Thursday, January 28, 2010

Kan ons net toekyk dat dit gebeur ?

'Dit was net bloed' in Vaal-aanval
2010-01-26
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/81c07dd929c6474298c7c5b3321455c5/26-01-2010-01-50/'Dit_was_net_bloed'_in_Vaal-aanval_

Stilfontein. – 'n Vrou is gisteroggend net ná middernag in haar huis
op die oewer van die Vaalrivier met 'n panga aangeval en vir dood
gelos.

Mev. Theresa Eksteen (51) was teen druktyd in 'n stabiele, maar
ernstige toestand.

Sy word in die hoësorgeenheid van 'n plaaslike private hospitaal verpleeg.

Eksteen is gister geopereer en penne is onder meer in haar beseerde
hand geplaas.

Volgens haar familie ly sy steeds aan erge skok en verduur sy heelwat pyn.

"Ons vermoed dit was 'n wraakaanval deur 'n werknemer wat in Desember
afgedank is. Hy het haar wang tot op die been van die kaak oopgeslaan,
sy is oor die kop geslaan, haar hande is stukkend gekap en haar pinkie
byna af.

"My kind het ongelooflik baie bloed verloor.

"Iemand is in hegtenis geneem, maar ons weet nog nie wie dit is nie,"
het mev. Hilda Hodges, Eksteen se ma wat 'n paar meter verder op
dieselfde rivierhoewe bly, gister gesê.

"Sy het hier aan ons deur geklop. Sy kon nie praat nie en kon skaars staan.

"Dit was net bloed wat gestroom het," het Hodges, wat self agt jaar
gelede die slagoffer van 'n plaasaanval in die Magaliesburg-omgewing
was, gesê.

Hodges se man, Norman, het by die bure gaan hulp soek.

"In 'n oogwink was hier boere wat ons kom bystaan het.

"Hulle het die polisie en ambulans gereël," het mev. Hodges gesê.

Volgens haar man het die polisie bevestig die wapen wat in die aanval
gebruik is, is in die verdagte se besit gekry.

In Eksteen se huis was die bed, beddegoed, gordyne en matte in haar
kamer en in 'n groot deel van die kombuis deurtrek van bloed. "Dis
soos sy na die voordeur toe gestrompel het om hulp te gaan soek. Dis
wreed. Maar die Here is goed vir ons. Ons kry baie krag van Bo. Sy sal
orraait wees..."

By Beeld se besoek het van die bure en werkers ingespring om die huis
op te ruim en die bloed af te was. Eksteen se man, Joe, werk glo in
Zimbabwe waar hulle selfoontorings oprig en sal na verwagting vanaand
by die huis wees om sy vrou by te staan. Die egpaar het twee volwasse
kinders en een kleinkind.

Kapt. Msisithela Selima, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het bevestig
'n verdagte is in hegtenis geneem. "Die ondersoek duur voort. Dit lyk
of die verdagte vandag (gister) sekere uitwysings aan die polisie wil
doen. Dit is onduidelik wat alles geroof is."

Tuesday, January 26, 2010

Nuus van die VVK

Op Saterdag 23 Januarie 2010 het die VVK onder die uiters bekwame
leiding van Mnr. Dolf Buitendag 'n strategiese beplanningsessie gehou;
bygewoon deur die Sentrale Komitee, Verkiesing Streek-Koördineerders
vanoor die hele land; asook ander belangstellendes (waaronder die
nimlike en skerpsinnige Professor Adriaan Pont – dankie vir die
insette, Prof!).


Die beplanningsessie vorm 'n waterskeiding in VVK-beplanning tot
dusver; aangesien besluit is om wel 'n verkiesingsdatum asook beoogde
kieser-getalle vas te stel – alles aspekte waaraan die VVK homself tot
dusver nie wou vasbind nie. Daar is egter gevoel dat die uitdagings in
die oë gekyk moet word en teiken-getalle en teiken-datums vasgestel
moet word, sodat almal van ons vaster doelwitte het om heen te werk.

