed, asook landbou en selfs
nie-landbouverwante ware uitstal en te koop aanbied. Ook die media is
uitgenooi om die twee dae by te woon. Daar word voorsiening vir hulle
gemaak. Die program vir die dae lyk soos volg: LANDBOUKORRELS BOEREDAG
03 & 04 Oktober 2008 CULLINAN BOERE-UNIE SAAL Program Vrydag 3 Oktober
2008 08h00 Registrasie 09h00 Opening met skriflesing en gebed 09h15
Verwelkoming: President TLU SA 09h30 Besproeiing: Die volhoubare
benutting van water as hulpbron Mnr Felix Reinders - Direkteur
Besigheidsontwikkeling LNR Landbou Ingenieurswese 10h15 Volhoubare
landbou en minimum grondbewerking. Bewaring van grondstruktuur, en
grond-koolstof, erosie en vogverliesbeheer Mnr Daan Prinsloo - Boer in
Vryheid, Natal 11h00 Volhoubare landbou: Grondlewe en bemesting
Bewaring en opbou van mikrolewe, rol van kompos en optimale aanwending
van kunsmis Mnr Rudie Kuschke - Klein Karoo Saadbemarking 11h45
Volhoubare landbou en groenbemesting Die effek van groenbemesting op
grondstruktuur en grondlewe, Pes en plaagbestryding deur bio-beroking
Jan Meyer - Klein Karoo Saadbemarking 13h00 Ete 14h00 Dieregesondheid:
Kan die natuur vir homself sorg? Seleksie van weerstandbiedende skape
teen haarwurm met FAMACHA Dr Faffa Malan - Intervet 16h00 Algemene
bespreking en nabetragting 16h30 Afsluiting Registrasie koste R250-00
per persoon vir die dag. Elke deelnemer ontvang 'n laserskyf met die
lesings, asook 'n volledige EM-gebruikershandleiding. Kontak Lynette
by 012 804 8031 om u plek te bespreek. Beperkte plekke beskikbaar
Program Saterdag - 4 Oktober 2008 10h00 Bokmelkkaas – Die hantering
van melkbokke, maak van kaas verskillende soorte kaas en
gesondheidsvoordele. Rina Belcher - Belnori 11h00 Lewendige tuine deur
die gebruik van EM Lewe in die grond Louis Meintjes - Voorsitter TLU
SA Sentraal 12h00 Medisinale plante Dr Gerhard Prinsloo - LNR 13h00
Swepe vleg: 'n Praktiese demonstrasie Alwyn Sturgeon 14h00 Maak reg
vir die GROOT Goliat van Gat pampoenwedstryd! Saterdag se aanbiedings
is gratis Padaanwysing na die Landboukorrels Boeredag


http://www.tlu.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=90:groot-boeredag-by-cullinan&catid=36:jongste-nuus

Thursday, October 2, 2008

"AWB - Afrikaner Weerstandsbeweging" sent you a message on Facebook...

Die waarheid oor rasisme

Goeiedag burgers.

Graag deel ek met julle 'n berig uit die beeld.

'n Voorval waarin jong skoolmeisies van Bloemfontein na bewering deur
seuns by 'n buitelugskool op Zastron betas is, het skokgolwe deur
ouerkringe gestuur.

Die skoolmeisies van die Laerskool Fichardtpark, wie se ouderdomme van
11 tot 12 jaar wissel, is vandeesweek glo deur minstens twee seuns van
die Laerskool Wilgehof op die Aasvoëlberg-buitelugsentrum by Zastron
betas.

Die gr. 6-leerlinge van die onderskeie skole was op 'n week lange
uitstappie na die buitelugskool.

Die hoof van die buitelugskool, mnr. Louis Alberts, sê: " 'n Groep
meisies van Fichardtpark het Woensdagaand na hul rondawel gestap. Dit
was naby die eetsaal.

" 'n Groep seuns van Wilgehof het die meisies glo vasgekeer deur 'n
sirkel om hulle te vorm. Die seuns het 'n Sotho-liedjie begin sing,
terwyl twee van die seuns glo aan die meisies gevat het.

"Dié hele voorval is uit verband geruk. Dit kan ook nie as 'n
rassevoorval beskou word nie. Die meisies was emosioneel. Hulle het
gegil en gehuil. Die toesighouers het nog aandete geëet. Toe hulle die
lawaai hoor, het hulle gaan ondersoek instel," sê Alberts.

"Ons het twee seuns geïdentifiseer. Hulle is van die kamp verwyder,"
sê hy. Volksblad het later verneem dat twee 13-jarige seuns deurnag
oefeninge buite die kamp as straf moes doen.

Alberts sê: "Ons het toe vir die kinders gesê hulle mag nie meer
alleen op die perseel rondloop nie. Hulle moes in groepe beweeg".

