Saturday, June 28, 2008

Boere span saam om Kaper vas te trek

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2348440,00.html

Boere span saam om kaper vas te trek

Jun 27 2008 09:58:40:863PM

'n Ontstelde boer wat wou kla oor 'n vragmotorbestuurder "wat soos 'n
vark ry", het die vragmotor se eienaar gebel – net om uit te vind dit
is vroeër gekaap.

Hilda Fourie

'n Ontstelde boer wat wou kla oor 'n vragmotorbestuurder "wat soos 'n
vark ry", het die vragmotor se eienaar gebel – net om uit te vind dit
is vroeër gekaap.

Boere van Mogwadi (Dendron) in Limpopo het daarna saamgespan om dit
van die pad te trek en die kaper aan te keer.

Die vragmotor van mnr. Ernst Brits, van 'n plaveiselmaatskappy in
Meyerton in die Vaaldriehoek, is Dinsdagaand buite Tsakane aan die
Oos-Rand gekaap. Die volgende middag het hy 'n oproep uit Mogwadi van
mnr. Walter Slippers, die boer, gekry wat oor die vragmotorbestuurder
se padgedrag wou kla. Hy het onder meer amper 'n botsing met 'n ander
voertuig veroorsaak. Slippers het Brits se kontaknommer op 'n
advertensiebord op die vragmotor gekry.

Brits het Slippers ingelig dat die vragmotor gekaap is.

"Walter het gesê hy sal vir 'n rukkie agter die vragmotor aanry terwyl
ek die polisie in die hande kry," het Brits gesê.

"Terwyl ek my verhaal aan die polisie verduidelik het, het Walter ook
probeer om die polisie te kontak. Hy het later al die boere in die
omgewing op sy radio geroep waarna hulle die vragmotor afgetrek het."

Volgens Brits het die polisie op die toneel gekom net toe die boere
die vragmotor tot stilstand gebring het.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder in Limpopo, het
bevestig dat 'n man in hegtenis geneem is en Maandag in die
landdroshof in Mogwadi op 'n aanklag van die besit van 'n gesteelde
vragmotor sal verskyn.

Daarna sal hy na Gauteng gebring word waar die oorspronklike
kapingsaak ondersoek word.

"Ek het nie gedink daar is nog mense in Suid-Afrika wat sulke dinge
doen nie," het Brits gesê. "Daar is nog mense wat ander sal help."

Brits het reeds sy vragmotor teruggekry.

Thursday, June 26, 2008

Telkon van die Dagbestuur van die ad hoc groep oor die beskerming van Grondregte gehou op 25 Junie 2008 : Samevatting

Geagte vriende

Ons wil u graag op hoogte hou met die jongste gebeure en stuur vir u die
notule van gisteraand se telkon vergadering .

As u navrae het , kan u dit gerus aan my rig.

Vriendelike groete.

Louis Trichardt
Adjunk Besturende Direkteur
011 4821600 (Kantoor)
0866586344 (Faks)
www.afrikanerbond.co.za

Die Dagbestuur naamlik mnre. Jaco Schoeman , Dave Steward , Kallie Kriel
, Theo De Jager , Chris van Zyl en Louis Trichardt (Sekretaris) het
gisteraand vergader en die volgende sake is bespreek en besluite daaroor
geneem :

1 Toespraak van mnr FW de Klerk gehou by die Kaapstadse Persklub

Mnr Dave Steward het die volledige toespraak beskikbaar gestel en die
Sekretaris het dit reeds aan al die lede per e-pos versprei.

Die volgende aspekte word deur mnr Steward uitgelig :

Die algemene krisisse wat die RSA ondervind , is toegelig en bespreek
sonder om doekies om te draai. Twee sake wat klem op geplaas i ,s is die
ekonomiese vertroue wat geskaad word en inter-groepverhoudinge wat
beduiwel word.

Mnr de Klerk het die werklike bedoelinge van die konsep-wetgewing
uitgewys en gemeld dat die 1993 en 1996 Akkoorde oor die ekonomie en
demokrasie ernstig in gedrang kom en versoek dat by die ooreenkomste
gehou moet word.

Aangesien die konsep-wetgwing op 'n latere ( en onbekende ) datum weer
ter tafel gaan kom , sal die beoogde konferensie wat gehou moet word ,
se datum nader aan dié tyd wat die wetgewing weer sal dien , gereel moet
word. Die impak en trefkrag sal dan soveel meer wees.

Die Dagbestuur stem met die gedagte saam en versoek mnr Steward om 'n
wakende oog oor die saak te hou en te adviseer sodra daar weer
verwikkelinge is.

2 Alternatief vir die Kaapse Konferensie – Konferensie/Seminaar in
Pretoria/Johannesburg

Dit is gebiedend noodsaaklik dat alternatiewe maatreëls getref word om
die druk op die Regering te behou.

Dit blyk dat die persepsie dat blankes grond op 'n onregmatige verkry
het , versterk word en dat dit teengewerk moet word. Die ANC se
propaganda veldtog moet gestuit word. Uitsprake soos " die blankes het
dit gesteel daarom moet ons dit terug steel " verskerp die persepsie.

'n Konferensie/seminaar moet dringend in Johannesburg/Pretoria gehou
word om die persepsie te besweer.
Kundiges soos bv. proff Herman Giliomee , Grietjie Verhoef , Andre
Duvenhage en Louis Changion en 'n ekonoom soos mnr Dawie Roodt kan
genader word om aan die aksie deel te neem.

Mnre. Kallie Kriel en Louis Trichardt sal 'n mediaverklaring opstel ter
verduideliking van die pad vorentoe en ook begin om die seminaar in plek
te kry .

3 Voorligting aan die Diplomate van die EU

Mnr Dave Steward onderneem om die moontlikheid verder te ondersoek om
voorligting aan Diplomate van o.a. die EU te gee oor die
konsep-wetgewing waardeur verdere internasionale steun vir die teenstaan
van die wetgewing gemonster kan word.
Dit blyk nie 'n goeie idee te wees om NAFU of Tradisionele Leiers te
nader om ons standpunt te seun nie

4 Betrokkenheid van lede van die verskillende organisasies

Dit word weer beklemtoon dat lede van die verskillende deelnemende
organisasies aangemoedig moet word om hulle standpunte in die media te
ste..

5 Media-monitor

Mnr. Kallie Kriel onderneem om die media te monitor ten einde te bepaal
watter suksesse via die media behaal word. Hy sal ook die adresse van
die buitelandse media waaroor hy beskik aan Dave Steward beskikbaar ste.

U kommentaar sal waardeer word aangesien ek dit graag vanmiddag aan die
ander deelnemers wil stuur.

