Wednesday, April 28, 2010

Voortrekkermonument verklaarde instelling ?

28 April 2010


Die Voortrekkermonument is tans besig met wat hulle beskryf as 'n
omvattende oudit. Een van die aspekte, is 'n emmosionele oudit wat met
behulp van 'n vraelys gedoen word wat genoem word 'n quo vadis
vraelys.

Op die webwerf van die Voortrekkermonument is die vraelys beskikbaar
en daar is ook op hierdie webwerf 'n verduideliking van die doel van
hierdie vraelys. In die agtergrondinligting word verduidelik en ek
haal aan: "Gegewe die finansiële omstandighede moet daar onder andere
bepaal word wat die wenslikheid al dan nie daarvan is om hierdie
instellings as nasionaal verklaarde instellings te laat registreer."

Ter verduideliking van wat 'n verklaarde instelling is, word die
volgende aangebied: In die eenvoudigste moontlike terme is 'n
verklaarde kulturele instelling (hierna net na verwys as "verklaarde
instelling"), 'n instansie wat aan die staat behoort. Dit word 100%
deur die staat befonds en hoewel ander fondsinsamelings-projekte gehou
kan word, word die totale begroting besonder streng beheer en is die
'Public Finances Management Act - (PFMA)" 100% van toepassing. Met die
ander funksies van so 'n instelling word nie ingemeng nie, maar
aspekte soos swart ekonomiese bemagtiging ("BEE"), voorsieningsbestuur
("supply chain management"), aankope is 100% van toepassing.

Vir menigte volksgenote is dit totaal onaanvaarbaar dat daar enigsins
gedink kan word om die Voortrekkermonument in 'n verklaarde instelling
te verander, veral omdat die bestuur deeglik bewus is van die gevolge
van so skuif. Gevolglik het talle besorgde volksgenote ander
volksgenote aangemoedig om die vraelys in te vul. ds. Coen Janse van
Rensburg van Natal het ook die APK lidmate versoek om hierdie vraelys
in te vul en het die volgende motivering daarvoor gegee: "Ek sluit
hierby in 'n vraelys wat gaan bepaal wat met die Voortrekkermonument
in Pretoria gaan gebeur. Die betrokkenes tans by die monument wil dit
aan 'n swart bemagtigings organisasie "verkoop". Die volgende een is
glo Bloedrivier."

Hierdie boodskap is ook op die voorblad van die APK se webwerf geplaas.

Let asb dat die woord "verkoop" in aanhalingstekens is. Enige iemand
met 'n basiese begrip van skryf en leestekens, sal weet wat bedoel
word wanneer 'n woord in aanhalingstekens geskryf word, binne die sin
wat ds. Coen dit geskryf het. Enige iemand behalwe Gert Opperman.....

My e-pos is vandag bevuil met 'n e-pos wat oorspronklik van Gert
Opperman afgekom het waarin hy nie net in die karakter van ds. Coen
klim nie, maar waar hy ook ds. Coen as leuenaar verklaar.

Sy e-pos lui as volg na hy die boodskap op die APK webwerf aangehaal het:

"As dit bloot was dat ds van Rensburg van die AP Kerk Newcastle nie
ingelig was nie, kon 'n mens dalk nog probeer het om hom sy onkunde te
vergewe. Hy, as predikant, behoort egter te weet dat baie mense hom
as geloofwaardig sal beskou en sal glo dat sy uitsprake sekerlik
vooraf bevestig is en die toets van waarheid en billikheid behoort te
kan deurstaan. Dieselfde geld natuurlik vir u tuisblad as amptelike
mondstuk van die AP Kerk. Helaas!

Graag word bevestig dat die bewering oor die voorneme om die monument
"aan 'n swart bemagtigingsorganisasie te verkoop", 'n volslae leuen
is, asook die suggestie dat Bloedrivier volgende sou wees. 'n Mens kan
nie anders as om ds van Rensburg se eerlikheid, objektiwiteit en
kwaadgesinde klimaatskepping ernstig te bevraagteken nie. As dit is
hoe hy navorsing doen en "feite" voor verkondiging daarvan bevestig,
sal ek persoonlik dit moeilik vind om ooit ernstig te luister na enige
boodskap wat hy uit die Bybel verkondig, maar gelukkig is ek nie 'n
lid van sy gemeente nie.