Alberts sê hy vermoed een van die meisies wat nie eens betrokke was
nie, het die ander meisies se emosies aangevuur. Hy het na haar as "n
drama queen verwys.

"Ons het 'n volledige verslag oor die gebeurtenis deurgestuur na albei
skoolhoofde toe. In die tien jaar sedert dié buitelugsentrum
geprivatiseer is, het so iets nog nooit gebeur nie," sê Alberts.

Mnr. Johan du Preez, skoolhoof van die Laerskool Fichardtpark, sê daar
was altesaam 128 Fichardtpark-leerlinge op die uitstappie.

Du Preez, wat nou met vakansie is, het telefonies aan Volksblad gesê:
"Volgens die verslag het die seuns glo aan die meisies se boude gevat.

"Dit was 'n absoluut geïsoleerde geval wat uit verband geruk is.

"Die situasie is die volgende dag opgelos.

"Die seuns is aangespreek en met 'n bussie weggevat.

"Die nodige dissiplinêre stappe is gedoen.

"Ek het 'n vergadering met die ouers van die ses betrokke meisies
gehad. Ons sal die saak verder voer sodra die skole begin. Ek kan
myself nie verder hieroor uitspreek nie," het hy gesê.

Mnr. Fanie Roeloffze, skoolhoof van Wilgehof, sê: "Hierdie hele ding
is uit verband geruk. Ek het net so in die verbygaan gehoor twee
Wilgehof-seuns het aan Fichardtpark se meisies gevat.

"Ek en die skool se beheerligaam beplan om aan die hand van Alberts se
verslag op dissiplinêre stappe te besluit".

'n Geskokte ouer het aan Volksblad gesê: "Die eerste ding wat my kind
vir my gesê het, was dat haar klasmaats op die kamp deur seuns van 'n
ander skool 'gemolesteer' is.

"Sy het gehuil en was baie emosioneel."

Nóg "n ontstelde ouer van 'n Fichardtpark-leerling het gesê: "Ek is
geskok oor wat gebeur het. My kind was baie getraumatiseer deur die
voorval.

"Ons is 'n paar ouers wat voel dat daar strenger teen die skuldiges
opgetree moes word."

**********************************************************

Julle kan seker wees dit was 'n groep swart seuns omdat hulle rasse
nie genoem word nie, ons almal weet van die Ellispark voorval waar die
Wit mans die swart vrou se arm agter haar rug vas gehou het, en daar
het die media nie geskroom om te se die was 'n wit op swart aanval
nie, maar met die berig se hulle nie presies wat die rasse is nie.

Wat dink julle sou gebeur het as dit 'n groep wit seuns was?
Dit wys maar net weereens vir ons in watter situasie ons, onsself in
bevind. Hulle is altyd reg, ons is altyd verkeerd. Hulle gebruik die
media om ons te laat skaam voel oor al die wit op swart aanvalle, dink
maar aan die Reitz voorval, die ellispark voorval, ag daar is hordes
waar dit in die media DUIDELIK gestel word dit is Wit teen swart, dit
word wereldwyd ingestuur en uit perporsie geruk, en ons word weer
uitgebeeld as die wrede rassiste. Maar as dit swart op wit is, word
daar glad nie rasse of rassisme genoem nie en niemand hoor van dit
nie, want dit is iewers in die middel van die koerant.

Die tyd kom al hoe nader, dinge begin nou baie vinnig gebeur, die ANC
jeugliga dreig alweer met oorlog as hulle nie hulle sin kry nie, die
ANC is besig om te skeur en kort voor lank gaan die vonke spat tussen
die twee dele, en raai wie gaan hulle weer die skuldige probeer maak
om hulle te verenig?

Wees wakker hou jou kant skoon en trek soveel as moontlik mense om aan
te sluit by die AWB en Brandwag, die volk het julle nodig.

Ek het 'n versoek gekry om die lede van die groep te vra om te help om
'n seker Fanie Terblanche op te spoor, kyk gerus na die link vir meer
inligting http://www.new.facebook.com/group.php?gid=28509588179

Dan beoog ek ook om miskien 'n AWB Jeugliga op die been te bring,
sover was die belangstelling nie juis groot gewees nie, en dit help
nie ons begin iets as daar nie belangstelling is nie, die leier sal
nie geintreseerd wees om so iets bekend te stel as ons net 50 lede
landwyd sal wees nie, so ek het besluit om die AWB Jeug Aksie groep op
facebook nog so week kans te gee, en as die ledetal nie aansienlik
verbeter het nie, te aanvaar dat daar nie genoeg belangstelling is nie
en eerder te konsentreer om die Brandwag se ledetal uit te brei.
As jy tussen 18 en 35 is, en werklik sal belangstel om aan te sluit by
die Jeug aksie, (as die aksie gestig word sal daar sekerlik 'n
maadlikse fooi wees, seker tussen R20 en R50) kyk na die skakel en
sluit aan by die groep.
http://www.new.facebook.com/group.php?gid=30519686306


Dan is daar ook 'n heldedag viering die 11de Oktober by die
Paardekraal monument, te Krugersdorp, wat deur die Paardekraal
verkenners aangebied word,
http://www.new.facebook.com/event.php?eid=27656287838 . Kom en geniet
die dag saam met ons, die Brandwag Wesrand sal ook daar wees en ons
sal 'n wilds stalletjie daar he, KOM ondersteun ons!!!!!