Baie dankie

Louis Trichardt

Interessante storie van Sake24

Meer nuus by http://www.Sake.co.za
Lees die storie by:
http://www.news24.com/Sake/Rubrieke/0,,6-103_2347124,00.html

Terughou van taks soos klip gooi

Jun 25 2008 10:05:15:203PM
'n Verdrinking is geluidloos, maar nie minder dodelik nie.
Op dieselfde wyse kan die groeiende weerhouding van munisipale
dienstegeld en erfbelasting die doodsklok lui vir plaaslike owerhede.
Dit haal egter selde – anders as die klipgooiers en brandstigters teen
swak munisipale dienslewering – die voorblaaie van koerante en die
aandnuus op televisie.
Volgens mnr. Jaap Kelder, wat in die naam van die Nasionale
Belastingbetalersunie (NBU) die stukrag agter die belastingweerhouding
is, is inwoners van minstens 170 dorpe tans besig met sulke
protes-aksies. Dit is egter nie duidelik hoeveel mense in elke dorp
betrokke is nie.
Kelder was tot 1995 'n stadsraadslid vir die Vryheidsfront aan die
Gautengse Oos-Rand.
Hy het 'n hofsaak om die Kemptonparkse stadsraad te dwing om gelyke
betaling te hef vir gelyke dienste, op appèl verloor.
"Dít het my kwaad gemaak," sê hy.
Hy het besef "politiek hoort nie in plaaslike bestuur nie", en hom begin
beywer om iets te doen aan swak dienslewering.
"As die land bestuur is soos voor 1994, sou niemand 'n probleem gehad
het nie," sê hy. "As die regering nie luister na klagtes oor swak
dienslewering nie, sal ons die dienste self lewer. Die kultuur van
wanadministrasie moet stopgesit word."
Kelder is aan die stuur van 'n e-pos-netwerk waardeur die leiers van die
protes mekaar daagliks op die hoogte hou van ontwikkelinge op hul dorpe
en raad aan mekaar gee oor die pad vorentoe.
Hulle maak soos volg:
- Vestig 'n papierspoor van onbevredigende diens en probleme in die
dorp;
- Verklaar 'n dispuut met die dorp op grond daarvan dat daar nie aandag
aan die klagtes en probleme gegee word nie (dan mag kredietbeheer
volgens hulle nie toegepas word nie);
- As daar geen reaksie of verbetering is nie, word geld van die
munisipaliteit weerhou en in 'n trustrekening betaal;
- As daar steeds geen reaksie is nie, begin belastingbetalers self die
dienste verrig;
- Dring by die munisipaliteit aan om as 'n eksterne diensverskaffer
erken te word.
Die NBU roem hom daarop dat alles wat hy doen, heeltemal wettig is.
Hy beroep hom op die regsbeginsels exceptio non adempleti contractus en
negotiorum gestio.
Eersgenoemde beteken dat twee partye gelyk moet presteer en as die een
nie sy kant bring nie, die ander nie gedwing kan word om te presteer
nie.
Die tweede beginsel is volgens Kelder waar iemand na iemand anders se
belange moet omsien en nie sy verantwoordelikheid nakom nie. Dan kan die
persoon na wie se belange omgesien moes word, die geld gebruik om dít te
doen wat die ander party nagelaat het om te doen.
Prof. Marinus Wiechers, grondwetkenner, stem nie hiermee saam nie.
Hy sê die NBU probeer privaatregtelike beginsels toepas op die
verhouding tussen die munisipaliteit en sy belastingbetalers, terwyl dít
binne die publiekreg val.
'n Plaaslike owerheid het die jurisdiksie binne sy regsgebied, met die
keersy dat hy dienste moet lewer.
As hy nalaat om die dienste te lewer, is daar vier remedies binne die
publiekreg:
- Verbaliseer die probleem deur byvoorbeeld betogings, petisies en
mobilisering;
- Probeer die mag oorneem deur stemreg;
- Stig 'n maatskappy en tender vir die werk om byvoorbeeld die
rioolwerke te herstel. Onbillike toekenning van die tender aan iemand
anders kan in die hof betwis word;
- Inwoners kan deur 'n klasaksie die hof nader om 'n mandamus-bevel om
die munisipaliteit te dwing om sy werk te doen.
Die weerhouding van dienstegeld is egter nié 'n wettige opsie nie, sê
Wiechers.
Die enigste geval waar belastingbetalers self herstelwerk kan laat doen,
is uit noodweer.
As die stukkende klep by die rioolwerke byvoorbeeld 'n gesondheidsgevaar
skep en die munisipaliteit dit nie laat herstel nie, kan
belastingbetalers dit self laat doen en die geld van die munisipaliteit
terugeis.
Dít onthef hulle egter geensins van hul burgerlike plig om dienstegeld
en erfbelasting te betaal nie.
Belastingbetalers mag volgens Wiechers ook nie die plaaslike owerheid se
hande bind soos in Swartruggens, waar hulle die trustgeld beskikbaar
stel, maar dit nie gebruik mag word in die townships óf vir salarisse
nie. Die belastingbetalers wil ook inspraak hê in die toekenning van
tenders!
Prof. Dirk Kotzé, hoogleraar in politieke wetenskap aan Unisa, sê dié
soort protes volg net 'n ander metode as die klipgooiers en
brandstigters, maar die boodskap is dieselfde, naamlik dat swak
dienslewering onaanvaarbaar is.
Dit is volgens hom 'n metode van afdreiging om 'n krisis af te dwing,
sodat die regering op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak kennis
neem van die kwessie.
As die regering nié gehoor gee nie, gaan munisipaliteite se bron van
inkomste egter uitgekalwer word, wat beteken dat dienslewering nóg
verder sal verswak.
Dit is 'n bose kringloop wat volgens Kotzé kan lei tot meer gewelddadige
konflik.
Hoewel Kotzé meen dié soort protes kan nie net aan Afrikaners gekoppel
word nie, sê Kelder self Engelssprekendes is "feitlik afwesig" in die
NBU-aksie.
Die vraag bly staan of die regering dié stille protesroep, gekleed in 'n
styl wat hy nie noodwendig ken nie, gaan hoor.
Of gaan hy op 'n dag sy oë uitvee en vind daar is geen munisipale
belastingbasis oor nie?
Wie is dan die wenners?
Die gate in Sannieshof en Smithfield en Swartruggens se strate sal bes
moontlik herstel wees, maar in die proses word die grafskrif geskryf van
die munisipale staatsbestel in Suid-Afrika.
Kelder se antwoord: "Ons gaan die dienste self lewer. Ons begin op
munisipale vlak, en sal sien wat daarna volg."