Graag word drie afskrifte van sake wat onlangs wyd in die media
gerapporteer is, vir u insae hierby aangeheg. Dit word vertrou dat u
dieselfde prominensie daaraan sal gee op u tuisblad as wat u aan ds
van Rensburg se onwaarhede en onwaardighede gegee het. As minimum
behoort u onverwyld die feite reg te stel en om verskoning te vra, in
belang van u eie beeld en geloofweardigheid as die AP Kerk se
Direkteur van Kerkadministrasie.

Die uwe

Gert Opperman"


Na aanleiding van Gert Opperman se onvermoeë om te lees en te verstaan
wat op die webwerf van die Voortrekkermonument geskryf staan en ook
weens sy onvermoeë om te verstaan wat beteken 'n woord wat in
aanhaalingstekens geskryf staan, sal die Verkenners Beweging van
Suid-Afrika die CVO skool in Pretoria versoek en betaal sodat Gert
Opperman 'n paar Afrikaanse lesse saam met die graad 3 klas kan
bywoon. Dit is immers belangrik dat 'n man wat die posisie van hoof
uitvoerende beampte beklee by die Voortrekkermonument, nie homself en
by implikasie die Voortrekkermonument, belaglik maak, bloot omdat hy
nie basiese leesvaardighede het nie. Ons hoop en vertrou dat Gert
Opperman na hy hierdie vaardighede aangeleer het, sal verstaan wat
geskryf staan op die Voortrekkermonument se webwerf en ook verstaan
wat ds. Coen geskryf het. Verder dring ons daarop aan dat Gert
Opperman die eerbare ding sal doen en ds. Coen verskoning vra vir die
kwaadwillige ongegronde beledigings.

Die uwe,

Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Ns. Ek hoop nie hier is te veel groot woorde in hierdie skrywe nie en
dat Gert Opperman die inhoud hiervan sal verstaan. Dit het my opgeval
dat Mnr. Opperman "VTM" skryf wanneer hy na die Voortrekkermonument
verwys, ek neem aan "Voortrekkermonument" is een van daardie groot
woorde waarmee hy sukkel .

Friday, April 16, 2010

Verkenners Publieke Vergadering Pretoria

Geagte Volksgenote,

Na aanleiding van die tragiese gebeure met die moord van Oom Eugene,
ontvang die Verkenners verskeie oproepe van bekommerde Volksgenote oor
die pad vorentoe.

Aangesien die Verkenners Beweging van SA homself sien as 'n
organisasie wat altyd leiding neem en op die voorpunt van ons
Vryheids-eis is, wil die Verkenners graag die Volk inlig oor wat die
Verkenners glo die pad vorentoe is. Soos die meeste Volksgenote weet,
is die Verkenners 'n beweging wat nie net praat nie, maar ook
daadwerklik oorgaan tot aksie!

Die tema van die publieke vergadering is : "Afrikaner Boerevolk!
Mobiliseer en beveilig jouself! Kom vind uit hóé."

Enige iemand wat wil deel word van die Verkenners, of bloot uit
nuuskierigheid wil kom hoor wat die Verkenners sê, kan die vergadering
NIE mis NIE!

Plek : APK Moot Sentraal - H/v Japonica en Ben
Swart Straat (PTA Moot area)
Datum : 21 April 2010
Tyd : 19:00

Verkenner groete!

Thursday, April 15, 2010

Vergadering van HNP, AWB en Die Verkenners beweging

Die Afrikanervolk het tydens 'n gesamentlike vergadering van die HNP,
AWB en Verkennersbeweging op Dinsdag 13 April 2010 by die Willie
Marais Afrikanersentrum in Pretoria, in groot mate sy padkaart na
vryheid self uitgewerk.

Die drie sprekers het kardinale rigtinggewende punte aangedui, waarop
die vergadering uiteindelik uitgebrei het ten einde rigting aan die
pad vorentoe te gee.