'n Reusagtige hoeveelheid werk is in die loop van die beplanningsessie
geïdentifiseer; en die doelwitte wat gestel is kom neer op die
volgende:
*Beoogde aantal kieser-registrasies: minimum van 200 – 250 000 persone.
*Aankondiging van verkose Volksraad: 31 Mei 2011 (laasgenoemde datum
sal ook die 50-jarige herdenking wees van die totstandkoming van die
Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961)

Bogenoemde impliseer die volgende afsnydatums:
*kieser-getalle op 60 000 - kerf teen 30 Junie 2010.
*kieser-getalle op 150 000 - kerf teen 31 Desember 2010.
*kieser-getalle op 200 duidend tot 250 duisend teen 27 April 2011
*afsnydatum vir nominasies as kandidate: 4 Maart 2011.
*afsnydatum vir kieser-registrasies: 27 April 2011.
*Verkiesing om plaas te vind op 20 & 21 Mei 2011.
*Aankondiging van Volksraadslede en aflegging van ampsbeloftes deur
Volksraadslede op 31 Mei 2011.
*Fondse benodig en uitstaande (by benadering): R 5 000 000.

Die volgende is geïdentifiseer as take wat deurlopend uitgevoer sal
moet word in voorgenoemde proses: V
*Verspreiding van inligting.
*Intensiewer veldtog tot werwing van befondsing.
*Bemarking.
*Aanstelling van verdere Registrasie Beamptes.
*Terugvoer aan geregistreerde kiesers.
*Vergaderings van streekvlak tot op die vlak van huisvergaderings; om
gehou te word op plaaslike inisiatief met medewerking van die Sentrale
Komitee en/of Streek Koördineerders.
*Verdere klem op betrokkenheid van meewerkende organisasies.
*Motivering.

Deelnemers was dit eens dat voorgenoemde proses geensins deur 'n klein
groepie persone op die Sentrale Komitee en die huidige Streek
Koördineerders deurgevoer sal kan word nie. Ieder en elke individu sal
sy of haar bydrae moet maak op welke manier ookal om die wa deur die
drif te kry. Interessante voorstelle in hierdie verband (wat ook reuse
koste-besparing sal meebring) was dat persone wat aangrensend tot
snelweë of ander besige paaie en strate woon, groot borde op hulle
eiendom kan oprig met die VVK se kenteken en webwerf-adres.


Daar is ook besluit (weens die kritiese belangrikheid daarvan en die
reeds-bestaande werklas op die Sentrale Kantoor) om twee aparte
komitees vir Bemarking en Befondsing saam te stel.

Ter afsluiting is daar 'n aantal promosie-items by die Sentrale
Kantoor beskikbaar vir diegene wat dit in hulle werwing-veldtogte
nuttig kan gebruik: pragtige VVK hemde en besigheidskaartjies. Skakel
gerus vir Chantal as jy verdere idees of borgskappe in hierdie verband
aan die hand kan doen. In die woorde van Jan Celliers:

Wees sterk!
Daar's 'n nasie te lei, daar's 'n stryd te stry, daar's werk!
Daar's nie na guns of eer te kyk,
daar's nie na links of regs te wyk,
daar's net te swyg en aan te stryk - Komaan!


-Paul Kruger

Monday, January 25, 2010

DIE INGELSMAN

Oom Otley vertel my dié staaltjie oor hulle wildtuintoer:

Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter
hier by ons kom aansleep nie. Vir weke al sien ons uit na haar kuiertjie
uit London en aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse
boyfriendjie wou saamnooi op 'n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma
deur die Kruger Wildtuin nie. Uiterlik nie 'n onaangename seun nie, maar
toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met "Hello Gramps" groet, is my more
klaar suur. Sulke voorbarige vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy
bladskud, skud ek hom amper uit sy oorbel (en hy het reeds die ander een
verloor.)

Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy knieë
kom, sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik belt se gespe sal mens
n olifant met twee houe kan doodslaan. Wat die man als gelees het oor
Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die belt is 'n waterbottel, 'n mes wat
amper sy stewels raak, 'n moonbag met 'n rooi kruis op en een van daai
kanariegeel selfone met die baie knoppies. Die man dra 'n swart T-shirt wat
sê rook is verbode en iets van die aardbol wat warm word. Maar ek weet, die
Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie. Warm gaan die man beslis warm
kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my agteraf gewaarsku dat
die man so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.

Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop geleer.
Dankie, kak en lekka.' Alles is kak of lekka. Kleinpop is lekka. Ons
paaie is kak. Die son is kak. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik
puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie vleis nie, eet nie dit nie,
eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.

Ek kon dit nog vat toe die man iets van "kak SUV" sê toe hy in die kombi
klim, maar toe die man "kak music" op my Klipwerf mompel, steek ek summier
my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak. Kleinpop probeer nog
verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie Afrikaans:

"Fok jou, in my van rook ek, broer!"

Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies: "Fok, this rook
is lekka kak, dankie."

Maar met 'n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka kak in die
Wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se
Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se padkoskoekisters
Nik-Naks en braaivleispap sonder sous. Teen aand vier is hy honger genoeg
om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie openlik nie. Vang ek vir
Kleinpop uit, toe sy ongemerk 'n tjop of drie na die man se
tentjie toe smokkel.

Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maagreaksies op vleis. Net mooi
in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op my
skouer hier voor in die kombi, so in die ry.

"I MUST go!" beduie die man na sy poephol asof ek nie lankal kon ruik wat hy
wil doen nie.

Ek stop maar die kombi naby 'n laagte boompies. Dit is in elkgeval so warm,
geen dier sal dit in die omgewing waag nie.

"There," beduie ek hom na die boompies.

"No ways!" protesteer die mannetjie toe.

Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels dat daar "no ways" is dat hy
verder my kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier. As hy nie nou sy
ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.

"Gee vir die man kakpapier," beveel ek vir Kleinpop.

Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek "No, I want nice paper
please!"

Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy natuurtoilet.
Na 'n rukkie verdwyn hy agter die boompies. Ons kyk maar almal versigtig in
die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou daar dalk ongediertes
nader sluip.

Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop almal agter hom om te
kyk watse diere kyk die voorste kar. Veral so op die middaghitte as daar
min is om te sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover
agter ons stop. Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk. Hulle wil
ook sien wat ons sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie stop. Een
ou klim uit met 'n groot kamera op 'n driepoot. Nog karre stop. Na vyf
minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop. Groepies brawes staan
teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense. Party klim
bo-op hul voertuie se dakke vir 'n beter uitsig. Wild was besonders skaars
hierdie jaar.

Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien was dit 'n oorywerige
verbeelding in 'n desperate soeke na diere. Maar toe die ou so ses karre
van ons af skree "Leeu, ek sien hom!" weet ek die Ingelsman verstaan meer
Afrikaans as wat ons gedink het. Met al die mense wat so staan en kyk na
die veld agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.

Soos 'n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy bostoilet
uit en hardloop vir die kombi. Die broek om die enkels laat die man so paar
keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke keer merkwaardig.
Sy roete na die eindpaal is een stofbol soos die man beweeg. By die kombi
aangekom is die man se broek darem min of meer heuphoogte, maar in die veld
lê 'n lang mes en 'n kanariegeel selfoon. Die Ingelsman soek dit
klaarblyklik nie terug nie. Die konvooi karre agter ons, ry stadig verby,
terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke kry. Te oordeel
aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir hul geld in die wildtuin
gekry.

Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer
vroeg 'n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien was
dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier. Miskien was dit die
klein, bleek, swaaiende voorgedagte.

Tuesday, January 19, 2010

Potjiekoskompetisie 6 Februarie 2010

PROGRAM: POTJIEKOSKOMPETISIE 6 FEBRUARIE 2010

GENIET DIE DAG OP TOUTREKPARK SAAM MET VOLKSHULP 2000. BEKENDES SAL
DIE DAG SAAM MET ONS DEURBRING NAAMLIK VAN RADIO PRETORIA SE OMROEPERS
EN HENDRY DEARLOVE (SPEED SPOT EXHAUST TECHNOLOGIES).

07:00 HEKKE OPEN
09:00 OPENING DEUR DS. ANDRE VAN DEN BERG
HEELDAG KUNSTENAARS WAT OPTREE NL. TOM SENEKAL EN SY ORKES
TOMMY OLIVER
JAMMIES JAMNECK
KAREN MARNEWICK EN GERDA GNADE
JEANETTE VAN STADEN (JODEL MEISIE)
JEANETTE EN TOMMY LAN
STALLETJIES – VERSKEIE ARTIKELS WAT UITGESTAL WORD EN OOK EETGOED
POTJIEKOSKOMPETISIE – SPANNE EN INDIVIDU NEEM DEEL. WORD BEOORDEEL.
MOTORSKOU – UITSTAL VAN VETERAANMOTORS, VERSNELMOTORS,
WEDRENMOTORS, ENS.
PERDERITTE, SPRINGKASTEEL VIR KINDERS
11:00 TOUTREKVERTONING
12:00 GIMNASTIEKVERTONING
12:30 BOERESPORT
13:30 AANSKAKEL VAN VERSNELMOTOR
14:00 POTJIEKOSETE
14:30 LEWENDIGE UITSENDING VAN HENDRY DEARLOVE SE PROGRAM OOR MOTORS
OP RADIO PRETORIA
15:00 PRYS UITDELING EN BEDANKINGS