Wednesday, June 25, 2008

Agri-Forum

Geagte mede-Afrikaner,

BOEREGROND VIR DIE BOEREVOLK

BRIEF AAN AGRI SA

Ons stuur vir u hiermee die brief wat die Dagbestuur van die
Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief aan die voorsitter van Agri SA
geskryf het en waarna ons verwys het in die jongste Vryheidsbulletin.
Die brief het voortgevloei uit 'n baie deeglike ondersoek in verband
met die grondhervormingskwessie wat die voorsitter van die BVI, Dr
Ronnie van der Merwe gedoen het. In die proses het 'n kernwaarheid na
vore gekom. Die ANC se vermoë om grondhervorming op hulle eie deur te
voer, het geheel en al verkrummel. Hulle het geen direkte lyne van
kommunikasie met Afrikanerboere nie en sal slegs Afrikanerboere se
deelname aan die proses deur die bemiddeling van Agri SA kan verkry.
Indien Agri SA uit die proses verwyder kan word, sal dit in duie
stort.

Die doel van die brief was om hierdie werklikhede onder Agri SA se
aandag te bring en 'n beroep op hulle te doen om aan die proses te
onttrek. Ons het natuurlik van meet af aan besef dat hulle hulle
waarskynlik nie daaraan sal steur nie, wat inderdaad ook gebeur het.
Ons het egter die brief gesien as die eerste skuif in 'n reeks stappe
om vir Agri SA uit die grondhervormingsproses te verwyder. Die aksie
moet egter nou voortgesit word deur die plaas van druk op hulle. Dit
kan ons bereik as hierdie brief by al hulle filiale, distriksunies,
boereverenigings en uiteindelik alle individuele boerelede uitkom.
Daarmee het ons by die BVI reeds begin, maar dis 'n reusagtige taak
waarvoor ons nie die hulpbronne het nie. Dit kan egter gebeur as elke
persoon vir wie ons die brief stuur dit vermeerder en aan soveel
moontlik boere en ander Afrikaners stuur, met die versoek dat hulle
dieselfde doen.

Dit moet egter nie daar ophou nie. Mense wat hierdie brief kry en met
die inhoud daarvan saamstem, moet dit aan Agri SA oordra dat hulle
hulleself met die inhoud van die brief vereenselwig. Uiteindelik sal
Agri SA nie in staat wees om hulle voortgesette betrokkenheid by
grondhervorming te verdedig nie en hulle sal moet kapituleer.

Ons wil u hiermee vra of u nie 'n skakel in hierdie inligtingsketting
wil word nie. Moenie die bydrae wat u as individu kan maak om
Boeregrond vir die Boerevolk te behou, onderskat nie. Iemand het
gesê: Die ganse duisternis is nie in staat om die lig van een enkele
kersie te oorweldig nie.

Met vriendelike Boeregroete

FRIKKIE STRAUSS

Nms Dagbestuur van die BVI

NS Die resultate van Dr van der Merwe se ondersoek is saamgevat in 'n
toespraak onder die titel Boeregrond - Ons erfenis, wat hy gelewer het
tydens die reeks vergaderings wat die BVI gedurende Oktober verlede
jaar in die Transvaal gehou het. Die toespraak word hierby ingesluit
en kan saam met die brief versprei word.


Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/95f5966c7026435d

Friday, June 20, 2008

Fwd: FW: KONSEP MEDIAVRYSTELLING

From: Louis Trichardt [mailto:louistrichardt@abond.co.za]
Sent: 20 Junie 2008 08:07
To: info@zanli.co.za; info@tlu.co.za; wlw@lantic.net;
kraaines@mweb.co.za; 'AB At Kruger'; cdpalms@mweb.co.za; 'Johan Kruger';
kallie@afriforum.co.za; 'David Steward'; 'Pieter Groenewald'; 'Koos
Malan'; jaco.schoeman@telkomsa.net; hb@tlu.co.za;
rudolf.buiten@gmail.com; suretha@lwo.co.za; 'Jan Bosman';
john@agbiz.co.za
Subject: FW: KONSEP MEDIAVRYSTELLING

Geagte Vriende

Ek vestig u aandag op die onderstaande brief wat van Dave Steward
ontvang is .

Die datum van die Konferensie word dus verskuif na 2 Julie 2008. Sal u
asseblief u reëlings dienooreenkomstig wysig.

Daar is nou baie druk wat besig is om op te bou !

Bennie sal sy mediaverklaring dus aanpas.

Ons hou u op hoogte van verdere verwikkelinge.

Vriendelike groete !

Louis Trichardt
Adjunk Besturende Direkteur
011 4821600 (Kantoor)
0866586344 (Faks)
www.afrikanerbond.co.za

_____

From: David Steward [mailto:dsteward@mweb.co.za]
Sent: 19 June 2008 05:56 PM
To: louistrichardt@abond.co.za; jaco.schoeman@telkomsa.net;
acrosby@lantic.net
Cc: dsteward@mweb.co.za
Subject: FW: KONSEP MEDIAVRYSTELLING

Beste Jaco en Louis

'n Paar verwikkelinge:

1. Ek het met Kraai van Niekerk gepraat en dit blyk onwaarskynlik
dat die Nasionale Vergadering gereed sal wees om die westontwerp op 27
junie te oorweeg. Dit gee ons 'n bietjie meer tyd om die konferensie
behoorlik te reël en ons wil nou 'n nuwe datum - Woensdag, 2 Julie -
voorstel.
2. Ek het vasgestel dat Nikki de Havilland (SGR); Dawie Roodt; en
Leon Louw op daardie dag beskikbaar sal wees. Ons moet vasstel of dit
ook vir AgriSA se kundige oor voedselsekerheid aanvaarbaar sal wees.
Dit sal wonderlik wees as ons Anne Bernstein sal kan betrek om die
werklike probleme met grondhervorming te bespreek - en moontlik ook
iemand van die Instituut van Rasseverhoudinge om die implikasies vir
rasseverhoudinge te hanteer.
3. Die Radisson Hotel is ook op daardie middag beskikbaar.
4. Ek het 'n paar wysigings aan die beoogde mediaverklaring in die
aangehegte weergawe voorgestel.
5. F W de Klerk sal Donderdag, 26 Junie beskikbaar wees om die
Kaapstadse Persklub oor die westontwerp toe te spreek. Ek dink dit sal
baie nuuswaardig wees (en is nog 'n rede waarom die konferensie
verkieslik nie die volgende dag moet plaasvind nie.) Ons is besig om
die nodige reëlings te tref.
6. Ek heg ook hierby aan 'n kort agtergrondsstuk oor die
wetsontwerp waarin ons die hoofbesware probeer toelig - en wat ook
moontlik vir ander deelnemers nuttig kan wees.
7. Ek het met Tim du Plessi gepraat oor die moontlike plasing in
Sondag se Rapport van die aangehegte ontleding van die ideologiese
wortels van die wetsontwerp.
Laat my asb weet of dit vir ons kollegas aanvaarbaar sal wees.