Van die belangrikste sake waarin die sprekers rigting gegee het is:

Mnr. Ben Geldenhuys van die Verkennersbeweging:
·Ons is nie meer 'n volk wat bang is vir die ANC nie, en ons weerstand
sal die wêreld verstom
·Ons is nie meer 'n toeskouersvolk nie: elkeen sal die vraag moet
antwoord: "Wat kan ek doen?"
·Begin om jou eie huis skoon te maak
·Raak van volksvreemde arbeid, wat jou lewe en eiendom bedreig, ontslae.
·Raak betrokke by enige organisasie wat lid is van die Afrikanerfront
·Registreer by die VVK en maak reg om deel te neem aan die verkiesing
vir 'n Volksraad.

Mnr. André Visagie van die AWB:
·Daar sal nooit weer iets soos versoening in die land wees nie, en ons
stel nie meer in versoening belang nie.
·Ons wil nie meer langer deel wees van die "nuwe" Suid-Afrika nie.
·Leer uit die lesse van die geskiedenis.
·Begin met taktiese voorbereiding op elke lewensterrein.
·Vertoon volksimbole soos die Vierkleur, ou landsvlag en sing ons
volkslied, terwyl daar praatjies is om hierdie simbole verbied te kry.
·Bid asof werk nie help nie, en werk asof bid nie help nie.

Mnr. Andries Breytenbach, HNP-Leier:
·Ons laat ons nie afskrik in ons eie land nie, want hierdie land is ons land.
·Ons is nie deel van die reënboognasie nie.
·Beveg affirmative action, en beveg blanke armoede.
·Die volk moet groei deur sy aanwas te verhoog.
·Daar moet geestelik voorberei word vir enige gebeurlikheid.
·Ons moet op die regte beginselgrondslag begin, naamlik
verootmoediging teenoor God.
·Ondersteun eie volksinstellings, soos skole, media, banke, sake-ondernemings.
·Ondersteun grondgroeipunte.
·Registreer by die VVK.
·Om oorlog te wil voer sonder voorbereiding, is selfmoord. Werk aan paraatheid.

Na breedvoerige insette van die vergadering self, is uiteindelik die
volgende besluite geneem:

·Stof die Bybel in die volkslewe weer af, verootmoedig voor die
Hemelse Vader, en maak verootmoediging 'n lewenswyse wat elke dag
geld, nie net op die Sabbat nie, en laat die Sabbat weer geheilig
word.

·Hemelvaartdag op 13 Mei sal massaal herdenk word. Mense sal desnoods
verlof neem en volksbesighede sal gesluit wees op daardie dag.

·Laat kinders weer aan moedersknie grootword, waar hulle leer van
God's Woord en van ons Volksgeskiedenis.

·Die volkswieg moet weer gevul word. Daar is die hoop en visie op
vryheid, ons hoef daarom geen vrees vir 'n nageslag te hê nie.

·Raak betrokke by volksorganisasies, maar raak slegs betrokke by dié
organisasies wat ondubbelsinnig die vryheidstrewe van ons volk
bevorder, en waar volsvreemde lede nie toegelaat word nie.

·Boikot neerhalende en afbrekende media-instellings, soos Beeld, RSG,
E-TV, Citizen en almal in dieselfde stal, en ondersteun Radio Pretoria
en ander volksradio's, en help om Die Afrikaner uit te brei as 'n
volkskoerant en kommunikasiemedium tussen volksgenote.

·Maak die volksekonomie sterk. Laat sake-ondernemings aansluit by
Oranje Sakekamers, en ondersteun slegs volkseie ondernemings. Die
vyand moet ons nie met ons eie geld kan beveg nie.

·Bevorder ons volksimbole, as wyse om mekaar te kan uitken, en boikot
enigiemand wat die onderdrukkende nuwe SA-vlag vertoon.

·Ondersoek moontlikhede van belastingweerhouding ten einde die
ANC-bewind ook finansieel te knak.

·Beveg volksarmoede, deur volksgenote in diens te neem, en dank
volksvreemde arbeiders, wat hulle werkgewers besteel en vermoor, af.
Hulle staan onder bevel van Julius Malema, en laat hy maar vir hulle
sorg en kos op die tafel gee. Ons doen dit nie meer nie.