Groete
--------------------

Konferensie: Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008


Kantoor van die Uitvoerende Beampte

30 September 2008

Aan alle lede-organisasies en lede

Teen hierdie tyd is u bewus van die FAK se Konferensie: Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008, wat op 17 en 18 Oktober in die Universiteit van Pretoria se konferensiesentrum aangebied word.  Alle lede-organisasies en lede van die FAK is reeds per elektroniese brief na hierdie geleentheid uitgenooi.  U sal ook oplet dat ons Konferensie-formaat effens anders as aanvanklik daarna uitsien.

Ons beskou ons konferensie om verskeie redes van die uiterste belang en ons wil u en u organisasie derhalwe hiermee vriendelik opvorder tot die grootste moontlike deelname aan ons konferensie. Die Konferensie het as uiteindelike doel die saamsnoering van ons organisasies in 'n meer dinamiese en sinvolle eenheid waarbinne die uitdagings gebied deur ons grondwetlike opset beter die hoof gebied kan word. 'n Meer dinamiese organisasie sou aan Afrikaners die geleentheid bied om 'n meer sinvolle lewe in Afrikaans te lei.

Oor die afgelope nege maande heen – in die nadraai van die regering se Polokwane-beraad, die energiekrisis, die nasionale krisis rondom leierskap, toenemende emigrasie van kundigheid uit die land – het 'n mens se ervaring van Afrikaners se sug na groter eendrag steeds toegeneem. "Nou moet ons saamstaan" word deur sovéél onder ons gevoel! Verskeie aksies wat dus oor die afgelope maande deur Afrikaner-organisasies onderneem is – dink maar aan die aksies rondom die voorgenome wetgewing op grondonteiening en die beoogde veranderinge aan straatname in Pretoria – het uitgeloop op die stigting van taamlik informele en breë strukture waarin verskeie organisasies met verskillende oogmerke, maar met gedeelde belange en behoeftes, hulle vermoëns saamgegooi het ter bereiking van daardie gedeelde belange.

En deurentyd ervaar 'n mens dat daar telkens 'n verwagting van, selfs 'n dors na, groter en meer samehangende vereniging heers onder die partye wat 'n taak goed gepak en afgehandel het. Die sukses wat in hierdie verband behaal is, moet dus ten minste gedeeltelik aan die groter verdraagsaamheid vir verskeidenheid binne eie geledere en die meer verbete gesamentlike soeke na konsensusbesluite toegeskryf word. Afrikaners het klaarblyklik ook iets uit die afgelope jare se fragmentasie en ontgogeling geleer.

Ons Konferensie gaan dus 'n poging wees om hierdie gedagtes te konsolideer en om aan alle betrokke belangegroepe die geleentheid te bied om hulself hieroor uit te spreek en van hulself rekenskap te gee.

Oproep

U sal verstaan dat ons hiermee die grootse denkbare mate van deelname van ons lede-organisasies, ons individuele lede en alle ander burgerlike organisasies aan ons konferensie wil verseker. Ten opsigte van ons lede-organisasies, wil ons u dus versoek om soveel as tien (10) lede af te vaardig om die konferensie by te woon. Individuele lede word versoek om ten minste een ander Afrikanerpersoon saam te bring en om soveel voorbrand moontlik vir die geleentheid onder u vriende te maak, en, op die koop toe, saam te sleep na die konferensie!

In teenstelling tot ons konferensies oor die afgelope jare strewe ons vanjaar na die hoogste moontlike mate van deelname deur ons jongmense. Die dringende aangeleenthede rondom ons volk gaan nou reeds vir 'n ruk by ons jongmense verby en ons ervaar klaar die gemis daaraan in hul vorming. Ons Afrikaanse skole (lede-organisasies en individuele lede, óók) word dus versoek om, sover moontlik, leerlinge bo Graad 9 in skooldrag die geleentheid te laat bywoon om na ons waarlik uitstekende voordragte te luister en aan die bespreking daar rondom deel te neem.

Ons is bewus daarvan dat ons organisasies, soos ons lede en ander lede, maar noustrop trek om begrotings te laat klop. Ons het gevolglik besluit om besoekers aan die konferensie om 'n vrywillige donasie te vra om die FAK se onkostes aangegaan by die aanbieding van ligte verversings te help delg. 'n Bedrag van R75-00 word in hierdie verband voorgestel.

U samewerking en bywoning van 'n geleentheid wat as 'n deurbraak-geleentheid beskou kan word, word waardeer.

Ons sal 'n antwoord op hierdie uitnodiging, tesame met 'n aanduiding van die beraamde getal persone wat deur u organisasie of u uself na die konferensie afgevaardig word, werklik waardeer. Rig asb. u antwoord aan ons administratiewe bestuurder, Sarie Marais, by 012-301-1777 of SarieM@fak.org.za .

Hartlike groete,

(Dr) Francois Bredenkamp

Uitvoerende Beampte

           p.p. Prof Danie Goosen (Voorsitter)

 



--------------------------------------------------------------------------------


Konferensie
Die Grondwetlike Stand van Afrikaners, 2008
Gefasiliteer deur Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)

17 en 18 Oktober

Universiteit van Pretoria (UP Konferensiesentrum)

Vrydagaand :

18:00 vir 18:30   Registrasie

Verwelkoming: Verteenwoordiger UP

Inleidende woorde - Prof Danie Goosen, FAK

Standpunt:   Prof Stef Coetzee (AHI): "Tussen kontinuïteit en verandering: 'n Pleidooi vir inklusiewe demokrasie en kreatiewe kapitalisme".

Standpunt: Prof. Hermann Giliomee: "'n Historiese raamwerk vir die grondwetlike dinamiek in SA"

Vingerete

Saterdag (Konferensiesaal 100, Konferensiesentrum)

Uitstalling van plakkate deur Afrikaanse kultuurorganisasies in voor-portaal

8:00 – 8:30 Registrasie (voortgesit)

8:30 – 9:30   "Waar staan Afrikaners grondwetlik in 2008?"

Standpunt – Prof Francois Venter

Standpunt - Prof Koos Malan

09:30 - 10:30 "Hoe lyk die Afrikaners nóú?"

Standpunt - Prof Lawrence Schlemmer

Standpunt – Prof Andre Duvenhage

10:30 – 10:45 Verversings

10:45 – 11:15 "Hoe kan Afrikaners aan hul polities-ekonomiese / maatskaplike grondwetlike dilemma ontkom?"

Standpunt – Mnr Flip Buys, Solidariteit

11:15 – 11:45 "Nuwe geografiese perspektiewe op Afrikaneridentiteit"

Standpunt - Mnr Carel Boshoff (iv)

11:45 – 12:15 "Die Grondwet en realiteite"

Standpunt - Mnr Dave Steward

12:15 – 12:30 Groeteboodskap vanaf die Afrikaanse Taalraad (ATR) - Prof Wannie Carstens

12:30 – 13:30 Middagete

13:30 – 15:45 Paneelbespreking: "Waar gaan Afrikaners heen met hierdie staatsbestel en konstitusie?"
Inleier: Prof. Pierre Theron, AB            Paneel- en algemene bespreking: Verteenwoordigers van Afrikaanse Kultuurorganisasies
15:45 – 16:00 Samevatting deur 'n Rapporteur - Mnr Kallie Kriel

Wednesday, October 1, 2008

Bloedrivier Gelofte 170

Dit is hierdie jaar die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier en dit
word herdenk met spesiale feeste wat op verskeie plekke in die land
gehou gaan word. Bloedrivier Gelofte 170 begin op 21 November by die
Voortrekkermonument. Vanaf 21 November tot 6 Desember word Bloedrivier
gebring na die volgende dorpe:
* Krugersdorp
* Bronkhorstspruit
* Witbank
* Middelburg
* Standerton
* Bethal
* Ermelo
* Piet Retief
* Newcastle
* Vryheid

Die Krugersdorp been geskied op 22 November 2008 by die Paardekraalmonument.

Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee verskaf verskeie items vir
die program.
Gedurende hierdie fees word die gelofte herbevestig en elke feesganger
kry die geleentheid om op 'n baie spesiale manier hom/haar te
vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier.

Die Bloedrivier Herdenkingskomitee voorsien die die volgende items:

* 'n Kakebeenwa wat deur die dorp getrek gaan word.
* Coreen en haar orkes.
* Antieke Bybel en teologiese boeke uitstalling waarvan die oudste
boek in 1645 gedruk is.
* Perde vir optog.
* Geskiedkundige vlae vir optog en ander gebruik.
* Spreker wat ook gelofte herbevestig.
* Verkope van DVDs en boeke oor die slag van Bloedrivier.
* Verkope van historiese vlae en verskeie ander items.

Daar word 'n bus gereel vanaf Pretoria vir hierdie dag. Indien u
belangstel om met die bus te kom, kontak asb vir Johan Joubert by
louwjoubert@gmail.com