TUSSENDEUR VIND BEOORDELING VAN POTJIES PLAAS ASOOK ATELJEE VAN RADIO
PRETORIA EN RADIO KRAGBRON SE OORSKAKELING NA AL DIE GEBEURE.
MOTORSKOU WORD DIE HEELDAG UITGESTAL. VERSNELMOTORS GAAN OOK DAAR
WEES. VIR DIE MANNE MET PETROL IN HULLE ARE GAAN DAAR BESLIS IETS
WEES OM TE AANSKOU.
TOEGANG IS GRATIS MAAR 'N DONASIE VAN U KANT SAL VERWELKOM WORD.
POTJIEKOSETEKAARTTJIES (R 15.00) TEN BATE VAN VOLKSHULP 2000.

BORGE:
MONTANA LOODGIETERS ERIC BARNARD MEUBILEERDERS
BLITS ELEKRIES HILTI SA
REKORD KOERANT OPPIE PLAAS


DANK AAN:

TOUTREKPARK WAT DIE TERREIN GRATIS AAN VOLKSHULP 2000 BESKIKBAAR STEL.

Saturday, January 16, 2010

Boere Eenheid

My liewe boerevriend

Ons wil u graag uitnooi om ons forum te besoek, en ook om by ons te
registreer.

Ons plaas inligting wat u as lid van die boerevolk op die een of ander
stadium direk of indirek sal raak. Ons glo kennis is mag, en het 'n wye
verskeidenheid onderwerpe.

*Ons neem deel aan opheffingsprojekte en bied ook ons advertensie dienste
gratis aan volksgenote*.

Talle opwindende aksies word beplan vir die komende jaar, en ons wil almal
graag betrokke sien. Deelname is gratis, kom herleef jou kultuur, gesels
sommer net, en ontmoet mense net soos jy!

Besoek ons by http://boere-eenheid-forum.cultureforum.net
In minder as 'n jaar het ons webtuiste gegroei na die 5de grootste
Afrikaanse webwerf in die Wereld!

Geregistreerde lede het toegang tot meer inligting as gaste.

Ons is inderdaad 'n VOLK, en nie net 'n organisasie nie!

Boere Groete

Boere eenheid forum

Saturday, January 9, 2010

Werksgeleenthede vir volksgenote in Orania

Begin Januarie sal Cv's oorweeg word vir die volgende poste:

1. Operateurs:
a.) Excavator (Slootgrawer op kettings) x 2
b.) Tlb (Laaigraaf trekskop kombanasie) x 2
c.) Trekker drywers x 6
d.) Lang afstand trok drywer (kode 14) met publieke dryfpermit wat
ondervinding het van linkerhand stuur, Abnormale vragte gery het, n
groot kraan kan werk (aan Trok gemonteur) en ook grondverskuiwings
masjienarie kan op en aflaai.
e.) Crusher opperateur (Moet ondervinding he) x 3
f.) Laaigraaf opperateur x 2
g.) Padskraper opperateur x 1
h.) Self aangedrewe stamper opperateur x 2

2. Werktuigkundige, met ondervinding van Crusher en diesel enjins, vir
herstelwerk en onderhoud aan trokke, grondverskuiwings masjiene en
ander meganiese toerusting. Hierdie moet n persoon wees wat ook
opleiding kan gee aan jeugdiges

3. Konstruksie personeel
a.) Persoon wat ondervinding het van Padwerke en wat self hoogtes kan
uitsit van n plan af x2
b.) Persone wat as arbeiders wil werk met die bou van paaie x 8
c.) n Persoon wat deeglike ondervinding het van water retukilasie, en
riool lyne x2

Aansoeke kan gestuur word aan: reddingsbootjie@gmail.com
Aansoekers sal moet bereid wees om skofte te werk (daar sal behuising
en kos voorsien word)
Aansoekers sal n markverwante salaris verdien en n groot bonus by
voltooing binne n strawwe periode. Hierdie poste is almal slegs vir
manne in goeie gesondheid wat bereid is om hard te werk.


Suksesvolle aplikante sal begin tussen Maart en Mei 2010 en behoort
vir twee jaar betrokke te wees.