·Sodra volksvreemde arbeid verjaag is, kan stedelike gebiede en
plattelandse gemeenskappe weer meerderheidsbesetting van Afrikaners
hê.

·As die gemeenskappe wat weer meerderheidsbesetting het, nouer
saamwerk, word hele gebiede volksgebiede.

·In sodanige volksgebiede word buurt- en plaaswagte behoorlik
georganiseer en gestruktureer, wat beteken dat veiligheid en
sekuriteit weer in volkshande is en daar geen volksvreemde polisiemag
meer benodig word nie.

·Sodanige buurt- en plaaswagte, saam met die volkskommando's wat
misdaad beheer, behoort nouer met mekaar te skakel.

·Besondere klem moet gelê word op deeglike kommunikasie, om alle
volksverwikkelinge met mekaar te kan kommunikeer. Volksradio's, Die
Afrikaner, internet en kortboodskappe oor loopfone sal aangewend word.

·Die proses vir die registrasie vir die Volks Verkiesings Kommissie
sal bespoedig word om, indien moontlik, die VVK-verkiesing selfs nog
hierdie jaar te hou, as daar meer as 250 000 mense geregistreer kan
word.

Veral die beveiligingsaksie, en die VVK-aksie, moet momentum kry, en
daar moet deeglike voorbereiding gedoen word. Dan sal die volk op 17
Julie vanjaar in groot getalle byeen kom, deeglik voorbereid, by
Paardekraal en die Vrouemonument. Sewentig jaar gelede, op 20 Julie
1940, het 70 000 volksgenote byeen gekom by die Vrouemonument om hulle
eis vir 'n volksrepubliek te herhaal. Daardie geleentheid gaan
herdenk word op 17 Julie, maar ons gaan ook ons vryheidseis hard en
duidelik daar herhaal, en die volk sal dan ook kan bepaal wat verder
gedoen moet word, nadat hy van nou tot dan deeglik voorberei het vir
enige gebeurlikheidsplan.

Die vergadering het dit ondubbelsinnig bevestig dat algehele
volksvryheid die doel is, en dat dit buite die ANC-bestel bereik sal
moet word.

Sunday, April 11, 2010

Sunette Bridges - Genoeg

Sunnette Bridges se nuwe liedjie:

Luister hierna op
http://www.sunettebridges.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=51&Itemid=61

GENOEG

Ek's moeg vir die vrese waarmee ons moet lewe
Vir guns en vir moord en vir rape
Ek's moeg vir die bad news vir Zuma en sy views
Waarna ons op TV moet kyk

Ek wil nie meer hoor hoe ons tieners begrawe
Oor niemand hul steur aan die wet
Ek wil nie meer lees van affirmative action
Of baklei om te hou wat ek het


Gee vir my 'n nuwe Gè
'n Koos du Plessis en 'n De la Rey
Wat liedjies sing en skryf en stry
Oor die mooi van ons land en ons reg om hier ten kan bly

Ek's siek vir Malema sy leuens en sy sê maar
Ons hou maar ons mond en betaal
Ons kruip weg in kampe word blind vir die rampe
En bid dat die Heer ons kom haal

Daar's Winnie Madela wat mense verbrand het
Maar nou wil sy huil in haar hand
Die Staatskas is leeg en die ANC jeug
Saai verwoesting en pyn deur ons land

Gee vir my 'n nuwe Gè
'n Koos du Plessis en 'n De la Rey
Wat liedjies sing en skryf en stry
Oor die mooi van ons land en ons reg om hier te kan bly

My Oupa se bloed het betaal vir die grond
Waar sy kinders se kinders kan bly
Maar sy huis en sy lande is nou in die hande
Van die vyand teen wie hy moes stry

Ons kinders verstaan nie waar kom hul vandaan nie
Hul erfenis is uitgewis
Geen Volkslied of Vlag nie en geen Erewag nie
Vir die helde wat daar nie meer is

Gee vir my 'n nuwe Gè
'n Koos du Plessis en 'n De la Rey
Wat liedjies sing en skryf en stry
Oor die mooi van ons land en ons reg om hier te kan bly

Sunday, April 4, 2010

Wekroep tot die volk

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Media Verklaring

4 April 2010


Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika het met hartseer verneem van
die barbaarse moord op die bejaarde Eugene Terre'Blanche. Mnr
Terre'Blanche het sy lewe gewy in diensbaarheid teenoor sy volk wie hy
innig lief gehad het. Dit is hartseer dat hy met sy lewe moes boet,
vir sy diensbaarheid.