Met beste wense


Dave

_____

From: Jaco Schoeman [mailto:jaco.schoeman@telkomsa.net]
Sent: 19 June 2008 02:51 PM
To: 'Chris van Zyl'; 'WG Dave Steward'; 'WG Kallie Kriel'; 'WG Louis
Trichardt'; 'WG Theo de Jager'
Cc: 'WG Bennie van Zyl'; 'WG Jan Bosman'
Subject: RE: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
Beste Chris.

Baie dankie vir die mediavrystelling. Dit lyk vir my heel in orde maar
het tog vrymoedigheid geneem om enkele verandering vir oorweging in rooi
by te voeg.

Hartlike groete.

Jaco

From: Chris van Zyl [mailto:dienste@tlu.co.za]
Sent: Thursday, June 19, 2008 1:47 PM
To: WG Dave Steward; WG Jaco Schoeman; WG Kallie Kriel; WG Louis
Trichardt; WG Theo de Jager
Cc: WG Bennie van Zyl; WG Jan Bosman
Subject: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
Importance: High

Menere

Op versoek van Bennie van Zyl heg ek 'n konsep mediavrystelling met
betrekking tot die beoogde konferensie in Kaapstad op 27 Junie 2008
hierby aan.

U kan met die grootste vrymoedigheid aanpassings maak, maar Bennie
versoek dat u asseblief teen 09h00 moreoggend (20 Junie 2008) u inset
moet lewer en / of u goedkeuring moet aandui. Terselfdertyd sal dit op
prys gestel word indien mnr Dave Steward sy weg oopsien om die vertaling
na Engels te hanteer.

Tydens Bennie se uitstedigheid vandag, sal ek navrae hanteer.

Ek vertrou dat u dit in orde vind.

Vriendelike groete

Chris

Tel : 0128048031
Sel : 0727169299

Tuesday, June 17, 2008

De Aar Toerisme

Date: Mon 16 Jun 2008 08:19
From: "Gerhard"

Gerhard,

Die toespraak is werklik iets om van siek te raak en toon duidelik hoe
totale onbekwaamheid agter woorde en arrogansie verskuil word. Dit is
so rassisties mens kan daarvan naar word - wat maak dit van my wat nie
'n affiniteit voel moet die Khoi, San ens nie? Dit sommer terloops

Ek was beindruk om te sien hulle het uiteindelik 'n beter, meer
professionale blad - en toe die skok. Die ding is dan leeg. Die
Gasvryheidsbedryf is sekerlik een van die groter werkskeppers in De
Aar. Hoe is dit dan dat ons nêrens blootstelling kry nie en nou wil
die Munisipaliteit ons dwing om sowat R2.50 per besoekers aan
toerismeheffing in te vorder? Waarvoor? Wat gaan ons in ruil kry - 'n
leë "Toerisme-hofie". Ek sien hulle spog so oor die Indaba - maar wat
het dit ons bedryf in De Aar al in die sak gebring, veral as mens die
kostes meet om dit by te woon en die aantal buitelandse besoekers wat
na De Aar gelok is. Hier is sedert Januarie 'n baie duidelike afname
in buitelandse besoekers aan De Aar en dit sluit dié wat net deurreis
in. Is dit die "prys" wat ons op die Indaba gewen het en waarvoor ons
nou dmv 'n toerismeheffing moet betaal? Het julle die totale chaotiese
De Aar-brosjure gesien - 'n nikssegende, lomp dokument vol foute en
halwe waarhede? Ek sal graag wil weet hoeveel hierdie uitstappie ons
gekos het en wat gaan hulle daarmee bereik? Die Toerisme-kantoor mors
met ons geld en bereik niks in De Aar nie - tensy hulle my verkeerd
kan bewys en met dit swart op wit vorendag kan kom. Want hulle moet
hul nie enige krediet toe-eien vir die huidige besoekers aan De Aar
nie. Dit het niks met bemarking te doen nie, dit is net mense wat
vanweë hul werk gedwing word om De Aar toe te kom wat nog hier bly -
van reisende toeriste is daar nie sprake nie. Die naaste wat hierdie
dorp aan reisende toeriste kom, is af en toe mense wat via De Aar na
die Tuinroete en visa verca.

Ek het gekla oor verkeerde inligting wat die kantoor aan die publiek
deurgee, maar het tot op datum (6 maande later) net 'n
ontvangserkenning gekry en nog niks terugvoering nie. Intussen word
die foutiewe inligting na die beste van my mening steeds na die
publiek deurgegee. Julle moet asb uitvind hoe effektief hierdie
Toerisme kantoor is en wat hulle ons kos in vergelyking met wat hulle
bereik. Die webblad - wat duidelik nie 'n gratis geskenk was nie - is
'n duidelike bewys van my standpunt. Dit is hoe wit, belastingbetalers
behandel word.

Van wanneer af is dit 'n belastingbetalende onderneming se plig om sy
eie kragnetwerk te voorsien? Hulle sou in 2004 die netwerk teen R32
000 verbeter het, maar daar het vye van gekom - nou wil hulle die bal
in ons baan gooi? Klink dit reg?

Dankie vir die geleentheid om met julle te kan praat. Sterkte met die
taak vorentoe.

Franconette

De Herberg Lodge

49 Schreiner Street

PO Box 766

De Aar 7000

Tel 053 631 2468

Fax 053 631 0625

Fax 08 66 11 77 111

franconette@herberglodge.co.za

www.deherberg.co.za


To post to this group, send email to onsstem-van-die-nasie@googlegroups.com or
visit http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie?hl=af

