Thursday, April 7, 2011

Vry , vryer , VVK !

Vir die laaste 17 jaar staan die Boere-Afrikaner volk onder vreemde heerskappy. Die regering van die dag se beleidstukke, grondwet en optrede is deurspek met kommunistiese denke maar word onder die vaandel van demokrasie en menseregte as edel voorgehou. Dit terwyl menseregte geen noemenswaardige plek kry in die bedeling nie, tensy jy 'n krimineel is. Die aard van die demokratiese stelsel verskraal die moontlikheid van 'n verantwoordelike regering tot bykans nul en die gevolg van dit alles is dat grond, rykdom, menswaardigheid en lewens van blankes gestroop word en aan tans bevoordeeldes gegee word.

Wat is die oplossing? As daar geen opsie binne die partypolitieke bestel bestaan nie, moet ons daarbuite gaan soek. Dit is presies wat die VVK gedoen het. Volgens die riglyne deur die plaaslike- en internationale volkereg daargestel, fasiliteer die Volksraad Verkeising Kommissie 'n verkiesing waarin die volk vir hom leiers kan verkies tot 'n volksraad. Die volksraad sal dan met 'n mandaat selfbeskikking vir die volk eis.

Terwyl die besonderhede uiteraard nog nie ter sprake is nie, behoort die visie van die einddoel reeds in elke vryheidsgesinde Boere- Afrikaner se verbeelding te vergestalt. 'n Eie regeringstelsel, 'n eie Godsdiensbeleid, eie howe, eie hospitale waarvoor mens nie belasting, mediese fonds en dan die mediese kostes ook te betaal nie. Dienslewering deur volksgenote in jou eie taal. Paaie wat in stand gehou word sonder dat duisende ekstra tolle geëis word. Hierdie is enkele gedagtes van hierdie toekomsvisie.

Om hierdie doel te bereik moet soveel as moontlik volksgenote registreer by die VVK en stem vir die volksraad.

Op 9 April 2011 word verskeie registrasiepunte van vroegoggend af in Pretoria bedryf. Kyk uit vir die tente, volg die musiek of die reuk van worsrolletjies en registreer in die Ooste van Pretoria op die hoek van Lynnwood en Hans Strydom; of in die Weste by die park in Van der Hoff Weg; of in die Noorde by die Bosveld Deli op die hoek van De Wilt en R513; in Verwoerdburg op die hoek van Theuns van Niekerk en Escort straat in Wierdapark of in die Moot by Codonialaan net noord van Michael Brinkstraat.

Doen jou deel vir die vryheidseis van jou volk en registreer by die  VVK!


Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Monday, April 4, 2011