Tuesday, July 26, 2011

Los ons uit !

Mediaverklaring
26 Julie 2011



Mnr. Willem Pretorius, 'n Assistentredakteur by Die Burger, laat die suggestie in 'n artikel onder die opskrif "Van boomdief, Moneypenny tot Oslo", dat die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, verantwoordelik is vir 'n boom wat iewers in die Kaap gesteel is. Blykbaar is die boom geplant ter "ere" van Mandela se lewe. Die Verkennersbeweging stel dit kategories dat die Beweging niks te doen het met die vermiste boom nie en ag Pretorius se belaglike suggestie as 'n kwaadwillige poging tot naamskending.

Die Verkennersbeweging is van mening dat, gegewe die realiteite van Suid-Afrika, die boom heel moontlik iewers in Khayelitsha gebruik is as vuurmaakhout. Indien dit wel so is, sou dit gepas wees - gegewe die feit dat die boom ter "ere" van Mandela se lewe geplant is. Mandela se bydrae om Suid-Afrika in 'n kleptokrasie te verander, kan immers nie gering geskat word nie.

Pretorius se vreemde omgang met die waarheid is egter nie net beperk tot sy vermiste (heilige?) boom nie. Vervolgens verklaar hy dat die ses persone wat aan 'n protes deelgeneem het teen die onreg wat teen Clive Derby Lewis gepleeg word en wat daarvan verdink word dat hulle plakkers in Mandela rylaan geplak het, almal lede van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika is. Dit is egter 'n bekende feit dat hierdie protes gepleeg is deur die "Vriende van Clive" en dat al die persone beslis nie lede van die Verkennersbeweging is nie.

Pretorius se Afrikanerhaat word ook duidelik wanneer hy na die Abel Malan/Anton van Niekerk-insident verwys as "die lafhartige aanval op prof. Anton van Niekerk". Oor Van Niekerk se lafhartige aanval op die Afrikaner en elke seun van Suid-Afrika wat bloed vergiet het in die Bosoorlog, swyg Pretorius. Dit verbaas ook nie, aangesien dit blyk dat Pretorius nie sal toelaat dat feite inmeng met 'n "goeie" storie nie. Veral as die storie goeie propaganda-waarde het.

Pretorius se grootste belaglikheid is egter sy "kopsprong" in die artikel na Anders Behring Breivik van Noorweë in 'n desperate, absurde poging om die Verkennersbeweging van Suid-Afrika aan die bloedbad in Noorweë te koppel.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika veroordeel die terroristiese optrede van Anders Behring Breivik ten sterkste, net soos wat die Beweging alle terroristiese optrede veroordeel, insluitende die bomme en brandende motorbande om weerlose Swartes se nekke waarmee Nelson Mandela en sy ANC-kaders onskuldige mense vermoor het.

Die Verkennersbeweging steun 'n vreedsame politieke oplossing en daarom steun ons die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) se verkiesing wat in September 2011 sal plaasvind. In hierdie verkiesing sal daardie deel van ons Boere-Afrikanervolk wat onafhanklikheid wil hê, 'n Volksraad verkies wat daardie internasionale reg op selfbeskikking namens ons gaan opeis.

Die Verkennersbeweging het volle begrip daarvoor as Pretorius en sy geesgenote eerder in hulle "Nuwe Suid-Afrika" paradys wil aanbly. Maar die res van ons het ons eie staatkundige pad begin loop – voortgedryf deur ons eeue-oue vryheidsdrang; voortgedryf deur die Goddelose modder waarin sekere wit Afrikaanssprekende varke so heerlik rondrol; voortgedryf deur honger kindertjies met ouers wat werkloos of as dagloners weens "affirmative action" spartel om liggaam en siel aanmekaar te probeer hou; voortgedryf deur die gille van ons gemartelde bejaardes en verkragte volksmoeders en –dogtertjies. En soos ons nie in Pretorius en sy geesgenote se pad staan nie, beter hulle ook nie in ons pad probeer staan nie. Die boodskap wat ons aan hulle uitstuur is: Los ons uit. En hierdie boodskap moet hulle liewer nie ignoreer nie.

Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika


Tuesday, July 5, 2011

VVK Kandidate Toer

•   4 Julie 2011 Pretoria: H/V Pretoriaweg en Watermeyer, Silwer Valke Rugbyklubsaal 19:00
•   5 Julie 2011 Rustenburg: H/V Lucas en Benedenstr. HTS Rustenburg 19:00
•   6 Julie 2011 Pietersburg: H/V Voortrekker & Thabo Mbeki Laerskool Pietersburg 18:00
•   7 Julie 2011 Nelspruit: LNR-ITSG – Lapa Nelspruit 19:00
•   8 Julie 2011 Vryheid: APK Vryheid H/V Park en Smalstr 19:00
•   9 Julie 2011 Bloemfontein: CVO Dankbaar 19:00
•   11 Julie 2011 Port Elizabeth: Sal aangekondig word
•   12 Julie 2011 Oudtshoorn: CP Museum Rembrandsaal 19:00
•   13 Julie 2011 Stellenbosch: WP De Kock Saal Kamer van Mynwese gebou 19:00
•   14 Julie 2011 Beaufort-Wes: Jurie Taylor Klubhuis 19:00
•   15 Julie 2011 Kuruman: FRANCOIS DAUTH 19:00
•   16 Julie 2011 Vereeniging: HTS Vereeniging, Voortrekkerstr. 19:00
Laat weet u familielede en mede volksgenote van die geskiedkundige toer.

Vir verdere navrae kyk hier :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5399.msg76854.html#msg76854