Sunday, June 15, 2008

Onteieningswet weerstand

Organisasies, partye staan saam teen wetgewing
Jun 13 2008 Volksblad
Dirk Kok


Altesaam 12 organisasies en partye in die land het hul ideologiese en
politieke verskille opsygeskuif om saam teen die omstrede Wetsontwerp op
Onteiening te staan.
Die F.W. de Klerk-stigting, Agri SA, die TLU SA, Solidariteit, die
Landbou-werkgewersorganisasie, Nasionale Belastingbetalersunie, VF+, DA,
Afrikanerbond, AfriForum, Regslui vir Afrikaans en die Afrikanerfront
het op 'n vergadering in Johannesburg hande gevat om die beplande wet in
sy huidige vorm te stuit.
Die organisasies en partye sê hulle wil soveel as moontlik ander
organisasies en individue by hulle laat aansluit.
Benewens voorleggings wat van hulle reeds teen die voorgestelde wet
gemaak het en nog sal maak, word regstappe ook teen die
inwerkingstelling van die wet beplan.
Mnr. Jan Bosman, besturende direkteur van die Afrikanerbond, het gister
gesê van die partye verskil wel politiek en ideologies soos dag en nag.
Weens die gevare wat die voorgestelde wetgewing egter vir alle
Suid-Afrikaners inhou, is hierdie verskille eers op die agtergrond
geskuif.
"Ons wil soveel moontlik organisasies en mense by ons laat aansluit,
maak nie saak wat hul politieke siening is nie."
Hy het gesê hulle het ook reeds advokate aan boord wat hulle bystaan.
Daar is ook ander regslui wat hulle waarskynlik gaan aansluit.
Bosman sê die verteenwoordigers van die organisasies en partye was op
die vergadering almal diep bekommerd oor die negatiewe gevolge wat die
wetgewing vir die ekonomie, voedselsekuriteit, sakevertroue en
eiendomsreg inhou.
"Hulle was dit eens die beoogde wet sal tot nadeel van elke
Suid-Afrikaner wees, omdat dit nie net vaste eiendom soos grond raak
nie, maar alle roerende en onroerende eiendom in die platteland en
stedelik. Die organisasies meen die wetsontwerp is ongrondwetlik en dit
bots met internasionale norme."
'n Tussentydse werkkomitee is gestig om organisasies uit alle
gemeenskappe en sektore te betrek en om 'n strategie saam te stel om die
wetgewing te stuit.
Die komitee bestaan uit mnre. Bennie van Zyl (TLU SA), Theo de Jager
(Agri SA), Dave Steward (F.W. de Klerk-stigting), Kallie Kriel
(AfriForum) en Jaco Schoeman (Afrikanerbond).

Saturday, June 14, 2008

HEILBRON in MEDIA

Hello Jaap,

Baie dankie vir jou steun,

Hiermee 'n artikel wat DV vandag in ons plaaslike koerant verskyn:

HELP HEILBRON

Is enigiemand baie gelukkig met dienslewering van Ngwathe
Munisipaliteit? Sal dit help om weer daaroor in 'n optog te loop?

Twintig dorpe, onder andere Edenville, het reeds besluit dat hulle moeg
gepraat is met raadslede en amptenare. Op sy beste gaan ons met beloftes
huis toe – net om weer in 'n donker straat (met ligte wat nie werk nie)
deur 'n slaggat te ry en die stank van die oneffektiewe rioolwerke te
ruik.

Edenville het nie water gehad nie en het toe 'n dispuut verklaar. Dus
betaal hulle die munisipale rekenings in 'n trustrekening in. Hieruit
word slegs dienstegeld betaal vir dienste wat wel gelewer word. Die
dispuut is heeltemal wettig en die landdroshof op Kroonstad het ook
reeds die inwoners gehelp toe die Ngawthe Munisipaliteit wel hul
elektrisiteit afgeskakel het.

Artikel 102 van Wet 32 van 2000 bepaal dat geen kredietbeheer toegepas
mag word "waar daar 'n dispuut is tussen die munisipaliteit en 'n
persoon … rakende 'n bepaalde bedrag wat deur die munisipaliteit van
daardie persoon geëis word nie."

If we thus declare a dispute against Ngwathe Municipality, it is totally
legal and for the moment the only really effective way to apply pressure
on municipalities – in order to improve service delivery.

Sunday night (15 June) SABC 2 plans to show in Focus around 18:30 – a
program on Sannieshof. Residents had no water and the municipality
claimed that R 2 million would have been necessary to repair the water
system. After Carien Visser and the residents started their dispute and
withheld municipal fees – they repaired the water system for R 12 300.

Ons kan en moet op Heilbron ook ingryp om ons lewensomstandighede te
verbeter. Ons kan 'n dispuut verklaar en ons munisipale rekenings in 'n
trustrekening by 'n prokureur of rekenmeester of by 'n bank inbetaal.
Detailplanne sal opgestel word na hierdie meningspeiling. Daarna sal die
munispaliteit betaal word vir dienste wat wel gelewer word, en die ander
geld word dan teruggehou ter wille van herstel van plaaslike probleme.

Which local problems exist?

Our roads are in a mess and the Municipality does not seem to be able to
maintain them. A local resident recently won court judgement of more
than R 23 000 against Ngwathe Municipality for damaging her vehicle in
Heil Street – but still they are not repairing our roads.

Heilbron se rioolverwerking was in 1994 reeds op vol kapasiteit belaai.
Van toe af het die inwoners meer as verdubbel – maar kapasiteit het in
werklikheid afgeneem, omdat die rioolverwerking tans slegs ongeveer 50 %
effektief is. Daar spoel dus van ons riool in die rivier af. Mense en
diere word stroomaf besoedel. Wie gaan betaal indien daar nou van
Ngwathe geëis word vir skade. Onthou die kinders wat gesterf het in die
Oos-Kaap. Dit was ook as gevolg van onverwerkte riool wat in hul
drinkwater beland het! Buitelandse skenkers het blykbaar reeds die geld
bewillig – maar daar gebeur niks. Uiteindelik gaan ons darem seker 'n
sokkerstadium op Parys kry?

Heilbron het tans geen brandbeskermingsvoertuie nie, alhoewel ons meer
as 50 000 inwoners het! Onlangs is drie mense doodgebrand in Kroonstad –
omdat die Munisipaliteit die inwoners se geld mors op allerhande maniere
– maar nie die brandweerwaens in stand hou nie. Die week het 'n huis in
Petrus Steyn afgebrand. Moet ons wag tot mense sterf voordat Ngwathe
hopelik iets sal doen? Ons het brandweerwaens gehad – maar die staan nou
op Parys, indien hulle enigsins nog kan ry?

You would have noticed that we do not have traffic signs nor street name
signs.

Ons elektrisiteitsnetwerk is in 'n swak toestand. Kabels in Kerkstraat
het onlangs gefaal en tydelike kabels lê bo die grond. Daar is 'n
ringtoevoer hoogspanningskabel (6 600 Volt) wat al meer as twee jaar nog
nie herstel is nie. Verskeie gebruikers, onder andere
grootmaatverbruikers, se elektrisiteitsverbruik kan nie gelees word nie
– omdat die meters nie herstel word nie. Heilbron se inwoners betaal in
elk geval deurgaans omtrent piektarief – omdat ons lasbeheerstelsel nie
werk nie. Baie huise het die "ripple control" eenhede wat geysers
afskakel in piektyd – maar Heilbron se rekenaar is nou reeds omgeveer
agt jaar stukkend, selfs nadat versekering lank reeds uitbetaal het vir
vervanging van die rekenaar. U sien ook dat hoë mas ligte en straatligte
dwarsdeur die dag brand – en skaars en duur elektrisiteit mors.

You may now vote via SMS (at normal rates – no hidden charges) to
[nommer uitgelaat ter wille van geesgenote van buite Heilbron wat gaag
wil stem] whether you support declaration of a dispute: YES or NO.
Please also indicate in order of your preference, the priority in which
our various problems should be tackled:

1. Paaie
2. Sewage
3. Brandweer
4. Traffic signs
5. Elektrisiteitsnetwerk.

Please thus vote your YES or NO, followed by a set of numbers 13254 (as
an example) to show the order in which you would like to see the
problems addressed.

Hierdie inisiatief word ondersteun deur die Heilbron Belastingbetalers
Vereniging, en is absoluut apolities (non-political) en ons moet alle
inwoners van Heilbron, Sandersville en Phiritona help om plaaslike
dienslewering te verkry. WE DESERVE BETTER!!

Friday, June 13, 2008

FOKUS Program op SAUK 2

Sent: 13 Junie 2008 12:07 nm
Subject: FOKUS Program op SAUK 2

Geagte vriende,

Sondag aand 15 Junie word op die program FOKUS die bedrywighede van
Sannieshof, met Carin Visser as ons eie Charlize Theron as hoofstêr,
dokumentêr uigesaai.

Hantie Schrader wat die opname gemaak het, het my laat weet dat die hoof
regiseur van die SAUK die program geweldig verkort het. Ons sal dus maar
sien wat werklik vertoon gaan word.

Op 6 Julie word daar op dieselfde program 'n opname oor Ventersburg
vertoon. Die program handel blykbaar meer or die omstandighede van die
swart mense en hulle probleme op Ventersburg maar Maxie Badenhorst, die
voorsitter van die lokale belasting betalers vereniging, speel daar ook
'n rol indien nie die hoofrol nie.

Lekker kyk.

Groete

Jaap Kelder

Blanke Huishulp

Burgers ( www.bravoland.co.za/forum ).
Ons het nou al vir meer as 2 jaar 'n blanke dame van Pta wes wat elke
week minstens een keer ons meenthuis kom skoonmaak het en in die
laaste jaar 2 maal per week.
Ons het in die tussentyd vir ons 'n groter huis gekoop en ons gaan
minstens vir die eerste jaar geen ekstra fondse hê om hierdie
luuksheid te bekostig nie. (Deels danksy Tito).

Ons moes haar dit meedeel en sy was maar baie hartseer, omdat buiten
'n baie klein pensioen, van haar man ge-erf, het sy nie ander inkomste
nie.....

Van ons kant af, as ons dit weer eendag kan bekostig ,sal ons haar
definitief weer gebruik, sy was eerlik en ons het nooit iets uit die
huis vermis nie. Natuurlik het jy te doen met al haar daaglikse
probleempies en verskoninkies maar met 'n ferm hand doen sy haar werk
bevredigend.
Volkseie arbeid is uit die aard van die saak nogal duurder as
agtergeblewe arbeid, maar ons het dit ook as deel van ons
maatskaplike/barmhartigheids verpligtinge beskou...

Indien enige van julle daarin sou belangstel om met my verder oor haar
agtergrond te gesels en/of meer detail verlang laat my asb weet dan
kan ons verder gesels.

Ons het wel vir haar gesê dat ons haar sal aanbeveel by ander en dit
is wat ek nou doen.

Hoop julle verstaan.
Hendrik
kontak my gerus: smaartens@gmail.com

Tuesday, June 10, 2008

Onwettig optrede van Tshwane metroraad.

From: Fanie van Heerden Verwoerdburg Suid-Afrika
[mailto:faanvh@gmail.com]
Sent: 10 Junie 2008 09:19
To: customercare@tshwane.gov.za; Mun Bestuurder; Burgemeester van
Tshwane
Cc: Volksblad; Rekord; Tshwane-Beeld; Briewe aan Beeld; Burger; Rapport;
rekord noord
Subject: Onwettig optrede van Tshwane metroraad.

Aan: Die Tshwane Metroraad/Munisipale Bestuurder/Burgemeester

Ek plaas hiermee op rekord dat die metroraad se optrede volgens
onderstaande nuusberig in die Rekord, die Tshwane-begroting ONWETTIG
maak.

Fanie van Heerden.
Tel : 012 661 8232
Faks: 086 615 4566
Selfoon: 082 954 1630
Modem: 082 768 4766
_____

Die Rekord.

Deelname word nou as foefie beskou

Nlchelle Lemmer

Een van die belangrikste boustene van demokrasie, openbare deelnarne,
word deesdae as 'n foofie beskou.
Dit volg na meer as vyftig inwoners van Centurion onlangs ure lank vir
politici en metro-amptenare gewag het om aan die jaarlikse
metrobegroting deel te neem.
"Die openbare deelnameproses is van stapel gestuur nadat 80% van die
begroting al in Maart se raadsvergadering goedgekeur is," se Casper Mc
Donald, 'n wyksraadslid.
Dit volg na .die munisipale wet die metro verplig om aan die gemeenskap
'n regverdige kans te gee om hul behoeftes te opper om 'n prioriteitslys
vir die begroting op te stel.
"Die munisipale wet het die Integrated Development Plan (IDP) daargestel
as 'n middel waartoe inwoners 'n wenslys van behoeftes vir die
gemeenskap kan opstel."
"Die metro sien hierdie proses sommer heeltemal oor."
Volgens rdl Mc Donald is die Centurion IDP-vergadering tot verdere
kennisgewing uitgestel. "Die begroting sal reeds finaal in die komende
raadsvergadering, einde Mei goedgekeur word."
Volgens horn is dit 'n skande dat inwoners nie die geleentheid gekry het
om hul behooftes vir die begroting te opper nie.
"Centurion se belastingbetalers maak 'n groot deel van die totale
inkomste van die raad uit maar word blatant geignoreer."
_____

Thursday, June 5, 2008

Wat sê die wereld?

Deur Peter Murray.

Ek dink die laaste tyd baie oor ons (die Boerevolk, of Afrikanervolk,
of konserwatiewe blankes, of net wat julle dit wil noem) toekoms in
Afrika.

Ons het oor die afgelope 4 eeue baie vriende, maar ook baie vyande
gemaak. Sommiges (ons vyande) wil ons uitroei (letterlik uitmoor sodat
daar niks van ons oorbly nie); ander wil dat ons in ander groepe
opgeneem word (deur verbastering) en in die proses ook maar net
"verdwyn"; nog ander wil dat ons uit Afrika moet padgee (waarheen?);
en nog ander wil dat ons in Afrika aanbly, maar as "ondergeskiktes",
as die slawe van inheemste volke en nasies.

Nou is die vraag: Wat sê die wêreld, waar moet ons wees? Wat sê die
Wêreldhof in Den Haag? Wat sê die Verenigde Nasies in New York? Wat sê
die geskiedskrywers? Wat sê mede-Christene? Wat sê die Bybel? Wat sê
ons eie mense?

Is daar 'n liggaam, of liggame, wat bepaal waar en hoe elke volk ter
wêreld moet leef? Het ENIGE nie-swart volk ter wêreld die reg om in
Afrika te woon? (En indien wel, is dit net tydelik? Is dit as ere-gas,
of is dit as slaaf? Of het 'n nie-swarte die reg om eiendomsreg in
Afrika te besit?