Dit is insiggewend om daarop te let dat die moord volg minder as 'n
maand na Mal-emma die eerste keer die opdrag gesing het "skiet die
boer". Dit volg twee dae na die hofbevel teen Malema en daar kan met
reg gevra word of hierdie hofbevel 'n invloed gehad het op die moord
op ons Oom Eugene. Of daar 'n verband is tussen die dood van die
kommunis Hani op Paassaterdag 1993 en die moord op Oom Eugene op
Paassaterdag 2010 is vir die Verkenners Beweging irrelevant. Die feit
is, 'n weerlose bejaarde boer is in sy slaapkamer op barbaarse wyse
met stokke en pangas dood geslaan en die regime van die dag het die
klimaat geskep vir hierdie volksmoord wat teen ons volk gepleeg word.

Die Verkenners Beweging het kennis geneem van die talle oproepe tot
kalmte wat uit verskeie fronte bepleit word. Die Verkenners kan egter
hierdie oproepe tot kalmte nie ondersteun nie, want hoe kan 'n volk
kalm bly as sy bejaardes vermoor word? Hoe kan 'n volk kalm bly as sy
leiers in opdrag van die regime vermoor word? Net 'n mens wat
immosioneel dood is, kan in sulke tye kalm bly. Daarom roep die
Verkenners die volk nie op tot kalmte nie, maar tot selfbeheersing.

Die Verkenners Beweging het ook kennis geneem dat die barbare wat
Malema se opdrag uit gevoer het en die versinningsbeeld van 'n Boer,
Eugene Terre'blanche vermoor het, Dinsdag die sesde April 2010 in die
hof in Ventersdorp sal verskyn. Uit respek vir Oom Eugene, roep die
Verkenners Beweging die volk op na Ventersdorp op 6 April 2010 om aan
die wereld te bewys dat hierdie volk tans gewond is, maar nooit
oorwone.

Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Saturday, April 3, 2010

Malema se mond gesnoer

In 'n deurslagewende dringende hofansoek, het 'n lid van die
Verkenners Beweging, Advokaat Jan van Zyl, 'n hofbevel in die Pretoria
se hooggeregshof verkry namens TLU SA teen die leier van die ANC se
jeugliga, Julius Malema. Luidens hierdie hofbevel word Malema verbied
om die woorde "skiet die boer" te uiter.

Die Verkenners Beweging wil TLU SA geluk wens met hierdie hofbevel en
is dankbaar dat 'n lid van die Verkenners Beweging, TLU SA behulpsaam
kon wees met hierdie deurslagewende hofbevel. As in ag geneem word dat
die ANC as party tot die saak toe getree het, is hierdie oorwinning
van soveel meer waarde en die Verkenners Beweging is met reg trots op
Advokaat van Zyl.

Soos reeds bewys deur die Verkenners Beweging met die Fort Schanskop
uitdaging, is Malema 'n uiterste lafhaard en word dit sterk betwyfel
of Malema weer die rassistiese "skiet die boer" lied sal sing. Indien
Malema egter wel tydens 'n ANC byeenkoms weereens magsdronk word en
sing "skiet die boer", sal die polisie se optrede deurslagewende bewys
wees of die regstelsel in Suid-Afrika nog enigsins funksionerend is.

Die Verkenners Beweging is egter van mening dat die regstelsel in
Suid-Afrika reeds vir 'n geruime tyd disfunksionerend is, soos bewys
met die Shabir Shaik saak en dat die ANC die gelykheidshof of 'n ander
hof gaan gebruik om hierdie hofbevel tersyde te stel.

Indien hierdie proses net een boer se lewe red, was dit suksesvol en
sal die Verkenners Beweging, TLU SA, in hierdie saak ten volle
ondersteun.


Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging