Wednesday, July 30, 2008

Vrou (60) kritiek na verkragting

Jul 29 2008 10:32:55:447PM - (SA)

Witbank. – 'n 66-jarige vrou van Nederland is in 'n kritieke toestand
in 'n hospitaal nadat sy eergisteroggend deur inbrekers aangerand en
verskeie kere verkrag is.

Sy is omstreeks 06:30 in haar huis hier oorval. Haar aanvallers het
haar erg aangerand en vermoedelik met 'n voorwerp in die gesig en oor
die kop geslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, is 'n sitkamervenster
by haar huis 'n week gelede deur booswigte uitgeslaan, wat gevlug het
sonder om die huis binne te gaan. Die venster is herstel en dié keer
versigtig deur die inbrekers uitgehaal.

Die vrou se toestand word as kritiek beskryf. Sy het 'n paar jaar
gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis.

Sy is in die Life Health Cosmos-hospitaal se waakeenheid opgeneem en
aan 'n asemhalingstoestel gekoppel. – Aletta Otto

Oorsporong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366438,00.html

1 comment:

  1. Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal hopeloos gevoel het. Ek was vir 9 jaar na my huwelik kinderloos, en ek het amper moed opgegee om ooit ’n ma te word.
    Toe is ek aan Priester Larry voorgestel. Hy het vir my gebid en my verseker dat ek binne een maand swanger sou raak. Tot my grootste verbasing het sy woorde waar geword—ek het net een maand later swanger geraak.
    Vandag is my hart gevul met vreugde en dankbaarheid. Woorde kan nie volledig beskryf hoe ek voel nie. Nie net ek nie, maar sommige van my vriende ervaar ook dieselfde seëninge deur hom.
    As jy met onvrugbaarheid, verhoudingsprobleme, huweliksprobleme, skeidings, egskeiding of enige ander uitdagings te doen het, voel vry om hom op WhatsApp te kontak: +2349046229159
    doctorlarry268@gmail.com
    Hy is ’n vriendelike en opregte man wat altyd gereed is om te help.

    ReplyDelete