En, indien blankes wel op hierdie kontinent welkom is, vir hoe lank?
En, hoe lank moet 'n blanke hier woon voordat hy eiendomsreg verwerf
(1 jaar, 5 jaar, 10 jaar, 50 jaar, 100 jaar, 350 jaar, of 1 000
jaar?!!!)

Ek vra nie hierdie vrae vir myself of vir my eie mense nie, want ek
weet wat die antwoord gaan wees. Ons is nog hier omdat ons hier wil
wees. Ek vra hierdie vrae aan ons vyande, die mense wat ons hier
wegwens.

Het die wêreld die reg om ons hier weg te wens?

Daar moet dus eerstens 'n studie gemaak word van wat die
"wêreldmening" is. Dan moet ons na ander dinge soos die geskiedenis,
meriete, ens., kyk.

Geskiedenis is 'n netelige saak wat in alle lande maar 'n kopseer was,
is en sal bly. Geskiedenis is slegs belangrik vir diegene wat dit glo.
Ons Boerevolk se geskiedenisboeke word deur ons vyande as liegstories
afgemaak en dus verwerp. So ook, stel ons nie belang in die ANC se
boekies wat nou in alle skole verpligtend is nie, want dit is vol
verdraaiings, leuens, en anti-Afrikaner-propaganda.

Maar, wat sê die internasionale gemeenskap? Daar is sekerlik
leesmateriaal in Berlyn, Rome, Londen, Washington, Den Haag, Brussel
en Antwerpen beskikbaar, wat "redelik" betroubaar en korrek is!

(Ek wens iemand wil vorendag kom en so 'n dokument saamstel. 'n
Dokument met genoegsame verwysings, wat deur internasionale
regskundiges erken sal word, en wat alle feitelike inligting in 'n
logiese orde saamvat. Daardie dokument moet nie net oor die
apartheids-era handel nie. Dit moet gaan oor "waar elke swart stam, op
watter tydstip in die verlede", gewoon het. Wanneer het hulle waarheen
getrek, en waarom).

So 'n dokument moet die omstandighede van die Xhoi presies uitlig. Wie
en wat is die Xhoi? Waar kom hulle vandaan? Hoe lank woon hulle in
Suider Afrika? Waar is die eiendom (grond) van die Xhoi-San, en waar
is die eiendom van die Xhoi-Xhoi? Behoort hul grond vir EWIG aan
hulle, en aan hulle alleen? En, indien Suider Afrika, of 'n gedeelte
daarvan, slegs aan die Xhoi behoort, waar kom die swartmense dan
daaraan dat Suider Afrika - deur die blankes, van die swartes - geroof
is?!!! Dan is die swartes mos net so onwettig in Suider Afrika as die
blankes!

(N.B. Hierdie is 'n baie belangrike twispunt. Die Internasionale
Gemeenskap sal vir ons moet verduidelik! Hulle sal moet sê wie is
wettiglik hier, en wie nie? Aan wie behoort Suider Afrika: die Xhoi,
die Nguni, die Europeër, die Oosterling, of aan almal?).

Nog iets wat die buitewereld blykbaar nie weet nie, is hoe dit hier in
die middeleeue (1300 - 1500) gelyk het. Wat sê die geskiedenisboeke in
die argiewe van Lissabon? Die Portugese is, sover dit ons moderne
geskiedenis aan betref, die eerste "mense" (Europeërs) wat 'n ogie oor
Suider Afrika gehad het. Staan daar miskien ENIGIETS oor die Xhosas
geskryf? Staan daar enigiets oor Biskop Desmond Tutu se Fingo's
(blykbaar die eerste swartstam om die Oos-Kaap en die Suid-Kaapse
kusgebied te bereik) geskryf? Die antwoord is NEE!!! Die Portugese
weet nie van swartes in Suid-Afrika nie. (Angola en Mosambiek wel,
maar nie Suid-Afrika nie).

Wie het die Portugese by Mosselbaai aangetref? Die antwoord is: "Klein
groepies Xhoi" (Boesmans en Hottentotte).

Hoe het die Kaap gelyk toe die eerste blankes daar gekom het? Die
antwoord is: "Woes en leeg!!!" Slegs klein groepies Strandlopers
(Xhoi), wilde diere (leeus, renosters, olifante, luiperds, ens.), en
verder insekte en reptiele. Geen beskawing! Geen ontwikkelde volk met
wie die Hollanders handel kon dryf nie. (Dit staan geskryf in 'n
dokument van die VOC in die "Scheepvaartmuseum" in Amsterdam, wat ek
persoonlik in die jaar 2003 daar gesien het).

Die berugte Xhoi - Herrie die Strandloper - (en sy handlangers) het
die vreemdelinge (Hollanders), wat met hul seilskepe vanoor die see
daar aangekom het, beroof, hul veewagters vermoor, en telkens op die
vlug geslaan, net om weer later op te daag en sy speletjie te herhaal.
Van "handelsvennote" was daar geen sprake nie.

In die jaar 1771, nadat tientalle Europese immigrante aan die Kaap
reeds verkenningstogte na die binneland onderneem het, en hulle selfs
daar gevestig het (tot sover as Swellendam, die Langkloof en
Humansdorp), het die eerste skermutseling by die Gamtoosrivier met
Xhosas plaasgevind. (Vyf oorloë teen die Xhosas het daarop gevolg, wat
beskou kan word as die eerste werklike teenstand wat die blanke
immigrante van inboorlinge in Kaapland ondervind het).

As daar dus 'n streep getrek MOET word, sou ek dit DAAR trek. Daar by
die Gamtoosrivier. Geen swartes het die reg om te sê dat die blanke in
Suid-Afrika hulle (die Xhosas) uit hul grondgebied verdryf het nie.
Kaapland wes van die Gamtoos, is 'n kwessie tussen die blankes (lees
Afrikaners) en die Xhoi, en het niks met die Xhosas te doen nie!!!

Ek doen 'n beroep op almal wat die gedagte van 'n volkstaat vir die
Afrikaner in Kaapland voorstaan, om 'n "in diepte studie" van hierdie
geskiedenis te maak, en oortuig julself dat die Wes-Kaap (van Kaapstad
tot by die Gamtoosrivier, naby Jeffreysbaai) aan die Afrikaner, die
Xhoi en die Kleurling behoort. Ons kan met laasgenoemdes onderhandel,
maar nie met die Xhosa nie, want die Xhosas was in 1770 nog geen
faktor nie.

Om verder te gaan; ons kan die vraag vra, hoe het dit in 1852 in die
omgewing van Pretoria gelyk? En hoe het dit in 1854 in die omgewing
van Bloemfontein gelyk? Wat sê die geskiedenisboeke? (Nie net in die
argiewe van Bloemfontein en Pretoria nie, maar in Londen, Berlyn en
Den Haag, sal ons die feite kry). Wat sê die internasionale
gemeenskap? Waarom het hulle nie al in 1854 kapsie gemaak oor die
teenwoordigheid van blankes in die gebied van die ZAR en die Oranje
Vrijstaat nie?!!! En dan is daar nog Vrijheid, Utrecht en die res van
Noord-Natal, wat wettiglik deur onderhandeling, deur die Voortrekkers
van die Zoeloes gekoop is. Waarom het die internasionale gemeenskap
geen vinger, en geen ooglid geroer nie? (Slegs Brittanje het
"gereageer". Hulle - die Britte - het met tipiese Britse Imperiale
gierigheid, hul lippe begin aflek, en wou die gebied vir hulself
annekseer). En, toe goud en diamante ontdek is, het dit skielik 'n
internasionale aangeleentheid geword, en is die souvereiniteit van die
Boererepublieke totaal geïgnoreer. So, asof minerale aan almal
behoort.

Maar, om na die infrastruktuur terug te keer; hoe het die land gelyk
toe Brittanje (net voor die twee Vryheidsoorloë) teen die Boere oorlog
gemaak het? Watter gedeelte van Suid-Afrika se infrastruktuur in 1990,
is deur die Blanke geskep, en watter is deur die swartman geskep?
(Mens kan selfs verder gaan en vra, watter gedeelte is deur die
Afrikaner geskep, en watter gedeelte deur die Britte?)

Met die tong in die kies wil ek dit ook waag om te vra: Hoeveel skole
is deur Afrikanerkinders afgebrand, en hoeveel skole is in die tyd van
die "struggle" deur swart kinders afgebrand? (Dit was hierdie vraag
wat onlangs deur 'n luisteraar van RSG aan die programleier - ene Deon
Maas - gestel is, wat hy nie kon beantwoord nie, en toe die luisteraar
se telefoongesprek gestop het. Daardie blaps het vir Maas gekelder, en
hy het as verloorder uit die stryd getree).

Weens sy beleid van "Freedom before education" het die ANC 'n groot
deel van sy en sy mense se eie vooruitgang vernietig. Skole wat met
blanke belastingbetalersgeld opgerig is, is letterlik tot die grond
toe afgebrand. Vele ander geriewe, soos materiële sowel as nie tasbare
dinge, wat deur blankes opgerig en gestig is, ter bevordering van
swart vooruitgang, is eweneens deur swartes vernietig. Hoeveel duur
hospitale, skole, universiteite, ens., wat met blanke
belastingbetalersgeld vir die swart gemeenskap opgerig is, is nie deur
swartes afgebrand nie!

Afrikaans was, tot sowat 20 jaar gelede, die 2de grootste taal van
Suid-Afrika. Weens die uittog van Afrikaners uit hul geboorteland
(sedert 1994), en die Afrikaner se laer geboortesyfer; teenoor die
styging in die geboortesyfer van die Xhosas, het die getal
Xhosasprekers die Afrikaanssprekendes verbygesteek. Afrikaans staan
dus nou in die derde plek.

Op ekonomiese gebied is die Afrikaner waarskynlik steeds die sterkste
enkele groep in die land. Twintig jaar gelede het die Afrikaner die
meeste voertuie, woonhuise, televisiestelle en yskaste van alle
etniese- en taalgroepe besit. By verreweg die meeste landbougrond was
in besit van Afrikaners. Die staatsdiens was deur Afrikaners oorheers.
Die land se vervoerstelsel (en padnetwerk) is grootliks deur
Afrikaners daargestel (die meeste ingenieurs het miskien van die
Engelssprekende blankes gekom, maar ten minste is dit deur Afrikaners
se belastinggeld gefinansier). Hospitale, skole, en ander staats- en
semi-staatsgeboue, is met Afrikanergeld opgerig.

Die verskillende swart bevolkingsgroepe was slegs vir halfgeskoolde en
ongeskoolde hande-arbeid verantwoordelik.

In kort; strenggesproke behoort die land eintlik aan die Afrikaner!

In die internasionale wêreld tel getalle. Demografie is
deurslaggewend, en slegs meerderhede kom in tel by demokrasie. Sonder
'n meerderheid kan daar nie demokrasie wees nie.

Die swartes se fisiese teenwoordigheid, en hul goedkoop hande-arbeid,
was hul enigste bates. Maar, dié bates was in hul voordeel, en dit was
uiteindelik hul getalle wat hulle gehelp het om die land te verower.
Hulle kon feitlik geen veldslag op die oorlogsterrein teen die
Afrikaner wen nie. Dit is dus net tipiese politieke propaganda dat die
swartes die blankes op die oorlogsterrein verslaan het. Die SAW
(Suid-Afrikaanse Weermag) was in die tyd van apartheid van die beste
magte ter wêreld. Vandag is die SAW ongedissiplineerd, swak toegerus,
en die meeste van sy lede is MIV/Vigs Positief.

In die lig van bo-genoemde is die internasionale wêreld dit aan die
Afrikaner verskuldig om te bewys dat die Afrikaner geen reg in Afrika
het nie. En, indien die Afrikaner "onwettig" in Afrika is, waar moet
hy dan wees? Waar, volgens die internasionale wêreld, het die
Afrikaner dan reg om te wees? Watter land buite Suid-Afrika se grense,
is bereid om 3 miljoen Afrikaners (ryk en arm; jonk en oud; geleerd en
ongeleerd; suksesvol en versukkeld; en talentvol en diegene sonder
talente) met ope arms te verwelkom, en selfs finansieël te help om
daarheen te emigreer?

Nee, die wêreld gee nie 'n flenter om nie. Die wêreld wil niks van ons
probleme weet nie, want dit is mos ons self wat hierdie ellende op ons
laat kom het. Dit is apartheid se verdiende loon.

* Suid-Afrika se mediese wetenskap is tot die hoogste vlak ter wêreld
ontwikkel. Was dit dan nie prof. dr. Chris Barnard wat die wêreld se
eerste hartoorplanting gedoen het nie? Hy was dan 'n Afrikaner!!! En,
was dr Barnard nie een van vele Afrikaner-medici wat gesondheidsorg
onder swart Afrikane tot die hoogste in Afrika bevorder het nie?
Sonder daardie hulp - wat van Afrikaner-dokters gekom het - sou die
swart bevolking van Suid-Afrika waarskynlik 50% tot 80% minder gewees
het as wat dit vandag is. Goeie gesondheidsorg het die swartes se
getalle drasties verbeter.

Ek hoop ek het met hierdie skrywe, 'n positiewe bydrae gelewer wat die
gedagtes van die denkers aan die gang sal sit.

Peter Murray